Afdeling (H) Die Christen en sy medemens.
Kennis van ou waarhede; flink om nuwes te ontdek. Pas waarheid by die behoeftes van mense aan. Nuwe en ou skatte.
Verder gaan dit met die koninkryk van die hemel soos met ‘n treknet wat in die see gegooi is en allerhande soorte vis vang. As dit vol geword het, sleep hulle dit op die strand uit en gaan sit om die goeie vis in mandjies bymekaar te maak, maar die onbruikbares gooi hulle weg. So sal dit by die voleinding van die wêreld wees. Die engele sal uitgaan en die slegtes skei van die goeies en hulle in die brandende oond gooi. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners.” Matteus 13:47-50
Terwyl Jesus die mense geleer het, het Hy terselfdertyd Sy disippels vir hulle toekomstige werk voorberei. Nadat Hy die gelykenis van die net vertel het, het Hy hulle gevra:
“Verstaan julle al hierdie dinge?” “Ja,” antwoord hulle Hom.
Hy sê toe vir hulle: “So is elke skrifgeleerde wat ‘n leerling word in die koninkryk van die hemel, soos ‘n huiseienaar wat uit sy voorraad nuwe en ou dinge te voorskyn bring.” Verse 51,52
Die huisheer hoop nie die skatte op wat hy gekry het nie. Hy vertel vir ander daarvan. By aanwending daarvan, vermeerder dit. Die huisheer het beide kosbare nuwe sowel dinge as ou dinge om te wys.
Jesus het geleer dat waarheid wat aan die disippels toevertrou is, moet met die wêreld gedeel word. En soos wat kennis van die waarheid gedeel word, sal dit ook vermeerder. Met ander woorde as ek en jy daardie selfde woorde van Jesus verkondig, sal dit ook vermeerder. Ons gaan nog meer pragtige dimensies daarvan ontdek.
Elke mens wat die evangelieboodskap aanneem, sal brandende wees om dit met ander te deel. Jy kan net nie stilbly as Jesus se liefde ervaar het nie. Ons sal ons bekerings verhaal in die fynste besonderhede aan mense wil vertel. Ons sal vir hulle beskryf hoe die Heilige Gees ons tree vir tree in die waarheid gelei het.
Ons sal vir mense vertel hoe ons na ‘n kennis van God die Vader en na Jesus wat Hy gestuur het, gehonger en gedors het.
Ons sal vir mense vertel hoe ons die Bybel gelees het, hoe ons gebid en met God geworstel het. En dan die heerlike klimaks toe ons gehoor het: “Jou sondes is jou vergewe!” Dit was ‘n onbeskryflike heerlike ondervinding. Dis onnaturrlik om sekere dinge geheim te hou. En wanneer ons met die liefde van Jesus gevul word, sal ons dit uitbasuin.
In dieselfde mate as wat die Here Sy heilige waarheid aan ons toevertrou het, sal ons verlang om dieselfde seën met ander te deel. En namate ons die ryk skatte van God se genade met ander deel, sal ons net meer en meer van God se genade ontvang.
Ons sal die hart van ‘n kindjie met al sy eenvoud en onvoorwaardelike gehoosaamheid besit. Ons sal na meer en meer heiligheid verlang. En meer skatte van waarheid en genade sal aan ons geopenbaar word om dit met die wêreld te deel. Ons sal die hart van ‘n kindjie met al sy eenvoud en onvoorwaardelike gehoosaam-heid besit. Ons sal na meer en meer heiligheid verlang.
En meer skatte van waarheid en genade sal aan ons geopenbaar word om dit met die wêreld te deel. In ons soeke na waarheid moet ons op God en nie menslike opinies staatmaak nie. “Want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God.” 1 Korintiës 3:19
Deur Sy gekose kanaal sal die Here die kennis oor Homself aan elke soeker bekend maak. As die volgeling van Christus Sy woord glo en uitleef, sal daar geen natuurwetenskap wees wat hy nie in staat sal wees om te verstaan en te waardeer nie. Daar is niks wat hy nie sal kan gebruik om die waarheid aan ander mee te deel nie.
Die natuurwetenskap is waardevolle bronne van kennis waaruit elke student in die skool van Christus kan put. In die waardering van die prag van die natuur, die lesse in die bewerking van die grond, in die groei van bome, in al die wonders van die aarde see en lug, sal daar nuwe persepsies van waarheid vir ons oopgaan.
Die wonderbare wyse waarop God met die mens verkeer, die oneindige dieptes van Sy wysheid en oordeel kan in die ryke waardevolle skatkamers van Sy liefde en goedheid gevind word. Maar dit is in Sy geskrewe Woord waar die kennis van God se liefde vir gevalle sondaars die duidelikste openbaar word. Dis ‘n skathuis van die onnaspeurlike rykdom van Christus.
