1. Home
  2. Jesus
  3. Gelykenisse Van Christus
  4. Gebou Op Die Rots – Gelykenis 22

Gebou Op Die Rots – Gelykenis 22

Die begrip van waarheid is nie ‘n einde in sigself nie, maar ‘n middel tot die einde van ‘n veranderde lewe.

Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met ‘n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het. En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm, en dit het nie geval nie, want sy fondament was op die rots. Matthew 7:24,25

En elkeen wat na hierdie woorde van My luister en dit nie doen nie, sal vergelyk word met ‘n dwase man wat sy huis op die sand gebou het. En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm en dit het geval, en sy val was groot. Matthew 7:26,27

Jesus het Sy boodskappe met ‘n illustrasie afgesluit wat die belangrikheid beklemtoon om Sy woorde in die praktyk toe te pas. 

In die menigtes wat na Hom kom luister het, was daar baie wat hulle hele lewe by die See van Galilea deurgebring het.

Terwyl hulle aan die hange van die kopies gesit het en na Hom geluister het, kon hulle valleie en klowe sien waardeur die bergstrome hul pad na die see gevind het. In die somer het hierdie strome dikwels heeltemal verdwyn en net ‘n droë en stowwerige kanaal gelaat.

Tydens die winterstorms val die reëns en riviertjies word sommer riviere wat alles saam sleep wat in hulle pad kom. Dikwels is die gehuggies waarin die arm mense gewoon het, en wat gelyk het of hulle buite gevaar was en staande kon bly, met die vloedwaters weggesleur. Die sandfondasie was teleurstellend.

Maar hoog teen die steilte was die huise se fondasies op rots gebou.Daar was ook ander huise wat net met rotsklippe gebou was wat vir eeue die storms trotseer het. Hierdie huise is met baie sweet en moeite opgerig.

Soos die bouers wat hulle huise op die rots gebou het, sê Jesus, so is die mens wat Sy woorde ter harte neem en dit die fondasie van sy karakter en sy lewe gemaak het. Eeue gelede het die profeet Jesaja geskryf: Jesaja 40:8  Gras verdor en blomme verwelk, maar die woord van ons God bly vir ewig. Jesaja 40:8  Gras verdor en blomme verwelk, maar die woord van ons God bly vir ewig. Luister na Petrus se woorde oor die Woord van God:

1 Petrus 1:24,25  Want alle vlees is soos gras, en al die heerlikheid van die mens soos ‘n blom van die gras. Die gras verdor en sy blom val af, maar die woord van die Here bly tot in ewigheid. En dit is die woord wat aan julle verkondig is. 

Sy Woord is die enigste blywende standvastige iets in ons wêreld. Matteus 24:35  Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie.

1 Korintiërs 3:11  Want niemand kan ‘n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus. 

Die groot beginsels van die wet wat die aard van God beskryf, word in die woorde van Jesus op die berg van Saligsprekinge gevind.

Enigeen wat op Sy Woord bou, bou op Jesus, die Rots van alle Eeu. Wanneer ons die woord van God ontvang, ontvang ons Jesus. 1 Korintiërs 3:11  Want niemand kan ‘n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus. 

En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie. Handelinge 4:12. Jesus die Woord, die openbaring van die karakter van God, is die enigste fondasie waarop ons kan wat vir altyd sal bestaan.

Ons bou op Jesus wanneer ons Sy Woord gehoorsaam. Dis nie iemand wat geregtigheid waardeer wat regverdig is nie, maar hy wat geregtigheid beoefen. Heiligheid is nie ekstase nie; dit is die gevolg van ‘n oorgawe aan die Here; dit is om die will van die Vader te doen.

Toe Israel op die grens van Kaänan gekamp het was dit nie genoeg dat hulle ‘n kennis van die land gehad het nie of daaroor te gesing het nie. Dit alleen sou hulle nie in die besit van wingerde en die olyfboorde van die goeie gebring het nie.

Hulle kon die land net deur besetting bekom; deur die voorwaardes na te kom; deur ‘n lewende geloof in die Here te beoefen; deur Sy  beloftes hulle eie te maak; en deur geloof Sy voorskrifte gehoorsaam.

Ons ons ontvang Jesus se verlossing nie alleen deur ons belydenis nie, maar deur geloof wat in werke van geregtigheid geskied. Daar word van die volgeling van Jesus verwag om daadwerklik iets te doen, en nie net te praat nie. Dit is deur fisiese en psigiese optrede dat karakter ontwikkel.

