GODDELIKE LIEFDE, GENADE EN GEREGTIGHEID
Op ‘n dag het die pa lank vir sy seun gebid.
Hy moet huistoe kom. En toe…In die verte sien hy iemand sukkellend na die huis se kant aangestap kom. ‘’Moeder, moeder, ons kind is op pad!’’ Liefde sien baie vining raak. Die wêreld sien die vernielde boemelaar, die vader sien sy dierbare ou kindjie wat terugkom. Sy pa hom innig jammer gekry, Hy hardloop hom tegemoet, omhels en soen hom.
Die pa gaan nie toelaat dat veragtende oë sy kind se ellende sien nie. En wat doen hy? Hy trek sy pragtige mantel uit en bedek sy kind se uitgeteerde vernielde liggaam terwyl sy kind sy berou met trane uitsnik. Hy is so verskriklik jammer. “Pappa, eksuus. Ek het teen God en teen Pappa gesondig. Ek is nie meer werd om Pappa se seun genoem te word nie.” Die pa se reaksie in hierdie drama is ‘n uitbeelding van God se reaksie wanneer ons, die verwonde sondaars na Hom toe kom.
Maar sy pa roep sy werksmense: ‘Maak gou! Bring klere, die beste, en trek dit vir hom aan; sit vir hom ‘n ring aan sy vinger en trek vir hom skoene aan! En bring die vetgemaakte kalf, slag hom, en laat ons eet en feesvier! Lukas 15:22,23
Wat ‘n ongelooflike openbaring van die liefde van God wanneer ons skaam skaam skaam vir Hom kom sê ons is jammer. Hy kan maar met ons maak net wat Hy goeddunk
Daar is nie uittrap van ‘n kant af nie. Nee. Dis ‘n fees ter ere van ‘n sondaar wat na die Vaderhuis teruggekeer het. Hy maak dit vir ons maklik om na Hom terug te keer. Gedurende sy rustelose rebelse jong dae het hy sy pa as streng en kwaai beskou. Hoe anders het hy sy pa nou voorgekom. Satan skets vir ons ‘n prentjies van ‘n streng veeleisende tiran wat geleentheid soek om ons te veroordeel. Een wat ‘n wettige rede gaan soek waarom Hy ons nie kan ontvang nie.
Satan mislei mense deur te leer dat die onderhouding van die wet die mens van ware geluk en vryheid weerhou. Maar die een wie se oë deur Jesus se liefde geopen is, sien God as iemand vol van genade en meegevoel. Nie as tiranies en onverbiddelik nie, maar as ‘n Vader wat uitsien om sy berouvolle kinders in Sy vergewende arms te omhels. Die psalmdigter gee vir ons die volgende pragtige beeld van ons hemelse Vader.
Soos ‘n vader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm die Here Hom oor dié wat Hom dien. Psalm 103:13. In die gelykenis is daar nie beledigings of verwyte nie. Die verlore seun voel dat die sy verlede vergewe en vergeet is. Dat sy verlede vir ewige uitgewis is. Luister wat die Here vir die sondaar sê:
Ek het jou oortredinge, jou sondes, uitgewis, hulle het verdwyn soos wolke, soos miswolke. Kom terug na My toe, want Ek het jou verlos. Jesaja 44:22. “Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy gedagtes; en laat hy hom tot die HERE bekeer, dan sal Hy hom barmhartig wees; en tot onse God, want Hy vergeef menigvuldiglik. Jesaja 55:7 “In dié dae en in dié tyd, spreek die HERE, sal die ongeregtigheid van Israel gesoek word, maar dit sal daar nie wees nie; en die sondes van Juda, maar hulle sal nie gevind word nie; want Ek sal vergifnis skenk aan diegene wat Ek laat oorbly.” Jeremia 50:20.
Wat ‘n heerlike versekering van Gods se gewilligheid om die beleydende sondaar te ontvang! Het jy van God afgedwaal? My liewe vriend. Het jy van die vrugte van sonde geëet en toe ontdek dat dit in as verander het? Het jy gewonder of God jou kan vergewe? Was jy al waar die verlore Seun gewees het? Jou lewe verkwis, jy is geestelik platsak en sonder enige toekomsdrome en ook verskriklik verlate.
