1. Home
  2. Jesus
  3. Gelykenisse Van Christus
  4. Die Man Met Edelafkoms En Die Baie Geld – Gelykenis 35

Die Man Met Edelafkoms En Die Baie Geld – Gelykenis 35

Lukas 19:11-27

Die benutting van talente (mina) en geleenthede.

Van die vroegste Sumeriese tye was ‘n mina ‘n eenheid wat geweeg kon word. Dit was 0.57 van ‘n kilkogram.

Om te werk terwyl ons vir die koninkryk wag. Getroue diens.

Terwyl die mense na Jesus geluister het, het Hy nog ‘n gelykenis vertel, aangesien Hy naby Jerusalem was en hulle gedink het die koninkryk van God sou nou enige oomblik kom. Lukas 19:11

Hierdie profesie was gegee het nadat Jesus vir Saggeus in sy huis in Jerigo besoek het. Hy was op pad na Betanië. Dit was ‘n week voor die pasga van 31 nC.

Met betrekking tot die gebeure wat hierdie gelykenis voorafgegaan het, het Matteus geskryf:

Terwyl Jesus na Jerusalem toe op pad was, neem Hy die twaalf dissipels opsy, en so in die loop sê Hy vir hulle: “Kyk, ons gaan nou Jerusalem toe. Daar sal die Seun van die mens aan die priesterhoofde en skrifgeleerdes oorgelewer word, en hulle sal Hom tot die dood veroordeel.  Hulle sal Hom uitlewer aan die heidene, wat Hom sal bespot en gesel en kruisig. En op die derde dag sal Hy uit die dood opgewek word.” Matteus 20:17-19

Hoeveel pyn lê in hierdie woorde opgesluit? In Jesus se hart en in die disippels se harte.

Terwyl die mense na Jesus geluister het, het Hy nog ‘n gelykenis vertel, aangesien Hy naby Jerusalem was en hulle gedink het die koninkryk van God sou nou enige oomblik kom. Hy het gesê: “‘n Man van adellike afkoms het na ‘n ver land toe op reis gegaan om as koning aangestel te word en dan terug te kom. Lukas 19:11,12

Waarom  het Jesus hierdie gelykenis gegee? Tenspyte van die feit dat Jesus Sy komende dood baie duidelik bekendgemaak het, het die disippels nog steeds vas geglo dat Hy as Koning in Jerusalem gekroon sou word. Hierdie valse verwagting het aanleiding tot hewige debatte gelei oor wie watter posisie in die koninkryk sou kry.  Terloops. Wat is jou Messiaanse verwagting?

‘n Jaar voor hierdie gebeurtenis het hulle ‘n mislukte poging aangewend om Hom by Betsaida as koning van die Jode kroon. Die Rabbis was vir hierdie valse verwagting van ‘n militêre Messias te blameer. Dis wat hulle vir die mense gepreek het.Hulle Messiaanse verwagtings was die gevolg van ‘n verdraaide foutiewe studie van die Ou Testamentiese profesië.

Hierdie misleidende begrip van die Messiaanse koninkryk wat deur beide die disippels en hulle landgenote geglo is, was die rede waarom Jesus hierdie gelykenis vertel het.  Hulle het van harte geglo dat die koninkryk tydens die komende Pasgafeesvierings opgerig sou word.

Die Pasga het die verlossing van Israel uit Egipte herdenk en, meer as enige ander nasionale fees, die komende geboorte van ‘n onafnanklike Joodse nasie verkondig.

Die disippels het hulle self op ‘n triomtog na Jerusalem verbeel waar hulle hulle Meester op die troon van Israel gaan plaas.

Hulle was baie opgewonde. Opmerkings van Jesus het hulle verkeerd as bewyse van ‘n aardse koninkryk gesien.

Hy het gesê: “‘n Man van adellike afkoms het na ‘n ver land toe op reis gegaan om as koning aangestel te word en dan terug te kom. Vooraf het hy tien van sy slawe geroep en aan hulle tien goue muntstukke (minas) gegee en gesê: ‘Dryf handel daarmee totdat ek terugkom.’ Luke 19:12,13

Wie kan hierdie diensknegte wees? Dis die disippels en almal aan wie Jesus gawes en midelle tydens Sy afwesigheid na die “ver land’ gegee het .

