1. Home
  2. Jesus
  3. Gelykenisse Van Christus
  4. Gelykenis Van Saad Wat Ontkiem En Groei – Gelykenis 25

Gelykenis Van Saad Wat Ontkiem En Groei – Gelykenis 25

AFDELING (D). KARAKTERVERANDERING

Gelykenis van saad wat ontkiem en groei

EERS DIE HALM, DAN DIE AAR, EN DAN DIE VOLLE KORINGAAR

Die gelykenisse in afdeling (D) handel oor Geloof en werke: menslike poging in samewerking met die oneindige krag in Jesus om ons met die groeiproses to motiveer. Ons begin hierdie afdeling met die gelykenis van die saad wat ontkiem en groei.

Die gelykenis van die Saaier het baie vrae ontlok. Die mense het afgelei dat Jesus nie ‘n aardse koninkryk gaan oprig nie. Die nuuskieriges was verward. Jesus  het dit opgemerk en ander illustrasies gebruik om hulle gedagtes van ‘n aardse koninkryk af te lei. Hy het vir hulle van God se genade vertel wat in die harte van mense werk.

En Hy het gesê: So is die koninkryk van God, soos wanneer ‘n mens die saad in die grond gooi; en hy gaan slaap en staan op, nag en dag, en die saad spruit uit en word groot—hoe, weet hy self nie. Want vanself bring die aarde vrug voort, eers ‘n halm, dan ‘n aar, dan die volle koring in die aar. En wanneer die vrug dit toelaat, steek hy die sekel dadelik in, omdat die oes daar is. Markus 4:26-29

Wie kan hierdie man wees? Die een wat die sekel insteek is niemand anders as Jesus nie.  Hy gaan binnekort die laaste groot menseoes op aarde kom insamel. Maar die saaier van die saad stel mense voor wat vir Jesus werk. Van die saad word daar gesê, dit ‘spruit uit en word groot – hoe, weet hy self nie,” en dit geld nie vir Seun van God nie. Hy slaap nie tydens Sy verpligtinge nie, maar waak dag en nag. Hy is nie onkundig aangaande hoe die saad groei nie.

Die gelykenis van die saad openbaar hoe God in die natuur werk. Die saad het in hom ‘n ontkiemingsbeginsel, ‘n beginsel wat God self daarin geplaas het. Tog, as dit aan homself oorgelaat word, sou die saad geen mag hê om uit te spruit nie. Die mens het ook ‘n rol om te speel om die groei van die saadkorrel te bevorder. Hy moet die grond voorberei, bemes en die saad saai. Hy moet ook die landerye skoffel.

Maar daar is ‘n plek in hierdie boerdery waar die mens magteloos is en niks kan doen nie. Hy kan daardie saadjie nie laat ontkiem nie. Al sit die mens alles in, moet hy nog steeds op die Een steun wat die saai en maai proses met Sy wonderbaarlike skakels met Sy almag verbind.

Daar is lewe in die saad en krag in die grond. Maar tensy God se oneindige krag nie dag en nag aktief is nie, sal daar nie ‘n opbrents wees nie. Die reent moet die landerye se dors les. Die son moet hitte uitstraal. Elektrisiteit moet met die saad in die grond kontak maak. Wat ‘n wonderwerkende Skepper. Die lewe wat die Skepper ingebou het, kan net Hy dit weer laat uitspruit. Elke saadjie groei, en elke plant ontwikkel uitsluitlik deur die krag van God.

Want soos die aarde sy plante voortbring, en soos ‘n tuin sy gewasse laat uitspruit, so sal die Here HERE geregtigheid en lof laat uitspruit voor die oog van al die nasies. Jesaja 61:11. Soos is die natuur, so ook in die geestelike saaiwerk. Die Leermeester van waarheid moet die grond van die hart bewerk. Hy moet die saad saai. Maar net die krag wat van God kom, kan lewe laat voortbring. Daar is ‘n plek waar menslike poging niks kan vermag nie.

Wanneer ons die Woord verkondig kan ons nie die krag genereer wat die hart van die luisteraars aanraak en geregtigheid en lof laat voorkom nie. In die prediking van die Woord moet daar ‘n Hemelse teenwoordigheid wees om die bonatuurlik bekeringswerk te kan doen.

