1. Home
  2. Jesus
  3. Gelykenisse Van Christus
  4. Die Onregverdige Regter – Die Gelykenis Van Die Weduwee Wat Volhard Het – Gelykenis 31

Die Onregverdige Regter – Die Gelykenis Van Die Weduwee Wat Volhard Het – Gelykenis 31

Jesus het na die moeilike tye net voor Sy wederkoms verwys. Sy volgelinge gaan dit nie maklik oorleef nie. Met verwysing na daardie tyd het Hy aan hulle ‘n gelykenis vertel dat ‘n mens gedurig moet bid en nie moedeloos word nie. En Hy het ook aan hulle ‘n gelykenis vertel met die oog daarop dat ‘n mens gedurig moet bid en nie moedeloos word nie, en gesê: Daar was ‘n regter in ‘n stad wat God nie gevrees en geen mens ontsien het nie. En daar was in daardie stad ‘n weduwee, en sy het gedurig na hom gekom en gesê: Doen reg aan my teenoor my teëparty.   En ‘n tyd lank wou hy nie; maar daarna het hy by homself gesê: Al vrees ek God ook nie en al ontsien ek geen mens nie,  tog sal ek, omdat hierdie weduwee my moeite gee, aan haar reg doen, sodat sy nie eindelik kom en my in die gesig slaan nie.  Toe sê die Here: Hoor wat die onregverdige regter sê.   Sal God dan nie reg doen aan sy uitverkorenes wat dag en nag tot Hom roep nie, al is Hy ook lankmoedig in hulle geval?   Ek sê vir julle dat Hy gou aan hulle reg sal doen; maar as die Seun van die mens kom, sal Hy wel die geloof op die aarde vind? Lukas 18:1-8.

Dink jy nie ons dien ‘n ontsettende genadige liefdevolle God nie. Tweeduisendjaar voor Sy wederkoms gee Hy vir ons hierdie gelykenis om vir ons te vertel hoe om in hierdie laat uur te kan oorleef?

Die regter wat hier uitgebeeld word het hom nie aan die lydendes en die ellendiges gesteur nie. Hy het die weduwee wat haar saak voor hom gelê het, onophoudelik  afgejak. Sy het tenspyte van sy onbeskofte gedrag maar net aangehou kom om haar saak voor hom en die regbank te stel.

Die regter het geweet haar saak het meriete en dat hy haar dadelik kon help, maar hy het nie. Hy het sy gesag misbruik en genot daaruit geput om haar te sien pleit en pleit.  Maar sy het sy onbeskofte sadism geignoreer en hom sonder ophou lastig geval. Sy het geweier om moedeloos te word. En so het hierdie volhardende weduwee aangehou totdat die onregverdige regter haar saak aangehoor het.

“Vir God het ek wel geen eerbied nie, en aan ‘n mens steur ek my nie, maar aangesien hierdie weduwee so aanhou om my lastig te val, sal ek haar in haar regsaak help. anders kom klap sy my op die ou end ook nog.” Teneinde sy reputasie te red en swak publisiteit te vermy, het hy reg laat geskied. En nou maak Jesus die volgende veruklike uitspraak:

Toe sê die Here: “Hoor wat sê die onregverdige regter. Sal God dan nie aan sy uitverkorenes, wat dag en nag tot Hom roep, reg doen nie? Sal Hy hulle lank laat wag? Ek sê vir julle: Hy sal hulle help, en gou ook! Maar sal die Seun van die mens by sy koms nog geloof op die aarde vind? Lukas 18:6-8 Jesus kontrasteer die onbeskofte regter met ons liefdevolle hemelse Vader. Die regter het uit selfsug aan die weduwee se versoek voldoen sodat hy van haar gekerm ontslae kon raak.

Hy het zero meegevoel vir haar gehad en haar ellende het nie vir hom saakgemaak nie. Maar hoe anders mooi is God se gesindheid teenoor ek jy wat Hom in die gebed nader? Ons behoeftes word met oneindige onmeetlike jammerte bejeën.

Die vrou wat haar saak aan die regter gestel het, het haar man aan die dood afgestaan. Brandarm en sonder vriende was daar niks wat sy kon doen om die boedel te beredder nie.  Dis ook hoe ons deur ons sonde ons verhouding met die Here verloor het. 

Op ons eie is ons hopeloos verlore. Maar deur Jesus word ons tot by die liefdevolle hart van God die Vader gebring. Die v erlore sondaar word ‘n uitverkorene wat baie kosbaar vir die Here is.Hy het ons uit die duisternis na Sy rein lig geroep om Sy lof te besing en soos liggies in ons donker wêreld te skyn.

