1. Home
  2. Jesus
  3. Gelykenisse Van Christus
  4. Die Verlossingsplan. Die Gelykenis Van Die Onkruid – Gelykenis 8

Die Verlossingsplan. Die Gelykenis Van Die Onkruid – Gelykenis 8

Ons karakter bepaal ons bestemming. Wat is die doel met genadetyd? Onkruid verander nie  noodwendig in koring nie.

‘n Ander gelykenis het Hy hulle voorgehou en gesê: Die koninkryk van die hemele is soos ‘n man wat goeie saad in sy land gesaai het; maar terwyl die mense slaap, het sy vyand gekom en onkruid onder die koring gesaai en weggegaan. En toe die spruitjies opgeskiet en vrug gevorm het, toe verskyn die onkruid ook. Matteus 13:24-26

‘En die diensknegte van die huisheer het gekom en vir hom gesê: Meneer, het u dan nie goeie saad in u land gesaai nie? Waar kry dit dan die onkruid vandaan? En hy antwoord hulle: ‘n Vyandige mens het dit gedoen. Toe sê die diensknegte vir hom: Wil u dan hê dat ons dit moet gaan bymekaarmaak?  Matteus 13:27,28

‘Maar hy antwoord: Nee, dat julle nie miskien, as julle die onkruid bymekaarmaak, die koring daarmee saam uittrek nie. 

Laat altwee saam groei tot die oes toe, en in die oestyd sal ek vir die maaiers sê: Maak eers die onkruid bymekaar en bind dit in bondels om dit te verbrand, maar bring die koring bymekaar in my skuur. Matteus 13:29,30

Kom ons luister na die verduideliking van die gelykenis:

Die vyand wat dit gesaai het, is die duiwel. Die oes is die voleinding van die wêreld, en die maaiers is die engele. Net soos die onkruid dan bymekaargemaak en met vuur verbrand word, so sal dit wees in die voleinding van hierdie wêreld: die Seun van die mens sal sy engele uitstuur, en hulle sal uit sy koninkryk bymekaarmaak al die struikelblokke en die wat die ongeregtigheid doen,  Matteus 13:39-41

Dank die Here. Die hemel gaan vry van wees wat afskywelik is.

en sal hulle in die vuuroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande. Dan sal die regverdiges skyn soos die son in die koninkryk van hulle Vader. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor. Matteus 13:42,43. Dit is wat Matteus onder inpirasie geskryf het. Kom ons kyk nog so ‘n bietjie dieper in hierdie pragtige geykenis:

Matteus 13:38  ‘’Die saaiand” sê Jesus ‘’is die wêreld.’’ Maar ons moet verstaan dat die kerk van die Here in die wêreld is. Die gelykenis is ‘n beskrywing van iets wat die koninkryk van God raak – Sy verlossingwerk vir die mensdom. Hy gebruik Sy kerk om hierdie werk te doen. Die Heilige Gees praat met die harte van mense. Dis is in die kerk waar ons  moet groei en ryp word vir die oes van God.

Moenie die kerk los omdat daar onkruid in is nie. Verdra die moeilike mense en laat toe dat God met hulle en met jou werk.

Matteus 13:37  “Hy wat die goeie saad saai, is die Seun van die mens…’’ Die goeie saad—dit is die kinders van die koninkryk, en die onkruid is die kinders van die Bose.”

Die goeie saad stel mense voor wat uit die studie van Woord van God, die waarheid, gebore is. Die onkruid stel mense voor wat deur dwaalleer en valse beginsels beïnvloed is.

“Die vyand wat dit gesaai het, is die duiwel.” God en Sy engele sal nooit saad saai wat onkruid voortbring nie. Die onkruid word uitsluitlike deur Satan, die vyand van God en mens, gesaai. In die Ooste het mense met tye weerwraak op hulle vyande geneem deur onkruid in hulle lande te saai. In die begin het dit baie soos die koring gelyk. Hierdie onkruid het baie skade aan die koring berokken en die eienaar het groot finansiële verliese gely. Hoe lyk dit in jou gemeente?

