Van die Rooisee af het die Israelite hulle reis onder leiding van die wolkkolom voortgesit. Die natuurtoneel rodom hulle was uiters somber; kaal, verlate berge, onvrugbare vlaktes, en die see met sy strand bestrooi met die lyke van hulle vyande, het tot in die verte weggestrek. Nogtans het hulle hule in die bewustheid van hulle vryheid verheug, en elke sweem van ontevredenheid in onderdruk {PP 291.1}
Met die pragtige koormusiek nog in hulle ore, het die skare ‘n beweging in die lug gesien.
Die wolkkolom was stadig besig om in ‘n westelike rigting te beweeg.
Kan jy sien hoe jubelende skare die reuse wolk hier bokant hulle begin volg?
Die kinders begin vrae vra: “Waar gaan ons nou heen? Hoe lank nog tot ons daar aankom?”
Eksodus 15:22 DAAROP het Moses die Israeliete laat wegtrek van die Skelfsee af, en hulle het uitgetrek na die woestyn Sur. Hulle het toe drie dae lank in die woestyn getrek en geen water gekry nie.
Later die middag het die groot wolkkolom tot stilstand gekom. Wat ‘n ondervinding! Die hele dag het hulle in die skaduwee van hierdie vriendelik wolk geloop.
Namate die son rooi in die weste wegsink, het die wolk in ‘n reuse vuur verander. Dit was nie eers nodig om komberse te gebruik nie. Die hitte wat die vuurkolom afgegee het, was net wat hulle nodig gehad het.
Waaroor het die klomp slawe gepraat? Die deurtog deur die Rooisee!
Die volgende oggend het die vuurkolom weer in ‘n wolkkolom verander en hulle het verder in ‘n suidelike rigting beweeg.
Gelukkig was daar nog water in hulle watersakke. Hulle moet net gou by ‘n oase uitkom om die sakke weer vol te maak.
Die tweede nag: “ekskuus dat ek pla. Kan julle my met ‘n bietjie water help?”
Die gesprekke het begin verander – van die Rooisee na die waterlose situasie.
Van al die makgemaakte diere was die aanvraag vir die donkie die grootste. Hulle kon hulle vrag vir vier dae sonder water dra.
Die vee was ‘n probleem. Skape blêr en beeste bulk. Hulle soek water. Kindertjie huil tevergeefs vir water.
Twee miljoen mense sleep hulle self voort in ‘n onvriendelike waterlose woestyn.
Eksodus 15:22 DAAROP het Moses die Israeliete laat wegtrek van die Skelfsee af, en hulle het uitgetrek na die woestyn Sur. Hulle het toe drie dae lank in die woestyn getrek en geen water gekry nie.
Was jy al daar? Kan jy jouself in hulle situasie indink.
“Mammie waar is die Nyl. Ek soek water.”
Verses 23,24 En hulle het in Mara gekom, maar kon die water van Mara nie drink nie, want dit was bitter. Daarom heet die plek Mara.24 Toe murmureer die volk teen Moses en sê: Wat moet ons drink?
Moses wat die streek geken het, was al een wat geweet het dat die volgende oase bitter water het.
Met groot kommer het Moses die beweging van die wolk dopgehou. “Water. Water” van die skare hoor. Hulle storm op die water af maar ongelukkig…
Maar gelukkig was hulle aan wonderwerke gewoond en hulle het vir die Here om hulp gevra:
“Vader wat ons uit Egipte verlos het, verlos ons ook nou van ons bitterwater probleem. As die wonderwerk nie vandag gebeur nie, gaan daar sterftes wees. Ons sê byvoorbaat baie dankie dat U ons gebede gaan verhoor. Amen.”
Ongelukkig het hulle nie gereageer soos wat ons sou reageer nie.
Deur skok en wanhoop gedryf, het hulle Moses verwyt omdat hy hulle daarlangs gelei het, sonder om daaraan te dink dat Goddelike teenwoordigheid in daardie geheimsinnige wolk sowel Moses as vir hulle gelei het
Het jy al agtergekom dat dit baie makliker is om iemand te blameer wanneer dinge skeefloop as om God te vertrou?
