1. Home
  2. Jesus
  3. Gelykenisse Van Christus
  4. Die Oneerlike Dienskneg – Gelykenis 43

Die Oneerlike Dienskneg – Gelykenis 43

“Vriende van die ongeregtige Mammon.”

Jesus het vir sy dissipels ook gesê: “‘n Ryk man het ‘n bestuurder in diens gehad, en dié is by hom aangekla omdat hy sy geld verkwis het. Hy ontbied hom toe en sê vir hom: ‘Wat is dit wat ek van jou hoor? Gee verslag van jou bestuur van sake, want jy kan nie langer bestuurder wees nie.’ Lukas 16:1,2

ie bestuurder dink toe by homself: wat moet ek nou doen, want my werkgewer neem die bestuurderskap van my af weg. Vir handearbeid sien ek nie kans nie; en om te bedel, skaam ek my. Maar wag, nou weet ek wat ek sal doen sodat daar mense sal wees wat my in hulle huise sal ontvang as ek uit die bestuurderskap ontslaan is. Lukas 16:3,4

Toe roep hy die skuldenaars van sy werkgewer een vir een en vra vir die eerste: ‘Hoeveel skuld jy my werkgewer?’Hy antwoord: ‘Honderd vate olyfolie.’ Toe sê hy vir hom: ‘Vat jou skuldbewys, gaan sit en skryf gou vyftig.’ Daarna vra hy vir ‘n ander een: ‘En jy, hoeveel skuld jy?’ Hy antwoord: ‘Honderd sak koring.’ En hy sê vir hom: ‘Vat jou skuldbewys en skryf tagtig.’ Lukas 16:5-7 

Die werkgewer het die oneerlike bestuurder geprys vir die slim ding wat hy gedoen het. Die mense van hierdie wêreld tree onder mekaar slimmer op as die mense van die lig. 

En Ek sê vir julle: Gebruik die oneerlike mammon om vir julle vriende te maak sodat wanneer die geld nie meer kan help nie, hulle julle in die ewige wonings sal ontvang. Lukas 16:8,9

Wie in die kleinste dinge betroubaar is, is ook in die groot dinge betroubaar; en wie in die kleinste dinge oneerlik is, is ook in groot dinge oneerlik. As julle dan nie betroubaar is in die hantering van die oneerlike mammon nie, wie sal die ware rykdom aan julle toevertrou? Lukas 16:10,11

As julle met ‘n ander man se goed nie betroubaar is nie, wie sal dan iets aan julle gee om as julle eie te besit? Geen huisbediende kan vir twee base tegelyk werk nie, want hy sal óf die een minder ag en die ander een hoër, óf vir die een meer oorhê en die ander een afskeep. Julle kan nie God én Mammon dien nie.” Lukas 16:12,13

Jesus se eerste koms was in ‘n tyd toe intense wêreldsheid geheers het. Mense het die ewigheid aan die tydelike onderwerp, en die aansprake van die toekoms aan die hede gekoppel. Hulle het fantasie, die droombeelde, vir die werklikheid gesien en die werklikheid vir fantasie.

Hulle het nie die onsienlike wêreld deur geloof aanskou nie.  Satan het die dinge van hierdie lewe vir hulle as die alfa en die amega voorgestel en hulle het vir sy verleiding geval. Hulle het nie die onsienlike wêreld deur geloof aanskou nie. Satan het die dinge van hierdie lewe vir hulle as die alfa en die amega voorgestel en hulle het vir sy verleiding geval.

“Daar was ‘n ryk man” het Jesus gesê wat “’n bestuurder in diens gehad, en dié is by hom aangekla omdat hy sy geld verkwis het.’’ Die ryk man het al sy hele besigheid aan sy dienskneg toevertrou. Maar ongelukkig was hy skelm. Die ryk man was oortuig daarvan dat hy stelselmatig beroof word.

Hy was vasbeslote om die skelm bestuurder te ontslaan. Hy het ‘n oudit aangevra om die bedrogsaak te ondersoek. ‘’Wat is dit wat ek van jou hoor?” vra hy.

“Gee verslag van jou bestuur van sake, want jy kan nie langer bestuurder wees nie.’ Met die vooruitsig van sy ontslag, het aan die pad vorentoe gedink: Hy sal moet werk, bedel of honger ly. Hy sê toe vir homself: “Maar wag, nou weet ek wat ek sal doen sodat daar mense sal wees wat my in hulle huise sal ontvang as ek uit die bestuurderskap ontslaan is.’’ 

