1. Home
  2. Bybelkarakters
  3. Monoloog
  4. Die Vrou By Die Put Se Minnaar

Die Vrou By Die Put Se Minnaar

My naam is Amran en ek is een van die veragte Samaritane wat die Jode nie kan vat nie.
Ek het vir ‘n oomblikkie hier by Jakob se put kom peins.
Maar ek wil julle meer van my groot liefde vertel. Haar naam is Dina.
Ons het mekaar in Sigem ontmoet en uit die staanspoor was ons smoorverlief op mekaar.
Ek wou so gou as moontlik met haar trou maar sy het vasgesteek.
Later toe sy by my ingerek het, het Dina vir my haar storie vertel.
“Amram my skat ek was vyfkeer getroud en vyf keer geskei. Ek wil nie met jou trou en dan agterna ook van jou skei nie. Kom ons kyk hoe gaan dit en dan praat ons later daaroor.”
Dina het vir my vertel dat sy nog nie gekry het waarna sy soek nie. Intieme verhoudings het dit nie vir haar gebring nie. Sonde het haar leeg gelaat.
Hierdie soekende Dina het die Samaritaanse Pentateug van begin tot einde toe deurgelees.
Op ‘n dag het sy my van ‘n teks vertel waarin Moses iets baie belangriks genome het.
Hy het voorspel dat daar eendag ‘n profeet soos hy gaan opstaan en dat ons na Hom moet luister.
Sy het vir my gesê dat sy glo sy sal vervulling kry as sy eendag daardie profeet sou ontmoet.
Op ‘n dag het sy by hierdie put van Jakob kom water skep waar ek nou staan. Sy het nooit in die laat middag of in die vroeë oggend kom water skep nie.
Sy het dit altyd op die warmste tyd van die dag kom doen want die vrouens van Sigem het haar verafsku.
Jy kan hulle natuurlik nie kwalik neem nie want sy het reeds ‘n geskiedenis van vyf mislukte huwelike en nou bly sy nog saam met my.
Toe sy by die put kom het sy haar kruik laat sak om water te skep, toe ‘n Jood met haar begin praat het. Sy was so diep in gedagte dat sy nie eers agterkom het dat Hy daar naby gesit het nie.
Sy skrik haar dood toe die Jood haar ‘n slukkie water vra want hulle doen nie so iets nie. Ons skaduwee mag nie eers op ons val nie.
En hier vra ‘n Jood vir haar water. Sy wou by Hom weet hoekom hy die Joodse tradisie breek deurdat Hy vir haar water vra.
Hy sê toe vir haar
“As jy geweet wie ek is sou jy vir my gevra het om vir jou lewende water te gee, die water waarna jy soek.”
Sy het toe vir Hom gesê sy wil baie graag van daardie water hê sodat sy nooit weer sal dors kry nie.
Die Jood sê toe vir haar om haar man te gaan roep waarop sy antwoord: “Ek het nie ‘n man nie.”
Tot haar grootste verbasing sê Hy toe vir haar sy is reg. Die man met wie sy nou saamleef is nie haar man nie en dat sy reeds met vyf mans getroud was.
Sy het toe vir hom gesê dat sy sien Hy is ‘n profeet. Sy wou toe weet waar die regte aanbiddingsplek was, die Samariaanse tempel of die een in Jerusalem.
Hy sê toe vir haar dat die Vader ware aanbidders soek.
Sy sê toe vir Hom dat sy gelees het dat die Messias sou kom en dat Hy alles omtrent die Vader verduidelik.
Op daardie oomblik het Jesus die Jood haar reguit in haar saam oë gekyk en vir haar gesê:
“Dina, Ek is die Messias.”
Wat ‘n ongelooflike oomblik! Sy het voor Sy voete in aanbidding neergeval en Hom aanbid.
Maar dis nie al nie. Sy het uitasem ons huis binnegestorm en uitgeroep: Amram, Amram en het die Messias ontmoet. Hy het gesê ek moet jou kom roep.”
Op pad terug het sy elke liewe mens wat sy raakgeloop het vertel dat sy die Messias ontmoet het end at hulle moet kom kyk.
Uiteindelik was ons ‘n hele klomp sondaars wat by die put by Jesus uitegekom het.
Hy die Messias, die Seun van God het vir ‘n volle twee dae vir ons kom preek. ‘n Hele klomp van ons het hom as ons verlosser en Saligmaker aangeneem.
Like the woman at the well, I was seeking
For things that could not satisfy.
And then I heard my Savior speaking—
“Draw from My well that never shall run dry.”
Fill my cup, Lord;
I lift it up Lord;
Come and quench this thirsting of my soul.
Bread of Heaven, feed me till I want no more.
Fill my cup, fill it up and make me whole.
There are millions in this world who are seeking
For pleasures earthly goods afford.
But none can match the wondrous treasure
That I find in Jesus Christ my Lord.

Was this article helpful?

Related Articles