1. Home
  2. Jesus
  3. Gelykenisse Van Christus
  4. Gesondheid-Krag-Middele – Gelykenis 40

Gesondheid-Krag-Middele – Gelykenis 40

Gesondheid is ‘n seën wat ons nie altyd waardeer nie. En tog is dit die fondasie waarop ons verstandelike en fisiese kragte gebou is. Omdat ons impulse en emosies in die liggaam gesetel is, moet ons liggame altyd geestelik en fisies fiks wees sodat ons ons talente maksimaal kan gebruik.

Enigiets wat ons fisiese en geestelike kragte aftakel moet verhoed word, sodat ons die regte besluite in die lewe maak. Die verwaarlosing van ons liggame verkort ons lewens wat tot heerlikheid van God se Naam gebruik kon word. Dit verhoed ons om die werk te doen wat God verlang dat ons moet doen.

Deur nal te laat om oefeninge te doen, en deur oorwerk, versteur ons die balans van die senuwestelsel

 Mense wat hulle lewens op die manier verkort, maak hulle skuldig aan die verwaarlosing van die diens wat hulle aan God en hulle medemens kon lewer. Die Here hou ons verantwoordelik vir ons verkragting van ons liggame omdat die mensdom van die dinge beroof wat ons met ‘n gesonde liggaam vir hulle kon gedoen het.

Wanneer ons fisiese wette oortree, oortree ons ook die sedewet. God is Outeer van altwee. Hy het met Sy eie vinger Sy wet op elke spier, senuwee, sel en orgaan geskryf wat Hy aan ons toevertrou het. Die misbruik van enige van ons organe, is ‘n oortreding van Sy heilige wet.

Die studie van die verband tussen die fisiese en die geestelike, is van kardinale belang. Dit moet veral in die huis en die skool aandag geniet. Ons moet vertroud raak met die natuurwette wat ons lewens beheer.

Die persoon wat willens en wetens onkundig bly met betrekking tot die wette van sy liggaam en hierdie wette oortree, is besig om teen God te sondig. Ons moet gesondheidsbeginsels ‘n deel van ons daaglikse leefwyse maak. Ons gesondheidsgewoontes moet onder die beheer van ons denke geplaas word, wat op sy beurt onder die beheer van God geplaas word.

Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie? Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort. 1 Korintiërs 6:19,20

FISIESE KRAG

Ons moet die Here nie net met ons hart siel , verstand en liggaam liefhê nie, maar met al ons krag. Dit sluit die volle gebruik van die liggaamskragte in. Jesus was ‘n ware werker in tydelike sowel as geestelike dinge. En Hy het daarna gestreef om Sy Vader se wil ten volle uit te voer. Hemelse en aardse dinge is meer direk onder Jesus se aandag as wat baie besef.

Dit was Jesus wat wat die struktuur van die eerste aardse aardse tabernakel ontwerp het. Hy was net so betrokke by Salomo se tempel. Hy wat aanvanklik as ‘n Skrynwerker in Nasaret gewerk het, was die hemelse Argitek van die pragtige tempel waar Sy Naam vereer is.

Dit was Jesus wat die bouers van die tabernakel die besondere vaardighede gegee het om hulle werk te kon gedoen het. Hy sê:

Kyk, Ek het Besáleël die seun van Uri, die seun van Hur, van die stam van Juda, by sy naam geroep; en Ek het hom vervul met die Gees van God, met wysheid en verstand en kennis en bekwaamheid vir allerhande werk, om kunstige planne uit te dink, om dit uit te voer in goud en silwer en koper, Eksodus 31:2-4 

Een deur snywerk in stene wat ingelê moet word, en deur houtsnywerk; om werksaam te wees in allerhande werk. En kyk, Ek het hom Ohóliab bygegee, die seun van Ahísamag, van die stam van Dan. En in die hart van elkeen wat kunsvaardig is, het Ek wysheid gegee, dat hulle alles wat ek jou beveel het, kan maak: Eksodus 31:5,6 

Die Here begeer dat ons as werkers Hom as die Skenker van alles wat ons besit, sal erken. Alle goeie tegnologiese uitvindsels en verbeterings kom van Hom wat wonderbaarlik in raad en in skepping is.

Die vaardige hand van die sjirurg, sy beheer oor senuwee en spier, kennis van die delikate organe van die liggaam, kom van godelike krag en liefde wat ten behoewe van die lydendes gebruik moet word.

Hy het ons met talente toevertrou en Hy verlang dat ons na Hom vir raad en wysheid sal kom. Wat ons ookal doen, waaroo ons ookal aangestel is, Hy is beskikbaar om ons te ondersteun sodat ons werk foutloos sal wees.

Godsdiens en besigheid staan nie teenoor mekaar nie; hulle is een. Bybelse godsdiens moet met alles verweef word wat ons doen of praat. Menslike en goddelike ondernemings moet op albei terreine saamwerk. Die Here het beginsels neergelê waarvan hierdie samewerking moontlik gemaak kan word. Sy glorie moet die dryfveer in almal wees wat saam met Hom werk.