Die pragtige geïnspireerde Woord van God bestaan uit beide die Ou en Nuwe Testament. Die een is nie sonder die ander een volledig nie. Jesus het verklaar dat die waarhede van die Ou Testament net so waardevol as die van die Nuwe Testament is.
Jesus was net so ‘n groot Verlosser aan die begin van die mens se geskiedenis as wat Hy nou is. Voordat Hy Sy godheid met die mensheid beklee het, het Hy die evangelie aan Adam, Set, Henog, Noag en Matusalem verkondig. Abraham in Kanaän, Lot in Sodom, plus getroue boodskappers van alle eeue, het die goeie nuus van geslag tot geslag verkondig. “Die Messias kom.”
Jesus self het self die seremoniële wette ingestel. Hy was die fondasie van hulle offerstelsel, die Groot Antitiepe van al hulle godsdienstige instellings. Die bloed van die offerdiere het vooruit gewys na daardie Ander Lam wat Sy bloed vir ons sondes sou kom offer. Al hierdie tipiese offers was in Jesus vervul.
Jesus soos Hy aan die aardsvaders geopenbaar is, soos in die offerstelsel gesimboliseer is, soos in die wet uitgebeeld is, en soos Hy deur die profete geopenbaar is, is die geestelike rykdom van die Ou Testament. Jesus in Sy lewe, Sy dood en opstanding, Jesus soos die Heilige Gees Hom openbaar, is die rykdom, die Skat van die Nuwe Testament.
Ons dierbare Verlosser, wat die heerlikheid van die Vader uitstraal, is die boodskap van Ou Testament en die Nuwe Testament. Die apostels moes die lewe, die dood, en wat die profete oor Hom voorspel het, vir die wêreld gaan vertel. Jesus se vernedering, Sy reinheid, Sy heiligheid, en Sy ongeëwenaarde sondaarsliefde moes die tema van hulle boodskap wees.
En hierdie boodskap het die magtige Romeinse Ryk laat val. Die boodskap moet dieselfde resultate lewer voordat Jesus op die wolke gaan verskyn. Ons moet die goeie nuus in sy skoonheid en sy volheid verkondig. Nie net in Jesus pragtige lewe en prediking nie, maar ook hoe Hy deur die profete in die offerstel gesimbolieseer word.
Wanneer Jesus gepreek het, het Hy na ou waarhede verwys waarvan Hyself die Outeur was; waarhede wat deur die patriarge en profete verkondig is.
Kan jy aan ‘n paar voorbeelde dink?
Hy het hierdie waarhede met nuwe lig laat skitter. Hy het dit net mooier en mooier laat lyk, Christosentriese mooi.Sy verduideliking het ‘n vloedgolf lig en diep geestelike wonders uitgelig, verduidelik. Hy het die disippel belowe dat die Heilige Gees hulle verstande sal verlig sodat hulle nimmereindigende wonders van die Woord van God sal waardeer. Hulle sou bemagtig word om die waarheid in al sy prag en skoonheid te verkondig.
Vandat die eerste belofte van verlossing in Eden gemaak is, het mense die lewe, die karakter en die bemiddelingswerk begin bestudeer. Elke mens deur wie die Heilige Gees gewerk het, het hierdie temas in ‘n pragtige nuwe vars lig laat skitter.
Die waarhede van verlossing het die vermoë om voortdurend nuwe verrassende dieptes te laat uitspruit. Hoewel hulle oud is, is hulle nogtans nuut. Gereed om die soeker na waarheid met groter insig in die liefdevolle karakter van God te beloon.
In elke tydvak is daar nuwe progressie, ontwikkelling, ontdekkings met betrekking tot waarheid wat spesiaal op daardie geslag van toepassing is. Ou waarhede bly relevant. Nuwe waarhede kan nie van die oues los staan nie. Dit ontvou die pragtige dieptes daarvan. Eers wanneer ons die ou waarhede begrip, kan ons die nuwe waarhede verstaan.
Waar het Jesus begin toe Hy die waarheid oor die opstanding wou verduidelik? “Daarna het Hy by Moses en al die profete begin en al die Skrifuitsprake wat op Hom betrekking het, vir hulle uitgelê. Lukas 24:27
Dit is die lig wat nuut en vars begin skyn wat die ou waarhede nuwe glans gee. Hy wat die nuwe verwerp of nalaat om dit te bestudeer, kan nie die oue waardeer en dit sy eie maak nie. Vir so iemand het dit nie lewende krag nie. Dit word ‘n lewelose dooie vormgodsdiens.
