1. Home
  2. Jesus
  3. Gelykenisse Van Christus
  4. Die Onregverdige Regter Deel 2 – Die Gelykenis Van Die Volhardende Weduwee – Gelykenis 32

Die Onregverdige Regter Deel 2 – Die Gelykenis Van Die Volhardende Weduwee – Gelykenis 32

Wanneer moeilike beproewings ons teister, moet ons nie toelaat dat dit hulle ons vrede gaan steel nie. Maak nie saak hoe onbeskof en onregverdig ons behandel word nie. Deur wraaksug te koester, benadeel ons net ons self. Ons mag nie toelaat dat ons vertroue in God of die leiding van die Heilige Gees skade ly nie.

Ons het ‘n getuie by ons, ‘n hemelse boodskapper wat ‘n banier teen die vyand sal oprig en ons beskerm.  Hy sal ons met die helder strale van die Son van geregtigheid beskermd toevou. Satan is nie in staat om hierdie lig te dring nie. Hy is magteloos om verby hierdie skild van heilige beskerming te beweeg.

Terwyl kriminaliteit eksponesieel toeneem, moet ons onsself nie flous dat dit nie regtig so erg is nie.  Dis in hierdie baie moeilike tye dat ons baie ernstig tot die Here sal moet bid. En wat ‘n voorreg om raad by Hom te kry wat al die kennis en wysheid in pag het.

Psalm 50:15  Roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp en jy sal My eer.Hy nooi ons om ons verpletterdheid en ons behoefte aan goddelike hulp en uitkoms met Hom te kom bespreek. Kom ons bid sonder ophou. Die oomblik wanneer moeilikheid sy kop uitsteek, moet ons ernstig begin bid.

Ons gebede is die bewys van ons sterk vertroue in God se hulp. Die besef van ons groot behoeftes lei ons na ons knieë toe. Hierdie ernstige gebede raak die tere hart van ons hemelse Vader.

En wat moet ek nog meer sê? Die tyd ontbreek my om te vertel van Gideon, Barak, Simson en Jefta, van Dawid, Samuel en die profete. 

Deur die geloof het hulle koninkryke verower, die reg van God gehandhaaf en verkry wat God beloof het; hulle het leeus se bekke toegestop, gloeiende vuur geblus en aan die swaard ontkom; hulle het in swakheid krag ontvang, was sterk in oorlog en het die leërs van vreemdes op die vlug gejaag. Hebreërs 11:32-34 

Wanneer ons ons lewens aan Hom toewy, sal ons nooit in ‘n posisie beland waarvoor Hy nie vir ons voorsiening gemaak het nie.

Maak nie saak hoe haglik ons situasie nie; ons het ‘n Gids wat vir ons die pad van uitkoms sal aanwys. Wat ookal ons verpletterdheid, ons het ‘n Raadgewer. Wat oakal ons pyn en eensaamheid; ons het ‘n Vriend vol liefdevolle meegevoel.

Wanneer ons in ons domheid verkeerde besluite neem, verstoot Jesus ons nie.

Sy stem is duidelik en onmiskenbaar: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.” Johannes 14:6. “Hy sal die arme red wat om hulp roep, die verdrukte en dié wat geen helper het nie.” Psalm 72:12.

Die Here sê dat Hy deur diegene vereer sal word wat tot Hom nader en wat getrou Sy diens doen.

“U sal ‘n standvastige gesindheid in volle vrede bewaar, want hulle vertrou op U.” Jesaja 26:3.

Die arm van die Almagtige is uitgestrek om ons versigtig verder en verder na waarheid en veiligheid te lei.

Temidde van die lofliedere van die hemelse kore, hoor God die noodkreet van die swakste  sondaar op aarde. Ons stort ons hartbegeertes in ons huise uit. Ons bid terwyl ons stap en ons  hartsverlangens bereik die troonkamer van die Heerser van die Univers.

