MATTEUS 21:33-44
Deuteronomium 4:7,8 Watter groot nasie se god is so by hom soos die Here ons God by ons is elke keer as ons tot Hom bid? Watter groot nasie se voorskrifte en bepalings is so billik as hierdie wet wat ek vandag vir julle gee?
Ek het baie opwindende ontdekkings van die antieke Sumeriese en Babiloniese wetskodes gemaak. Maar ek kan jou verseker dat hulle nie naby die wet van die Here kom nie.
Lex talionis? Jy mag nie…Oorsprong?
omdat Abraham na my stem geluister en my ordening, my gebooie, my insettinge en my wette onderhou het. Genesis 26:5
God se wet is op liefde gebou. Liefde vir Hom en liefde vir ons medemens. Dis kragtige magte. Urnamu van Ur se wetskodes noem nie hierdie belangrike elemente nie.
GOD SE DROOM VIR ISREAL AS HULLE SY GEBOOIE BEWAAR?
Die verowering van die Beloofde Land. Die goddelose nasies wat hulle teen God en Sy kinders verset het, moes uitgeroei word. Dit was God se doel dat Israel Sy karakter uitdra sodat heidense nasies na Hom getrek sou word.
Die evangelie moes na die hele wêreld geneem word. Deur middel van die offerstelsel moes Jesus voor almal verhoog word en almal moes na Hom getrek word. Almal wat soos Ragab en Rut, wat hulle van die heidendomwette bekeer het, het die voorreg gehad om deel van God se wetsgehoorsame kinders te word.
‘n Nuwe lewe ‘n nuwe wet en nuwe liefdevolle God. Soos wat Israel se bevolking aanwas, moes hulle hulle grense verskuif tot dit die hele wêreld ingesluit het. Wat ‘n toekoms! Jeremia 2:2 Toe Ek jou geplant het, was jy ‘n goeie wingerdstok, opreg gekweek, maar hoe het jy nie verander in onkruid, in ‘n wilde wingerdstok nie!
Hosea 10:1.“Hoe meer vrugte hy gedra het, hoe beter is daar vir die (heidense) altare gesorg.
En nou, inwoners van Jerusalem en manne van Juda, beslis tog tussen My en my wingerd. Wat kan Ek nog vir my wingerd doen wat Ek nie reeds gedoen het nie? Wat is dan die rede dat dit suur druiwe voortgebring het terwyl Ek verwag het dat dit goeie druiwe sou dra? Jesaja 5:3,4 Ek maak julle nou bekend wat Ek met my wingerd gaan doen: Ek gaan die doringheining verwyder en verbrand, sy muur afbreek, sodat die wingerd vertrap kan word. Ek gaan hom tot niet maak. Hy sal nie meer gesnoei of geskoffel word nie, maar ingeneem word deur doringbosse en onkruid. Ek sal die wolke verbied om daarop te reën. Jesaja 5:5,6
Die wingerd van die Here die Almagtige, die wingerd wat Hy geplant het en waarin Hy Hom wou verlustig, is die Israeliete, die volk van Juda. Die Here het verwag dat daar reg sou wees, maar daar was net onreg, dat daar geregtigheid sou wees, maar daar was net die hulpgeroep van veronregtes. Jesaja 5:7
Maar die land waarheen julle oortrek om dit in besit te neem, is ‘n land van berge en laagtes wat van die reën van die hemel water drink; ‘n land waar die HERE jou God voor sorg; die oë van die HERE jou God is altyddeur daarop, van die begin van die jaar tot die einde van die jaar. Deuteronomium 11:11,12
As julle dan goed luister na my gebooie wat Ek julle vandag beveel, om die HERE julle God lief te hê en Hom te dien met julle hele hart en met julle hele siel, dan sal Ek die reën van julle land gee op die regte tyd, vroeë reëns en laat reëns, sodat jy jou koring en jou mos en jou olie kan insamel. Deuteronomium 11:13,14
Jy kan dalk dink: my krag en my sterk hande het vir my hierdie rykdom verwerf. Maar jy moet die Here jou God nie vergeet nie, want dit is Hy wat jou die krag gee om die rykdom te verwerf. So hou Hy die verbond in stand wat Hy met ‘n eed aan jou voorvaders beloof het. So is dit nou nog. Deuteronomium 8:17,18
As jy ooit die Here jou God vergeet en ander gode aanhang en hulle dien en vereer, verklaar ek vandag dat jy beslis tot niet sal gaan. Omdat jy dan nie gehoorsaam is aan die woord van die Here jou God nie, sal jy net so omkom soos die nasies vir wie die Here laat omkom het.“ Deuteronomium 8:19,20
Die Jode het nie op die waarskuwings ag geslaan nie. Hulle het die Here vergeet en die groot voorreg as Sy verteenwoordigers te wees uit die oog verloor. Die wêreld het nie by die seëninge gebaat wat hulle ontvang het nie. Al hulle gawes is uitsluitlik net vir hulle eie selfverliking gebruik. Hulle het God van die diens beroof wat Hy van hulle verwag het. Hulle het ook hulle medemens van gods-dienstige voorligting en ‘n heilige voorbeeld beroof.