Die stem wat met jou hart gepraat en wat jy geignoreer het, kom weer duidelik en pleitend na jou:
Maak klaar, gee pad! Dit is nie julle blyplek nie, want dit is onrein en verwoes, onherstelbaar verwoes! Miga 2:10. Ek het jou oortredinge, jou sondes, uitgewis, hulle het verdwyn soos wolke, soos miswolke. Kom terug na My toe, want Ek het jou verlos. Jesaja 44:22
Moenie na die vyand luister as hy sê jy moet jouself eers regruk voordat jy Christus toe gaan nie. As jy vir daarde dag moet wag, sal jy nooit by Hom uitkom nie. As hy na jou vuil klere, jy sondige verlede wys en jou moedeloos maak, herhaal Jesus se woorde: “Ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie. Johannes 6:37.
Sê vir die vyand dat die bloed van Jesus reinig ons van alle sonde. Maak Jesus se gebed, joune: “Ontsondig my met hisop, dat ek kan rein wees; was my, dat ek witter kan wees as sneeu. Psalm 51:9
Staan op en gaan na jou Vader. Hy sal jou sien kom en jou omhels. As jy daardie eerste tree in berou gee, sal Hy binne oomblikke na jou toe kom en jou in Sy arms van liefde en vergifnis omhels. Sy oor is ingestel om die noodkreet van die berouvolle sondaar te hoor. Hy weet ook van jou heel eerste soeke na Hom.
Geen gebed hoe hakkelrig en lomp ook al, geen gestorte traan, hoe privaat ookal, geen verlange hoe flou ookal, kan ons verseker wees dat die Gees van God daarop sal reageer. Selfs voor ons bid of ‘n verlange na Hom uitspreek, sal die genade van Christus daarop reageer om ons soeke na Hom te bevredig.
In die visoen van die hoëpriester, met besoedelde vuil klere voor die engel van die Here, sien ons God se liefde. Wie word deur die draer van vieslike vuil klere voorgestel? Luister na die pragtige evangelieklanke uit die musikale stem van die Here:
Neem die vuil klere van hom weg. Toe sê Hy vir hom: Kyk, Ek het jou skuld van jou weggeneem, en Ek beklee jou met feesklere… En hulle het die rein tulband op sy hoof gesit en hom die klere aangetrek. Sagaria 3:4,5. Net so sal die Here jou met ‘’klere van heil,’’ aantrek en jou met die pragtige rein mantel van ‘’geregtigheid’’ toemaak. Isaiah 61:10.
Die stemme van hemel en aarde sal met die lied van die Vader se vreugdeslied harmoniseer: “Want hierdie seun van my was dood en het weer lewendig geword; en hy was verlore en is gevind.“ Tot op hierdie stadium was daar nie wanklanke nie. Maar nou gaan Jesus dit noem:
En sy oudste seun was in die veld, en terwyl hy al nader na die huis kom, hoor hy musiek en beurtsange. En hy roep een van die diensknegte na hom toe en vra wat dit beteken. Lukas 15:25,26
Dié sê toe vir hom: U broer het gekom, en u vader het die vetgemaakte kalf geslag, omdat hy hom gesond teruggekry het. En hy het kwaad geword en wou nie binnegaan nie. Sy vader gaan toe uit en smeek hom. Lukas 15:27,28
Die oudste broer het nie in sy Pa se pyn oor sy verlore broer gedeel nie. Hy het nie saam met sy
Pa gebid dat Boetie moet huistoe kom nie.
Dit verduidelik waarom hy nie in sy Pa se vreugde kon deel nie.
Die geklank van vreugde het hom regtig nie aangestaan nie. Toe hy vir een van die diensknegte vra wat hier aangaan, het hy jaloers geword. Hy weier om sy broer te verwelkom. Hy beskou die bohaai oor sy broer as ‘n beledig vir hom. Sy gedrag vertel dat sy diens eintlik die van ‘n dienskneg was en beslis nie van ‘n seun nie.