Ons gebede word nie deur ‘n menslike oor gehoor nie, maar dit verdwyn nie in die niet nie. Ons gebede raak ook nie tussen die gewerskaf om ons gesmoor nie. Niks kan die klank van ons sielsverlange afdraai nie. Dit styg bokant die geraas van die besige straat, bokant die verwarring en gedreun van die massas uit.

Ons gebede kom tot by die poorte van die hemel. Dit is met God wat ons praat, en ons gebede val nie op dowe ore nie. Hy hoor ons. Maak nie saak hoe onwaardig jy voel nie, moenie huiwer om jou saak aan die Here oor te laat nie. Toe die Vader Homself in die peroon van Jesus vir die sondes van die wêrld gegee het, het Hy die volgendend onderneming gemaak:

Wat sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie kan teen ons wees? Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie? Romeine 8:31,32 

Dink jy dat ons kan staatmaak op dit wat ons liefdevolle vergewende hemelse Vader vir ons sê?

Daar is niks wat Jesus meer begeer nie as om ons van die wrede heerskappy van die Satan te bevry nie. Maar voordat ons van sy mag bevry word, moet ons eers van die sondige mag in ons binneste bevry word. Die Here laat beproewings toe om ons aardsheid, selfsug en onchristelike gedrag en karaktereienskappe te reinig.

Hy laat toe dat die diep waters van beproewing oor ons spoel sodat ons Hom en Jesus wat Hy gestuur het, beter kan leer ken. Hy wil baie graag hê dat ons ‘n diep verlange moet kweek om van sondebesoedeling ontslae moet raak en skoner, heiliger en gelukkiger uit die beproewing te kan kom.

So dikwels betree ons die smeltkroes van beproewing met ons selfsugtigemotiewe en besoedeling. Maar wanneer ons biddend en geduldig deur die toets werk, sal ons met ondersteuning van Bo, ‘n goddelike karakter reflekteer. En dan wanneer die Here se doel met die beproewing afgehandel is, sal die volgende aksie volg:

Hy sal jou onskuld laat deurbreek soos die son, jou reg soos die helder lig van die middag.  Psalm 37:6

Daar is geen gevaar dat die Here nie die gebede van Sy kinders sal beantwoord nie. Die gevaar lê daarin dat ons moedeloos sal word en na te laat om gedurigdeur te bid. Te bid sonder ophou. 

Dit was Jesus wat die pleitende weduwee die moed en deursettingsvermoë gegee het om aan te hou by die regter te pleit.

Dit was ook Jesus wat eeue gelede vir Jakob die krag gegee het om met volharding vir ‘n seën van God te pleit. Die vertroue wat ons in Hom plaas, sal Hy nooit laat misluk nie.

Hy wat in die hemelse heiligdom woon, oordeel altyd regverdig. Sy affeksie is groter vir Sy struikellende kinders wat voortdurende versoek word, as vir die leërskare van engele wat Sy troon omsirkel.

Op hierdie stofdeeltjie waarop ons woon, stort die Here Sy grootste sorg en liefde uit. Vir ons het Hy ‘n onberenbare prys betaal en die prys bepaal ons ontsettende groot waarde. Die Verlosser van die wêreld het ‘n baie sterk band met ons gesmee.

Hemelse wesens besoek ons planeet nog steeds soos in die dae toe hulle met Moses en Abraham gesels het. In die besige stede waar die massas die supermarke besoek, tree hulle op asof die lewe net uit besigheid, sport en plesier bestaan. Onsienlike hemelse wesens maak aantekeninge van al ons woorde en dade.

In die byeenkomste van besigheid of plesier is daar meer stille luisteraars as wat die natuurlike oog en oor kan waarneem. In elke kerkbyeenkoms is daar ook meer luisteraars as wat natuurlike oog kan sien. Met tye trek die hemelse boodskappers die gordyn weg wat die onsigbare wêreld versluier, sodat ons ons gedagtes op die onsigbare getuies kan fokus wat alles weet wat ons doen of sê.

Ons het nodig om ‘n beter begrip van die engele en hulle werk te kry. Dis belangrik dat ons besef dat ons die samewerking hemelse wesens geniet. Onsigbare leërs van lig en krag vergesel die nederiges wat die beloftes van die Here glo en wat dit opeis.

