1. Home
  2. Jesus
  3. Gelykenisse Van Christus
  4. Die Verborge Skat – Gelykenis 16

Die Verborge Skat – Gelykenis 16

Op soek na Skatte (2)

Ons moet die Woord van God bestudeer en vir ons kinders van die waarhede vertel wat daarin opgesluit is. Dit is ’n onuitputlike skat; maar mense vind dit nie altyd nie omdat hulle nie moeite daarmee daarmee doen, totdat dit binne hulle besit is nie. Baie is tevrede met ‘n oppervlakkige studie en hulle maak ook nog foutiewe afleidings.

Hulle aanvaar wat ander oor die waarheid kwytraak het want hulle doen nie moeite om self deeglike studie aan die dag te lê nie. Die gelykenis vertel ons dat ons met groot ywer na die verborge skat moet soek. Sommige geleerdes maak foutiewe afleidings en plaas die mens in die pleki waar God geplaas moet word. Hulle stel hulle eie woorde in die plek van: “So sê die Here.”

Menslike teorië en afleidings het nie die diepte om tot ‘n begrip van waarheid lei nie. Die wysbegeertes sal nie die skatte van die kennis ontsluit en ook nie kan verhoed dat kettery die kerk binnekom nie.

Maar dis juis hierdie verduidelikings van hulle wat dwaalleer ingebring het. Desperate pogings is aangewend om die moeilike gedeeltes van die Bybel te verduidelik maar so dikwels het hulle verduidelikings net die tekse verduister.

Die priesters en Fariseërs het gedink hulle is bekwaam genoeg om hulle eie verduidelings van die Woord van God te gee. Jesus het gesê dat hulle “die skrifte en ook die krag van God nie ken nie” Markus 12:24. Hy sê ook vir hulle “Tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is.” Mark 7:7.

Alhoewel hulle veronderstel was om die Woord van die Here te verstaan, was hulle nie daders daarvan nie. Hulle het toegelaat dat Satan hulle oë verblind het sodat hulle nie die pragtige betekenis daarvan raakgesien het nie.

Dit geld ook vir ons vandag. Daar is gevaar dat die teoloë en Bybelgeleerdes dieselfde fout as die Joodse leiers kan maak. Hulle vertolk en leer die woorde van God verkeerd. Gevolglik raak die lidmate verward en word in duisternis gehul omdat hulle goddelike waarhede nou verkeerd verstaan.God se glans en liefde word aangetas.

Dis glad nie nodig dat die Bybel in die flou liggie van oorlewering en menslike spekulasie vertolk word nie. Dis soos om die son met ‘n flitsliggie te probeer verlig wanneer jy die Bybel in die lig van menstradisies wil verduidelik. Die Bybel het nie die menslike flou liggies nodig om homself te verduidelik nie. Al die verduidelikings  vervaag, brand flouer wanneer ons dit langs dit langs die oogverblinded lig van die Bybellig plaas.

Ons moet Bybelstudie met ‘n toegewyde biddende passie studeer. Die prag van die Woord sal nie skitter as ons dit halfhartig bestudeer nie. Geen aardse beloning kom sonder geduldige en ‘n hardwerkende poging nie.

As jy sukses in die sakewêreld wil behaal, moet jy hard werk en vertrou, verwag dat jy baie suksesvol sal wees. Ons kan ook nie sukses sonder die nodige geestelike inspanning verwag in ons soeke na die waarheid nie. As ons geestelike skatte wil bekom, moet ons soos die myners, gewillig wees om diep met skag van harde werk te probeer om die verborge skatte van waarheid te soek.

Halfhartigheid sal jou nêrens in die lewe bring nie. Dis noodsaaklik dat jonk en oud, nie net die Bybel lees nie, maar dit met algehele toewyding en gebed vir sy verborge skatte soek. As jy dit doen, sal jy verseker met die regte Bybelse begrip van Jesus deur Jesus beloon word.

Ons saligheid hang tot ‘n groot mate van ‘n kennis van die Bybel af. Liewe leser, ondersoek die Woord met ‘n honger hart. Delf diep in God se Woord soos ‘n myner na goud in die aardkors soek. oenie ophou soek voordat jy nie ontdek het hoedanig jou verhouding moet God is nie en wat Sy wil vir jou lewe is nie. Jesus het verklaar:

En wat julle ook al in my Naam (karakter) mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word. As julle iets in my Naam vra, sal Ek dit doen. Johannes 14:13,14.

Manne van vroomheid en talent word dikwels deur mooi ewige werklikhede aangegryp. Maar hulle verstaan nie altyd so mooi nie want aardse begrippe verduister die heerlikheid van die hemelse onsienlike dinge. Hy wat suksesvol na die verborge skat soek, moet na hoër strewes as die dinge van hierdie wêreld streef. Al sy liefde, toewyding en sy vermoëns moet aan hierdie geestelike soektog gewy word.

Ongehoorsaamheid het deur ‘n gebrek aan  die kennis van die Bybel toegeneem. Om te verstaan beteken om gehoorsaam te wees.  Die Skrif moet nie by die vooroordeel en jaloesie van die mens aangepas word nie. Die Bybel kan net deur mense verstaan word wat in ootmoed na ‘n kennis van die waarheid soek en dit gehoorsaam.

