1. Home
  2. Jesus
  3. Gelykenisse Van Christus
  4. Die Verlore Seun – Verlore en Gevind – Gelykenis 4

Die Verlore Seun – Verlore en Gevind – Gelykenis 4

GODDELIKE LIEFDE, GENADE EN GEREGTIGHEID

Hy het ook gesê: ‘n Man het twee seuns gehad. En die jongste van hulle het vir sy vader gesê: Vader, gee my die deel van die eiendom wat my toekom. En hy het die goed tussen hulle verdeel. En nie baie dae daarna nie het die jongste seun alles bymekaargemaak en weggereis na ‘n ver land. En daar het hy sy eiendom verkwis deur losbandig te lewe. Lukas 15:11-13

En toe hy alles deurgebring het, kom daar ‘n swaar hongersnood in daardie land, en hy het begin gebrek ly. Toe het hy hom by een van die burgers van daardie land gaan voeg. En dié het hom in sy veld gestuur om varke op te pas. En hy het verlang om sy maag te vul met die peule wat die varke eet, en niemand het dit aan hom gegee nie. Maar hy het tot homself gekom en gesê: Hoe baie huurlinge van my vader het oorvloed van brood, en ek vergaan van honger! Lukas 15:14-17

Ek sal opstaan en na my vader gaan, en ek sal vir hom sê: Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u, en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie; maak my soos een van u huurlinge. En hy het opgestaan en na sy vader gegaan. En toe hy nog ver was, het sy vader hom gesien en innig jammer vir hom gevoel en gehardloop en hom omhels en hartlik gesoen. Lukas 15:18-20

En die seun sê vir hom: Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie.   Maar die vader sê vir sy diensknegte: Bring die beste kleed en trek hom dit aan, en gee ‘n ring vir sy hand en skoene vir sy voete. Want hierdie seun van my was dood en het weer lewendig geword; en hy was verlore en is gevind. En hulle het begin vrolik word. Lukas 15:21-24

En sy oudste seun was in die veld, en terwyl hy al nader na die huis kom, hoor hy musiek en beurtsange. En hy roep een van die diensknegte na hom toe en vra wat dit beteken. Dié sê toe vir hom: U broer het gekom, en u vader het die vetgemaakte kalf geslag, omdat hy hom gesond teruggekry het. En hy het kwaad geword en wou nie binnegaan nie. Sy vader gaan toe uit en smeek hom. Lukas 15:25-28

Maar hy antwoord en sê vir sy vader: Kyk, ek dien u so baie jare en ek het nooit u gebod oortree nie, en vir my het u nooit ‘n bokkie gegee, sodat ek saam met my vriende vrolik kon wees nie. Maar toe hierdie seun van u kom, wat u goed met hoere deurgebring het, het u vir hom die vetgemaakte kalf geslag. Lukas 15:29,30

Toe sê hy vir hom: Kind, jy is altyd by my, en al wat myne is, is joue. Ons moet tog vrolik en bly wees, want hierdie broer van jou was dood en het weer lewendig geword, en hy was verlore en is gevind. Lukas 15:31,32

Die gelykenisse van die verlore skaap, muntstuk en seun verduidelik vir ons die besondere jammer liefde vir die verskillende afgedwaaldes. Hy los hulle nie in hulle verplettering nie. Sy tere simpatie en goedheid teenoor die mens wat aan die versoekings van die vyand blootgestel word, in verstommend.

Met wat se oog kyk ons die mens wat geval? Ons mag nooit hulle bose dade oor die hoof sien nie. Maar wat van die skaam, selfvewytende mens agter die misdade?

Wie is wie in die gelykenis? Die verlore seun stel die mens voor wat die Vader se liefde geken het maar wat toegelaat het dat die ou Satan hulle mislei het. Kom ons lees bidden versigtig om te sien wat Jesus vir as individiëe  wil vertel?

Hy het ook gesê: ‘n Man het twee seuns gehad. En die jongste van hulle het vir sy vader gesê: Vader, gee my die deel van die eiendom wat my toekom. En hy het die goed tussen hulle verdeel. En nie baie dae daarna nie het die jongste seun alles bymekaargemaak en weggereis na ‘n ver land. En daar het hy sy eiendom verkwis deur losbandig te lewe. Lukas 15:11-13

Die jongste seun het begin moeg raak vir die vermanings van sy pa. Die knapie het gevoel sy vryheid word aan bande gelê. Hy het sy pa se liefde en sorg heeltemaal misgekyk. Daar was nou net een obsessie. Hy moet wegbreek en ware vryheid gaan geniet.

