Verlede keer het ons na die geheim van Moses se oorwinning oor die Amaliete gekyk. As jy sy formule volg, sal jy ook die oorwinning oor die grootste vyand oorwin – selfsug en valse trots.
Kom ons tel die drade op:
Eksodus 17:14-16 Toe sê die Here vir Moses: Skrywe dit as ’n aandenking in ’n boek en prent dit Josua in, dat Ek die gedagtenis van Ámalek onder die hemel heeltemal sal uitdelg.15 En Moses het ’n altaar gebou en dit genoem: Die Here is my banier.16 En hy het gesê: Waarlik, die hand op die troon van die Here! Oorlog het die Here teen Ámalek van geslag tot geslag.
Vir die eerste keer lees ons van “skrywe” in die Bybel. Tot onlangs toe het ons nie kennis gedra van hoe dit gedoen is nie en in watter soort alphabet gebruik is nie.
Die bestaan van ‘n alfabet tydens Moses se tyd is gedurende die Eerste Wêreldoorlog ontdek.
Voor hierdie tyd was daar ‘n Feniciese alfabet wat in die eerste millennium vC. in gebruik was. Die Grieks en Romeinse alfabette het later hieruit ontwikkel.
Die eerste alfabet is byna gelyktydig in Ugarit en Sinai ontwikkel.
In 1916 het Dr. Alan Gardiner sy eerste probeerslag om inskripsies te ontleed, gepubliseer. Hierdie eienaardige skrif is tien jaar van te vore deur Sir Flinders Petrie by die Egiptiese kopermyne by Wadi Magâra in die on Sinaiskereiland ontdek.
Ander ekspedisies na hierdie gebied het meer van die inskripsies ontdek. Deur die gesamentlike poging van taalkundiges is hierdie Sinaitiese skrif uiteindelik ontsyfer.
Die inskripsies onthul die merkwaardige feit van die vroegste poging om ‘n 25 karakter Semitiese alfabet saam te stel.
Die mense wat hierdie alfabet ontwikkel het, was waarskynlik Kanaäniete wat mynbelange in Sinai gehad het. Hulle het moontlik geen geskrewe taal van hulle eie gehad nie en toe met Egiptiese hiërogliewe kennis gemaak.
Terwyl ek by Serabit-Elkadim die proto-Sinaitiese geskrifte gaan bekyk het, het ek aan iets gedink. Die ontdekking van ‘n alfabetiese skrif net voor die eksodus was net so ‘n groot goddelike bestiering as uitvinding van die drukpers kort voor die groot Hervorming.
Die Bybel sou nooit die “Boek vir die mense” kon word as dit in hiërogliewe of spykerskrif geskryf was nie.
Met die nuwe alfabet wat Moses tydens se 40 in Sinai ontdek het, kon hy die boek Genesis en Job met gemak skryf.
Later, net voor Israel deur die Jordaanrivier getrek het, het hy Eksodus, Levitikus, Numeri en Deuteronomium geskryf.
Dit was geen toeval die Hebreuse Bybel die oudste en volledigste verslag van die ontstaan en die geskiedenis van mens bevat nie. Dit vertel hoe ‘n God van liefde die gevalle men suit die kloue van die Satan wil verlos.
Skryf dit in ‘n boek
Die “boek” waarin Moses die oorwinning oor Amelek geskryf het, het heel moontlik uit ‘n papirusrol bestaan. Dit was die skryfmateriaal van destyds.
Mens kan vandag in Egipte gaan kyk hoe hulle die papirusplant gebruik om skryfmateriaal te maak.
Dink jy Moses sou ‘n dagboek van Israel se omswerwnge gehou het?
Numeris 33:2 Op bevel van die Here het Moses soos hulle getrek het die name van die kampplekke aangeteken
Moses het hierdie gewoonte gedurende die eerste 40 jaar van sy lewe in die Egiptiese paleis aangeleer.