Alleenlik deur die Gees van God kan die woord lewend en kragtig wees om die siel vir die ewige lewe voor te berei. Dit is wat Jesus vir Sy disippels op die hart wou druk. Hy  het hulle geleer dat hulle niks besit om suksesvol te wees nie. Dit was die wonderwerkende krag van God wat sukses gee.

Die werk van die saaier is a werk van geloof. Die misterie van ontkieming en die groei van die saad, is bo die begrip van die mens. Dit is uitsluitlik die krag van God wat plante laat groei. Dit kon miskien gebruik word om kos vir sy gesin te voorsien. Of om die saad later te gaan saai. Hy gee die saad met die oog om later ‘n groter oes terug te kry.

So moet die diensknegte van God ook werk. Hulle moet verwag om ‘n oes in te samel uit die saad wat hulle saai.  Die goeie saad mag vir ‘n ruk ongemerk in ‘n koue, selfsugtige wêreldse hart lê en geen bewys van ontkieming lewer nie. Later wanneer die Gees van God in die hart werk, ontkiem die saad en die sondaar dra vrugte tot eer van God. In ons sielewerk weet ons nie wie sal geestelike reageer nie, hierdie een of daardie een. Dis ter sake. Ons met net aanhou saad saai en die gevolge aan die Here oorlaat.

Saai jou saad in die môre, en laat teen die aand jou hand nie rus nie; want jy weet nooit watter een sal geluk nie, hierdie of daardie, en of altwee saam goed sal wees nie. Prediker 11:6. God se groot verbond verklaar: Van nou af sal al die dae van die aarde, saaityd en oestyd, koue en hitte, somer en winter, dag en nag nie ophou nie. Genesis 8:22.

Met hierdie belofte in gedagte bewerk die boer die grond. Dis ook hoe ons met vertroue die geeste sielewerk moet omgaan met die wete. “So sal my woord wees wat uit my mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur. ” Jesaja 55:11.

Die wat met trane saai, sal met gejubel maai. Hy loop aldeur en ween en dra die saadkoring; hy sal sekerlik kom met gejubel en sy gerwe dra. Psalm 126:5,6 

Die ontkieming van die saad verteenwoordig die begin van die geestelike lewe. Die groei van die plant is ‘n pragtige metafoor van geestelike groei. Net soos in die natuur, so ook in genade. Daar kan geen lewe soder groei bestaan nie. Die plant moet of groei of verlep. Dis ‘n stil onwaarneembare voortdurende proses. En dis ook hoe dit in die groei van die kind van die Here werk.

Die ontwikkelling in ons lewens kan op elke stadium volmaak wees. As die doel van die Here se plan vir ons op hierdie stadium vervul is, sal daar nog horisonne vir ons verskyn. Heiliging is die werk van ‘n leeftyd Soos wat geleenthede toeneem, sal ons geleenthede vergroot en ons kennis vermeerder. Ons sal die krag ontvang om verantwoordelikhede te dra. Ons volwassenheid sal proporsioneel met ons voorregte toeneem.

Die plantjie groei namate hy ontvang wat die Here beskikbaar stel. Sy wortels penetreer die grond en absorbeer die sonskyn, dou en reent. Dit ontvang die lewegewende middele van die lug.

Die Christen moet deur samewerking van  goddelike voorsiennighede groei. Wanneer ons magteloosheid ervaar, moet ons elke geleentheid benut om nog groter hoogtes te bereik.

Soos wat die plant wortelskiet in die grond, so moet ons ook diep in die Woord van die Here gewortel wees.

Soos wat die plant sonskyn, dou en reent ontvang moet ons ook ons harte vir die werking van die Heilige Gees oopmaak . Die werk moet “Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê die HERE van die leërskare” gedoen word. Sagaria 4:6.  Die wat met trane saai, sal met gejubel maai. Psalm 126:5.

As ons Jesus bepeins, sal Hy na ons kom “soos die reën, soos die laat reëns wat die aarde besproei. Hosea 6:3. Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal. Malagi 4:2.

Hosea 14:6  Ek sal vir Israel wees soos die dou, hy sal bloei soos ‘n lelie en sy wortels uitslaan soos die Líbanon. 