Sjoe. Kan jy die skok op sy pa se gesig. “My arme kind. Wat vra jy van jou pa?”

Pa het die internetoorbetaling gedoen en weg is hy. Dis moeilik om te glo dat die lewe so vry en heerlik kan wees. Hy is op pad na daardie ver land waar niemand vir hom gaan voorskryf nie. Hy kannie wag om by die eerste *****  hotel in te boek nie. Die kelners het lank oor die fooitjie gepraat wat hulle gekry het. Daar was ook ander vermaak.

Pa het die internetoorbetaling gedoen en weg is hy. Dis moeilik om te glo dat die lewe so vry en heerlik kan wees. Hy is op pad na daardie ver land waar niemand vir hom gaan voorskryf nie. Hy kannie wag om by die eerste ***** hotel in te boek nie. Die kelners het lank oor die vooitjie gepraat wat hulle gekry het. Pa het die internetoorbetaling gedoen en weg is hy. Dis moeilik om te glo dat die lewe so vry en heerlik kan wees.

Waar kuier hy? Waarin stel sy nuwe maats belang? Hoe lank kon hy Luukse losbandige bekostig? Sy iphone en die Masaratie? En toe? Die plakerskamp, riool en varke? Die plakerskamp, riool en varke?

En daar het hy sy eiendom verkwis deur losbandig te lewe. Luister na die woorde van Paulus:

Alhoewel hulle God geken het, Hom nie as God verheerlik of gedank het nie; maar hulle het dwaas geword in hul oorlegginge, en hul onverstandige hart is verduister. Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword. Romeine 1:21,22. Dis die verhaal van die verlore seun. Is daar vandag nog sulke slim dom jongmanne?

Die rykdom wat hy selfsugtig van sy pa geeis het, het hy op prostitute uitgemors. Sies. Die skatte van sy jongmens lewe? Weg. Sy kosbaarste jare, sy intelektuele krag, rein jeugdige drome die geestelike aspirasies…is weg. Dit het in die vuur van wellus verdwyn. Al wat oor is, is die as van selfverwyt. Mense het van hierdie niksnuts, skobbejak seun geskinder. Sies. Dis nie wat sy pa vir hom in gedagte gehad het nie.Hierdie drell verdien die vader se toorn, sy verwerping.

En toe hy alles deurgebring het, kom daar ‘n swaar hongersnood in daardie land, en hy het begin gebrek ly. Toe het hy hom by een van die burgers van daardie land gaan voeg. En dié het hom in sy veld gestuur om varke op te pas. En hy het verlang om sy maag te vul met die peule wat die varke eet, en niemand het dit aan hom gegee nie. Lukas 15:14-16

Vir ‘n Jood was dit ‘n gaga werk, die laagste in diensnjeming wat jy kan kry. Hy het homself soos ‘n vark gedra en nou assosieer hy hom met varke.

“Solomo. Wat is jou opmerking oor hierdie gemors?”

Sy eie ongeregtighede vang hom, die goddelose, en in die vangstrikke van sy sonde word hy vasgehou. Hy sal sterf deur gebrek aan tug, en deur die grootheid van sy dwaasheid sal hy dwaal. Spreuke 5:22,23 

Die glans en die klatergoud wat hom gelok het, het verdwyn. ‘n Swaar ketting van selfverwyt hou hom in ‘n ander soort tronk. Terwyl hy in daardie land van hongersnood sit, is die varke sy enigste metgeselle. Hy word geforseer om die peule te eet waarmee die varke gevoed word.

Waar is daardie vriende van hom wat op sy koste geëet en gedrink het? Hulle was net daar toe hulle op hom kon teer het en nou is hulle weg. Sy enigste metgeselle is die stank van die varke en sy skuldige gewete.

Waar is die vreugde van sy losbandige lewe? Terwyl die drank sy gewete stil gemaak het, het hy gedink hy is gelukkig. Maar nou is hy platsak en sy honger is nie gestil nie. Sy trots is in die stof en sy moraliteit daarmee heen. Sy wilskrag bestaan nie meer nie en sy fyner natuur is afgestomp. Van almal onder die son is hy die grootste wrak. Kan jy sy patetiese skaam lyftaal sien?

Wat ‘n weersinswekkende angswekkende  toestand. Alhoewel die sondaar deur die seëninge van die Here omring is, is sy grootste begeerte om van God ontslae te raak.

