Ons ewige bestemming word in hierdie lewe vasgelê en daar is ‘n tweede genade tyd nie. Die gevaar van beheptheid met materiële dinge.
In die gelykenis van die rykman en Lasarus het Jesus geleer dat mense in hierdie lewe oor hulle ewige bestemming besluit.
Gedurende die tyd van genade is God se genade vrylik vir sondaars beskikbaar. Maar wanneer ons ons geleenthede met selfbevrediging opmors, verbeur ons die grootste vreugde, die van ewige lewe. Deur ons eie keuse het ons ’n groot onbegaande kloof tussen ons die Here veroorsaak.
Die gelykenis skets die kontras tussen die rykes wat nie op God vertrou het nie en die armes wat hulle afhanklikheid van Hom besef het. Jesus wys daarop dat die tyd gaan aanbreek dat die lot van die twee klasse gaan verander. Hulle wat arm in wêreld se middele is en nogtans op God vertrou, sal eendag bo die belangrikes geag word wat nie hulle lewens aan God toevertrou het nie.
“En daar was ‘n ryk man,” vertel Jesus, “en hy het purper en fyn linne gedra en elke dag vrolik en weelderig gelewe. Lukas 16:19. Julle moes gesien het hoe gelaai sy tafel met die duurste koste gespog het. Die man het miskien ook so ‘n meer as die gewone mans geweeg.
En daar was ‘n bedelaar met die naam van Lasarus wat vol swere voor sy poort gelê het. En hy het verlang om hom te versadig met die krummels wat van die ryk man se tafel val. Ja, selfs die honde het gekom en sy swere gelek. Lukas 16:20,21
Hierdie ryk man het nie onder die klas van die onregverdige regter sorteer wat God openlik verwerp het nie. Hy het daarop aanspraak gemaak dat hy ‘n seun van Abraham was. Hy het nie die bedelaar verjaag omdat die gesig van hierdie drommel ondraaglik was nie.
As die arme, afskuwelike uitgeworpene vertroos kon word deur na hom te kyk, terwyl hy in sy poorte ingaan, was die ryk man gewillig dat hy sou bly. Maar hy was selfsugtig onverskillig teenoor die behoeftes van sy lydende broer.
Daar was nie buitepasiënte of klinieke in daardie dae waar die siekes versorg kon word nie.
Die lydende en behoeftiges is onder die aandag van diegene gebring aan wie die Here rykdom toevertrou het, sodat hulle hulp en simpatie kon ontvang.
Ons vriend is toegelaat om dag vir dag voor die rykman se huis te kripeer terwyl laasgenoemde in die botter baljaar het. Hy het oorgenoeg besit om in die behoeftes van Lasarus te voorsien. Hy was net soos baie mense wat vandag net vir hulle self leef. My liewe vriend daar is baie arm mense tussen ons wat honger, naak en huisloos is. Nie net fisies nie, maar ook geestelik. Ons verwaarlosing om in hulle behoeftes te voorsien, bepaal ‘n skuldlas wat ons eendag in die gesig sal moet kyk.
Alle hebsug word as afgodediens veroordeel. Elke vorm van selfsug is ‘n groot sonde in God se oë. God het die ryk man ‘n bestuurder van Sy middele gemaak, en dit was sy plig om na gevalle soos dié van die bedelaar om te sien. Die goddelike bevel is gegee:
Daarom moet jy die Here jou God liefhê met hart en siel, met al jou krag.” Deuteronomian 6:5, en “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is die Here.“ Levitikus 9:18
Omdat die rykman ‘n Jood was, was hy van van hierdie gebod bewus. Maar hy het bietjie vergeet dat hy verantwoordelike gehou word vir die manier waarop hy sy geleende rykdom moes aanwend. Hy het God se seëninge op homself verkwis en nie tot eer van God die skenker, aangewend nie.
In verhouding tot sy oorvloed moes hy vir die opheffing van die mensdom aanwend. Dit was die bevel van die Here, maar die ryk man het nie aan sy verpligting teenoor God gedink nie. Hy het geld geleen en rente geneem van die aan wie hy geleen het, maar hy het geen rente vir wat God aan hom geleen het, teruggegee nie.
