1. Home
  2. Jesus
  3. Gelykenisse Van Christus
  4. Die Twee Seuns – Gelykenis 24

Die Twee Seuns – Gelykenis 24

 PRAAT EN DOEN

Dade tel, woorde nie. Om voor te gee sonder optrede is skynheilig.

Jesus het verklaar dat Johannes die Doper een van die grootste profete was. Hy het Sy gehoor voldoende bewyse gegee dat Johannes die Doper ‘n boodkapper van God was.

Hierdie prediker van die woestyn het sy boodskap met goddelike krag verkondig. Sy onverskrokke boodskap het die sonde van die priesters en owerstes ontblood en hulle tot bekering geroep.

As die belydenis van die Joodse leiers eg was, sou hulle Johannes se getuienis ter harte geneem en Jesus as die Messias aanvaar het. Maar hulle het nie die vrugte van bekering en geregtigheid gedra nie. Die mense wat hulle verag het, het hulle voorgegaan in die koninkryk van God.

In die gelykenis het die seun wat gesê hy sal vir sy pa gaan werk, het hom getrou en gehoorsaam voorgedoen. Maar tyd het geleer dat hy vals was en dat hy nie ware liefde vir sy pa gehad het nie.

Net so het die Fariseërs voorgegee dat hulle vroom was maar dit was net ‘n rookskerm. Wanneer dit vir eie belang was het hulle die voorskrifte van die wet baie streng oorgedra. Maar as dit van hulle vereis was om die wet te gehoorsaam het hulle met slim praatjies God se vereistes weg geredeneer. Jesus het van hulle gesê:

Eiegeregtigheid is nie ware geregtigheid, en as ons daarmee volhou sal ons die fatale, rampspoedige vrugte van hierdie misleiding pluk. Baie wat voorgee dat hulle aan God se wet gehoorsaam is, het nie Sy liefde vir ander mense in hulle harte nie. Die Here roep hulle om saam met Hom vir die redding van siele werk maar hulle doen dit nie. Hulle werk nie saam met ander wat in God se diens werk nie. Hulle is geestelike leeglêers. Wat van jou en my?

Soos die ontroue seun maak hulle valse beloftes aan God. Hulle het beloof om die plegtige verbond van die kerk van God na te kom. Hulle het onderneem of God se Woord te gehoorsaam en vir Hom te werk maar hulle doen dit nie.

Hulle gee voor dat hulle kinders van God is maar hulle leefwyse wys net die teenoorgestelde. Hulle gee hulleself nie oor aan die wil van God nie. Hoe tragies hulle lewe die lewe van die leuen. Dit lyk of hulle die belofte van gehoorsaam wil nakom wanneer selfverloëning betrokke is nie. Maar wanneer selfverloëning en selfopoffering hulle koppe uitsteek, wanneer die kruis verhef moet word, onttrek hulle.

Die oortuiging van plig vervaag en die oortreding van God se wet word ‘n gewoonte. Die oor hoor die Woord van God maar die geestelike persepsie is weg. Die hart is verhard en die gewete is verskroei. Hoe ontsettend hartseer is dit nie.

Ons moet ook nie dink omdat ons nie vyandig teenoor God is, ons Hom ‘n guns bewys nie. Ons moet onsself nie mislei nie. Wanneer ons ons tyd, midelle en gawes weerhou wat Hy aan ons toevertrou het om in Sy diens te gebruik, werk ons teen Hom.

Die Satan gebruik lustelose, slaperige Christene om kosbare siele aan sy kant te kry. Baie dink dat alhoewel hulle nie in Sy diens betrokke is nie, hulle nogtans aan Sy kant is. Nee dit gee die duiwel ‘n voorsprong.

Deur na te laat om deeglike werkers vir die Meester te wees; ons plig te versuim, stil te bly wanneer ons vir Hom moet getuig, gee ons die Satan die geleentheid om siele in sy mag te kry wat vir Jesus gewen kon word. Ons kan in der ewigheid nooit in ons onbetrokkenheid gered word nie. Daar bestaan nie so iets soos ‘n waaragtige bekeerde persoon wat ‘n hulpelose onaktiewe lewe voer nie. Dis onmoontlik om die hemel binne te drywe nie.

Geen luiaard kan daar ingaan as hy of sy nie geleer het wat God se wet van liefde leer nie.  Mense wat weier om op aarde saam met God te werk, sal ook nie in die hemel saam met Hom kan werk nie. Dit sal nie veilig wees om hulle in die hemel toe te laat nie.

Daar is meer hoop vir tollenaars en sondaars as vir mense wat weet wat die Woord van God leer maar weier om dit te gehoorsaam.

Die een wat sy sonde besef, wat besef wat se besoedelde wese hy of sy is, word skielik ontnugter en besef dat hy of sy die koninkryk van die hemel kan misloop.

So iemand soek die genesing van die Groot geneesheer wat sê: Elkeen wat die Vader vir My gee, sal na My toe kom; en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit verwerp nie. John 6:37.

Hierdie siele kan die Here in Sy wingers gebruik. Die seun wat vir ‘n ruk geweier het om sy vader te gehoorsaam, is nie veroordeel nie en ook geprys nie. Maar as dit deur waarheid en heiligheid gereinig word, sal hulle vrymoedige getuies van Jesus word.

Wanneer die uitnodiging kom dat jy in Sy wingerd moet gaan werk, moet asseblief nie die uitnodiging van die hand wys nie. “Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie.” Hebreërs 4:7. Dis lewensgevaarlik om hierdie uitnoding uit te stel. Jy mag miskien nooit weer die uitnodiging kry nie.