Tutmosis III ‘n tydgenoot van Moses het al die gebeure tydens sy militêre veldslae neergeskryf. Elke dag is by die naam genoem en na die veldslag is die notas op ‘n leerrol na die temple van Amon vir bewaring gestuur.
So dit was nie vir Moses vreemd om die veldslag teen Amelek op te teken nie.
“Skryf hierdie woorde op in ’n boek as ’n blywende herinnering en lees dit vir Josua voor.”
Wat lees jy in hierdie opdrag aan Moses?
Josua is hier al deur God gekies om Moses se opvolger te wees.
Gedagtenis van Ámalek uitdelg
Waarom sou hierdie vertakking van Edom uitgewis word, terreggewys word terwyl die res goddelike beskerming sou geniet?
Deuterenomium 25:18 Hy het jou van agter af aangeval toe jy moeg en uitgeput was, en hy het almal wat nie kon byhou nie, om die lewe gebring sonder om hom aan God te steur.
Die Amelekiete was reeds lank root sondaars en hulle misdade het tot God om wraak geroep. Maar Sy lankmoedigheid het hulle nog steeds tot inkeer geroep; maar toe die Amelekiete de moeë, weerlose Israeliete aangeval het, het dit hulle volk se lot beslis. PP 300
Moses het ‘n altar gebou.
Wat was destyds op die altaar geplaas?
Die lam was geöffer om die oorwining te vier.
Hoe dikwels bou ons gebedsaltare van dankbaarheid vir dit wat die Here vir ons gebou het?
Wat se naam is aan die altaar gegee? “Die Here is my banier” dit was bedoel om God te vereer wat die oorwinning oor die Amelekiete gegee het.
Yahweh-nissi.
Wie se voorbeeld het Moses gevolg?
Genesis 33:20 Daar het hy ook ’n altaar opgerig en dit genoem: Die God van Israel is God. ”El-elohe-Israel”
Wat het Moses in sy hand tydens die oorlog teen Amelek gehou?
“Die staf van God” (Ex. 17:9) is hoog gehou soos wat sodate in oorlogtye hulle baniere, vaandels gevolg het. Soos hulle dit gevolg het, so het Israel ook God se opdragte gevolg en sodoende het Hy hulle banier geword.
Kan argeologie ons op hierdie punt help?
Terwyl Israel nog in Egipte was het hulle dikwels die militêre vaandels van die Egiptiese weermag gesien.
Voorstellings van hulle gode soos Amun, Pta en nog ander is op die baniereaangebring. Die verskillende divisies het verskillende gode op hulle baniere aangebring.
Deur vir die altaar te sê “Die Here is my Banier” het Moses bekende taal gebruik en terselfdertyd die aandag daarop gevestig dat die Here magtiger as die emblem van die Amelekiete was. Die Naam “Yahwe-nissi” staan heilige heilige Banier.
Het jy al hierdie banier in die oorlog teen self en die duiwel probeer?
Net voor ons na die verhaal van Jetro kyk, vertel ek van ‘n ongelooflike ontdekking wat naby Serabit el-Khadim gemaak is.
William Shea het op die inskripsie afgekom wat vir hom ‘n bietjie anders as die ander gelyk het.
Na baie navorsing en raadpleging met ander argeoloë het hy tot die volgende vertaling van die inskrisie gekom:
“Die Magtige wat tussen die gerubs woon is vir die die volk van Israel en vir Hobab.”
“The Mighty One who resides between the cherubim is for the congregation of Israel and Hobab.” The essence of the statement which is elaborated in this way is simply that “our God is for us.”
Wie was Hobab?
Numeri 10:29 En Moses het vir Hobab, die seun van Réhuel, die Midianiet, die swaer van Moses, gesê: Ons trek na die plek waarvan die Here gesê het: Ek sal dit aan julle gee. Trek saam met ons en ons sal aan jou goed doen; want die Here het oor Israel goeie dinge gespreek.
Wat nog word Hobab genoem?