Hy het kennis en talente gehad maar hy het dit nie verbeter nie. Hy het nagelaat om sy verpligtinge teenoor God na te kom en toe alles op selfsugtige plesiere verkwis. Alles waarmee hy omring was, sy vermaak, die lof en vleiery van sy vriende, was sy groot fokus in sy lewe. Hy was aan sy sieklike selfsug verslaaf.
Hy was so by sy vriende betrokke dat hy sy sin van verantwoodelikheid om saam met die Here vir behoetiges te werk, geheel en al verwaarloos het. Hy het die geleentheid gehad om die Woord van God te verstaan en die boodskappe van genade uit te leef. Maar sy plesiersoekerige omgewing het hom so besig gehou dat hy van die God van ewigheid vergeet het.
En toe breek daar ‘n tyd aan dat die lot van die twee menere verander het. Ou arm Lasarus het dag vir dag kripeer maar hy het sy lot geduldig verduur. Op ‘n dag het die dood hom van sy ellende verlos en hy is begrawe. Niemand het hom gemis nie en niemand het oor hom gerou nie. Maar met die geduld en die wyse waarop hy sy lyding aanvaar het, het hy van sy geloof in die Here getuig. Hy het die toets van geloof geslaag en na sy dood het die engele hom na die skoot van Abraham vervoer. Wat wou Jesus vir on suit hierdie gelykenis leer?
Lasarus stel die lydende armes voor wat in die Here glo. Wanneer die trompette gaan blaas en en die stem van Jesus hulle roep om op te staan, sal hulle hulle beloning ontvang. Hulle geloof in die Here was nie net ‘n teorie nie, dit was ‘n werklikheid.
En die ryk man het ook gesterwe en is begrawe. En toe hy in die doderyk sy oë ophef, terwyl hy in smarte was, sien hy Abraham van ver af en Lasarus aan sy boesem. En hy roep en sê: Vader Abraham, wees my barmhartig en stuur Lasarus, dat hy die punt van sy vinger in water kan insteek en my tong verkoel; want ek ly smarte in hierdie vlam. Lukas 16:23,24
Maar Abraham antwoord: Kind, onthou dat jy jou goeie dinge in jou lewe ontvang het, en so ook Lasarus die slegte. En nou word hy getroos, maar jy ly smarte.
En by dit alles is daar tussen ons en julle ‘n groot kloof gevestig, sodat die wat hiervandaan wil oorgaan na julle, nie kan nie; en die wat dáár is, nie na ons kan oorkom nie. Lukas 16:25,26
Met hierdie gelykenis het Jesus die mense op hulle eie grond ontmoet. Die leun dat ‘n bewuste toestand tussen die dood en die opstanding bestaan, is deur baie mense in Sy gehoor aangehang. Die Heiland was bewus van hulle idees, en Hy het Sy gelykenis so aangebied om belangrike waarhede selfs deur hulle valse verdraaide vooropgestelde opinies in te skerp. Hy het ‘n spieël
voor sy hoorders gehou waarin hulle hulleself in hulle ware verhouding met God kon sien.
Hy het die valse leerstelling gebruik om die idee wat Hy aan almal duidelik wou oordra, nl. dat geen mens vir sy besittings gewaardeer word nie; want alles wat hy het, is deur die Here aan hom geleen.
Die misbruik van hierdie gawes sal hom onderskik aan die armste, mees geteisterde mens plaas wat God liefhet en in Hom vertrou. Jesus maak dit baie duidelik dat niemand verlossing na die dood kan ontvang nie.
‘’Kind,” sou Abraham geantwoord het, “onthou dat jy jou goeie dinge in jou lewe ontvang het, en so ook Lasarus die slegte. En nou word hy getroos, maar jy ly smarte. En by dit alles is daar tussen ons en julle ‘n groot kloof gevestig, sodat die wat hiervandaan wil oorgaan na julle, nie kan nie; en die wat dáár is, nie na ons kan oorkom nie.
Jesus beklemtoon die feit dat daar geen genade na die dood beskikbaar is nie.
