Die grootsheid van God se heiligheid en die openbaring van Sy liefde is nog vars in die gedages van die volk.
Is dit moontlik om iets so baie persoonliks as die aanhoor van God se stem te vergeet?
Is daar mooi oomblikke wat jy met God ervaar het en wat jy in jou hart koester?
Tydens Moses se afwesigheid het die volk in spanning op sy terugkeer gewag.
Die volgende sitaat het my geweldig aangegryp:
Die volk het geweet dat hy en Josua in die berg opgeklim en ‘n digte, donker wolk ingegaan het. Dit kon van die vlakte op die bergspits gesien kon word. Van tyd tot tyd is dit deur die Goddelike teenwoordigheid verlig.
Hulle het gretig op sy terugkoms gewag. Omdat hulle in Egipte gewoond was aan ‘n tasbare voorstelling van die gode, was dit vir hulle moeilik om ‘n onsigbare wese te vertrou, en hulle het op Moses begin vertrou om hulle geloof te steun.
Nou was hy van hulle weggeneem. Dag na dag, week na week is verby, en hy het nog nie teruggekeer nie. Ondanks die wolk nog sigbaar was, het baie in die kamp begin dink dat hulle leier hulle in die steek gelaat het, of dat hy in die verterende vuur omgekom het.
Gedurende daardie tyd het hulle die geleentheid gehad om na te dink oor die wet van God wat hulle gehoor het en om hulle harte voor te berei vir die verdere openbaringe wa Hy aan hulle sou gee.
Hulle het al die tyd vir daardie werk nodig gehad, en as hulle op daardie manier ‘n beter begrip van Gods vereistes gesoek en hulle harte voor Hom verootmoedig het, sou hulle teen die versoeking beskerm gewees het.
Maar hulle het dit nie gedoen nie, en eerlank was hulle onverskillig, onoplettend en wetteloos. Dit het veral vir die gemengde skare gegeld. Hulle was ongeduldig om na die Beloofde Land te trek – die een wat oorloop van melk en heuning.
Die goeie land is net op voorwaarde van gehoorsaamheid aan hulle belowe, maar hulle het dit uit die oog verloor. Sommige het voorgestel dat hulle na Egipte terugkeer, maar ongeag of dit voorwaats na Kanaän of terug na Egipte sou wees, die menigte was vasberade om nie langer vir Moses te wag nie.
Omdat hulle in die afwesigheid van hulle leier magteloos begin voel het, het hulle tot hulle ou bygeloof teruggekeer. Dit was die gemengde skare wat eers ongeduldig geword en begin kla het en hulle was die voorbokke in die afval wat gevolg het.
Van die voorwerpe wat die Egiptenare as simbole van hulle gebruik het, was ‘n bees of ‘n kalf en dit was juis op die voorstel van diegene wat in Egipte hierdie soort afgodery nagevolg het dat daar nou ‘n kalf gemaak en aanbid is.
Die magtige wonderwerke in Egipte en by die Rooi See is bedoel om die geloof in Hom te bevestig as die onsigbare, almagtige Helper van Israel, die enigste ware God.
Die begeerte vir ‘n sigbare openbaring van Sy teenwoordigheid is bevredig deur die wolk- en vuurkolom wat die volk gelei het en in die openbaring van Sy heerlikheid op die berg Sinai.
Maar toe die wolk van die Teenwoordigheid nog voor hulle oë was, het hulle in hulle harte tot die afgodery van Egipte teruggekeer en die heerlikheid van die onsigbare God met die afbeelding van ‘n bees voorgestel.PP 315
Eksodus 32:1 Toe die volk sien dat Moses talm en nie van die berg af kom nie, het hulle om Aäron saamgedrom en vir hom gesê: “Kom maak vir ons ’n god dat hy ons kan lei. Hierdie man Moses het nou wel vir ons uit Egipte laat wegtrek, maar ons weet nie wat van hom geword het nie.”
Dit is merkwaardig om daarop te let dat Moses se skynbare afwesigheid aanleiding tot die volk se afvalligheid gelei het.