Daar is mense wat voorgee dat hulle die Ou Testament glo en verkondig, terwyl hulle die Nuwe Testament verwerp. Maar weiering om die boodskappe van Jesus te glo, wys daarop dat hulle nie glo wat die patriarge en die profete geleer het nie.
“Maar as julle Moses geglo het,” het Jesus gesê, ”sou julle My glo, want hy het van My geskrywe. Johannes 5:46. Daar was nie dinamika, lewe in hulle prediking van die Ou Testament nie.
Baie wat die evangelie glo en verkondig is in dieselfde dilemma. Hulle verwerp die Ou Testament waarvan Jesus verklaar het: “Dit is dié wat van My getuig.” Johannes 5:39. Deur die Ou Testament te verwerp, verwerp hulle ook die Nuwe Testament want die twee is onafskeidbaar.
Niemand kan reg aan die wet laat geskiet sonder die evangelie nie, net so ook nie die evangelie sonder die wet nie. Die wet is die personifikasie van die evangelie en die evangelie is die verpakking, ontplooiing van die wet. Die wet is die wortel, die evangelie is die geurige bloeisel en heerlike vrugte wat dit dra.
Die Ou Testament werp lig op die Nuwe en die Nuwe op die Oue. Elkeen is ‘n openbaring van die glorie van die Vader in Jesus. Albei openbaar waarhede wat voortdurtend nuwe dieptes van begrip vir die ernstige soeker inhou.
Waarheid in Jesus en deur Jesus is onbeperk. Wanneer jy die Bybel bestudeer is dit soos ‘n fontein wat al hoe meer van sy verfrissende dieptes openbaar. Ons sal in der ewigheid nooit die wonder van God se liefde kan besef nie. Om te dink Hy het Jesus gegee om in ons plek te kom sterf sodat ons vir ewig sal kan leef. Wat ‘n onpeilbare liefdesopenbaring!
Dit wat ons Verlosser vir ons op aarde kom doen het, sal vir ewig en verstommen ons hoogste verbeelding aangryp. Ons kan ons verstand tot die uiterste toe inspan om hierdie liefdeswonder te probeer begryp. Die diepte daarvan sal ons totaal uitput. Die ernstigste student van God se liefde sal voor hom ‘n oneindige, kuslose oseaan van God se genade en vergisnis sien.
Wide, wide as the ocean, high as the heaven above; Deep, deep as the deepest sea is my Saviour’s love. I, though so unworthy, still am a child of His care; For His Word teaches me that His love reaches me everywhere.
Die waarheid soos dit in Jesus is, kan net ervaar word maar nooit ten volle begryp word nie. Die dimensies van die hoogte en die breedte en die diepte van Sy liefde, soos Golgota dit openbaar is, gaan die verstand van die mens te bowe.
Die waarheid soos dit in Jesus is, kan net ervaar word maar nooit ten volle begryp word nie. Die dimensies van die hoogte en die breedte en die diepte van Sy liefde, soos Golgota dit openbaar is, gaan die verstand van die mens te bowe.
En tog is dit moontlik om so ‘n klein stukkie van Sy goddelik meegevoel in die nederige berouvolle mens raakgesien. Ons sal Sy medelye vir ons kan begryp namate ons Sy opofferende lyding en dood vir ons, beter kan begryp.
As ons die Bybel in alle nederigheid van hart ondersoek, sal die verhewe en heerlike tema van verlossing vir ons begin oopgaan. Namate ons dit aanskou, sal die glans toeneem. Ons sal God se liefde vir ons, meer en meer waardeer.
As ons die Here altyd voor oë hou en Hom in dankbarheid loof en prys, sal ons ‘n voortdurende verfrissende geestelike ervaring geniet. Ons gebede sal meer die vorm van ‘n gesprek aanneem en ons sal in eerbied met Hom verkeer soos met ‘n aardse vriend.
Hy sal Sy verborgenhede persoonlik aan ons bekendmaak.
Ons sal dikwels ‘n vreugdevolle oomblik van Jesus se soete teenwoordigheid in ons lewens ervaar.Ons harte sal dikwels vreugde ervaar wanneer Jesus met ons kom verkeer soos wat Hy lank gelede met Henog verkeer het.
VOLGENDE KEER
Wanneer ons hierdie waarheid ervaar, beleef ons onskuld, ‘n beskeie verdraag-saamheid asook sagmoedigheid van hart. Mense wat met ons in aanraking kom, sal daarvan bewus word dat ons van Jesus geleer het en dat ons ‘n verhouding met Hom het.