Die ryk man het nie van die idee afstand gedoen dat hy ‘n kind van Abraham was nie, en in sy benoudheid roep hy na hom om hom uit sy ellende te kom verlos. “Vader Abraham,” bid hy, “wees my genadig.” Hy bid nie vir God nie, maar vir Abraham. Die mens kry net in hierdie lewe die geleentheid om vir die ewigheid voor te berei.
Die ryk man het nie die van die idee afstand gedoen dat hy ‘n kind van Abraham was nie, en in sy benoudheid roep hy na hom om hom uit sy ellende te kom verlos. “Vader Abraham,” bid hy, “wees my genadig.” Hy bid nie vir God nie, maar vir Abraham.
In hierdie optrede plaas hy Abraham bo God. Hy steun op sy verhouding met Abraham vir verlossing.”
Tot wie het die dief aan die kruis gebid? En hy sê vir Jesus: Dink aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom. Lukas 23:42. Die antwoord was onmiddellik. En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag (terwyl ek in vernedeing en pyn aan die kruis hang) jy sal jy saam met My in die Paradys wees. 23:43
Die ryk man bid vir Abraham maar sy versoek word nie bentwoord nie.
Jesus alleen moet verhef word. Hom het God as Leidsman en Verlosser deur sy regterhand verhoog om aan Israel bekering en vergifnis van sondes te skenk. Handelinge 5:31 En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie. Handelinge 4:12
Die ryk man het sy lewe met bose genoet deurgebring. Te laat besef hy dat hy geen voorsiening vir die ewigheid gemaak het nie. Hy besef sy dwaasheid. Hy dink aan sy bose broers wat op dieselfde pad van eie belang loop om hulle met sinsgenot te verwyl.
Die ryk man pleit by Abraham: “En hy sê: Ek bid u dan, vader, om hom na my vader se huis te stuur want ek het vyf broers—om hulle dringend te waarsku, sodat hulle nie ook in hierdie plek van pyniging kom nie.” Toe sê Abraham vir hom: Hulle het Moses en die Profete; laat hulle na dié luister. Lukas 16:27-29
Toe die ryk man vir vir sy broers gepleit het, is daar baie duidelik vir hom gesê dat al sou hierdie waarskuwing gegee word, hulle nie oorreed sou word nie. Sy versoek was eintlik ‘n verwyt teen God. Dit was asof die ryk man gesê het: “As jy my meer dringend gewaarsku het, sou ek nie nou in hierdie hel gewees het nie. In die antwoord wat Abraham op sy versoek gee, sê hy eintlik dat sy broers deeglik gewaarsku is.
Hulle het lig ontvang, maar hulle het dit nie aangeneem nie; waarheid is aan hulle gebring maar dit het hulle versmaai. As hulle nie na Moses en die profete geluister het nie, sou hulle nie oortuig geword het nie, al sou iemand selfs uit die dode opgestaan het.
Hierdie woorde het in die geskiedenis van die Jode waar geword. Jesus se laaste kroningswonderwerk, was die opwekking van Lasarus van Betanië nadat hy al vir vier dae gesterf het. Hoe hartseer. Die Jode het hierdie ongelooflike bewys van Jesus se godheid verwerp.
Lasarus het uit die graf gekom en sy getuienis voor hulle gelewer. Hulle het hulle harte teen alle bewyse verhard en Jesus probeer doodmaak. (Johannes 12:9-11.)
Die wet en die profete is God se aangewese werktuie om vir die mensdom verlossing te bring. As hulle nie na die stem van God in Sy Woord luister nie, sal hulle ook nie luister as Jesus iemand uit die dood opwek nie.
As ons na Moses en die profete luister, het ons nie nog groter lig nodig nie. Maar as ons lig verwerp en nalaat om die geleenthede te benut wat gegee is, sal ons ook nie glo nie al kom iemand met ‘n boodskap uit die graf uit op. Mense wat die wet en die profete verwerp se harte word so verskriklik hard dat hulle alle lig voor die voet sal verwerp.
