Aanvaarding van Waarheid – Matteus 13:1-9; 18-23
En op daardie dag het Jesus uit die huis uitgegaan en by die see gaan sit.
En groot menigtes het by Hom vergader, sodat Hy in ‘n skuit geklim en gaan sit het. En die hele skare het op die strand gestaan. En Hy het baie dinge deur gelykenisse tot hulle gespreek en gesê: ‘n Saaier het uitgegaan om te saai Matteus 13:1-3
en terwyl hy saai, val ‘n deel langs die pad, en die voëls het gekom en dit opgeëet. En ‘n ander deel het op rotsagtige plekke geval waar daar nie baie grond was nie; en dadelik het dit opgekom, omdat daar geen diepte van grond was nie; maar toe die son opgaan, is dit verskroei, en omdat dit geen wortel gehad het nie, het dit verdroog. Matteus 13:4-6
En ‘n ander deel het in die dorings geval, en die dorings het opgekom en dit verstik. En ‘n ander deel het in die goeie grond geval en vrug opgelewer: die een honderd—, die ander sestig—, die ander dertigvoudig. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor! en terwyl hy saai, val ‘n deel langs die pad, en die voëls het gekom en dit opgeëet. Matteus 13:7-9. Kom ons vra vir Jesus om die gelykennis se dieptes met ons te deel.
Luister julle dan na die gelykenis van die saaier. As iemand die woord van die koninkryk hoor en nie verstaan nie, kom die Bose en roof wat in sy hart gesaai is—dit is hy by wie langs die pad gesaai is. En by wie op rotsagtige plekke gesaai is—dit is hy wat die woord hoor en dit dadelik met blydskap aanneem. Matteus 13:18-20
maar hy het geen wortel in homself nie, hy is net vir ‘n tyd, en as daar verdrukking en vervolging kom ter wille van die woord, struikel hy dadelik. En by wie in die dorings gesaai is—dit is hy wat die woord hoor, maar die sorg van hierdie wêreld en die verleiding van die rykdom verstik die woord, en hy word onvrugbaar. Matteus 13:21,22
En by wie op die goeie grond gesaai is—dit is hy wat die woord hoor en verstaan, wat dan ook vrug dra en oplewer: die een honderd,die ander sestig—, die ander dertigvoudig. Matteus 13:23
Die gelykenis van die saaier, illustreer die eienskappe van die koninkryk van die hemel, en die werk van Jesus, die Groot Landbouer. Soos die landbouer in die gelykenis, het Jesus ook gekom om die graan waarheid te saai. Die kosbare waarhede van Sy genade is orals met Sy vrygewige oop hand gestrooi.
Asgevolg van die eenvoud van die gelykenis, is die waarheid van die gelykenis van die Saaier ietwat onderskat. Jesus wil ons gedagtes van die natuurlike saad wat in die grond gesaai is, na die evangeliesaad lei. Wanneer dit gebeur, lei dit ons terug na ons lojaliteit aan God. Hy wat die saad in die gelykenis saai, is die Majesteit van die hemel. Dieselfde wette wat wat die fisiese saad laat ontkiem, is ook die wette wat die geestelike saad van waarheid laat ontkiem.
By die See van Galilea het ‘n groep mense onverwags opgedaag om Jesus te sien en na Hom te luister. Die siekes het op hulle matjies gelê en wag om deur Jesus genees te word. Dit was Sy godgewe reg om die sondige mensdom van hulle ellendes te kom genees. Hy het die siektes bestraf en lewe, vrede en gesondheid uit gestraal.
Die skare wat na Jesus kom luister het, het so gegroei sodat staanplek ‘n probleem geword het. Jesus het met die toestemming van die eienaars in een van die visserbote geklim. Kan jy die prentjie sien? Hy het die skare op die strand vanuit die boot toegespreek. Die skare wat na Jesus kom luister het, het so gegroei sodat staanplek ‘n probleem geword het. Jesus het met die toestemming van die eienaars in een van die visserbote geklim. Kan jy die prentjie sien? Hy het die skare op die strand vanuit die boot toegespreek.
Jesus het na die toneel gekyk en gesê: ’n Saaier het uitgegaan om te saai.
en terwyl hy saai, val ‘n deel langs die pad, en die voëls het gekom en dit opgeëet. En ‘n ander deel het op rotsagtige plekke geval waar daar nie baie grond was nie; en dadelik het dit opgekom, omdat daar geen diepte van grond was nie; maar toe die son opgaan, is dit verskroei, en omdat dit geen wortel gehad het nie, het dit verdroog. Matteus 13:4-6
En ‘n ander deel het in die dorings geval, en die dorings het opgekom en dit verstik. En ‘n ander deel het in die goeie grond geval en vrug opgelewer: die een honderd—, die ander sestig—, die ander dertigvoudig. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor! en terwyl hy saai, val ‘n deel langs die pad, en die voëls het gekom en dit opgeëet. Matteus 13:7-9
Die mense van Jesus se dag het nie mooi verstaan wat Sy missie was nie. Die manier van Sy koms het met hulle Messiaanse verwagtging gebots. Hy was die fundament van die hele Joodse stelsel. Hulle indrukwekkende dienste is deur God self ingestel.