Toe roep hy die skuldenaars van sy werkgewer een vir een en vra vir die eerste: ‘Hoeveel skuld jy my werkgewer?’

Hy antwoord: ‘Honderd vate olyfolie.’ Toe sê hy vir hom: ‘Vat jou skuldbewys, gaan sit en skryf gou vyftig.’ Daarna vra hy vir ‘n ander een: ‘En jy, hoeveel skuld jy?’ Hy antwoord: ‘Honderd sak koring.’ En hy sê vir hom: ‘Vat jou skuldbewys en skryf tagtig.’ 

Die korrupte bestuurder het ander by sy korrupsie ingesleep. Hy sy meester bedrieg om Hulle te bevoordeel. Maar omdat hulle dit gedoen het, was hulle nou verplig om hom as vriend in hulle huise te ontvang. Wat gaan die baas nou doen?

Die werkgewer het die oneerlike bestuurder geprys vir die slim ding wat hy gedoen het. Die mense van hierdie wêreld tree onder mekaar slimmer op as die mense van die lig. Jesus het nie die skelm bestuurder se skelm optrede goedgekeur nie. Hy het hierdie insident wat in die nuus was, gebruik om ‘n baie groot les vir ons te leer.

En Ek sê vir julle: Gebruik die oneerlike mammon om vir julle vriende te maak sodat wanneer die geld nie meer kan help nie, hulle julle in die ewige wonings sal ontvang. Lukas 16:9. Jesus het nie die Fariseërs aangespreek omdat hulle nie met die tollenaars en die sondaars gemeng het nie. Sy omgee  vir hulle het nie afgeneem nie en Hy het ook nie opgehou om hulle te bearbei nie.

Jesus het gesien dat hulle werk hulle in die versoeking gelei het. Hulle was blootgestel aan die verleiding van sonde. Die eerste verkeerde stap was maklik maar gou het hulle in groter oneerlikheid en misdaad verval. Jesus het alles gedoen om hulle na hoër etiese waardes en beginsels te lei. Dis wat Jesus in gedagte met die gelykenis van die skelm bestuurder in gedagte gehad het.

Daar was onder die tollenaars net so ‘n geval soos wat in die gelykenis beskryf is. In Jesus se beskrywing kon hulle met die korrupte bestuurder resoneer. Hulle het met groot belanstelling na Jesus geluister. Baie van hulle het kosbare lesse uit hulle oneerlike gedrag gedrag geleer. Die inhoud van die gelykenis is direk met die disippels bespreek.

Die suurdeeg van waarheid is heel eerste aan hulle gegee. Op hulle beurt het hulle dit weer aan ander oorvertel. Baie van Jesus boodskappe het die disippels aan die begin nie mooi verstaan nie. Partykeer het dit gelyk of hulle dit ook vergeet het.

Maar later, onder die invloed van die Heilige Gees is hierdie waarhede deur die dissipels aan die nuwe bekeerlinge gebring, en hulle het dit baie duidelik verstaan. Jesus het nie opgehou om met die Fariseërs te kommunikeer nie. Hy het nie die hoop laat vaar dat hulle uiteindelik die krag van Sy woorde sou raaksien nie. Baie van hulle was diep oortuig, en toe die Heilige net na Pinkster met hulle harte gepraat het, het baie van hulle volgelinge van Jesus geword. Moenie moed opgee as jy op hierdie oomblik vir iemand bid nie.

Die Fariseërs het probeer om Jesus in ‘n slegte lig te stel omdat Hy met die tollenaars en sondaars kontak gehad het.

Nou bestraf Hy hierdie aanklaers. Hierdie skandaal het onder die tollenaars afgespeel. Jesus wil aan die Fariseërs hulle slegte gedrag illustreer en ook vir hulle wenke gee oor hoe om hulle flaters en foute te kan reg te maak.

Die middele wat die eienaar aan die bestuurder vir opheffingswerk gegee het, het hy gesteel. So met Israel. God het die saad van Abraham uitverkies. Met ‘n sterk arm het Hy hulle uit slawerny van Egipte verlos. Die Here het die heilige waarhede aan Israel toevertrou om vir die wêreld ‘n seën te wees.