Die bedrag lyk baie klein vir ‘n “edelman” om aan een van sy “dienaars” ‘n hoofstad toe te ken. Selfs die “heer” verwys daarna, met sy terugkeer, as “‘n baie klein” (Lukas 19:17). Dit was egter ‘ n manier om die vermoë van elke kneg te toets, met die doel om hom later belangriker verantwoordelikhede toe te ken. Hoedanig het die inwoners met die Edelman omgegaan?

Sy landgenote het hom egter gehaat en ‘n afvaardiging agterna gestuur om te sê: ‘Ons wil nie hierdie man as koning hê nie.’ Maar hy het tog die koningskap ontvang. Lukas 19:14. Na wie verwys Jesus in hierdie gelykenis? Het so iets met Hom gebeur?

In die gelyukenis van die koninkryk van die hemel, word Jesus deur die Edelman voorgestel. Die burgers is die Jode. Hulle verwerping van Jesus was heeltemaal ongegrond.Hulle wou nie Jesus as hulle Koning aanvaar nie. Toe vra Pilatus vir hulle: “Moet ek julle koning kruisig?” Die priesterhoofde antwoord: “Ons het nie ‘n koning nie; ons het net die keiser.”  Johannes 19:15. Hulle verwerping was finaal. Wat dink jy gaan die volgende iets wees wat die gelykenis ons gaan vertel?

Nadat hy teruggekom het, het hy die slawe aan wie hy die geld gegee het, na hom toe laat roep, sodat hy kon verneem wat hulle met die handeldryf verdien het. Lukas 19:15

Matteus voeg by dat die meester se doel met die vergadering was om die boeke te laat balanseer.

Die Edelman wou sien hoe die diensknegte sy eiedom bestuur het. Sy plan was om hulle dan nuwe verantwoordelikhede volgens hulle vermoëns in die koninkryk te gee.

Die eerste het vorentoe gekom en gesê: ‘Meneer, u muntstuk het tien muntstukke (mina) opgelewer.’ Lukas 19:16. Die ondervinding van net drie van die tien word hier genoem.

Dit was voorbeelde van verskilklende vlakke van sukses. Die eerste een het baie gehad om oor rekenskap te gee. Die derde een het niks gehad om te verklaar nie.

Elkeen van die diensknegte was daarvan bewus dat die “minas” wat aan hulle toevertrou was, die Edelman se eiendom was. Die eerste sê:

“U muntstuk het tien muntstukke opgelewer.” dit was tien ekstra munstukke. Die opbrengs was 1,000 persent van die kapitaal was belê was. Die kapitaal was 1000 dae se lone. Die eerste dienskneg het buitengewone besigheidsaanlegte gehad. Dit het sy toewyding aan sy meester getoon. Wat dink jy het sy meester vir hom gesê? En wat gaan Jesus eendag vir jou en my sê?

Daarop antwoord hy: ‘Mooi so, jy is ‘n goeie slaaf. Omdat jy in ‘n saak van min belang getrou was, kry jy nou die bestuur oor tien stede.’ Lukas 19:17. Hierdie man het bewys dat hy met die administrasie van klein provinsie van sy Meester vertrou kon word. Hy was nie op pensioen geplaas nie en hy was ook nie finansiëel vergoed nie. Hy was suksesvol in sy taak.

Toe kom die tweede slaaf en sê: ‘Meneer, u muntstuk het vyf muntstukke opgelewer.’ Lukas 19:18. Dis ‘n profyt van?  500 present. Aan hierdie een sê hy: ‘En jy kry die bestuur oor vyf stede.’ Lukas 19:19. Sy bevordering was in verhouding met die vaardighede wat hy gedomstreer het.

Nog ‘n ander het gekom en gesê: ‘Meneer, hier is u muntstuk. Ek het dit in ‘n doek gebêre. Lukas 19:20. Pateties. Hy het baie goed na sy meester se eiedom gekyk. Hy het dit nie uitgemors nie. Hoor wat sê hy:

Ek was bang vir u, want u is ‘n harde man. U eis op wat u nie belê het nie, en oes wat u nie gesaai het nie.’Lukas 19:21

Die grondoorsaak van die vrees van hierdie kneg was sy eie verkeerde gesindheid teenoor sy heer, wat blykbaar van elke man verwag het om sy heel beste doen. Die dienaar was natuurlik luiaard wat ’n geleentheid opgemors het.