Het Moses die volk aangespreek? Het hy hulle daarop attend gemaak hoe die Here hulle in die verlede gelei het? Het hy sy humeur verloor en vir hulle gesê hy is klaar met hulle?
Het jy al iemand afgeskryf wat gedurigdeur in jou ore sanik?
Hoe hanteer jy mense wat kronies staan en fout vind?
Die les wat Moses my leer is om beskaafd teenoor bevoeterde mense op te tree. Wys vir hulle hoe om op te tree watter hulle skielik op die bitter waters van die lewe afkom.
The example of Moses says: Be kind to the disgruntled person. Show them how to act when bitter waters come our way
Mara
Ek onthou nog die eerste keer toe ek Mara besoek het. Ek het my probeer voorstel hoe hulle gereageer het toe hulle dink die water is soet net om uit te vind dat dit galbitter.
Daardie gesigte. Die Ga! En die spoeg! Het hulle gevloek?
Wanneer laas het jy gesien hoe iemand sy gesig trek as hy onverwags iets slegs proe?
GEOGRAFIE
Die eerste oase suid van Suez is 80 kilomers ver en word‘Ain Hawârah genoem.
Toe murmureer die volk
Hulle het een keer vantevore gemurmureer en dis toe hulle by die Rooisee uitgekom het.
Ongelukkig het hulle nooit opgehou om te murmureer nie. Hulle het hulle uit die Beloofde Land gemurmureer. En dis moontlik dat ek en jy dieselfde ding kan doen.
1 Korintiërs 10:5 Maar God het in die meeste van hulle geen welgevalle gehad nie, want hulle is neergeslaan in die woestyn.
Verse 10,11 En moenie teen God in verset kom nie, soos sommige van hulle in verset gekom het, en hulle het deur die engel van die dood omgekom.11Hierdie dinge het oor hulle gekom as ’n voorbeeld vir ons en is opgeskryf as ’n waarskuwing vir ons wat die einde van die tye al beleef
Murmurering is een manier om uiting aan jou bitterheid te gee wanneer die gereelde probleme jou teister.
As dit jou manier is om probleme te hanteer, sal jy nooit ophou murmureer nie want die lewe bestaan uit onregverdige en onbillike behandeling.
Wat is die alternief vir mumurering?
Jakobus 1:2,3 AG dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val,3 omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk.
Jy het ‘n keuse: of gelouterde vreugde met ‘n pragtige geaardheid van lydsaamheid en aanvaarding van die lewenskrisisse of ‘n bitter onaangename klakous.
Dis moontlik dat jy die Here gevra het om in jou lewe te lei. Maar op hierdie oomblik bevind jy jouself by ‘n Mara. En wat doen ons? Ons blameer die Here.
Miskien is jy op hierdie oomblik by ‘n Mara waar jy nie wil wees, maar waar die Here jou hê.
Hy wil vir jou wys hoe hy jou bitter water in soet water kan verander.
Dit het met Israel van ouds gebeur en dit kan met jou ook gebeur.
Eksodus 15:25 En hy het die HERE aangeroep, en die HERE het hom ’n stuk hout gewys; dit het hy in die water gegooi, en die water het soet geword.
Wat leer hierdie simboliek?
Waarvoor staan slegte water in die Bybel?
Hoe alleen kan slegte mense goed word?
Wanneer die boodskap van die kruishout binne in daardie lelike harte geplaas word.
Daar is tans net een oplossing vir die bitter waters van die lewe en dit is die kruis.
Waar kan jy ‘n groter teleurstelling kry? Jesus kom na Sy eie mense toe om vir hulle verlossing te bring. En wat maak hulle?
Hulle spyker hom aan ‘n kruishout vas. En wat is van die mooiste woorde wat van die kruishout gehoor is?
Vader vergeef hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie.
Die kruishout vra dat jy die bitter waters van die lewe met vergifnis sal soet maak.
Een van die heerlikste ervarings is die ervaring van iemand vergewe. Ek weet nie van soeter waters wat mens kan drink nie.
En een van die allersoetste ervarings is die besef dat God jou vergewe het toe jy jou sondes bely het.
Jy word met Jesus se volle geregtigheid beklee en die Vader beskou jou asof jy nog nooit gesondig het nie.
Wil jy nie die kruishout in die bitter waters van jou lewe plaas nie?