Hy het die lewende orakels, godsprake aan hulle toevertrou om die lig met ander  te deel. Maar Sy rentmeesters het hierdie gawes net vir hulleself toegeëien en eksklusief geraak. Die Fariseërs vol selfbelangrikheid en selfgeregtigheid het die gawes wat hulle vir God se heerlikheid moes aanwend, misplaas, gesteel.

Die bestuurder in die gelykenis het geen voorsiening vir die toekoms gemaak nie.

Dit wat aan hom toevertrou is om ander mee te baat, het hy vir homself gevat. Hy het net oor die hede gedink en geleef. Die dag wanneer hy sy werk verloor sal daar daar niks om van te lewe nie. Maar op hierdie stadium was hy nog in besit van die eienaar se bates. Hy het besluit om dit vir sy toekomstige behoeftes aan te wend. Om dit te kon regkry, moes hy aan ‘n nuwe plan dink.  Pleks dat hy vir homself  bymekaar maak, moet hy nou aan ander begin uitdeel.

Hierdeur kan hy vriende maak sodat wanneer hy sy ontslag kry, hulle hom sou akkommodeer. So was dit ook met die Fariseërs. Hulle rentmeesterskap sou binnekort ontneem word en dan sou hulle vir hulle self vir die toekoms moes sorg.

Net deur die belange van ander te behartig, kon hulle ‘n mate van welwillendheid bekom. Net deur die gawes van God in hierdie lewe met ander te deel, kon hulle veilige toekoms vir hulle verseker. Is hier ‘n les vir ons?

So was dit in Jesus se tyd, so is dit ook nou. Kyk net bietjie na mense wat voorgee dat hulle Christene is. Die Here het hulle met vermoëns, krag en invloed toegerus.

Hy het hulle met middele voorsien waarmee hulle medewerkers met Hom in die verkondiging van die groot verlossingsboodskap kan wees. Al Sy gawes moet aangewend word om die mensdom te seën en behoeftiges, fieses of psiges te help.

Kom ons voed die hongeres, gee klere aan hulle wat nie het, sorg vir die weduwees en weeskinders. Neem tyd om die moedverlore en vertraptes van die samelewing ‘n drukkie te gaan gee. Dit was nooit in God se plan dat die ellende wat ons tans sien, hier moes wees nie. Dit was nie Sy plan dat een mens oorvloed moet geniet, terwyl ander nie brood het om te eet nie.

Die middele wat ons besit nadat ons al ons verpligtinge nagekom het, is bedoel om vir iemand te gaan goedwees. Verkoop julle besittings en gee bydraes vir die armes. Skaf vir julle ‘n beurs aan wat nie leeg raak nie, ‘n onuitputlike rykdom in die hemel, waar geen dief dit kan bykom en geen mot dit kan verniel nie.  Lukas 12:33 

Spoor hulle aan om goed te doen, om ryk te wees in goeie dade, vrygewig en mededeelsaam. 1 Timoteus 6:18. As jy ‘n feesmaal gee, nooi dan armes, kreupeles, verlamdes en blindes. Lukas 14:30

Is die vas wat Ek wil hê, nie dít nie: om dié wat onregverdig gevange gehou word, te bevry, om die juk wat op mense druk, af te haal, om verdruktes vry te maak, om elke juk te breek?  Dat jy jou medemens nie aan sy lot oorlaat nie?  Jesaja 58:6,7. As jy jou wy aan dié wat honger het, as jy voorsien in die behoeftes van dié wat in nood is, sal die lig vir jou skyn wanneer dit donker is, sal wat vir jou nag is, word soos die helder middag. Jesaja 58:10 

Hy het vir hulle gesê: “Gaan uit, die hele wêreld in, en verkondig die evangelie aan die hele mensdom.  Markus 16:15 

Dit is die Here se opdrag. Is dit waarmee die groot meerderheid van die Christene besig is? Hoe vaar ons met die omgee vir mense? Wat ek terughou verloor ek, wat ek met iemand deel, behou ek.

VOLGENDE KEER

Die rykman en Lasarus

Meer uitdagins vir my selfsugtige gevalle natuur. Maar ook meer seëninge wanneer ons God se gebooie van liefde en gertrouheid uitleef.

Was this article helpful?

Related Articles