Het jy al op die Here in jou nood gewag, net om te ontdek dat Hy afwesig is?
Dink jy daar gaan mense wees wat tydens die wederkoms verlore sal gaan omdat hulle nie gereedgemaak en gewaak en gebid het nie?
Baie sal in daardie dag sê: “My heer talm om te kom” en hulle oorgee aan boosheid. (Matteus 24:45–51)
Die Israeliete het gevrees dat hulle leier op wie hulle staatgemaak het, hulle verlaat het. So lank as wat Moses met hulle was om hulle te bemoedig en te vermaan en vir hulle ‘n voorbeeld te stel het, het hulle soos Paulus dit stel, geestelik oorleef. Want ons wandel deur geloof en nie deur aanskouing nie. 2 Korintiërs 5:7
Toe sy teenwoordigheid verdwyn het die “vlees” oor die “gees” getriomfeer.
Die donker wolk waarin Moses was kon van die vallei gesien word. Die wolk is van tyd tot tyd asgevolg van goddelike teenwoordigheid verlig en dit het mense in die kamp laat dink dat Moses deur vuur verteer is.
Die toneel was gereed vir ‘n verskriklike openbaring van afgodery.
Hier het ons nog een van die treffende kontraste in die Bybel. Dink maar aan die keer toe dieselfde Moses met Christus op die berg van verheerliking ontmoet het. Wat het met die dissipels aan die voet van die berg gebeur? (Matteus 17:1-18)
Hier terwyl Moses instruksies aangaande ware aanbidding en die werk van die hoë priester ontvang het, het die mense daaronder in skandelike ongehoorsaam verval.
Eksodus 32:1 TOE die volk sien dat Moses vertoef om van die berg af te kom, het die volk rondom Aäron versamel en vir hom gesê: Kom, maak vir ons gode wat voor ons uit trek; want hierdie Moses, die man wat ons uit Egipteland laat optrek het, ons weet nie wat van hom geword het nie.
Dink jy dat hierdie groot leier aan hierdie diaboliese versoek sou toegee?
As Aäron die moed gehad het om te staan vir wat reg is, ondanks die gevolge, kon hy daardie afval voorkom het. As hy sy eie getrouheid aan die Here doelgerig behou het en as hy die volk op die gevare van Sinai gewys en hulle herinner het aan die verbond met God om Sy wet te onderhou, kon hy die kwaad gestuit het.
Maar sy instemming tot die begeertes van die volk en die bedaarde versekering waarmee hy hulle planne uitgevoer het, het hulle aangemoedig om groter sonde te doen as die waaraan hulle eers gedink het. PP 317
Maak vir ons gode.
Omdat Israel aan die materiële vorm van die gode in Egipte gewoond was, was dit vir hulle baie moeilik om ‘n Onsienlike God te vertrou.
Voor ons uit trek
Hulle is nou moeg gewag en was gretig om die reis na die Beloofde Land voort te sit. Hulle het op ‘n sigbare god aangedring om hulle met vetroue en moed te besiel.
Hulle moes die “wag” in ‘n verwagting omskep het en aan die voorskrifte van die wet gedink het.
Tot ‘n groot mate was die “gemengde bevolking” wat saam met Israel getrek het, verantwoordelike vir hierdie afvalligheid.
Vers 2 En Aäron sê vir hulle: Ruk die goue ringe af wat aan die ore van julle vroue, julle seuns en julle dogters is, en bring dit vir my.
Aäron was geskok oor diedreigende gesindheid van die mense en het vir eie lewe gevrees. Hy het aan hulle wense toegegee pleks van vir die eer van God te staan.
Hy het gehoop dat as hy hulle vra om hulle versiersels aft e haal hulle van plan sou verander.
.
[SEE APPENDIX, NOTE 4.]
Toe hulle die goue kalf aanbid het, het die Israeliete voorgegee dat hulle God aanbid. Daarom het Aäron by die inhuldiging van die aanbidding van die afdgod uitgeroep: “More is daar fees tot eer van die Here.” Hulle het God aanbid soos die Egiptenare Osiris aanbid het, deur middle van ‘n beeld.