Die onbeskofde regter het geen belang in die weduwee gehad wat vir hulp kom aanklop het nie. Maar om van haar ontslae te raak het hy haar van haar vyande verlos. In teenstelling met hom, het God ons oneindig lief. Ons is vir Hom die kosbaarste wesens op aarde. Luister na die volgende verstommende liefdestaal wat uit Sy hart uit borrel:

Hulle is die Here se volk, sy deel, Jakob is die Here se vaste eiendom. Hy het sy volk in die woestyn gevind, in ‘n onbewoonbare land waar woestyndiere skreeu. Die Here het sy volk omhels, hom vertroetel en versorg soos die appel van sy oog. Deuteronomium 32:9,10 

So sê die Here die Almagtige wat my met volmag gestuur het na die nasies toe wat oorlogsbuit van julle gemaak het: Wie aan julle vat, vat aan my oogappel. Sagaria 2:8

Die weduwee se smeekbede “Doen reg aan my teenoor my teëparty” verteenwoordig die gebede van die kinders van God met betrekking tot Satan, ons groot vyand, ons teëparty.  Hy is die “die aanklaer wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag.” Openbaring 12:10

Hy gedurig besig om misinformasie te saai, mense te mislei en die volk van die Here te verwoes. En dis vir die verlossing van die mag van Satan wat Jesus vir ons in hierdie gelykenis gegee het. In die profesie van Sagaria sien of hoe hy aantuigings maak en hoe Jesus hierdie vyand van sy kinders weerstaan.

Daarna het Hy my Josua, die hoëpriester, laat sien, terwyl hy voor die Engel van die HERE staan, en die Satan aan sy regterhand staan om hom aan te klae. Toe sê die HERE aan die Satan: Mag die HERE jou bestraf, o Satan! Ja, mag die HERE, wat Jerusalem verkies het, jou bestraf! Is hierdie een nie ‘n brandhout wat uit die vuur geruk is nie? En Josua was bekleed met vuil klere, terwyl hy voor die Engel staan. Sagaria 3:1-3

Die kinders van die Here word hier as kriminele voorgestel. Josua die hoëpriester pleit vir ‘n seën ir sy erg vervolgde volk. Terwyl hy daarmee besig is, staan die duiwel aan sy regterkant. Hy beskuldig die kinders van God en gee voor dat hulle saak uiterse hopeloss is.

Hy skets hulle gruwelike sondes en swakhede vir die Here. Hy hammer op hulle talle foute en mislukkings. Hy probeer om hulle in so ‘n slegte lig voor die Here te stel dat Hy dit onmoontlik sal vind om hulle uit hulle groot sondenood te wil verlos.

Josua, as die verteenwoordiger van God se volk, staan veroordeeld in sy vuil besoedelde sondige klere. Met ‘n bewustheid van hulle enorme sondes, knak hy in moedeloosheid. Satan eksensueer sy geweldige skuldgevoelens en hy voel byna buite bereik van verlossing. Tog staan Josua daar as smekeling vir genade met die sadistiese Bose wat hom wil verwoes.

Hierdie laakbare beskuldigings het reeds in hemel begin. Hy het sedert Satan se val hiermee voortgegaan. Dit gaan nog baie erger word namate ons die einde van hierdie wêreld se einde nader. Het jy al onder die valse en ook onder die ware beskuldings van iemand deurgeloop? Jy weet nie waar om jou kop te draai nie.

Namate hy besef sy tyd is kort, sal hy met groter diaboliese misleiding en verwoesting voortgaan. Hy is buite homself woedend om mense op aarde te sien wat selfs ten spyte van hulle swakheid en sondigheid nog groot respek en agting vir die wet van die Here betoon. Hy is vasberade dat hulle nie aan God gehoorsaam sal wees nie. Hy sal dit vir hulle so moeilik as moontlik maak.

Hy verheug hom in hulle onwaardigheid. Hy het strikke vir elke siel beplan waarmee hy hulle wil verlei en van God wil skei. Hy doen sy uiterste bes om God te beskuldig en te veroordeel. Dit is ook sy mikpunt om elke liewe mens te vernietig wat daarna streef om God se doelstellings van genade, liefde, meegevoel en vergifnis uit te leef.

Elke manifestasie van God se mag in Sy volgelinge, maak Satan woedend. Elke keer wanneer God ten behoewe van Sy kinders optree, werk Satan en sy engele onverpoosd om hulle te vernietig. Hy is jaloers op almal wat probeer om Jesus hulle krag en steun te maak.