Eksodus 15:25,26 En hy het die HERE aangeroep, en die HERE het hom ’n stuk hout gewys; dit het hy in die water gegooi, en die water het soet geword. Daar het Hy vir hulle ’n insetting en verordening vasgestel en hulle daar beproef 26 en gesê: As jy getrou na die stem van die HERE jou God luister en doen wat reg is in sy oë, en luister na sy gebooie en al sy insettinge hou, dan sal Ek geeneen van die siektes op jou lê wat Ek op Egipteland gelê het nie; want Ek is die HERE wat jou gesond maak.
Verordening.
Nadat die water soetgemaak is en mense se fisiese dors geles is, het die Here vir hulle ‘n verordening gegee wat met die wonderwerk deur ‘n belofte verbind is.
As Israel voortaan aan God se gebooie gehoorsaam is, dan sal Hy hulle gesondmaak soos wat Hy die water gesondgemaak het. Hulle sal van fisiese en sedelike siekte gevrywaar word.
Hulle fisiese welsyn was dus van hulle gehoorsaamheid afhanklik. Hierdie beginsel het nie net vir hulle gegeld het, maar vir alle tye.
Die fisiese welsyn van die mensdom is steeds tot ‘n groot mate van ons agting vir die goddelike wet afhanklik.
As ons die gesondheidswette oortree is onsself vir die gevolge daarvan te blameer.
Maar wanneer ons God se geïnspireerde raad oor gesondheid volg, sal ons baie gesonder wees.
Geeneen van die siektes
Sommige van die Egiptiese siektes vind ons in:
Deuteronomium 28:27 Die Here sal jou tref met die swere van Egipte, met bloedvinte, uitslag en jeuksiektes, waarvan jy nie genees sal kan word nie.
Dan is daar ook nog hierdie selfde belofte:
Deuteronomium 7:15 Die Here sal elke soort siekte van jou af weghou. Nie een van Egipte se dodelike siektes wat jy maar alte goed ken, sal Hy jou laat tref nie. Hy sal dit jou vyande laat tref.
Die twee siektes wat baie prominent was, was oog en velinfeksies.
By die ondersoek van die mummies en in die Egiptiese geskrifte kry ‘n mens ‘n lys van verskillende siektes
Exodus 15:26 As jy getrou na die stem van die HERE jou God luister en doen wat reg is in sy oë, en luister na sy gebooie en al sy insettinge hou, dan sal Ek geeneen van die siektes op jou lê wat Ek op Egipteland gelê het nie; want Ek is die HERE wat jou gesond maak.
Die Here wat jou gesond maak.
Die Egiptiese dokters was bekend vir hulle mediese kennis. Interessant dat hulle nie gedink het dat hulleself die genesing kon doen nie, maar wel hulle gode.
Hulle antieke mediese handboeke het siektes in die klasse geplaas:
- Die wat genees kan raak
- Die wat net tydelike behandel kon word
- En die wat ongeneeslik was.
Though medical science has advanced tremendously since the days of Moses, the above classification still stands. The surgeon can make an incision, remove an organ, and sew up the wound, but he cannot heal it.
Dr. McMillan in sy boek “None of these diseases” het wetenskaplik bewys dat die gesondheidsboodskap wat die Here vir Moses gegee het, resultate het.
Hy wat ons liggame ontwerp het, weet watter voedsel vir ons die mees voordelig is.
Eksodus 15:27 Daarna het hulle by Elim aangekom met sy twaalf fonteine en sewentig palmbome en daar by die water kamp opgeslaan.
GOOD NEWS
Vir elke bietjie slegte nuus, het die hemelse Vader ook vir ons goeie nuus.
Die bitter waters het soet geword. In ons huidige bitterwater situasie word ons genooi om die kruishout van Golgota daarin te plaas sodat dit weer soet kan word.
By die volgende oase, Elim was daar baie waterputte en baie palmbome.
Hoe moed. Binnerkort gaan ons water uit die putte van ons hemelse Elim drink. Ons gaan heerlike dadels van die boom van die lewe eet en vir ewig lewe.
Verplaas jou gedagtes vanaf die Maras, die bitter van die lewe, na aangename van Elim wat vorentoe vir ons wag.