Hy moes die vreugde in sy Pa se geselskap geniet het, maar nou dink hy aan die bates wat hy deur sy harde werk en deugsaamheid opgebou het. Dis vir hierdie redes waarom hy die plesier van sonde prysgegee het.
As sy broer nou van Pa geskenke ontvang, sal hy dit as ‘n onreg beskou. Hy verafsku die guns wat aan sy slegte broer bewys word. Hy maak dit baie duidelik dat as hy in sy Pa se plek was, hy nie die verlore broer sou aannneem nie. Hy erken hom nie eers as sy broer nie. Hy verwys snedig na hom as ‘’hierdie seun van Pa.’’ Kan jy daardie lelike lyftaal by hom sien?
En hy het kwaad geword en wou nie binnegaan nie. Sy vader gaan toe uit en smeek hom. Maar hy antwoord en sê vir sy vader: Kyk, ek dien u so baie jare en ek het nooit u gebod oortree nie, en vir my het u nooit ‘n bokkie gegee, sodat ek saam met my vriende vrolik kon wees nie. Maar toe hierdie seun van u kom, wat u goed met hoere deurgebring het, het u vir hom die vetgemaakte kalf geslag. Lukas 15:28-30
“Al die jare wat jou broer van die huis af weg was, het jy die geleentheid gehad om ‘n mooi verhouding met my aan te knoop.” Die pa het alles gedoen om die geluk van sy seuns te verseker. Die oudste seun het nie nodig gehad om hom oor beloning te verknies het nie.
Toe sê hy vir hom: Kind, jy is altyd by my, en al wat myne is, is joue. Lukas 15:31. “Jy hoef net te glo dat ek jou liefhet en dat ek hierdie geskenk vrylik met liefde op jou uitgestort .’’
Een van die seuns het hom vir ‘n tyd van sy pa afgesny sonder dat hy die pa se liefde agtergekom het. Maar nou dat hy terug is het die vloedgolf van liefde die vorige afleidings meegesleur.
Toe sê hy vir hom: Kind, jy is altyd by my, en al wat myne is, is joue. Ons moet tog vrolik en bly wees, want hierdie broer van jou was dood en het weer lewendig geword, en hy was verlore en is gevind. Lukas 15:31,32 Het daardie oudste brood ooit agtergekom watter lelike ondankbare gesindheid openbaar het? En wat van ek en jy?
Die onbekeerde Jode in die tyd van Jesus word deur die oudste seun voorgestel. Dit het ook betrekking op die Fariseërs in elke geslag wat met veragting op tollenaars en sondaars neerkyk. Omdat hulle hulle nie met daardie uiterste sonde besoedel het nie, was hulle met eiegeregtig vervul.
Jesus het die foutsoekers op hulle eie vlak ontmoet. Soos die oudste seun in die gelykenis het hulle spesiale voorregte van God geniet. Hulle het voorgegge dat hulle seuns in God se huis was, maar die gees van ‘n hurling openbaar. Hy het nie uit liefde gewerk maar maar op hoop op beloning. Hulle het God as ‘n tiran beskou.
In die gelykenis was die vader se teregwysing van die ouer seun, die Hemel se teer beroep op die Fariseërs. “Al wat ek het, is joune”; nie as loon nie, maar as geskenk. Soos die verlore seun, kan jy dit slegs ontvang as die onverdiende skenking van die Vader se liefde.
Eiegeregtigheid lei nie net na ‘n verdraaide beeld van God nie, dit maak jou ook krities en onsimpatiek teenoor jou naaste.
Die ouer seun het in sy selfsug en jaloesie gereed gestaan om sy broer dop te hou, en elke aksie te kritiseer en hom van die minste tekortkoming te beskuldig.
Wanneer jy jouself as ‘n sondaars sien wat net deur die liefde van ons hemelse Vader gered kan word, sal jy mense wat in sonde geval het, ontsettend jammer kry. Jy sal nie meer hulle ellende met jaloesie bejeën nie. Wanneer die ys van selfsug gesmelt het, sal jy God se reddened genade vir verlorenes met hulle deel.