1. Home
  2. Algemeen
  3. Goue Kalf 2

Goue Kalf 2

Kan jy nog onthou wat met Moses gebeur het terwyl Hy saam met God op die berg was?

Vers 7 Toe sê die Here vir Moses: Gaan heen, klim af, want jou volk wat jy uit Egipteland laat optrek het, het verderflik gehandel.

God het Israel onteien; Hy het nie meer van hulle as “My volk” gepraat nie.

Verse 8,9 En hulle het gou van die weg afgewyk wat Ek hulle beveel het. Hulle het vir hulle ’n gegote kalf gemaak en daarvoor neergebuig en daaraan geoffer en gesê: Dit is jou gode, o Israel, wat jou uit Egipteland laat optrek het.9 Verder het die Here vir Moses gesê: Ek het hierdie volk gesien, en kyk, dit is ’n hardnekkige volk.

‘n Paar weke voor hierdie gebeurtenis het die volk ‘n plegtige verbond met God gesluit en onderneem om Hom te gehoorsaam. Helaas. Nou is die verbond, die ooreenkoms verbreek.

Baie van hulle, veral van die “gemengde bevolking” kon nie drang om hulle ou godsdienste gewoontes te beoefen, weerstaan nie.

2 Petrus 2:22 Maar oor hulle het gekom wat die ware spreekwoord sê: Die hond het omgedraai na sy eie uitbraaksel, en die gewaste sog om in die modder te rol.

Vers 10 Laat My dan nou begaan, dat my toorn teen hulle ontvlam en Ek hulle verteer. Dan sal Ek jou tot ’n groot nasie maak.

Dink jy die Here het Moses getoets en hom voorberei op wat nog op Hom gewag het?

Moses kon agterkom dat God se voorstel nie finaal was nie en daarom het hy vir die volk ingetree.

Die woorde, “Laat My dan nou begaan” het Moses verstaan dat hy vir Israel moes intree sodat God hulle sou spaar.

Groot nasie maak.

Die Here het Moses ‘n keuse gegee om tussen sy eie glorie en die eer van God en die welsyn van die volk te kies.

Kan jy raai wat Moses se keuse was?

Vers 11 Maar Moses het die Here sy God om genade gesmeek en gesê: Waarom, o Here, sou u toorn ontvlam teen u volk wat U met grote krag en met ’n sterke hand uit Egipteland uitgelei het?

Moses het daarop aangedring dat Israel nog Sy volk was.

Die Here het al soveel vir hulle gedoen hoe kan Hy hulle nou verwerp en toegee dat Sy plan misluk het?

Dat God dit nie vir Sy eie Naams ontwil kan bekostig nie, was sy eerste pleidooi. Moses kon nie vir hulle sondes verskoning maak nie, maar hy kon vir hulle intree.

Vers 12 Waarom sou die Egiptenaars spreek en sê: In kwaadwilligheid het Hy hulle uitgelei om hulle in die berge om te bring en hulle van die aardbodem af te vernietig? Wend U af van die gloed van u toorn, en laat dit U berou oor die onheil van u volk.

Die omliggende nasies het van die wonderbare verlossing van Israel uit Egipte gehoor en gevolglik het hulle gevrees oor dit wat die Here nog vir Sy volk mag doen.

As die volk nou verwoes word sou die heidene jubel en God sou onteer word. Pleks dat hulle in die woestyn gaan offer is hulle geöffer.

Ten einde die sadistiese gejubel van die heidene oor Israel se verwerping te verhoed, was Moses se tweede pleidooi.

Vers 13 Dink aan wat U met ’n eed beloof het aan u dienaars, aan Abraham, Isak en Israel toe U vir hulle gesê het: Ek sal julle nageslag so baie maak soos die sterre aan die hemel. Die hele landstreek wat Ek belowe het, sal Ek vir julle nageslag gee om vir altyd in besit te neem.”

Die derde pleidooi was ‘n herinnering aan God se beloftes aan Abram, Isak en Jakob.

Hierdie beloftes is net gedeeltelik vervul en God sal sekerlik nie nalaat om die res ook in vervulling te laat gaan nie.

Vers 14 Toe het dit die Here berou oor die onheil wat Hy gesê het dat Hy sy volk sou aandoen.