Hulle moes die mense geleer hetdat daar op ‘n vasgestelde tyd Een kom sal die na wie seremonies vooruitgewys het. Die Jode het egter by tipe vasgesteek en Jesus die Antitipe misgekyk. Oorlewerings en die gesegdes van mense die pragtige boodskappe van Jesus verskuil. Hierdie dinge het verhoed dat hulle die verlossingprag van ware godsdiens ontdek het.
Hoe tragies! Die Seun van God het gekom maar hulle aangehou om vir ‘n teken van Sy egtheid te vra. Die boodskap ‘’Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het nabygekom.’’ Hulle reaksie? Die boodskap was die teken.
Die evangelie van Christus was vir hulle ‘n struikelblok want hulle het vir ‘n teken pleks van ‘n Verlosser gevra. Hulle verwagte Messias moes militêr ingryp en Sy ryk op die ruïnes van die verowerde Koninkryke bou.
Hierdie valse egosentriese verwagting het Jesus deur die gelykenis van die saaier aangespreek. Die koninkryk sal nie deur militêre mag tot stand kom nie, maar deur ‘n vernuwing in die hart van die mens. Hy sê vir hulle: Hy wat die goeie saad saai, is die Seun van die mens Matteus 13:37.
Jesus het nie as ‘n aardse koning gekom nie, maar as Saaier. Nie om koninkryke te kom verower nie, maar om saad te saai. Hy het nie gekom om Sy volgelinge van nasionale grootheid te vertel nie. Hy het hulle van ‘n oes vertel wat na geduldige arbeid, verliese en teleurstelling ingesamel sal word.
Die Fariseërs het gesnap wat die gelykenis geleer het, maar dis nie wat hulle wou hoor nie. Hulle het voorgegee dat hulle dit nie verstaan nie.
Vir die skare was dit ‘n groot raaisel. Die nuwe rabi het hulle harte verwarm maar ook hulle ambisies verwoes. Selfs die disippels het nie die gelykenis mooi verstaan nie maar hulle nuskierigheid was geprikkel. Hulle het Jesus privaat genader en gevra dat Hy dit vir hulle moet verduidelik. Dis presies wat Jesus in hulle wou wakker maak sodat Hy hulle verder kon verduidelik. Soos wat Hy dit vir hulle verduidelik het, so sal Hy ook Sy woord vir mense verduidelik wat Hom opreg soek.
Mense wat die Woord van God met ontvanklike harte ontvang, sal die Heilige Gees verhoed dat hulle nie in die duisternis verkeer met betrekking tot die betekenis van die Bybel nie. Johannes 7:17 As iemand gewillig is om sy wil te doen, sal hy aangaande die leer weet of dit uit God is, en of Ek uit Myself spreek.
Almal wat na Jesus kom om die waarheid beter te verstaan, sal nie teleurgesteld word nie. Hy sal die geheimenisse van die koninkryk van die hemel vir elke mens verduidelik wat wat daarna sal vra . “’n Saaier het uigegaan om te saai.‘’
In die Ooste was die politieke landskap baie onstabiel. Mense het snags in hulle ommuurde stede gaan slaap en bedags buite die die mure gaan werk. So het Jesus, die hemelse Saaier ook gedoen.
Hy het Sy hemelse tuiste van veiligheid en vrede verlaat; Hy het die glorie wat Hy met die Vader gehad ook afgelê. Hy het Sy troonstatus van die heelal verlaat en na ons gevaarlike planet gekom.
Hy het verskriklik gely en Hy was versoek. Hy was eensam en het Sy boodskappe met trane gesaai. Hy ook het die saad wat Hy gesaai het met Sy eie bloed kom natmaak. Dis hoe Sy diensknegte ook moet saai. Toe Abraham geroep is om ‘n saaier van waarheid toe kom word, Het hy by Ur die stem gehoor: Handelinge 7:3 Trek uit jou land en uit jou familie, en kom na die land wat Ek jou sal wys.
En hoe het hy op die uitnodiging gereageer? Heb 11:8 Deur die geloof het Abraham, toe hy geroep is, gehoorsaam weggetrek na die plek wat hy as ‘n erfenis sou ontvang; en hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou kom.