Die toets wat die “Edelman” hierdie dienskneg gegee het was die volgende: as hy moeite gedoen het om profeite te wys, sou hy sy lelike karaktertrekke in sy lewe oorwin oorwin het.

“U is ‘n harde man.” Hierdie slegte dienskneg kon nie sagte woorde by sy meester uitlok nie. Het het harde woord verdien.

Eintlik sê die dienskneg: “U sal buitendien alles neem wat ek sou verdien het. Ek sou geen beloning vir my harde werk gekry het nie. Waarom nog al die moeite gaan doen? Die beloning wat die eerste twee ontvang het ,dien as bewyse van die derde een se verwronge beeld van sy Meester. Die fout het nie by die baas gelê nie, maar by klaas.

Toe sê hy vir hom: ‘Met jou eie woorde sal ek jou veroordeel. Jy is ‘n slegte slaaf! As jy geweet het ek is ‘n harde man wat opeis wat ek nie belê het nie, en oes wat ek nie gesaai het nie, Lukas 19:22.

Wat ‘n uiterste swak treurige werknemer. Mense wat gedurig die blaam op ander vir hulle mislukkings plaas, verkondig net hulle eie slegte karaktereienskappe. Hulle optrede sê dat hulle nie vertrou kan word nie.

Hy het sy meester se vertroue misbruik en die geleentheid verwaarloos wat hom die geleentheid gebied het om suksesvol te wees.

Mense wat niks met hulle talente doen nie word as deur die hemel as “sleg” beskou en sal die loon van die “slegtes” ontvang. In die gelykenis van die talente word die derde een ‘n “slegte en ‘n lui slaaf!” genoem. Aangesien hy geweet het wat om met sy heer se terugkeer te verwag , kon hy die geld vir hom te laat werk, het, selfs al was hy nie bereid om self te werk nie. Waarom het hy die geld in die eerste plek aanvaar as hy geweet het dat hy niks daarmee sou doen nie?

Dit sou min inspanning van die dienskneg geverg het om die geld na een van die geldleners in die stad te neem. Sy gedrag het hom dus nie net as dwaas en luiaard bestempel nie; dit het gelyk of hy doelbewus beplan het om sy heer van ‘n regmatige wins te ontneem.

Daarop sê hy vir dié wat daar staan: ‘Vat die muntstuk van hom af weg en gee dit vir die een wat die tien muntstukke het.’ Lukas 19:24

Die ongebruikte talent is aan die eerste kneg gegee, nie as ‘n beloning nie maar omdat hy meer daarmee sou doen as wat die ander sou doen. Dit was bloot goeie besigheidsbeginsels aan die kant van die edelman om sy geldsake in die hande van iemand te plaas wat die beste van die geleenthede sou maak. Hoe dink jy gaan die ander diensknegte op die Edelman se skunking reageer?

Hulle sê vir hom: ‘Meneer, hy het dan al tien muntstukke.’ Maar hy antwoord: Lukas 19:25. Wie is die hulle wat nou met Jesus oor die gelykenis praat? Dis die mense wat nog die heeltyd na die gelykenis geluister het.

Ek sê vir julle: Aan elkeen wat het, sal meer gegee word, en van hom wat nie het nie, sal ook die bietjie wat hy het, weggevat word. Luke 19:26

Hier verloor die lui dienskneg die kapitaal wat aan hom toevertrou is. In die gelykenis van die talente is daar ook straf uitgedeel.

Matteus 25:30  En gooi die nuttelose slaaf uit in die diepste duisternis daarbuite. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners.’ 

En daardie vyande van my wat nie wou hê dat ek hulle koning moet wees nie, bring hulle en maak hulle hier voor my dood!” Lukas 19:27

Dit verwys na die rebelle wat in die afwesigheid van die Edelman probeer het om te verhoed dat hy sy koninkryk kon kry. Lukas 19:14  Sy landgenote het hom egter gehaat en ‘n afvaardiging agterna gestuur om te sê: ‘Ons wil nie hierdie man as koning hê nie.’ Maar hy het tog die koningskap ontvang.  Die mense wat die Edelman geoponeer het, het nie hervorm nie. 

VOLGENDE KEER

Die gelykenis van die talente.

Was this article helpful?

Related Articles