Is dit jou begeerte om ‘n volgeling van Jesus te word maar jy weet nie hoe om dit reg te kry nie? Is jy in duisternis gehul en weet nie hoe om by die lig uit te kom nie? Volg die lig wat jy nou besit. Wees gehoorsaam aan dit wat jy in die Bybel lees. Sy krag, Sy eie lewe, is in Sy Woord. As jy Sy Woord in geloof aan neem, gee Hy jou die krag om dit te gehoorsaam.

As jy die lig wat jy nou het koester, sal jy meer lig ontvang. Wanneer jy op die Woord van God bou, sal jou karakter soos die karakter van Jesus ontwikkel.  Hy is die enigste ware fondasie, Hy is die lewende steen. Sy eie lewe word aan almal gegee wat op Hom bou. “Julle is lewende stene wat op ‘n geestelike huis gebou is.” 1 Petrus 2:5

In Hom sluit die hele gebou saam en verrys dit tot ‘n heilige tempel vir die Here Efesiërs 2:21.  Die stene word deel van die fondasie want ‘n gemeenskaplike faktor bind hulle. Die gebou is stormbestand want hy wat die lewe van God deel, oorleef alle storms.

Enige gebou wat nie op die fondasie van God gebou is nie, sal in duie stort.

Die mens wat op die fondasie van menslike opinies en seremonies bou, of enigiets wat hy onafhanklik van die genade van Jesus bou, is strukteer wat op sand gebou is. Die storms van versoeking sleur die sandfondasie mee en die huis word ‘n ruïne in die geskiedenis van tyd.

Daarom, so sê die Here HERE: Kyk, Ek lê in Sion ‘n grondsteen, ‘n beproefde steen, ‘n kosbare hoeksteen wat vas gegrondves is; hy wat glo, sal nie haastig wees nie. En Ek sal die reg tot ‘n riglyn maak, en die geregtigheid tot ‘n skietlood; en die hael sal die leuendak wegruk en die water die skuilplek wegspoel. Jesaja 28:16,17 

Sê vir hulle: So waar as Ek leef, spreek die Here HERE, gewis, Ek het geen behae in die dood van die goddelose nie, maar daarin dat die goddelose hom bekeer van sy weg en lewe. Bekeer julle, bekeer julle van jul verkeerde weë! Waarom tog wil julle sterwe, o huis van Israel? Esegiël 33:11 

Die stem wat vandag met die skaamtelose, die skuldige praat is die stem van Hom wat met ‘n verskeurde hart oor die stad van Sy liefde uitroep:

Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete doodmaak en die wat na jou gestuur is, stenig, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak, soos ‘n hen haar kuikens onder die vlerke, en julle wou nie. Kyk, julle huis word vir julle woes gelaat. Voorwaar Ek sê vir julle dat julle My sekerlik nie sal sien nie totdat die dag kom wanneer julle sal sê: Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here! Lukas 13:34,35 

Besef jy dat Hy oor jou en my se afvalligheid huil? Terwyl Jesus se trane op die Olyfberg geval het, was daar nog tyd vir Jerusalem om die ramp af te weer wat oor haar sou kom. Vir ‘n oomblik of twee het Jesus, die Groot Geskenk, nog vir haar aanvaarding van Hom gewag. Jesus is op hierdie oomblik nog steeds besig met ‘n stem vol liefde vir ons die volgende te sê:

Openbaring 3:20  Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.  2 Korintiers 6:2 

Want Hy sê: In die tyd van die welbehae het Ek jou verhoor, en in die dag van heil het Ek jou gehelp. Kyk, nou is dit die tyd van die welbehae; kyk, nou is die dag van heil. As ons ons hoop op die sand van ons opinies gebou het, is dit nog nie te laat om die fatala ramp te verhoed nie. Vlug baie vinnig na Jesus, die sterk fondasie.

Daarom, so sê die Here HERE: Kyk, Ek lê in Sion ‘n grondsteen, ‘n beproefde steen, ‘n kosbare hoeksteen wat vas gegrondves is; hy wat glo, sal nie haastig wees nie. Jesaja 28:16 

Wend julle tot My en laat julle red, alle eindes van die aarde! Want Ek is God, en daar is geen ander nie. Jesaja 45:22

Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand. Jesaja 41:10 . Maar Israel word deur die Here gered met ‘n blywende redding. Hulle sal nie verleë staan nie en nooit teleurgestel word nie. Jesaja 45:17

VOLGENDE KEER

Die Ryk Dwaas.

Was this article helpful?

Related Articles