Vra jy uit wat jy moet doen om gered te word?  Ondersoek en toets jou vooropgestelde idees en oorgeërfde idees. As jy die Bybel ondersoek om by jou idees te staaf, sal jy nooit by die waarheid uitkom nie. Ondersoek om te leer wat die Here sê:

As Bybelstudie jou oortuig; en as jy sien dat jou gekoesterde veronderstellings nie in harmonie met die waarheid is nie moet jy nie die waarheid verdraai om by jou idees te pas nie. Aanvaar die lig wat jy ontvang het en wees gehoorsaam. Maak jou gedagtes en jou hart oop dat jy die wonders van die Woord kan ervaar.

Geloof in Jesus as die Verlosser van die wêreld vra erkenning van jou verligte intellek wat deur ‘n hart beheer word wat hemelse skatte kan herken en waardeer. Hierdie geloof in onafskeibaar van bekering en verandering van die karakter. Om geloof te hê beteken om die evangelieskatte te aanvaar en te doen wat van jou aanvaar word.

“As iemand nie weer gebore word mnie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.” Johannes 3:3. Hy mag ‘n vermoede hê en hom verbeel, maar sonder die oog van geloof in die leiding van die Heilige Gees, kan hy nie die skat sien nie. Jesus het Sy lewe gegee sodat ons ‘n onberekenbare skat kan bekom. Maar sonder wedergeboorte deur geloof in Sy bloed, is daar geen vergewing van sondes en geen skat vir ‘n verlore siel nie.

Ons moet deur die vernuwing van die Heilige Gees verlig word sodat ons die waarhede van Gods Woord kan verstaan. Die natuurprag kan nie gesien word alvorens die son nie die duisternis verdryf het nie.  Net so kan die skatte van die Woord van God nie waardeer word alvorens die Son van Geregtigheid daarop skyn nie.

Die Heilige Gees wat deur oneindige liefde gestuur is, neem die waarheid van God en openbaar dit aan elke mens wat onwrikbare geloof in Jesus het. Deur Sy krag word die waarhede van verlossing so duidelik aan die mens geopenbaar dat hy nooit hoef te twyvel of struikel nie. Terwyl ons die Bybel bestudeer moet ons bid dat die Heilige Gees dit sal verlig sodat ons die skatte sal waarneem en waardeer.

DIE BELONING IN DIE SOEKTOG NA DIE SKATTE

Niemand moet dink dat hy of sy volleerd is nie. Die mens se intelligensie kan gemeet word; die werke van skywers kan waardeer word; maar die hoogste endiepste kragte van die verbeelding is nie instaat om God te verklaar nie. Daar is ‘n nog ‘n ander groot oneindigheid bo alles wat ons nie kan begryp nie.

Ons het nog net ‘n klein vonkie van goddelike glorie, kennis en wysheid waargeneem. Ons het nog net op die oppervlakte gekrap terwyl die ryke gouderts daar onder is. Die een wat gaan myn, sal beloon word.

Die skag moet dieper en dieper gesink word sodat die glansende skatte ontdek kan word. Deur die regte aanwending van geloof, sal goddelike kennis menslike kennis word. Elkeen wat die Bybel in die gees van Jesus ondersoek, sal beloon word. As ons gewillig sal wees om soos ‘n klein kindjie geleer te word en ons totaal aan God oorgee, sal ons die waarheid in Sy Woord vind.

Gehoorsaamheid sal ons instaalstel om die plan van God se bestudeur en te begryp. Die hemelse wêreld sal sy skatkamers van genade en glorie aan ons oopstel om dit te kom ontdek. Ons sal baie anders wees as wat ons nou is nadat ons die myne van waarheid geëksploreer het. Ons gaan veredel raak.

Die misterie van verlossing, die vleeswording van Christus, Sy versoenende offer wat tans vaag mag wees, gaan verander. Tons gaan hierdie teologie nie net beter verstaan nie, maar ons gaan dit baie meer waardeer.

In Jesus se gebed aan die Vader, het Hy vir die wêreld ‘n les gegee wat in ons wese ingegraveer moet word. “En dit is die ewige lewe,’’ sê Jesus ‘’dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het” Johannes 17:3. Hier kry ons die ware opvoeding. Dit gee krag en ongelooflike besielling.

Die proefondervindelike kennis van God en Jesus Christus, verander ons in die beeld van God. Dit maak ons meesters van onsself en help ons om die gevalle natuur se impulse te onderdruk en onder die beheer van die edeler kragte van die van die verstand te onderwerp.

My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf jou eie, hou jou ore oop vir die wysheid, span jou in om te verstaan. Roep insig by, vra na gesonde begrip. Soek dit soos jy silwer sou soek, spoor dit op soos ‘n verborge skat. Dan sal jy weet hoe om die Here te dien, sal jy ontdek wat dit is om God te ken. Spreuke 2:3-5   

VOLGENDE KEER

NUWE LAPPE EN NUWE WYN

Waarheid teenoor oorlewering

Die gevaar van vooropgestelde opinies

Was this article helpful?

Related Articles