 Hosea 14:7  “Sy lote sal uitsprei, en sy prag wees soos dié van ‘n olyfboom en sy geur soos die Líbanon.”

Deur gedurig op Jesus ons Saligmaker te vertrou, sal ons in Hom nuwe geestelike Groei en gestalte ervaar. Die koring groei: eers ‘n halm, dan ‘n aar, dan die volle koring in die aar. Hosea 14:7  “Sy lote sal uitsprei, en sy prag wees soos dié van ‘n olyfboom en sy geur soos die Líbanon.”

Deur gedurig op Jesus ons Saligmaker te vertrou, sal ons in Hom nuwe geestelike groei en gestalte ervaar. Die koring groei: eers ‘n halm, dan ‘n aar, dan die volle koring in die aar. Die doel van die boer is om die saad te saai, die gewasse te versorg, sodat hy ‘n oes sal insamel.

Hy wil brood vir honger mense gee en saad agter hou om in die toekoms weer te saai. Net so sien ons Hemelse Landbouer  daarna uit om ‘n oes op Sy opoffering en harde werk te sien. Jesus wil Sy gestalte in ons laat verrys. Dit gebeur wanneer ek en jy van harte op Hom vertrou. Ons doel is om vrugte te dra. Om Sy beeld uit te dra en ander ‘n begeerte te laat kry om dit ook te wil doen.

Die plant ontkiem, groei of dra vrugte nie vir homself nie. Hy gee “saad gee aan die saaier en brood aan die eter.” Jesaja 55:10. Net so mag ons nie net vir onsself leef nie. Ons is in hierdie wêreld as verteenwoordigers van Jesus en vir die redding van kosbare siele. Daar kan geen groei of vrugbaarheid in die grond van selfgesentreerdheid plaasvind nie. Wanneer ons Jesus as ons persoonlike Verlosser, moet ons van onsself vergeet en kyk hoe ons ander mense kan help. Praat van Jesus se liefde en van Sy goedheid.

Voer al jou pligte soos Henog uit. Dra die las van kosbare siele op jou hart en doen alles in jou vermoë om die verlores te soek en te red. Wanneer jy die Gees van Jesus – die Gees van onselfsugtige liefde en diens vir ander in jou hart koester – sal jy pragtige geestelike vrugte voortbring. Die Heilige Gees sal ons karakters ryk maak. Ons geloof sal toeneem en ons liefde sal verdiep. Ons sal Jesus meer en meer in reinheid, eerbaarheid en skoonheid weerkaats.

Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. Galasiërs 5:22,23.

Hierdie vrugte word nooit sleg nie. Dit sal volgens sy soort ‘n oes lewer wat op die ewige lewe uitloop. En wanneer die vrug dit toelaat, steek hy die sekel dadelik in, omdat die oes daar is.  Markus 4:29. Jesus  wag met reikhalsende verlange om Homself in ons te openbaar. Wanneer Sy karakter in ons verskyn, sal Hy kom ons hemeltoe te neem.

Dit is ons voorreg om nie net na die koms van Jesus uit te sien, maar om dit te verhaas. (2 Petrus 3:12). As almal wat Sy Naam bely vrugte tot Sy glorie dra, hoe vinnig sal die saad van verlossing nie in die hele wêreld gesaai word nie. Die laaste groot oes sal vinnig ryp wees en Jesus sal sy kosbare koring kom haal.

VOLGENDE KEER

Die gelykenis van die suurdeeg.

1 Oh, there’ll be joy when the work is done, Joy when the reapers gather home,

Bringing the sheaves at set of sun To the New Jerusalem.

Refrain

Joy, joy, there’ll be joy by and by,

Joy, joy, where the joys never die;

Joy, joy, joy, for the day draweth nigh

When the workers gather home.

2 Sweet are the songs that we hope to sing,

Grateful the thanks our hearts shall bring,

Praising forever Christ our King

In the New Jerusalem. [Refrain]

3 Pure are the joys that await us there,

Many the golden mansions fair;

Jesus Himself doth them prepare,

In the New Jerusalem. [Refrain]

Was this article helpful?

Related Articles