Hy trag om kwaad te saai en as hy daarin slaag, pak hy al die skuld op die mense wat hy verlei het. Hy wys vir ons met Sataniese satisfaksie op ons vuil besoedelde klere en ons onvolmaakte karakters.  Hy wys ons op ons swakhede en dwaashede; ons sonde van ondankbaarheid; hoe ver ons van Jesus se karakter kortskiet en hoe ons ons Verlosser oneer aandoen. Hy dring daaop aan dat ons veragtelike geestelike toestand hom die reg gee om ons te vernietig. Was jy al daar?

Hy probeer ons met die gedagte ontstel en bangmaak dat ons te ver gegaan ente verskriklik gesondig het. Ons is geestelik onherstelelbaar. Die bloed van Jesus kan nie die liederlike vlek van sonde uitwis nie. Hy probeer ons geloof vernietig sodat ons aan sy versoekings sal toegee en ons lojaliteit aan die Here sal versaak.

As die volk van God is ons magteloos om Satan se aantuigings te weerlê. Wanneer ons na ons sondige toestand kyk, is ons gereed om moed op te gee. Maar dan verlaat ons onsself op die goddelike Advokaat. In diepe afhanklikheid maak ons uitsluitlik net op Sy meriete staat.

Maar Hy het ook getoon wat sy vryspraak in die teenswoordige tyd behels: Hy oordeel regverdig deurdat Hy elkeen vryspreek wat in Jesus glo.  Romeine 3:26

Met vertroue roep ons tot God om Satan se mond te snoer en sy aantuigings te verwoes. U wat regspreek oor die volke, Here, bevind tog dat ek reg het, Here, dat ek onskuldig is. Doen aan my reg, HERE, na my geretigheid en na my onskuld wat by my is.

Met vertroue roep ons tot God om Satan se mond te snoer en sy aantuigings te verwoes.

U wat regspreek oor die volke, Here, bevind tog dat ek reg het, Here, dat ek onskuldig is. Doen aan my reg, HERE, na my geretigheid en na my onskuld wat by my is. Psalm 7:9 

Toe sê die HERE aan die Satan: Mag die HERE jou bestraf, o Satan! Ja, mag die HERE, wat Jerusalem verkies het, jou bestraf! Is hierdie een nie ‘n brandhout wat uit die vuur geruk is nie? Sagaria 3:2 

En met die almagtige, doeltreffende argument van die Kruis maak Jesus Satan die aanklaer stil.

Alhoewel ons gesondig het, het Jesus ons sondeskuld op Homself geneem. Hy het ons soos ‘n brandhout uit die vuur gepluk. Deur  Sy menslike natuur is Hy ons aan gekoppel. Terselfdertyd is Hy deur Sy goddelike natuur aan die oneindige God gekoppel. Met Sy ingryping kan Hy elke verlore sondaar red. Satan die aanklaer word  bestraf. My mede sondaar. Ons het so baie om voor dankbaar te wees.

En Josua was bekleed met vuil klere, terwyl hy voor die Engel staan. Daarop het Hy aangehef en gesê aan die wat voor Hom staan: Neem die vuil klere van hom weg. Toe sê Hy vir hom: Kyk, Ek het jou skuld van jou weggeneem, en Ek beklee jou met feesklere. Daarop sê ek: Laat hulle ‘n rein tulband op sy hoof sit. En hulle het die rein tulband op sy hoof gesit en hom die klere aangetrek, terwyl die Engel van die HERE daarby staan. Sagaria 3:3-5

Die engel van die Here het die volgende opdrag aan Josua gegee:

En die Engel van die HERE het Josua plegtig verseker en gesê: So sê die HERE van die leërskare: As jy in my weë wandel en as jy my verordening onderhou, dan sal jy my huis bestuur sowel as my voorhowe bewaak, en Ek sal jou vrye toegang verleen onder diegene wat hier staan. Sagaria 3:6,7

Tenspyte van ons gebreke as die kinders van God, draai Hy nie Sy rug op ons nie – ons is die tere wesens van Sy diepste sorg en liefde en vergifnis. Hy besit die mag om ons vuil klere te vervang. Hy beklee ons met Sy eie kleed van geregtigheid en skrywe “Vergifnis” langs ons name in die boeke van die hemel.

