Die gelykenis van die onvergewende dienskneg.
Ons vergifnis van die Here hang van ons vergifnis van ons vyande af.
Hoor wat Petrus by Jesus wou weet: “Here, hoe dikwels sal my broeder teen my sondig en ek hom vergewe? Tot sewe maal toe? Matteus 18:21
Die rabbi’s het vergifnis tot drie oortredings beperk. Petrus wat, soos hy gedink het Jesus se gebooie gehoordsaam het, het die 3 na 7 geskuif, die volmaakte syfer. Jesus het geleer dat ons nie moet moeg word om te vergewe nie. “Jesus antwoord hom: Ek sê vir jou, nie tot sewe maal toe nie, maar tot sewentig maal sewe toe.” Matteus 18:22
Toe het Hy gewys op watter basis vergifnis gegee moet word en die gevaar om ‘n gesindheid van onvergewensgesindheid te koester. In ‘n gelykenis het Hy van ‘n koning se optrede teenoor die offisiere vertel wat die sake van sy regering geadministrateer het. Sommige van hierdie beamptes het astronomiese bedrae geld ontvang wat aan die staat behoort het.
Terwyl die koning deur die boeke gaan het hy opgemerk dat een van hulle ‘n astronomiese bedrag van tienduisend talente skuld. Hy het niks gehad om te betaal nie, en volgens die gebruik, het die koning beveel dat hy met alles wat Hy besit het verkoop moes word sodat hy sy skuld kon betaal. Maar die verskrikte man het voor sy voete neergeval en Hom gesmeek en gesê: “Gee my tyd ek sal u alles betaal.” Toe is die meester met deernis beweeg en al sy skuld afgeskryf.
Wat ‘n insentief om dieselfde goedheid teenoor sy skuldenaars te toon.
Toe daardie man buite kom, het hy een van sy medeamptenare raakgeloop wat hom net ‘n paar rand geskuld het. Hy het hom gegryp en gewurg, en gesê: ‘Betaal wat jy skuld!’ Sy medeamptenaar het voor hom neergeval en hom gesmeek: ‘Gee my tog uitstel, ek sal jou betaal.’ Maar hy wou nie en hy is daar weg om hom in die tronk te laat gooi totdat hy die skuld betaal het. Matteus 18:28-30
Skokkend! Hoe dink jy het die koning geregeer toe hy hiervan gehoor het? Hoe sou jy gereageer het?
Toe sy medeamptenare sien wat gebeur het, was hulle diep teleurgesteld, en hulle het alles wat gebeur het, vir hulle koning gaan vertel. Die koning het hom laat haal en vir hom gesê: ‘Jou skurk! Al daardie skuld het ek vir jou afgeskryf omdat jy my gesoebat het. Moes jy nie ook jou medeamptenaar jammer gekry het soos ek jou jammer gekry het nie?’ Die koning was woedend en het hom oorgegee om gemartel te word totdat hy al die skuld betaal het. Matteus 18:31-34
Wat wil hierdie gelykenis vir ons vertel? Sekere groot waarhede word hier gegee en ons moet aandag daaraan skenk. Hoe moet ons die kwytskelding verstaan wat die koning aan sy dienskneg gegee het? Waar gaan ons die antwoord kry?
Die vergifnis wat hierdie Koning skenk, stel goddelike vergifnis van alle sonde voor. Jesus word deur die koning voorgestel wat innig jammer gevoel en die skuld van sy dienskneg afgeskryf het.
Ons was veroordeel omdat ons die wet gebreek het. Ons kon onsself nie gergewe het nie en dis waarom Jesus aarde toe gekom het. Sy godheid het Hy met mensheid beklee en Sy lewe gegee. Die regverdige vir die onregverdiges. Hy het Homself vir ons sondes gegee. Hy bied Sy duur bloedgekoopte vergifnis vir elkeen sondaar aan. Luister wat skryf die psalmis:
n Bedevaartslied. Uit die dieptes roep ek U aan, o HERE! Here, hoor na my stem; laat u ore luister na die stem van my smekinge. As U, HERE, die ongeregtighede in gedagtenis hou, Here, wie sal bestaan? Maar by U is vergewing, dat U gevrees mag word. Psalm 130:1-4
‘Ek wag op die HERE; my siel wag, en ek hoop op sy woord. My siel wag op die Here meer as wagters op die môre, wagters op die môre. Wag op die HERE, o Israel! want by die HERE is die goedertierenheid, en by Hom is daar veel verlossing; en Hy self sal Israel verlos van al sy ongeregtighede. Psalm 130:5-8
Hier is die motivering waarom ons deernis aan mede sondaars moet bewys. Geliefdes, as God ons so liefgehad het, behoort ons ook mekaar lief te hê. 1 Johannes 4:11. Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee. Matteus 10:8.