Iemand skryf asvolg:

Toe Moses as voorspraak vir Israel optree, het sy skroomheid gewyk voor sy diepe belangstelling in en liefde vir diegene vir wie hy as werktuig van God, soveel gedoen het.

Die Here het sy smeekbede aangehoor en sy onselfsugtige versoek toegestaan. God het Sy dienskneg beproef; Hy het sy getrouheid aan en sy liefde vir daardie dwalende, ondankbare volk op die proef gestel en Moses het die toets grootmoedig geslaag. Sy belangstelling in Israel het nie uit selfsugtige bedoelinge ontstaan nie.

Die voorspoed van Gods uitverkore volk was vir hom van groter belang as persoonlike eer, kosbaarder as die voorreg om die stamvader van ‘n magtige volk te word.

Sy getrouheid, eenvoud en onkreukbaarheid was vir God behaaglik en daarom het Hy aan hom as ‘n getroue herder die groot verantwoordelikheid oplgedra om Israel na die Beloofde Land te lei{PP 319.2}

Die Here was deur die onselfsugtige gebed van Sy getroue dienskneg aangeraak. Hy was genoop om die gebed van iemand te verhoor wat meer van sy mense gedink het as wat hy van sy verhewe posisie gedink het.

Wat ‘n ongelooflike huldeblyk vir die karakter van Moses; wat ‘n openbaring van goddelike liefde!

Hoedanig is my gebed vir die redding van mense wat my grief?

Vers 14 Toe het dit die Here berou oor die onheil wat Hy gesê het dat Hy sy volk sou aandoen.

Ons het hier ‘n baie flou poging om die goddelike wil in mense taal uit te druk. God kan nie Sy voorneme verander nie wat hy ken “die einde van die begin.” Jesaja 46:9,10 stel dit so mooi:

Ek is God, en daar is niemand soos Ek nie;10 wat van die begin af verkondig die einde, en van die voortyd af wat nog nie gebeur het nie; wat sê: My raad sal bestaan, en al wat my behaag, sal Ek doen.

Maar wanneer sondaars in diepe berou na Hom terugkeer en vir genade en vergifnis pleit, het Hy “berou”. Dan verander Hy van straf na genade; van oordeel na genadige vergifnis.

Luister hoe mooi stel die psalmis God se genade vir sondaars:

Psalm 106:44,45 Nogtans het Hy hulle benoudheid aangesien toe Hy hulle smeking gehoor het;45 en Hy het tot hulle beswil aan sy verbond gedink en berou gekry na die veelheid van sy goedertierenhede.

Het jy skandelik geval? Probeer bietjie God se vergifnis.

Verse 15,16 En Moses het omgedraai en van die berg afgeklim, met die twee tafels van die Getuienis in sy hand, tafels wat op altwee kante beskrywe was; hulle was op die een en op die ander kant beskrywe.16 En die tafels was die werk van God. Die skrif was ook die skrif van God, in die tafels gegraveer.

Elders word die insident asvolg beskryf:

Deuteronomium 9:15 Daarop het ek omgedraai en van die berg afgeklim terwyl die berg met vuur brand, en die twee tafels van die verbond was in my twee hande.

Kan jy sien hoe Moses versigtig van die berg afklim, terwyl hy die kosbaarste dokument vashou wat nog ooit verskyn is?

Verse 17,18 En toe Josua die stem van die volk hoor hoe hulle juig, sê hy aan Moses: Daar is oorlogsgeraas in die laer.

18 Maar hy antwoord: Dit is nie die geluid van die wat sing van oorwinning nie; dit is ook nie die geluid van die wat sing van neerlaag nie: ek hoor die geluid van beurtgesang.

Moses het vir Josua ontmoet wat ses weke gelede daar agtergelaat is. 24:12–18. Saam het hulle na die kamp afgeklim. Josua wat ‘n krygsman was, het hom verbeel dat hy oorlogsgeraas hoor.

Moses was egter deur die Here ingelig dat iets verkeerds is en hy het die ware aard van die geraas besef.

Die laaste gedeelte van die roete na onder, versper die blik op die valei sodat die geraas eers gehoor is, voordat dit gesien kon word.

Vers 19 En toe hy naby die laer kom en die kalf en koordanse sien, het die toorn van Moses ontvlam, en hy het die tafels uit sy hande gegooi en hulle onder aan die berg verbrysel.