En moenie jouself om die bos lei om te dink dat sonde wat jy vir tyd lank gekoester het, maklik opgegee kan word nie. Dit is beslis nie die geval nie. Elke gekoesterde sonde verlam die karakter en versterk die sondige gewoonte. Fisiese, verstandelike en sedelike verval is die gevolg.

Ons kan met die sonde breek en die pad van gehoorsaamheid begin stap. Maar jou kennis van die sonde, die boosheid, kan dit vir jou moeilik maak om tussen reg en verkeerd te onderskei.

Deur die verkeerde gewoontes wat ons oor ‘n lang tyd beoefen het, gaan die Satan gebruik om ons oor en oor te teister. In die opdrag, “Gaan werk vandag in my wingerd,” word ons opregtheid aan die kaak gestel. Sal ons dade ons woorde opvolg?

Sal ons met al die kennis en inligting tot ons beskikking getroue, hardwerkende en onselfsugtige diens aan die Eienaar van die wingerd lewer? Luister wat die apostel Petrus sê:

Immers, sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien, deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy heerlikheid en deug, waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is. 2 Petrus 1:3,4

En juis daarom ook moet julle met aanwending van alle ywer by julle geloof voeg die deug, en by die deug die kennis, en by die kennis die selfbeheersing, en by die selfbeheersing die lydsaamheid, en by die lydsaamheid die godsvrug, en by die godsvrug die broederliefde, en by die broederliefde die naasteliefde. 2 Petrus 1:5-7

Want as hierdie dinge by julle aanwesig is en toeneem, dan laat dit julle nie ledig of onvrugbaar tot die kennis van onse Here Jesus Christus nie; want hy by wie hierdie dinge nie aanwesig is nie, is blind en kortsigtig, en het die reiniging van sy vorige sondes vergeet. 2 Peter 1:8,9

As ons die wingerd van ons hart met getrouheid bewerk, maak die Here ons ‘n medewerker met Homself. En ons sal nie net ‘n werk vir onsself doen nie, maar ook vir ander. Wanneer die Here die kerk as ‘n wingerd voorstel, moet ons nie dink dat ons ons liefde en diens net tot ons eie mense moet beperk nie. Sy wingerd moet vergroot word. Dit moet alle dele van die wêreld insluit. God se liefde in nie eksklusief nie, Sy groot liefde vir sonders is inklusief.

Soos wat ons opleiding in die genade van God ontvang,moet ons dit met ander deel. Ons liefde, geloof en geduld moet ook inklusief wees. Hy kyk of ons elke geestelike vaardigheid en gawe gebruik om bekwame werkers in Sy koninkryk op aarde te word. Ons moet dit doen sodat ons Sy paradys, Sy Eden tuiste waar Adam en Eva uitgesluit is asgevolg van sonde, weer kan bewoon

Dieselfde gehoorsaam van Jesus aan Sy Vader, word ook van ons verwag. Hy het Sy Vader in liefde, gewilligheid en vryheid gedien. “Ek het lus, o my God, om u welbehae te doen, en u wet is binne-in my ingewande.” Psalm 40:8.

Jesus het geen opoffering te groot geag, geen werk te moeilik gevind om te kom doen wat van Hom verwag was nie. Luister wat het Hy op twaalfjarige leeftyd gesê het.

En Hy sê vir hulle: Waarom het u My gesoek? Het u nie geweet dat Ek in die dinge van my Vader moet wees nie? Lukas 2:49. Hy het die opdrag gehoor en die taak aangepak. Hy het gesê: Johannes 4:34 : My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het en om sy werk te volbring. 

Dis hoe ons Hom moet dien. Ons dien, as ons volgens die hoogste standard van gehoorsaamheid dien. Almal wat seuns en dogters van God wil wees moet hulle self as medewerkers van die Vader, Jesus en die van die hemelse engele sien. Dis die toets vir elke liewe mens. Vir hulle wat Hom getrou dien, sê die Here:

Malagi 3:17 En hulle sal My tot ‘n eiendom wees, sê die HERE van die leërskare, op die dag wat Ek skep, en Ek sal met hulle medelyde hê soos ‘n man medelyde het met sy seun wat hom dien. 

Die Here wil elke mens die geleentheid gee om karakter te ontwikkel. Hy toets ons om te sien of ons gehoorsaam of ongehoorsaam aan Sy gebooie sal wees. Goeie werke koop nie God se liefde nie; dit openbaar dat ons daardie liefde besit.

As ons onsself aan die wil van God oorgee, sal ons nie werk om Sy liefde te verdien nie.  Sy liefde word in ons hart uitgestort. En met daardie liefde vir Hom, sal dit vir ons ‘n vreugde wees om Sy gebooie te bewaar.

Daar is net twee soorte mense in die wêreld vandag en net twee soorte wat in die oordeel gaan wees: hulle wat God se wet gehoorsaam en hulle wat Sy wet oortree.  Jesus gee Sy wet om ons lojaliteit of ons dislojaliteit te toets.

Johannes 14:15  Hy sê. “As jy my liefhet, bewaar my gebooie.’’

Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar. Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak. Jesus antwoord en sê vir hom: Johannes 14:21.23

As julle my gebooie bewaar, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar en in sy liefde bly. Johannes 15:10

VOLGENDE KEER

Bou jou huis op die rots

Matteus 7:24 Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met ‘n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het. 

Was this article helpful?

Related Articles