Die gesprek tussen die ryk man en Abraham is figuurlik. Die les wat geleer word is dat elke mense voldoende lig ontvang het om sy plig na te kom. Ons verantwoordelikhede is in verhouding met die geleenthede en vooregte wat ons ontvang het. Die Here het aan ons almal voldoende lig en genade gegee om die werk te doen wat Hy ons gevra het om te doen. As ons nalaat om te doen wat die bietjie lig vir ons uitwys, sal groter lig net ons ontrouheid verder uitwys.
Hy wat getrou is in die minste, is ook in die grote getrou; en hy wat onregverdig is in die minste, is ook in die grote onregverdig. Lukas 16:10. Iemand wat weier om na Moses en die profete te luister en dan nog boonop vir ‘n wonderwerk vra, sal nie glo nie al sou hulle versoek bewaarheid word.
Die gelykenis van die ryk man en Lasarus wys vir ons hoe hierdie twee groepe mense deur die hemel, die onsigbare, beoordeel word. Dis nie ‘n sonde om ryk te wees as jou rykdom op ‘n eerlike manier bekom is nie. ‘n Ryk man word nie aangespreek omdat hy ryk is nie, maar wel oor hoe hy die geld wat aan hom toevertrou is, vir selfsugtige redes verkwis het.
Dit sou baie beter gewees het as hy sy skatte langs die troon van God kom plaas het, sodat dit gebruik kon word om goed te doen.
Die dood kan ons nie arm maak wanneer ons na ewige skatte soek nie. Die mens wat vir hom skatte opgaar, kan niks daarvan by sy dood hemel toe neem nie. Hy het homself as ‘n ontroue rentmeester, bestuurder bewys. Gerurende se lewe op aarde het hy ‘n goeie gelewe gehad maar nagelaat om hemelse skatte bymekaar te maak.
Die ryk man wat so baie voorregte gehad het, word aan ons voorgehou as iemand wat sy gawes moes ontwikkel sodat hy skatte in die hemel kon deponeer het. Die doel van verlossing is nie net om sonde uit te wis nie, maar om die geestelike gawes wat deur sonde krippel en mank geword het, weer te herstel.
Ons kan nie geld saam met ons hemel toe vat nie want dis nie daar nodig nie. Maar goeie dade om siele vir die Here te wen, kan na die hemelse howe oorgeplaas word. Maar hulle wat die Here se gawes sulfsugtig op hulle self uitgee en die behoeftiges ignoreer en niks doen om die Here se werk te ondersteun nie, doen oneer aan hulle Skepper. In die hemelse boeke word die woorde “diefstal, roof” langs hulle name opgeskryf.
Die ryk man het alles besit wat geld kon koop, maar hy het nie die hemelse rykdom besit wat sy rekening by God sou kon vereffen het nie. Hy het opgetree asof alles wat hy besit, sy eiendom was. Hy het die roepstem van God en die behoeftes van die lydendes geignoreer.
Maar uiteindelike kom daar ‘n roepstem wat nie veronagsaam kon word nie. Hy word beveel om die plek te verlaat waarvan hy nie langer die rentmeester gaan wees nie. Die man wat voorheen skatryk was, word tot hopelose armoede verneder.
Die kleed van Jesus wat in die hemel geweef is, kan hom nooit bedek nie. Hy wat die weelderigste purper en die fynste linne gedra het, is in naaktheid verneder. Sy genade tyd het geëindig. Hy het niks in die wêreld gebring nie en hy kan niks daar uitneem nie.
Jesus lig die gordyn en wys vir die priesters, die skrifgeleerdes en die Fariseërs en sê: “Kyk daarna julle wat ryk aan aardse besitting is en brandarm in God is. Wil julle nie ernstig oor hierdie gelykenis peins nie? Daar is trane in Sy oë.
Dit wat hoog deur die mens aangeslaan is, is weersinswekkend in oë van die Here. Jesus vra vir hulle: “Want wat sal dit ‘n mens baat as hy die hele wêreld win en aan sy siel skade ly? Of wat sal ‘n mens gee as losprys vir sy siel?” Markus 8:36, 37.
VOLGENDE KEER
DIE GETROUE DIENSKNEG