Die dienaars van Christus is platgeslaan wanneer hulle sien hoe die valse lidmate met die ware lidmate heul. Hulle het ‘n passie om die kerk van hierdie elemente te suiwer. Soos die diensknegte van die huisheer, is hulle gereed om die onkruid te gaan uittrek.

‘’Maar hy antwoord: Nee, dat julle nie miskien, as julle die onkruid bymekaarmaak, die koring daarmee saam uittrek nie.” Matteus 13:29.

Jesus het duidelik geleer dat mense wat in openlike sonde leef, moet uit kerk verwyder word,maar Hy het nie vir ons die werk gegee om mense se karakter en motiewe te oordeel nie. Hy ken ons to deeglik, te goed, om hierdie werk aan ons oor te laat. As daar hierdie moeilike mense in jou gemeente is, sal jy moet leer om hulle te verdra en vir hulle goed te wees. As ons probeer om mense uit die kerk te kry wat ons dink valse Chritene is, gaan ons groot foute began.

Ons beskou dikwels mense as hopeloos terwyl ons liewe Here besig is om hulle na Homself te trek. As ons met ons gebrekkige oordeel hierdie mense moet aanspreek, kan ons miskien hulle laaste bietjie hoop wat hulle het, vernietig. Baie wat hulleself as Christene beskou, mag die koninkryk misloop. Dan gaan daar ook baie mense in die hemel wees wat ons gedink het nooit daar sal wees nie. Ons mag moontlik mense volgens hulle voorkoms oordeel, maar God kyk na die hart.

Die koring en die onkruid gaan tot by die oes saam wees. Die oes kondig die einde van die genadetyd aan. In die woorde van die Heiland is daar ook ‘n ander belangrike les. Dit handel oor die mooi woorde ‘’verdraagsaam’’ en ‘’minlikheid.’’  Die onkruid het sy wortels strewing aan die wortels van die goeie saad gedraai. Dis presies wat ook in die gemeente gebeur. Goeie en slegte lidmate word in mekaar verstrengel.

En dan moet ons ook in gedagte hou dat die sogenaamde skyngelowiges nog nie ten volle ontmasker is nie. As hulle van die kerk geskei sou word, kan sommige miskien struikel wat andersins standvastig sou gebly het. Die gelykenis vertel ook van die manier waarop God met mense en engele omgaan. Toe Satan in die hemel gesondig het, het selfs die engele nie sy karakter tenvolle verstaan nie. Dis waarom God hom nie vernietig het nie. As Hy dit sou doen, sou die heilige engele nie Sy regverdigheid en liefde kon verstaan nie. Twyfel oor God se goedheid sou, net soos in die geval van die onkruid, ‘n oes van ellende en verdriet voortbring. Gevolglik is Satan, die outer van boosheid gespaar totdat sy ware karakter geopenbaar sou word.

Deur die eeue het God gely terwyl Hy die verwoestende werk van Satan aanskou het. Hy het die weergalose geskenk van Golgota gegee, voordat Hy sou toelaat dat enigeen deur die Satan se wanvoorstelling mislei sou word. Onkruid kon nie uitgetrek word sonder die gevaar dat kosbare graan ook ontwortel word nie.

Kan ons nie maar ook soos die Here verdraagsaam teenoor ons geloofsgenote wees nie. Die wêreld het geen reg om die waarheid van die Chritelike leer te betwyfel omdat daar onwaardige lidmate in die kerk is nie. En ons moet ook nie oor hierdie valse lidmate ontmoedig word nie. Hoe het Ananias en Saffira hulleself in die vroeë kerk gedra?

Was dit nog steeds die kerk van God? Die voorbeelde sê ons moenie mismoedig raak oor bose mense in die kerk nie. Hoe het Ananias en Saffira hulleself in die vroeë kerk gedra? Was dit nog steeds die kerk van God? Die voorbeelde sê ons moenie mismoedig raak oor bose mense in die kerk nie.