Onder die heidene, veral in die Oosterse lande, was hierdie danse wellustig van aard.

Egiptiese dansers was professioneel wanneer dit by hierdie

onbehoorlike sensuele danse gekom het.

In Sirië, Klein Asië en Babilon was die dansery ‘n dronknes.

En dis waarin Israel nou deelgeneem het en wat tot Moses se onsteltenis gelei het.

Dit was afgodery van die ergste grad en dis geen wonder dat Moses die twee tafels op die grond gegooi en hulle gebreek het nie. Wat se boodskap het sy optrede uitgeroep?

Hulle het hulle verbond met God verbreek, en Hy het Sy verbond hulle verbreek.

Vers 20 En hy het die kalf geneem wat hulle gemaak het, en dit in die vuur verbrand en dit fyn gemaal. Toe het hy dit op die water gestrooi en die kinders van Israel dit laat drink.

Waar dink jy het die water vandaan gekom?

Deuteronomy  9:21 En ek het julle sonde, die kalf wat julle gemaak het, geneem en dit met vuur verbrand en dit stukkend gestamp en terdeë gemaal totdat dit so fyn soos stof was; en dié stof het ek in die stroom gegooi wat van die berg afkom.

Dis al water wat daar beskikbaar was. Ek wonder wat het deur hulle gedagtes gemaal toe hulle die water gedrink het.

Deur die totale vernietiging van die goue kalf, het Moses vir die mense op belaglikheid van ‘n afgod gewys.

As die kalf homself nie kon red nie, hoe kon hy sy aanbidders red.

Verse 21-23 En Moses het vir Aäron gesê: Wat het hierdie volk jou gedoen, dat jy so ’n groot sonde oor hulle gebring het?22 Toe antwoord Aäron: Laat die toorn van my heer nie ontvlam nie. U self ken die volk, dat hulle deur en deur sleg is.23 Hulle het dan aan my gesê: Maak vir ons gode wat voor ons uit trek, want hierdie Moses, die man wat ons uit Egipteland laat optrek het, ons weet nie wat van hom geword het nie.

Pleks dat Aäron in ootmoed die verantwaardelikheid vir die afgodey om himself neem, regverdig hy himself en blameer die volk daarvoor.

Vers 24 Daarop het ek hulle geantwoord: Wie goud het, laat dié dit afruk! En hulle het dit aan my gegee. En ek het dit in die vuur gegooi, en hierdie kalf het daaruit gekom.

Die betowerende mag van sonde laat toe dat gewone gesonddenkende mense irrasioneel oor hulle dwashede dink.

Waarom is Aäron nie oombliklik gedood nie?

Deuterenomium 9:20 Ook was die Here baie toornig op Aäron, sodat Hy hom wou verdelg; maar ek het ook vir Aäron in dié tyd gebid.

In die afwesigheid van Moses was hy die waarnemende leier en dit het sy sonde not meer afkeurenswaardig gemaak. En elkeen aan wie veel gegee is, van hom sal veel gevorder word. Lukas 12:48.

Vers 25 Toe Moses sien dat die volk bandeloos was — want Aäron het hulle bandeloos laat word tot leedvermaak onder hulle teëstanders—

Miskien was daar nog ‘n paar Amelekiete in die omgewing wat hierdie skandelike orgie aanskou het. Wat moes deur hulle koppe gegaan het toe hulle sien hoe die uitverkore volk van dronkenskap slinger en onsederlik optree. Hoe hartseer.

Verse 26,27 Toe Moses sien dat die volk bandeloos was—want Aäron het hulle bandeloos laat word tot leedvermaak onder hulle teëstanders — 26 het Moses in die poort van die laer gaan staan en gesê: Wie vír die Here is, kom na my toe! Toe het al die seuns van Levi by hom versamel.

Mense wat nie deelgeneem het nie, moes aan Moses se regterkant kom staan; die skuldiges wat berou getoon het, aan sy linkerkant. Hulle het gehoorsaam.

Daar is vasgestel dat die stam van Levi nie aan die afgodiese godsdiens deelgeneem het nie. Van die ander stamme was daar baie wat deelgeneem het maar hulle fout erken het.

Wat dink jy moes Levi doen?