Gerubs en Serafs en kragtige engele – tienduisend maal tienduisend en duisende van duisende, staan aan Sy regterhand. Is hulle nie almal dienende geeste wat vir diens uitgestuur word ter wille van die wat die saligheid sal beërwe nie? Hebreërs 1:14 

Die engele hou ‘n baie akkurate verslag van elke mens se doen en late. Elke daad van wreedheid of onreg wat teen die kinders van God gepleeg word, almal wat deur die bose sleg behandel word, word in die hemel opgeteken.

Hoe het die Here Lot en sy familie voor die verwoesting van Sodom en Gomoro verlos?

Lukas 18:7  Sal God dan nie reg doen aan sy uitverkorenes wat dag en nag tot Hom roep nie, al is Hy ook lankmoedig in hulle geval? 

Werp dan julle vrymoedigheid, wat ‘n groot beloning het, nie weg nie. Want julle het lydsaamheid nodig, om, nadat julle die wil van God gedoen het, die belofte te verkry. Want nog ‘n klein tydjie, en Hy wat kom, sal kom en nie versuim nie. Hebreërs 10:35-37 

Wees dan geduldig, broeders, tot op die wederkoms van die Here. Kyk, die landbouer wag op die kostelike vrug van die aarde en het geduld daarmee totdat dit die vroeë en die laat reën ontvang het. Julle moet ook geduldig wees; versterk julle harte, want die wederkoms van die Here is naby. Jakobus 5:7,8

Die wêreld het uitdagend onverskillig teenoor die wet van God geword. Asgevolg van God se lankmoedigheid, het die mensdom Sy wetlike gesag begin vertrep. Hulle het mekaar aangehits om wreed teenoor God se erfdeel op te tree. Psalm 73:11 stel dit soos volg: En hulle sê: Hoe sou God dit weet, en sou daar kennis by die Allerhoogste wees? 

Die verdraagsaamheid van die Here is vestommend. Geregtigheid is baie geduldig terwyl genade met die sondaar pleit. Maar “Geregtigheid en reg is die grondslag van sy troon.” Psalm 97:2.

“Die HERE is lankmoedig, maar groot van krag; en nooit laat die HERE ongestraf bly nie. Sy weg is in warrelwind en in storm, en wolke is die stof van sy voete.” Nahum 1:3

Maar daar is grense in Sy verdraagsaamheid. Daar kom ‘n dag wanneer die limiet van God se geduld bereik word. Selfs op hierdie oomblik het hulle byna die grense van Sy verdraagsaamheid,  die perke van Sy genade oorgesteek. Die Here sal ingryp om sy eer te bevestig, te handhaaf ten einde Sy volk te red en om die opkomende gety van ongeregtigheid te stuit. Hou moed. Ons is amper by die huis.

In Noag se dag het die mens die wet van God sodanig geminag dat byna elke herinnering aan die Skepper van die aarde verdwyn het. Hulle boosheid het soveel afmetings aangeneem dat die Here ‘n vloed gestuur om die bose korupte sondaars uit te wis.

Deur al die eeue het die Here die manier waarop Hy optree, bekend gemaak. Wanneer ‘n krisis gekom het, het Hy Homself geopenbaar teneinde die planne van Satan te fnuik. Met nasies, gesinne en individue het Hy dikwels toegelaat dat sake op die spits gedryf word sodat mense van Sy tussenkoms, Sy toetrede, kon kennis neem.