Dis net so noodsaaklik om die wil van God te doen as wanneer ons aanbid. En as ons ook die regte beginsels in ons karakterbou inbring, sal ons in alles wat ons onderneem, in genade en kennis toeneem. Die Here aanvaar nie ons beste talente of ons uitmuntendste prestasies as dit selfsugtig gedoen is nie. Die wortel moet Heilig wees anders kan die vrugte nie vir God aanneemlik wees nie.

Ons kan ‘n belangrike les uit die lewe van Daniël lees. Administrateurs hoef nie geslepe en oneerlik te wees nie. Hy kan in al sy pligte deur God gelei word. Terwyl Daniël die hoogste pos in Babilon beklee het, was hy ‘n profeet van God. Hy het hemelse lig en inspirasie ontvang.

Wêreldse, ambisieuse staatsmanne word in die woord van God as gras voorgestel wat verdor en as ‘n blom wat verwelk. Die Here begeer om liin Sy diens intelligente manne te hê  wat goed opgelei is om in baie verskillende vartakkings te kan werk.

Daar is behoefte aan sakemanne wat beginsels van waarheid in al hulle transaksies sal uitleef. Hulle talente moet deur deeglike studie en opleiding vervolmaak word.  Dit is die werkers wat in die werk van die Here aangewend moet word.

Van Daniël leer ons dat in al sy besigheidstransaksies, wanneer dit aan die nouste ondersoek onderwerp is, nie een fout gevind kon word nie. Hy is ‘n voorbeeld wat elke sakeman behoort te wees. Sy geskiedenis vertel watter hoogtes iemand kan bereik wat al sy talente, al sy breinkrag en al sy toewyding in die diens van God wil gebruik.

GELD

God het ons ook met middele toevertrou. Hy gee ons die krag om rykdom te verwerf. Hy besproei die aarde met dou en met verfrissende reent. Hy gee die warmte van die son om vrugte op te lewer. En dan vra Hy ons ‘n blyke van waardering.

Geld is nie aan ons gegee om onsself daarmee te vereer nie. As getroue rentmeesters moet ons dit vir die eer en glorie van God aanwend. Party mense dink dat net ‘n gedeelte van hulle bates aan God behoort. Nadat hulle iets aan die Here gebring het, beskou hulle die res as hulle eiendom wat hulle volgens hulle goeddenke kan aanwend.

Dink jy dis reg? Alles wat ons besit behoort aan die Here en ons sal verantwoordelik gehou word vir die besteding van elke Rand. Dit sal ‘n aanduiding wees of ons God bo alles liefhet en ons naaste soos onsself. 

Geld het groot waarde want dit kan baie goeie dade verrig. In die besit van die Here se kinders is dit kos vir honger mense, water vir die dorstiges en klere vir die naaktes. Dis ‘n beskerming vir die verdruktes en ‘n uitkoms vir die siekes. Maar geld is nie meer werd as sand as dit nie vir die behoeftes van armes en die bevordering van die saak van die Here aangewend word nie.

Opgegaarde rykdom is nie net nuttuloos nie, dit kan ook ‘n vloek wees. Dit kan vir ons ‘n strik word en ons liefde vir hemelse skatte kan verflou. In die finale oordeel sal ongebruikte talente en verwaarloosde geleenthede en talente sy besitter veroordeel.

Kom nou, julle rykes, ween en huil oor die ellendes wat oor julle kom. Julle rykdom is bedorwe, en julle klere is deur die motte verniel. Julle goud en silwer is verroes, en hulle roes sal tot ‘n getuienis teen julle wees en sal soos ‘n vuur julle vlees verteer. Julle het skatte vergader in die laaste dae. Jakobus 5:1-3

Kyk, die loon van die arbeiders wat julle lande afgeoes het, wat deur julle agtergehou is, roep uit; en die geroep van die maaiers het gekom tot in die ore van die Here van die leërskare. Julle het op die aarde ‘n weelderige en losbandige lewe gelei; julle het jul harte vet gevoer soos op ‘n slagdag. Veroordeel, vermoor het julle die regverdige; hy versit hom nie teen julle nie. James 5:4-6

Jesus keer nie verkwisting goed nie. Sy boodskap lui as volg:

En nadat hulle versadig was, sê Hy vir sy disippels: Maak die brokstukke bymekaar wat oorgeskiet het, sodat niks verlore gaan nie. Johannes 6:12. Hier les van brokstukke, geld vir elkeen van ons. Hy wat besef dat sy geld ‘n godgegewe talent is, sal dit spaarsamig gebruik.

Hoe meer ons op ons self spandeer, hoe minder is daar om in die behoeftes van ander te voorsien. Elke Rand wat verkwis word, beroof die verkwister van die kosbare voorreg om goed aan iemand anders te doen. Dit beroof God van die eer en heerlikheid wat na Hom deur die ontwikkelling van Sy toevertroude talente moet terugvloei .

VOLGENDE KEER

Vriendelikheid en liefdesbetoning

Was this article helpful?

Related Articles