Soos die mense voor die vloed, was die versinsels van hulle sondige harte altyd deur sleg. Dit was baie erg. Hulle het die heilige dinge geminag en gesê: ‘’Die Here se tempel die Here se tempel is dit! Terselftyd het hulle Sy karakter verkeerd voorgestel, Sy Naam onteer en Sy heiligdom verontreinig.
Die boere aan wie die Here die wingerd toevertrou het, het nie hulle pligte nagekom nie. Die priesters en onderwysers was nie getrou in hulle opvoeding van hulle mense nie. Hulle het die genade van God en Sy aanspraak op hulle liefde en diens, nie aan die mense verduidelik nie. Die boere het hulle eie glorie gesoek. Hulle wou vrugte van die wingerd vir hulle self hou. Hulle was daarop uit om die aandag op hulleself te fokus.
Die sonde van hierdie leiers was nie dieselfde as die doodgewone sondaar nie. Hierdie mense het onder plegtige verantwoorde-likheid voor God gestaan. Hulle het plegtig belowe om ‘n ‘’So sê die Here’’ te leer en om gehoorsamheid op ‘n praktiese wyse uit te leef. Pleks dat hulle dit gedoen het, het hulle die Skrif verdraai. Hulle het swaar laste van ‘n klomp onbenullige seremonies om die mense afgedwing.
Die mense kon nie al die mensegemaakte reëls van die Fariseërs gehoorsaam nie. Wat was die gevolg? Onverskilligheid teenoor die wet van God. Die Here het hulle geleer dat Hy die eienaar van die wingerd was. Alles wat aan hulle toevertrou was, moes vir Sy saak gebruik word. Maar die priesters het nie die werk van hulle heilige amp gedoen asof hulle die eiendom van God hanteer nie. Hulle het Hom stelselmatigv an die middele en geriewe wat aan ulle toevertrou is beroof. Dit was vir die vooruitgang van Sy werk bedoel. Hulle gierigheid daartoe gelei dat hulle selfs deur die heidene verag is.
Hoe tragies. Die heidense wêreld het gevolglik die karakter van God en Sy gebooie in ‘n baie swak lig gesien. Met die hart van ‘n vader het God lank met hulle uitgehou. Deur genade te betoon, en genade te weerhou het Hy lank met hulle gepleit. Geduldig het Hy hulle op hulle afvalligheid gewys en geduldig het Hy op reaksie gewag. Boodskappers en Profete is na die boere gestuur om God se aanspraak op hulle en op die wingerd bekend te maak. Pleks dat hulle verwelkom is, is hulle as vyande behandel.
Die boere het hulle vervolg en doodgemaa. Die Here het ander boodskappers gestuur maar hulle is nog slegter behandel. Die boere se haat het meer en meer toegeneem. Wat ‘n hartseer verhaal. Wat nog kon die eienaar doen? Einde ten laaste het God Sy Seun gestuur en gesê: ‘’Hulle sal my Seun ontsien.’’ Maar hulle weerstand het hulle so wraaksugtig gemaak dat hulle onder mekaar gepraat het: “Dit is die erfgeneem; kom laat ons hom doodmaak en sy erfdeel in besit neem.” Dan sal ons die wingerd kan geniet en met die vrugte maak soos ons wil.
Die Joodse leiers het God nie lief gehad nie. Dis so tragies, maar hulle het Sy toenadering verwerp.Christus, die geliefde van God, het gekom om Sy reg op die wingerd op te eis. En toe? Die boere het Hom met veragting behandel en geweier dat Hy liefdevol oor hulle sou heers.
Hulle was afgunstig op Sy pragtige karakter. Hy het baie beter as hulle gepreek en dit kon hulle nie vat nie en Sy sukses het hulle bang gemaak. Hy het hulle skynheiligheid aangespreek en hulle op die gevolge daarvan ingelig. Dit het hulle rasend gemaak. Hulle het aanstoot geneem omdat Hy hulle bestraf het en hulle dit nie kon weerlê nie. Hulle kon Sy hoë standard van geregtigheid nie vat nie. Hulle was vasberade om Hom dood te maak want Sy boodskappe het hulle selfsugtige karakters ontbloot.
Jesus se onselfsugtige, voorbeeldige, heilige toegewyde lewe het hulle met intense haat vervul. Sy gedrag het hulle onheilige selfsugtige lewens ontbloot. Toe Hy hulle vertel het dat gehoorsaamheid lewe beteken en ongehoorsaamheid die ewige dood, het hulle die Heilige van Israel verwerp.