Maar God kon sulke diens nie aanvaar nie. Hoewel dit in Sy Naam aangebied is, was dit die songod, en nie Yahwe nie, die voorwerp van hulle aanbidding.
Die aanbidding van Apis het met die verskriklikste onkuisheid gepaard gegaan het. Die Skrif gee te kenne dat die aanbidding van die kalf deur die Israeliete al die onsedelikheid ingesluit het wat in die heidense aanbidding bedryf is.
Ons lees: Eksodus 32:6 En hulle het die ander dag vroeg klaargemaak en brandoffers geoffer en dankoffers aangebring; daarop het die volk gaan sit om te eet en te drink, en hulle het opgestaan om te speel
Die Hebreeuse woord wat as “speel” vertaal is, beteken om te speel deur te spring, te sing en te dans. Hierdie dansery was, veral onder die Egiptenare, sinlik en onwelvoeglik.
Die woord wat in die volgende vers as “verderflik” vertaal is, waar gesê word: Vers 7 “jou volk wat jy uit Egipteland laat optrek het, het verderflik gehandel”, is dieselfde woord wat in Genesis 6:11,12 gebruik word waar ons lees dat die aarde verdorwe was “want alles vlees het sy wandel op die aarde verderwe.” Dit verduidelik die vreeslike toorn van die Here en waarom Hy begeer het om die volk onmiddellik uit te delg.
‘n Mens kan nie glo dat mense in so ‘n kort tydjie afvallig kon word nie.
‘n Krisis van hierdie aard eis ‘n standvastige, vasberade man met onversetlike moed; een wat die eer van God hoer as die guns van die volk, sy eie veiligheid en die lewe self ag.
Maar die tydelike leier van Israel was nie van hierdie stoffasie nie. Hy het halfhartig teëgepraat, maar sy aarselende bang houding op die kritieke oomblik, het hulle net meer vasberade gemaak.
Die oproer het steeds toegeneem. Dit was asof die skare deur ‘n blinde onredelike raserny beheers word. Daar was sommige wat aan hulle verbond met God getrou gebly het, maar die grootste gedeelte van die volk het hulle by die revbellie aangesluit.
‘n Paar wat dit gewaag het om die die beeldmakery as afgodery te bestempel, is aangerand en in die verwarring en opwinding wat gevolg het, het hulle hulle lewens verloor.
Aäron het vir sy eie lewe gevrees, en pleks dat hy pal gestaan het vir die eer van God, het hy aan die eise van die skare toegegee. Eers het hy bevel dat al die goue oorversiersels van die vok geneem en na hom toe gebring moet word. Hy het gehoop dat hulle darop so trots was dat hulle sou weier om die opoffering te maak.
Verse 3,4 Toe het die hele volk die goue ringe afgeruk wat aan hulle ore was, en dit na Aäron gebring.4 En hy het dit uit hulle hand geneem en dit met die beitel bewerk en daar ’n gegote kalf van gemaak. Daarop sê hulle: Dit is jou gode, o Israel, wat jou uit Egipteland laat optrek het.
Die “kalf” was nie vir die Israeliete iets vreemds nie. Hulle het die aanbidding van die Egiptiese Apisbul byna daagliks in hulle verblyf in Egipte gesien.
In hierdie geval moes die kalf die ware God voorstel.
Vers 5 Toe Aäron dit sien, het hy daarvoor ’n altaar gebou. En Aäron het uitgeroep en gesê: Môre is daar fees tot eer van die Here.
Hoe tragies. Hier kry ons ‘n vermenging van die ware godsdiens en die valse. Sinkrotisme.
Dis hierdie kompromie van die valse godsdiens wat Israel uiteindelik heeltemaal verwoes het. Dink maar net aan Jerobeam wat ook bulkalwers vir Israel gemaak het en vir hulle gesê het dis voorstellings van die ware God.
Vers 6 En hulle het die ander dag vroeg klaargemaak en brandoffers geoffer en dankoffers aangebring; daarop het die volk gaan sit om te eet en te drink, en hulle het opgestaan om te speel.
Hulle kon nie vroeg genoeg met hulle nuwe godsdiens begin nie.