Vers 27 En hy het vir hulle gesê: So spreek die Here, die God van Israel: Laat elkeen sy swaard aangord aan sy heup. Gaan heen en weer van poort tot poort in die laer, en laat elkeen sy broer en elkeen sy vriend en elkeen sy naaste doodmaak.

Waar die Leviete gesien het dat iemand hardnekkig, moedswillig die vulgêre godsdienstige gebruike beoefen, moes hulle hulle met die swaard vernietig. Familie en vriende moes nie oorgesien word nie.

Die gevolge van sensuele sondes is verskriklik.

Beslisde optrede was nodig om die rebellie in die kiem te smoor.

Jesus het dit baie duidelik gestel dat aardse bande nie tussen ons en diens aan Hom moet kom nie.

Hierdie beslisde optrede moes ook vir die heidennasies wys watter afsku God aan hulle sensuele godsdiensrites geheg het.

As die liefdevolle Beskermer van Israel moes God diegene verwyder wat van voorneme was om rebels op te tree en ander saam met hulle na die verderf te sleep.

Verse 28,29 Die Leviete het gedoen wat Moses gesê het, en daardie dag is sowat drie duisend om die lewe gebring.29Toe het Moses vir die Leviete gesê: “Vandag is julle gewy vir diens aan die Here, want julle het selfs teen seuns en broers opgetree. Om hierdie rede gee die Here vandag aan julle hierdie besondere voorreg.”

Van daardie dag af was hulle in ‘n heilige amp aangestel.

Vers 30 EN die volgende dag het Moses aan die volk gesê: Ju¨lle het ’n groot sonde begaan; maar nou sal ek na die Here opklim: miskien kan ek vir julle sonde versoening doen.

Die volk het ten einde laas besef hoe verskriklik groot hulle sonde was en besef dat almal vernietig kon word.

Moses se liefde en sorg het hom genoop om vir die volk te gaan voorspraak maak.

Verse 31,32 En Moses het na die Here teruggegaan en gesê: Ag, hierdie volk het ’n groot sonde begaan en vir hulle goue gode gemaak.32 Nou dan, as U tog maar hulle sonde wou vergewe! En so nie, delg my dan maar uit u boek wat U geskryf het!

Die boek verwys na die “Boek van die Lewe” waar al die name van mense opgeskryf is wat bely het dat hulle kinders van God was.

Wanneer iemand van God afvallig raak en weier om met sonde te breek en hulle teen die invloed van die Heilige Gees verset, sal hulle name uit die boek van die lewe verwyder word, en hulle sal vernietig word.

Moses het baie edel dade verrig, maar hierdie een was die edelste van almal. Dis nie moontlik om die sondaarsliefde in Moses en Paulus vir sondaars te bepaal nie.

Moses is ‘n tipe van die Goeie Herder wat Sy lewe vir die skape neerlê.  

Vers 33 Toe het die Here Moses geantwoord: Wie teen My gesondig het, dié sal Ek uitdelg uit my boek.

Daar is net een plaasvervangende versoening –  die van Jesus. Hy wat sonder sonde was, is vir die sondes van ander gestraf.

Deur Moses se bemiddelling het hy Jesus se bemiddelling vir sondaars voorgestel. Maar hy kon nie, soos Jesus, die skuld van die oortreders om himself neem nie.

Vers 34,35 Maar gaan nou en lei die volk waarheen Ek jou gesê het. Kyk, my engel sal voor jou uit gaan. Maar die dag as Ek besoeking doen, dan sal Ek hulle sonde oor hulle besoek. So het die Here dan die volk getref, omdat hulle die kalf gemaak het wat Aäron vervaardig het.

Nadat 3000 met die swaard omgekom het, het ‘n plaag in die kamp uitgebreek. Selfs dit was ‘n bewys van goddelike genade om die gevaar van toegee aan sonde te demonstreer.

Alhoewel God gewillig was om Sy volk te vergewe, maar as Hy dit te maklik gemaak het, sou dit vir makliker gewees om maar weer te oortree.

Kom ons leer uit die foute van Israel van ouds. Kom ons vlug van die versoekings en kom ons jag na geregtigheid. Ons kan nie bekostig dat die wonings wat die Here vir ons voorberei het, vir ewig gaan leeg staan nie.

Volgende keer gaan ons dieper in die liefdevolle maar regverdige karakter van God indelf.

Was this article helpful?

Related Articles