In hierdie tye waar korrupsie oorgeneem het, kan ons seker weet dat die laaste groot krisis enige tyd kan losbars. Wanneer die Here se wet universeel vertrap en Sy kinders vervolg word, sal Hy dadelik ingryp. Die tyd het  nou aangebreek wanneer Hy sal sê:

Kom, my volk, gaan in jou binnekamers en sluit jou deur agter jou toe, verberg jou vir ‘n klein oomblik, totdat die grimmigheid verbygaan. Want kyk, die HERE sal uit sy plek uitgaan om die ongeregtigheid van die bewoners van die aarde oor hulle te besoek; en die aarde sal die bloed openbaar maak wat deur hom gedrink is, en die wat op hom gedood is, nie langer toedek nie.  Jesaja 26:20,21

Mense wat voorgee dat hulle Christene is mag nou die armes onderdruk en weduwee en wees beroof. Hulle haat vir God se kinders omdat hulle nie hulle gewete kan beheer nie, sal perkeloos wees. Dit gaan dan in hierdie oomblik wees dat God se oordeel hulle neervel.

Hulle het Sy getroue getuies in die puinbanke laat ly, hulle verban en selfs ooregee om doodgemaak te word.

Maar vir elke stuk smart, elke klomp trane wat hulle laat vloei het, sal hulle moet rekenskap gee.

God sal hulle dubbel vergeld vir die sondes wat hulle gepleeg het.

Die oordeel sal onbarmhartig teenoor hulle wees oor nie barmhartigheid betoon het nie. Rekenskap gaan geëis word van dit wat mense alles aan die Here se kinders gedoen het. Hulle kan nou valse beskuldigings maak; mense bespot wat God aangestel het om Sy werk te doen. Maar dit sal nie meer lank die geval wees nie.

Hulle het Sy getroue getuies in die puinbanke laat ly, hulle verban en selfs ooregee om doodgemaak te word. Maar vir elke stuk smart, elke klomp trane wat hulle laat vloei het, sal hulle moet rekenskap gee. God sal hulle dubbel vergeld vir die sondes wat hulle gepleeg het. Oor Babilon, die simbool van die afvallig Kerk, sê die Here die volgende:

Haar sondes het tot aan die hemel opgehoop, en God het haar ongeregtighede onthou. Behandel haar soos sy julle behandel het, en vergeld haar dubbel soveel as wat sy julle aangedoen het. In die beker waarin sy vir julle ingeskink het, moet julle vir haar twee keer soveel inskink. Openbaring 18:5,6

Uit Indië, Afrika, Sjina en die eilande van die see, van die miljoene vertraptes uit die sogenaamde Christenlande, styg die geroep van menslike lyding op na God. Daardie hartseer geroep sal nie ongeantwoord verbygaan nie. God gaan hierdie besoedelde bose aarde met sy riool stank van onsedelike korrupsie reinig. Nie met water soos in Noag se dag nie, maar met ‘n onuitbluslike vuur.

Dit sal ‘n tyd van benoudheid wees soos daar nie gewees het vandat ‘n volk bestaan het tot op dié tyd nie; maar in dié tyd sal jou volk gered word, elkeen wat in die boek opgeskrywe staan.  Daniël 12:1.

Uit gate en grotte uit berge en woestyne, uit die spelonke van die aarde en die dieptes van die see sal God Sy kinders bymekaarmaak. Op aarde was hulle vervloek, verlate geteister en gefolter. Miljoene van hulle is as die grootste van alle skurke en skuim begrawe omdat hulle geweier het om die Satan se leuens te glo. Die howe van die wêreld het hulle as die laagste, die vuilste en die ergste kriminele ge-etikiteer.

Maar die dag is naby “Want God staan gereed om te oordeel!” (Psalm 50:6). Dan sal die regterlike besluite van die aarde nietig verklaar word.“Hy sal die smaad van sy volk van die hele aarde af wegneem.” Jesaja 25:8. Wit klere sal aan elkeen gegee word. “Hulle sal genoem word: “Gewyde volk, volk wat deur die Here verlos is.“ Jesaja 62:12 

Watter swaar kruis jy ookal moet dra, watter verliese jy ookal gely het, watter vervolging jy al moes verduur het, of selfs jou lewe verloor het, daar wag ontesettende baie goeie nuus. Die Here gaan die verliese self opmaak. En hulle sal sy aangesig sien, en sy Naam sal op hulle voorhoofde wees. Openbaring 22:4

VOLGENDE KEER

Om op sitplekke van eer te kan sit.

Was this article helpful?

Related Articles