Rigters 4:11 En Heber, die Keniet, het hom afgeskei van Kain, van die kinders van Hobab, die swaer van Moses
Kenites (kḕnīts). Qênî, “smith.”] A tribe or subtribe of Canaan. Their origin is obscure, but they seem to have intermarried with the Midianites, because the father-in-law of Moses is called a Midianite as well as a Kenite (Vergelyk Jgs 1:16 with Num 10:29). They were living in northeastern Sinai and in the Wâdī ‘Arabah, a rocky, mountainous area.
This area is rich in copper and contains some iron ore, and it is possible that these people were professional and perhaps itinerant smiths. It is not clear whether the name was a professional or a tribal name. Since they were well acquainted with the country through which the Israelites were to travel, Moses was anxious to have them in the camp “instead of eyes” (Num 10:29–31).
This Kenite family joined the Israelites, and after the conquest they settled in the territory of Judah in “the Negeb near Arad,” or King James Version) “south of Arad” (Jgs 1:16), which is southeast of Hebron. Possibly they again became mine workers and smiths, because in the Negeb area are also found copper mines, as modern explorations have shown.
At least 1 family of the Kenites separated from the main tribe and settled near Kedesh in Naphtali in northern Palestine (ch 4:11). In the time of Saul and David, Kenites were found also in the southwestern part of the Negeb, near the Amalekites, but were considered as friendly to the Israelites (1 Sa 15:6; 27:10; 30:29). The genealogies of Chronicles list them among the tribe of Judah, to which they were apparently reckoned in later times (1 Chr 2:55).
HOBAB-INSKRIPSIE
William Shea skryf: Thus, this inscription probably was incised upon the completion of the construction or preparation of the cherubim for the sanctuary.
The credit for the accomplishment, however, was not, from the Israelite perspective, to be given just to the cherubim themselves or to the workmen who made them, but was above all to be given to the God who was to dwell among the cherubim when the sanctuary was complete.
He was indeed the “Mighty One-that same Mighty One who had brought them out of Egypt and into this place where they could prepare His sanctuary.
KOM ONS ONTMOET JETRO – MOSES SE SKOONPA IN HOOFSTUK 18
Nie ver van die plek waar die Israeliete destyds hulle laer gehad het nie, het Jetro, Moses se skoonvader gewoon. Hy het van die verlossing van die Hebreërs gehoor en nou daarheen geaan om hulle te besoek en om Moses se vrou en twee seuns aan hom te besorg.
Boodskappers het aan die groot leier berig gebring dat hulle op pad is. Hy het hulle met groot vreugde tegemoet gegaan en nadat hulle mekaar wedersyds gegroet het, het hy hulle na sy tent geneem.
Onderweg na sy gevaarlike sending om Israel uit sy knegskap in Egipte te verlos, het hy sy gesin teruggestuur. Maar nou kon hy weer die troos en geselskap van hulle teenwoordigheid geniet.
Aan Jetro het hy vertel hoe wonderbaar God met Israel gehandel het, en die pariarg het hom verheug en die Here geloof. Saam met Moses en die oudstes het hy geoffer en ‘n plegtige fees gehou om die genade van God te herdenk.{PP 300.2}
Hoe lank het Moses van die werk afgebly?
Eksodus 18:13,14 En die volgende dag het Moses gesit om reg te spreek vir die volk; en die volk het voor Moses gestaan van die môre tot die aand toe. En toe Moses se skoonvader sien alles wat hy vir die volk doen, sê hy: Wat is dit wat jy vir die volk doen? Waarom sit jy alleen, en die hele volk staan voor jou van die môre tot die aand toe?
Hoekom het Moses nie gedelegeer nie. Miskien het hy gevoel die slawevolk het ‘n agterstand en sal nie die verantwoordelikheid kan hanteer nie.
Was Moses reg?