Hy verklaar ons onskuld voor die hemelse univers. Satan word as die vyand, die aanklaer en die bedriër geïdentifiseer. God sal reg aan Sy uitverkorenes verskaf. Die gebed: “Doen reg aan my teenoor my teëparty,” is nie net van toepassing op die Satan nie, maar die instansies wat hy opsteek om die kinders van God verkeerd voor te stel, te versoek en te verwoes. Mense wat besluit het om God se gebooie te bewaar, het agtergekom dat hulle vyande deur ‘n duistere mag beheer word.

Hierdie teenstanders het Jesus destyds elke tree van Sy weg vervolg en dit vir Hom moeilik gemaak. Hoe erg dit was, sal geen mens ooit begryp nie. En ek en jy wat net soos die disippels Jesus volg, sal ook gedurig versoek word.

Jakobus beskryf die toestande wat net voor Jesus se wederkoms op aarde gaan heers:

Kom nou, julle rykes, ween en huil oor die ellendes wat oor julle kom. Julle rykdom is bedorwe, en julle klere is deur die motte verniel. Julle goud en silwer is verroes, en hulle roes sal tot ‘n getuienis teen julle wees en sal soos ‘n vuur julle vlees verteer. Julle het skatte vergader in die laaste dae. Jakobus 5:1-3

Kyk, die loon van die arbeiders wat julle lande afgeoes het, wat deur julle agtergehou is, roep uit; en die geroep van die maaiers het gekom tot in die ore van die Here van die leërskare. Julle het op die aarde ‘n weelderige en losbandige lewe gelei; julle het jul harte vet gevoer soos op ‘n slagdag. Veroordeel, vermoor het julle die regverdige; hy versit hom nie teen julle nie. Jakobus 5:4-6

Dis presies was ons tans op die sosiale media waarneem. Deur korrupsie, onderdrukking en afpersing hoop mense kolosale rykdomme op terwyl die geroep van die uitgehongerde massas voor God opkom.

Die reg het van die toneel verdwyn, die geregtigheid is ver van ons af, want die waarheid struikel waar daar reg gespreek word, eerlikheid kan nie daar inkom nie. Die waarheid het verdwyn, wie ophou om kwaad te doen, word daaroor vervolg. Die Here het dit gesien en dit is verkeerd in sy oë dat daar geen reg is nie. Jesaja 59:14,15

Dit het met Jesus op aarde gebeur. Hy was aan Sy Vader se gebooie gehoorsaam en het al die oorlewering van mense weggelaat wat die plek van God se gebooie gevat het. Asgevolg hiervan is hy gehaat en vervolg. Hierdie tendens is besig om herhaal te word.

Die wette en oorlewering word hoër as die gebooie van God geag. En die wat aan God se gebooie gehoor gee, word verag en vervolg. Asgevolg van Jesus se getrouheid aan Sy Vader se gebooie, is Hy as ‘n Sabbatskender en godslasteraar beskuldig. Hy was daarvan beskuldig dat Hy duiwelbesete van Beelsebub was. Net so word Sy volgelinge ook vals beskuldig en verkeerd voorgestel.

Satan dink dat hy hulle kan laat sondig en sodoende oneer op God se Naam bring. Die karakter van die regter in die gelykenis, wat God nie gevrees en mense geminag het, is voorgestelling van die korrupte regpleging wat binnekort by Sy Kinders se verhoor gesien gaan word.

Jesus wil hê Sy kinders moet besef hoe feilbaar en lafhartig die heersers en die regters in die eindtyd van benoudheid gaan optree. Hy wil hê Sy volk moet ten alle tye besef hoe min hulle die mense kan vertrou. Dikwels moet die uitverkorenes voor amptenare verskyn wat nie volgens die Woord van God optree nie, maar wat hulle eie ontoegewyde, ongedisiplineerde impulse volg.

In die gelykenis van die onregverdige regter het Jesus vir ons getoon hoe ons moet optree. “Sal God dan nie reg doen aan Sy uitverkorenes wat dag en nag tot hom roep nie?

Jesus ons voorbeeld , het niks gedoen om Homself te verontskuldig nie. Hy het Sy saak aan Sy Vader toevertrou. Net so moet Sy volgelinge nie beskuldig of veroordeel of tot geweld oorgaan om hulle self te verdedig of te verlos nie.

VOLGENDE KEER

Hoe moet ons optree wanneer Satan sy werktye gebruik om ons net soos Jesus gaan behandel?

Mag die Here ons help om uit die gelykenisse te leer hoe om in hierdie ernstige laat uur voor die wederkoms op te tree.

Was this article helpful?

Related Articles