Toe hulle gevra is om tussen Jesus en Barabbas te kies, het hulle uitgeroep: “Laat vir ons Barabbas los!” Lukas 23:18. En toe Pilate vra: “Wat moet ek dan met Jesus doen?” skreeu hulle: “Laat Hom gekruisig word.” Matteus 27:22. “Moet ek julle Koning kruisig?” het Pilatus gevra: “Ons het geen koning nie behalwe die keiser nie.” Johannes 19:15.
Pilatus was sy hande en sê: “Ek is onskudig aan die bloed van hierdie regverdige man.” Die priesters het saam met die gepeupel woederd verklaar: “Laat Sy bloed op ons en op ons kinders kom.” Matteus 27:24, 25. “Moet ek julle Koning kruisig?” het Pilatus gevra: “Ons het geen koning nie behalwe die keiser nie.” Johannes 19:15. Pilatus was sy hande en sê: “Ek is onskudig aan die bloed van hierdie regverdige man.” Die priesters het saam met die gepeupel woederd verklaar: “Laat Sy bloed op ons en op ons kinders kom.” Matteus 27:24, 25.
Die Jode het die idee gekoester dat hulle die hemel se gunstellinge was en altyd as die kerk van God verhef sou word. Hulle het gesê hulle is die kinders van Abraham. Hulle was so oortuig dat hulle die hemel en die aarde uitgedaag het om hierdie regte van hulle te kom wegneem. Maar deur hulle skandelike ontrouheid, was hulle besig om vir die hemel se veroordeling en ewige skeiding van God voor te berei.
In die gelykenis van die wingerd, nadat Jesus hulle finale daad van boosheid ontloot, het hy vir hulle hierdie vraag gevra: “Wanneer die eienaar van die wingerd dan kom, wat sal Hy met boere doen?”
Die priesters het die verhaal met intense belangstelling gevolg en sonder dat hulle aan die moontlikheid gedink het dat die slegte boere hulle voorgestel het, het hulle saam met die ander mense geantwoord: “Die slegte mense, hy sal hulle ‘n slegte dood laat sterwe en die wingerd verhuur aan ander boere wat hom die vrugte op die regte tyd gee.”
Onwetend het hulle hulle self verdoem. Jesus het oogkontak met hulle gemaak en hulle was daarvan bewus dat Hy die geheime van hulle harte gelees het. Sy godhead is met onmiskenbare krag aan hulle geopenbaar. Hulle het hulle self in daardie slegte boere gesien en onwillekeurig uitgeroep: “Mag God dit verhoed!”
Daarom sê Ek vir julle dat die koninkryk van God van julle weggeneem sal word en aan ‘n volk gegee sal word wat die vrugte daarvan sal lewer. Wie op hierdie klip val, sal verpletter word, en die een op wie hy val, sal hy vermorsel.” Jesus kon die ramp verhoed het as die Joodse nasie Hom aangeneem het. Ongelukkig het afguns en jaloesie hulle onversoenlik gemaak. Hulle het Hom die Lig van die wêreld verwerp en middernagtelike donkerte was die gevolg. Die profesie van hulle vonnis sou die nasie in al sy velheid tref. Hulle was vasbeslote om Jesus van Nasaret beslis nie as die Messias te aanvaar nie.
Hulle eie ongetemde woede het vir hulle vernietiging gesorg. In hulle blinde woede het hulle mekaar verwoes. Deur hulle hardnekkige rebellie het hulle Rome se woede op hulle self gebring. Jerusalem en die tempel is in rommel omskep en die plek het soos ‘n omgeploegde land gelyk. Hulle is op die wreedste ondenkbaaste wyse om die lewe gebring. Miljoene is as slawe verkoop.
En ‘n God wat hulle oneindig liefgehad het, huil in ooreenstemming met die grootheid van Sy liefde vir hulle. En ons kan dit ook op onsself toepas. Die Jode het besluit om nie God se hoë doel vir hulle te vervul nie en die wingerd is van hulle weggeneem. Die voorregte wat hulle verbeur het en hulle roeping wat hulle versmaai het, is aan ander toevertrou. Wat van jou en my? Mag die Here ons help om onselfsugtige en getroue rentmeesters in Sy wingerd te werk.
OPSOMMING
Goeie nuus. God se ewige mooi doel met ons gaan ten spyte van ons ontrouheid triomfeer. Israel he
VOLGENDE KEER
Meer inligting oor die kerk van vandag en hoe hulle hulle rol as uitverkorenes ook mag verbeur. Mag dit nie in ons geval, die geestelike Israel, ook gebeur nie.