Net sekere gedeeltes van die diereoffers is verbrand die res is deur die aanbidders geëet.
Opgestaan om te speel
Kan Paulus vir ons verduidelik wat hier spelery alles behels het?
1 Korintiërs 10:5-8 Maar God het in die meeste van hulle geen welgevalle gehad nie, want hulle is neergeslaan in die woestyn.
6 En hierdie dinge was voorbeelde vir ons, dat ons nie begerig moet wees na slegte dinge soos hulle begerig was nie.
7 En wees ook nie afgodedienaars soos sommige van hulle was nie, soos geskrywe is: Die volk het gaan sit om te eet en te drink en het opgestaan om te speel.
8 En laat ons nie hoereer soos sommige van hulle gehoereer het nie, en daar het op een dag drie-en-twintigduisend geval.
Die oorlog tussen die gees en die vlees is voortdurend. Dit hang af wie ons in ons lewens toelaat om te heers.
Hoe dikwels word die liefde vir genot in ons tyd as ‘n “gedaante van godsaligheid” vermom!
‘n Godsdiens wat mense toelaat om hulle aan selfsugtige of sinlike bevrediging oor te gee, onderwyl hulle die uiterlike vorme van die godsdiens nakom, is nou vir die menigte net so aanneemlik as in die dae van Israel.
En daar is nog buigbare Aärons wat, terwyl hulle verantwoordelike poste in die kerk beklee, sal toegee aan die begeertes van die ongewydes en hulle in hulle sonde versterk. PP 317
Dit was net enkele dae sedert die Hebreërs ‘n plegtige verbond met God gesluit het dat hulle Sy stem sou gehoorsaam. Hulle het bewende van vrees by die berg gestaan en luister na die woorde van die Here:
“Jy mag gen ander gode voor my aangesig hê nie.” Die heerlikheid van God het nog bokant Sinai gehang waar die skare dit kon sien; maar hulle het afgewyk en ander gode gevra. “Hulle het by Horeb ‘n kalf gemaak en gebuig voor ‘n gegote beeld. En hulle het hule Heerlikheid veruil vir die afbeelding van ‘n bees wat gras eet.” Psalm 106:19,20.
Op watter manier kon hulle aan Hom wat Hom as ‘n teder Vader en almalgtige Koning aan hulle geopenbaar het snoder ondankbaarheid bewys of ‘n groter belediging aandoen?
Toe Israel Egipte verlaat het, het hulle ‘n geestelike lewe gelei en op die onsienlike God vir beskerming staatgemaak.
Maar toe Moses hulle voorbeeldige leier vir ‘n rukkie afwesig was, het die kwaad geseëvier.
Hulle het weer in afgodery verval en toe verder in losbandigheid wat met heidense godsdiens gekoppel was.
Ervarings godsdiens is tans nog net so gewild as in die dae van ou Israel.
Hoe dikwels word die liefde vir genot in ons tyd as ‘n “gedaante van godsaligheid” vermom! ‘n Godsdiens wat mense toelaat om hulle aan selfsugtige on sinlike bevrediging oor te gee onderwyl hulle uiterlike vorme van godsdiens nakom, is nou vir die menigte net so aanneemlik as in die dae van Israel.
En daar is nog buigbare, toegeeflike Aärons wat, terwyl hulle verantwoordelike poste in die kerk beklee, sal toegee aan die begeertes van die ontoegewydes en hulle in hulle sonde versterk. PP 317
Vers 7 Toe sê die Here vir Moses: Gaan heen, klim af, want jou volk wat jy uit Egipteland laat optrek het, het verderflik gehandel.
Volgende keer gaan ons sien hoe Moses gereageer het. Waarom het die Here aan Moses gesê dat dit Moses se volk is?
Het God hulle verwerp? En ons? Hoe kyk Hy na ons groot sondes?
Kom luister na die merkwaardige wyse waarop God met bekeerde en onbekeerde mense omgaan.
Mag God vir ons ‘n sagte hart, ‘n hart wat sondes kan belei en toelaat dat die Heilige Gees met ons praat.