1. Home
  2. Argeologie
  3. Eridu – Tell Abu Sharain

Eridu – Tell Abu Sharain

Dit was vir my ‘n baie groot belewenis om hierdie klomp puin en sand te kon besoek.

Watter beskrywing gee die kleitabletter vir ons van hierdie plek?

Die heel eerste godin van Eridu se naam was Ninhursag (Nin=dame; hur=berg; sag=heilig)
Na haar het Ea ook Enki genoem ook in Eridu regeer.

In die Sumeriese Koningslys verwys na Eridu as die heel eerste stad van die heel eerste konings.

KRONOLOGIE

Wanneer mens die kronologie van die Sumeriese koninglys lees, merk jy iets baie interessant op. Die ouderdom van mense wat voor die sondvloed geleef het, was baie baie oud.

Maar na die sondvloed het die ouderdom drasties verander. Hier by Eridu skiet ‘n gedagte my te binne.

Dis presies wat ons in die boek Genesis lees. Mense het amper ‘n 1000 jaar oud geword. Metusalem se ouderdom? 969 jaar.

Die Sumeriese koningslys bevestig die Bybelwaarheid van Genesis 5.

VRAAG

Hoe oud is jy nou? Sit 900 jaar by jou ouderdom dan sien jy hoe lank jy voor die sondvloed gekom het.

‘n Snaakse ding gebeur met ‘n mens wanneer jy oud geword het. Dit voel of jou lewe soos ‘n oogwind verby is. Mens wens patykeer jy kan die lekker oomblikke oorleef.

DIE TUIN VAN EDEN

Wat nog het die argeoloë hier ontdek wat vir ons lig werp op bybelverhaal van Genesis?

Die mense van Sumer het geglo dat die Tuin van Eden uit al die stadstuine van Sumer bestaan het. Maar een van daardie stadstuine het vir hulle bo al die ander uitgestaan en dit was Eridu.

Hoekom?

Kom ons hoor wat hulle geglo het:

Die god Ea (oorspronklik Enki, god water) van Eridu het vir Adapa gewaarsku om nie van die kos van Anu te eet nie want dit sal sy dood beteken.

Kan jy ‘n Bybelse ooreenkoms hier sien? Wie word die Sumeriese god Ea wat teen die eet van die verbode vrugte waarsku? Elohim die Here van die Bybel.

En wie is Adapa in die bybelverhaal? Adam.

En wie is Eridu in die Genesis verhaal? Tuin van Eden.

DOODSTRAF

Ea of Enki het van die verbode vrugte geëet en wat was sy straf?

Die dood. En wat het die Sumeriërs oor die dood geleer?

Sumerian beliefs about death
The Sumerians did believe in an afterlife but it was not a happy wonderful paradise. They believed the afterlife was a miserable, grey, dark existence with all their ancestors. They believed that all humans go to the same place after death independent of how they lived their life on earth.

So die Simeriërs het nie juis aan dood geglo nie. Jy beweeg net oor na ‘n mislukke bestaan. Wat ‘n tragiese lewe.

Wat leer die Bybel oor wat gebeur wanneer mens sterf. “Die dag as jy daarvan eet sal jy sterf.”

En wat weet jy as jy dood is? Prediker 9:5 sê jy weet niks. Jesus sê jy slaap.

HOE IS ADAM SE DOODSTRAF OPSY GESIT?

‘n Lam wat hy geslag het, het op ‘n ander Lam gewys wat in sy plek sou sterf soda thy uit die dood opgewek kan word en vir ewig gered kan wees.

VREES

Die Sumeriese godsdiens was ‘n fatalistiese deterministiese godsdiens. Maak nie saak wat jy wil aanpak nie, die gode het reeds besluit wat met jou gaan gebeur.

Hulle het hulle gode gerespekteer maar nie liefgehad nie. Wanneer jy goddelose optrede van die Sumeriese gode lees, verag jy hulle, jy is bang vir hulle. Dis onmoonlik om hierdie gode lief te kry.

Watter profiel gee die Bybel vir ons van die karakter van God?

PARADOKS

Terwyl mens oor hierdie verlate omgewing van Eridu kyk, dink jy aan die paradox van ‘n woestyn wat hoe mooi die Paradys oorspronklik was.

Die Bybel is vol beloftes dat die Here die oorspronklike plan van geluk weer gaan instel.

Mag ek en jy deel wees van ‘n land waar ons nooit weer gaan huil of kwaad word nie. Waar ons nooit weer gaan haat nie, maar net die emosie van heerlike volmaakte geluk vir ewig gaan ervaar.

BAALBEK

Verwys na Baalbek een van die voorvloedsebouprjekte.

Was this article helpful?

Related Articles