In die gelykenis, toe die skuldenaar om uitstel gepleit het, met die belofte: “Wees geduldig met my, en ek sal julle almal betaal,” is die vonnis herroep. Die massiewe klomp skuld is gekanselleer.
Hy word die geleentheid gegun om die voorbeeld van die meester te volg wat hom vergewe het. Toe hy uitgaan, het hy ‘n mededienskneg ontmoet wat hom ‘n klein bedraggie geskuld het. Hy is tienduisend talente vergewe; die skuldenaar het hom honderd Rand geskuld. Maar hy wat so barmhartig behandel is, het op ‘n heel ander manier met sy medearbeider gehandel.
Sy skuldenaar het ‘n beroep op hom gedoen soos wat hy self op die koning gedoen het, maar sonder dieselfde resultaat. Hy wat so onlangs vergewe is, was nie jammerhartig nie. Die genade wat aan hom bewys is, het hy nie aan sy mededienskneg bewys nie. Hy het nie gehoor gegee aan die versoek om geduldig te wees nie. Die bedraggie wat aan hom verskuldig was, was al wat die ondankbare dienskneg aan gedink het.
Hoeveel openbaar nie ook vandag dieselfde gees nie. Toe die skuldenaar by sy heer om genade gepleit het, het hy geen ware sin gehad van die grootheid van sy skuld nie. Hy het nie sy hulpeloosheid besef nie. Hy het gehoop om homself te verlos.
“Wees lankmoedig met my, en ek sal jou alles betaal.” Hoe sou hy daardie reuse bedrag skuld kon betaal? Hoe kan ons met hierdie verhaal identifiseer? Daar is baie wat deur hulle eie werke hoop om God se guns te verdien. Hulle besef nie hulle hulpeloosheid nie. Hulle aanvaar nie die genade van God as ‘n vrye gawe nie, maar probeer om hulle self te regverdig.
Hulle eie harte is nie gebroke en verneder oor hulle sonde nie, en hulle is veeleisend en onvergewensgesind teenoor ander.
Hulle eie sondes teen God, in vergelyking met hulle broer se sondes teen hulle, is soos tienduisend talente tot honderd sentes—byna een miljoen tot een; tog waag hulle om onvergewensgesind te wees.
In die gelykenis het die heer die ongenadige skuldenaar geroep en vir hom gesê: ‘Jou slegte dienskneg! Ek het jou al daardie skuld kwytgeskeld omdat jy my gesmeek het.
Moes jy nie ook medelye gehad het met jou mededienskneg, net soos ek my oor jou ontferm het nie?’
En sy heer was kwaad en het hom aan die folteraars oorgegee totdat hy alles moes betaal wat hom toekom.
So sal ook my hemelse Vader aan julle doen as julle nie elkeen sy broeder van harte sy oortredinge vergewe nie. Matteus 18:35
Ons moenie hierdie gelykenis verkeerd toepas nie. God se vergifnis teenoor ons verminder geensins ons plig om Hom te gehoorsaam nie. So ook verminder vergewensgesindheid teenoor ons medemens geensins onsdaaglikse regmatige verpligtinge nie.
In die gebed wat Jesus vir Sy disippels geleer het, het Hy gesê: “Vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldernaars vergewe.” Matteus 6:12
Hy het nie bedoel dat om mense te vergewe ons nie sommer dit wat hulle ons skuld nie, sommer afskryf nie. Ons moenie mense in hulle kwaad versterk nie. Ons moet nog steeds eis wat hulle ons verskuldig is.
As hulle nie kan betaal nie, al is dit dalk asgevolg van onverstandige bestuur, moet hulle nie in die tronk gegooi, onderdruk of sleg behandel word nie, maar die die gelykenis leer ons nie om luiheid aan te moedig nie.
Die Bybel leer “As iemand nie wil werk nie, moet hy ook nie eet nie. (2 Thessalonisense 3:10.) Die Here verwag nie dat die hardwerkende mens ander in hulle luiheid moet sterk nie. In baie gevalle lei tyd wat gemors word, gebrek aan inspanning en pure luiheid tot armoede.
As hierdie foute nie deur hierdie mense reggestel word nie, sal alles wat vir hulle gedoen word, soos om skatte in ‘n sak met gate te gooi. Tog is daar ‘n onvermydelike armoede, en ons moet met deernis en sensitiwiteit met hierdie mense kontak maak. Ons moet ander mense net soos ons onsself sal wil behandel as ons ook in daardie toestand sou beland.
VOLGENDE KEER
Ons gaan hoor hoe Paulus teenoor mense reageer wat ondankbaar is en wat nie wil vergewe nie. Hoe tree ons teenoor mense op wat sê hulle is jammer maar nie ware berou toon vir wat hulle aan ons gedoen het nie?