Toe Paulus besig was om in die tempel te bid, het God met hom gepraat “En Hy het vir my gesê: Gaan heen, want Ek sal jou ver wegstuur na die gewone heidene. Handelinge 22:21. Die saad word in trane, in eensaamheid en opoffering gesaai. Dis so ‘n groot eer om vir Hom te werk wat vir ons gesterf het. Toe Paulus besig was om in die tempel te bid, het God met hom gepraat
“En Hy het vir my gesê: Gaan heen, want Ek sal jou ver wegstuur na die gewone heidene. Handelinge 22:21. Die saad word in trane, in eensaamheid en opoffering gesaai. Dis so ‘n groot eer om vir Hom te werk wat vir ons gesterf het.
Vandat Jesus kom saad saai het, het Satan ook met die saai van leuens begin. Dis deur ‘n leuen dat hy beheer oor die eerste twee mense gekry het. Hy is nog steeds besig om God se koninkryk om omver te werp en mense te beheer.
As die Saaier van die hemel het Jesus gekom om die saad van waarheid te saai. Hy wat in die vergaderings van God gesit en in Sy heiligdom verkeer het, kon die onbesmette waarheid bring.
Deur Hom oontvang ons onverganklike saad. ‘’Want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly. 1 Petrus 1:23.
Deur die eerste belofte aan Adam en Eva het God die evangeliesaad gesaai. Maar die gelykenis van die Saaier was veral van toepassing op Sy persoonlike bediening onder die mense en die werk wat Hy daardeur totstand gebring het. Die Woord van God is die saad.
Elke saadtjie besit die vermoë om te ontkiem en daarin is die lewe opgesluit. So is daar ook lewe in die Woord van God. Jesus sê: “Die woord wat ek tot julle spreek, is gees en lewe.” Johannes 6:63.
Elke saadtjie besit die vermoë om te ontkiem en daarin is die lewe opgesluit. So is daar ook lewe in die Woord van God. Jesus sê: “Die woord wat ek tot julle spreek, is gees en lewe.” Johannes 6:63.
Daar is krag in elke opdrag en in elke belofte van die woord van God. die lewe van God, waardeur die opdrag vervul kan word en die belofte verwesenlik kan word. As ons die Woord in geloof ontvang, ontvang ons die lewe en karakter van God.
Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe Johannes 5:24.
Elke saad bring volgens sy eie soort vrugte voort. Saai die saad onder gunstige toestande en ontwikkel sy eie lewe in die plant. Aanvaar die onverganklike saad van die Woord, en ‘n karakter soortgelyk aan die karakter van God sal sigbaar word. Die leermeesters van Israel het nie die saad van die Woord van God gesaai nie. Hulle het op oorleweringe en menslike teorië gekonsentreer.
Hulle het dikwels die geratbrake idees van die Bybel in die plek van die Woord van God geplaas. Hulle leerstellings geen krag gehad om die hart van die mens aan te raak nie. Jesus het net die suiwer Woord van God gepreek. As iemand Hom ‘n vraag sou vra het met die volgende eenvoudige antwoord gekom: ‘’Daar staan geskrywe.’’ “Wat sê die Woord?” “Hoe lees jy?”
By elke geleentheid waar ‘n belangstelling getoon is, of deur ‘n vriend of deur ‘n vyand, het Hy ‘n saatjie gesaai. Hy wat die Weg, die Waarheid en die Lewe is verwys die Skrif en sê: ‘’En dit is die wat van My getuig.”Johannes 5:39.
En Hy het begin van Moses en al die profete af en vir hulle uitgelê in al die Skrifte die dinge wat op Hom betrekking het. Lukas 24:27. Hy het geleer dat die Woord van God deur almal verstaan moet word.
Hy het die Skrif as die onbetwisbare gesag beskou en ons moet dieselfde doen. Die Bybel moet as die Woord van die ewige God voorgestel word.
In baie van die preke wat van die kansels kom, ervaar mense nie die goddelike manifestasie wat die gewete watter maak en nuwe lewe in die hart aan die brand steek nie. Die hoorders kan nie sê: “Was ons hart nie brandende in ons toe Hy met ons op die pad gepraat en vir ons die Skrifte uitgelê het nie? Lukas 24:32
Jesus se gunstelling tema was die vaderlike teerheid en onmeetbare genade van God. Hy het ook baie na die heiligheid van die wet verwys.
Kom ons vertel die mense van Christus se lewe van self-verloëning; van Sy vernedering en dood. Maak die prag van die Woord mooi. Vertel van Jesus se selfverloëning of kruisdood. Vertel van Sy opstanding en Sy voorspraak vir hulle in die hemelse howe. Van sy belofte: ‘’Ek kom weer en sal hulle na My toe nee.’’ Johannes 14:3. Laat nuwe waarhede uit God se skathuis jou lewe verlig. “Verkondig die Woord.’’ ‘’Saai by alle waters.” “Hou aan tydig en ontydig.’’
VOLGENDE KEER
Ons sal voortgaan om na hierdie lewe of dood boodskap van Jesus te verwys.