Judas Iskariot was een van Jesus se apostels. Hy wil nie hê dat iemand verlore moet gaan nie. Sy optrede teenoor Judas wys vir ons met watter lankmoedigheid Hy teen die gevallenes optree. Hy vertel vir ons hoe om in Sy voetspore te loop. Jesus het gesê dat valse lidmate tot aan die einde van tyd met ons sal wees. Tenspyte van Sy waarskuwing is mense uit die kerk verdryf. En om sake erger te maak, is die staat ingeroep om met die skoonmaakwerk te help. Jesus het gesê dat valse lidmate tot aan die einde van tyd met ons sal wees.

Tenspyte van Sy waarskuwing is mense uit die kerk verdryf. En om sake erger te maak, is die staat ingeroep om met die skoonmaakwerk te help. Dis egter nie die gees van Jesus wat so iets doen nie, maar die gees van Satan. Die hervormers het op die brandstapels gesterf.

Dit was Satan se metode om die wêreld onder sy beheer en mag te bring. Hulle optrede teenoor ketters was ‘n wanvoorstelling van God se karakter. Jesus se gelykenis leer ons om nie ander sommer goedsmoeds te wantrou nie. Ons moenie wantroue saai nie. Kom ons wees saaiers van goeie saad. Die feit dat daar mense in die kerk is, maak nie van hulle Christene nie. Jesus se gelykenis leer ons om nie ander sommer goedsmoeds te wantrou nie.

Ons moenie wantroue saai nie. Kom ons wees saaiers van goeie saad. Die feit dat daar mense in die kerk is, maak nie van hulle Christene nie. Sondaars wat voorgee dat hulle vroom is, sorteer vir ‘n ruk onder die ware volgelinge van die Here. Deur hulle skyn, word baie bedrieg. Maar met oes sal daar geen ooreenkoms meer tussen vals en eg gesien word nie. Dan sal hulle wat by die kerk aangesluit het, maar nie by Jesus nie, ontmasker word. Die onkruid word toegelaat om saam met die koring te groei en om aldie voordele van son en reent te geniet. Maar tydens die oes:

“Sal julle…die onderskeid sien tussen die regverdige en die goddelose, tussen die wat God dien en die wat Hom nie dien nie. Maliagi 3:18. As jy teen die onkruid in jou eie hart of die onkruid in die kerk stry, vra God om jou asb tog te help. Los dan die saak by Hom.

Jesus self sal besluit wie waardig is om met die gesin van die hemel te verenig. Hy sal elke mens volgens sy woorde en dade oordeel. Die Heiland verwys nie na ‘n dag wanneer al die onkruid in koring gaan verander nie. Die koring en die onkruid groei saam tot by die oes, die voleinding van die wêreld. Belydenis kom nie in aanmerking nie. Dit is karakter wat ons lotsbestemming bepaal. Laat altwee saam groei tot die oes toe, en in die oestyd sal ek vir die maaiers sê: “Maak eers die onkruid bymekaar en bind dit in bondels om dit te verbrand, maar bring die koring bymekaar in my skuur.” Matteus 13:30 Die vyand wat dit gesaai het, is die duiwel. Die oes is die voleinding van die wêreld, en die maaiers is die engele. 

Matteus 13:39-43 Net soos die onkruid dan bymekaargemaak en met vuur verbrand word, so sal dit wees in die voleinding van hierdie wêreld:  Die Seun van die mens sal sy engele stuur, en hulle sal uit sy koninkryk verwyder almal wat ander mense in sonde laat val, en almal wat die wet van God oortree, en sal hulle in die brandende oond gooi. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners. Dan sal die gelowiges in die koninkryk van hulle Vader skitter soos die son. Wie ore het, moet luister. 

VOLGENDE KEER

DIE GELYKENIS VAN DIE SLEGTE LANDBOUER

Was this article helpful?

Related Articles