Luister na sy antwoord:
Verse 15,16 En Moses antwoord sy skoonvader: Omdat die volk na my kom om God te raadpleeg.16 As hulle ’n saak het, kom hulle na my; en dan moet ek regspreek tussen die partye en die insettinge van God en sy wette bekend maak.
Het die oubaas sy skoonseun geluk gewens omdat hy sy werk so oulik doen?
Verse 17,18 Maar Moses se skoonvader sê vir hom: Die ding wat jy doen, is nie goed nie.18 Jy sal heeltemal uitgeput raak, jy sowel as hierdie volk wat by jou is. Want die saak is te swaar vir jou; jy kan dit nie alleen doen nie.
Het jou skoonouers al vir jou raad gegee oor hoe jy te werk moet gaan?
Wat weet hulle eintlik. Kan skaars ‘n selfoon gebruik.
Verses 19-23 Luister nou na my; ek sal jou raad gee, en God sal met jou wees. Wat jou betref, wees jy die verteenwoordiger van die volk by God en bring jý die sake voor God,20 en onderrig hulle in die insettinge en die wette, en maak hulle die weg bekend waarop hulle moet gaan, en die werk wat hulle moet doen.21 Maar kies jy uit die hele volk bekwame manne wat God vrees, betroubare manne wat onregverdige wins haat. En stel dié aan oor hulle: owerstes oor duisend, owerstes oor honderd, owerstes oor vyftig en owerstes oor tien;22 en laat hulle voortdurend oor die volk die regspraak uitoefen: al die groot sake moet hulle na jou bring, maar in al die klein sake moet hulle self regspreek. Maak dit so ligter vir jou, en laat hulle saam met jou dra.23 As jy dit doen en God dit jou beveel, kan jy dit uithou en sal ook al hierdie mense tevrede na hulle woonplek gaan.
En Moses sê vir die ouman: “Dankie Pa vir jou raad. Maar ek weet wat ek doen. Ek het my Phd in administrasie. Gaan hou die kleinseuns besig.”
Verse 24-27 Moses het toe geluister na sy skoonvader en alles gedoen wat hy gesê het—
25 Moses het bekwame manne uit die hele Israel gekies en hulle as hoofde oor die volk aangestel—owerstes oor duisend, owerstes oor honderd, owerstes oor vyftig en owerstes oor tien.
26 En hulle het voortdurend oor die volk die regspraak uitgeoefen: die moeilike sake het hulle na Moses gebring, maar in al die klein sake self reggespreek.
27 Toe het Moses sy skoonvader laat gaan, en hy het na sy land getrek.
Sepora het nooit weer vir haar pa gesê “Ek het nie ‘n man nie. Hy behoort aan die volk” nie.
Ek wil net vir jou dit sê: omdat jou skoonpa of skoonma al tienmiljoen foute gemaak het, kan hulle nogal goeie raad vir jou gee.
Hulle was al by lewensondervindings waar jy nog moet uitkom.
Hulle gee om vir jou welsyn ook omdat jy met hulle dogter of seun getroud is.
Ek het hom goed geken. Hy het ontsettende potensiaal gehad. Sy skoonouers wat van die lieflikste mense wat ek geken het.
Die raad wat hulle hom gegee het, was uit liefde.
Ongelukkig het hy negatief teenoor hulle positiewe raad gereageer. Eers het hy sy vrou verloor toe sy werk en toe sy…
Hierdie is maar een van die baie hartseer verhale en jy ken ook seker ‘n hele paar van hulle.
Die verhaal van Moses moedig my aan om raad te aanvaar.
Al sit ek soos Moses met al die geleerdheid wat die akademie my kan gee, is daar iets wat my dom skoonpa en dom skoonma my kan leer wat ek nie in boeke sal kry.
Volgende keer besoek ons die berg Sinai. Dis hier waar die stem van God vir die eerste keer gehoor is. Dis hier waar Hy Sy wet hoorbaar gespreek het en dit met Sy eie vinger op kliptafels neergeskryf het.