Net soos die ondankbare seun, eis die sondaar God se goeie gawes. Hy neem dit sonder om dankbaarheid te toon, en hy lewer geen liefdesdiens nie. Soos Kain homself van die teenwoor- digheid van die Here verskoon het en ‘n tuiste gaan soek het; soos die verlore seun na ‘n ver land verhuis het, so soek die sondaar ook sy geluk sonder God.

Romeine 1:28   En omdat hulle dit van geen belang ag om God te ken nie, gee Hy hulle oor aan hulle verdraaide opvattings, sodat hulle doen wat onbetaamlik is. Die sondaar wat sonder God ‘n lewe van selfbevrediging leef, verwoes die mooi in sy eie lewe en ook in die lewens van mense om hom.

Jesaja 55:2 Waarom betaal julle vir iets wat nie brood is nie, waarom werk julle vir iets wat nie kan versadig nie? Luister aandagtig na My, sodat julle kan eet wat goed is en versadig kan word met die beste wat daar is. 

Daar kom ‘n tyd wanneer mens jou ellende besef. Alleen in ‘n ver land roep jy hartverskeurend uit: “Ek ellendige mens! Wie wie wie, sal my verlos van hierdie liggaam van die dood?” Romeine 7:24.

Die groot liefde van God verlang voortdurend na sondaars wat Hom versaak het. Hy doen alles om daardie verwoesde lewe weer in die Vader se liefdevolle veilige huis te kry. In sy uiterste ellende het die verlore seun ‘’tot homself gekom.’’ Die verleidende, verwoesde mag wat die Satan oor hom gehad, is verbreek. Hy besef dat die lyding wat hy deurgemaak het, deur sy eie dwaasheid veroorsaak is.

Toe kom hy tot inkeer en sê: ‘My pa het wie weet hoeveel dagloners, en hulle het almal oorgenoeg kos, en hier vergaan ek van die honger. Ek sal dadelik na my pa toe teruggaan Lukas 15:17,18

Misrabel en mislik soos hy was, het die verlore seun hoop in die besef van sy vader se liefde gevind. Dit was daardie einste liefde wat hom huistoe laat verlang het.

God is ryk in goedheid, verdraagsaamheid en geduld! Sê dit vir jou niks nie? Besef jy nie dat God jou deur sy goedheid tot bekering wil lei nie? Romeine 2:4 

God se goue ketting van genade, meegevoel en oneindige goddelike liefde word om elke berouvolle sondaar geplaas. Luister wat sê Hy:

Die HERE het aan my verskyn uit die verte: Ja, Ek het jou liefgehad met ‘n ewige liefde; daarom het Ek jou getrek met goedertierenheid. Jeremia 31:3 

En hy het opgestaan en na sy vader gegaan. En toe hy nog ver was, het sy vader hom gesien en innig jammer vir hom gevoel en gehardloop en hom omhels en hartlik gesoen. Lukas 15:20Hy het homself voorgeneem om sy sonde te bely: ‘’En die seun sê vir hom: Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie.’’

Maar dan voeg hy by wat daarop dui dat hy nog nie die liefde vir die vader volkome begryp het nie. ’’Ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie; maak my soos een van u huurlinge.”

As ek en jy na God terugkeer wag daar vir ons die grootste verrassing. Ons gaan Sy ontsettende liefdevolle genade meer en meer begrip.

Hy los die varke en die peule en hy vat die pad terug na sy pa toe. Hy is flou van die honger maar beur dapper vorentoe.

Sy flenter tooiings stink al. Sy ellendige toestand het sy trots oorwin.

Met trane is sy oë stap hy voort om vir sy pa te vra of hy op die plaas soos ‘n dienskneg vir hom kan kom werk. Die plek waar hy vroeër as ‘n seun bekend gestaan het.

Hy het geen idee van sy pa se seer verlangede hart gehad toe hy die dag daar weggestap het nie. Sy pa se verlange was so groot as wat sy liefde vir Sy seun was. Terwyl hy in die ver land rond gejakker het, het hy geen idee gehad van die donker pynlik skaduwee wat oor sy pa geval het nie.

Terwyl hy  met daardie seer bloeiende voete die opstal nader, is hy onbewus van die feit dat iemand hom sien aankom het.

VOLGENDE KEER

Wat se ontvangs het hierdie droster van sy pa ontvang? Het sy pa hom vasgevat en vertel hoe hy hom moet gedra as hy ooit besluit om terug te kom?

Kom luister na een van die grootste openbaring van God se liefde vir sondaars soos ek en jy. Dis ‘n goddelike fees vir berouvolle sondaars.

Was this article helpful?

Related Articles