1. Home
  2. Algemeen
  3. Goue Kalf 3

Goue Kalf 3

Kom ons verfris ons gedagtes net weer met die laaste paar tekse in Eksodus 32 voordat ons na hoofstuk 33 oorgaan.

Verse 31,32 En Moses het na die Here teruggegaan en gesê: Ag, hierdie volk het ’n groot sonde begaan en vir hulle goue gode gemaak.32 Nou dan, as U tog maar hulle sonde wou vergewe! En so nie, delg my dan maar uit u boek wat U geskryf het!

Verse 33,34 Toe het die Here Moses geantwoord: Wie teen My gesondig het, dié sal Ek uitdelg uit my boek.34 Maar gaan nou en lei die volk waarheen Ek jou gesê het. Kyk, my engel sal voor jou uit gaan. Maar die dag as Ek besoeking doen, dan sal Ek hulle sonde oor hulle besoek.

Vers 35 So het die Here dan die volk getref, omdat hulle die kalf gemaak het wat Aäron vervaardig het.

Met kere fokus ons net op die oordele en die strawwe as sodanig. Maar wat is die doel van dissipline?

As die sonde nie dadelik weggeruim was nie, sou hulle hulle talryke vyande spoedig ten prooi geval het. Dit was noodsaaklik vir die welvaart van Isreal en ook om vir alle daaropvolgende geslagte as les te dien, dat die misdaad onmiddellik gestraf moes word.

En dit was ook genadig teenoor die sondaars self dat hulle sondige lewens beëindig is. As hulle lewe verleng was, sou dieselfe gees wat hulle teen God opstandig gemaak het, hom in haat teenoor mekaar geopenbaar het, en hulle sou mekaar uiteindelik uitgeroei het.

Dit was ‘n bewys van liefde teenoor die wêreld, liefde teenoor Israel en liefde selfs teenoor die oortreders dat die misdaad speodig en vreeslik streng gestraf is.{PP 325.3} 

Die Here ken die eind resultaat van rebellie en Hy is eintlik genadig wanneer Hy op die regte tyd die verkeerde straf.

Eksodus 33:1 VERDER het die Here met Moses gespreek: Gaan heen, trek hiervandaan op, jy en die volk wat jy uit Egipteland laat optrek het, na die land wat Ek met ’n eed aan Abraham, Isak en Jakob beloof het, met die woorde: Aan jou nageslag sal Ek dit gee.

Sou God getrou gebly het aan Sy belofte aan Abram, Isak en Jakob as Hy Moses ‘n groot nasie gemaak het?

Verse 2,3 en Ek sal ’n engel voor jou uit stuur—en die Kanaäniete, Amoriete, Hetiete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete verdrywe— 3 na ’n land wat oorloop van melk en heuning; want Ek sal in jou midde nie optrek nie, omdat jy ’n hardnekkige volk is; anders sal jy op die weg verteer word.

Diep bedroef het die volk hulle dode begrawe. Drieduisend is met die sward gedood; kort daarna het ‘n plaag die laer getref; en nou het hulle die boodskap ontvang dat Yahwe hulle nie verder op hulle reis sou vergesel nie.

Hy het verklaar: “Ek sal in jou midde nie optrek nie, omdat jy ‘n hardnekkige volk is; anders sal jy op die weg verteer word.”

Die Here dwing Homself nie op ons af nie en daarom hou Hy met tye Sy afstand.

Vers 4 Toe die volk hierdie onheilspellende woord hoor, het hulle getreur; en niemand het sy versiersels aangesit nie.

Israel het begin besef wat dit gaan beteken as God Homself van hulle ontrek.

Daar was diepe berou. Bekering is onontbeerlik vir die herstel van God se guns. Daarsonder is daar geen verlossing nie.

In diepe berou en vernedering het die volk hulle versiersels  afgehaal. Hierdie daad impliseer boetvaardigheid en hervorming.

Vers 5 Die Here het naamlik met Moses gespreek: Sê aan die kinders van Israel: Julle is ’n hardnekkige volk; as Ek vir een oomblik in jou midde sou optrek, sou Ek jou vernietig. Maar haal nou jou versiersels van jou af, dan sal Ek weet wat Ek met jou moet doen.

In reaksie op hulle klaarblykbare bekering het God hulle verseker dat Hy hulle nie geheel en al sal versaak nie.

Die Here se skynbare huiwering om hulle verandering van hart te aanvaar was omdat hulle bekering nog nie diep genoeg was nie.

Sy uitstel was om ‘n dieper verlange by hulle te wek om met Hom te verkeer.

Vers 6 Toe het die kinders van Israel hulleself beroof van hul versiersels, van die berg Horeb af.

Die afhaal van hulle versiers was ten minste vir ‘n ruk, ‘n teken van hulle opregte begeerte om God te gehoorsaam.

Vers 7 En Moses het elke keer ’n tent geneem en dit vir hom buitekant die laer opgeslaan, ver van die laer af; en hy het dit genoem die tent van samekoms. En elkeen wat die Here wou raadpleeg, het uitgegaan na die tent van samekoms wat buitekant die laer was.

Hierdie tent was tydelik opgerig totdat die permanente “tent van samekoms” opgerig is.

Moses kon nie elke keer teen die berg Sinai opklim om God te ontmoet nie wat die kamp het sy dringende aandag veral in hierdie tyd, geverg.

Die feit dat die tent weg van die kamp opgeslaan was, het daarop gedui dat God Sy teenwoordigheid, nie van Moses nie, maar van Sy volk asgevolg van hulle sonde, onttrek het.

Gelukkig het die naam “die tent van samekoms” vir hulle hooip gebied.

Almal wat waaragtige berou getoon het, kon hulle sondes hier kom bely en vir God se genade smeek.

Toe die volk na hulle tente terug is, het Moses die tabernakel binne gegaan. Met worstellende belangstelling het die volk vir een of ander teken uitgekyk om te sien of Moses se intrede aanvaar is.

As God sou inwillig om hom daar te ontmoet, was daar hoop dat hulle nie heeltemaal verdelg sou word nie. Toe die wolkkolom neerdaal en  voor die ingang van die tabernakel gaan staan, het die volk van blydskap geween. Die hele volk het opgestan en “elkeen aan die ingang an sy tent” gebuig.

Vers 8 Elke keer wanneer Moses na die tent toe uitgegaan het, het die hele volk opgestaan. Elkeen het by die ingang van sy tent bly staan en Moses agterna gekyk tot hy in die tent ingaan.

Die Israeliete het in vrees en bewing die tent van samekoms dopgehou. Hulle wou sien of God hulle verteenwoordiger sou akkommodeer asook ‘n bewys dat Hy hulle in Sy genade herstel het.

Die feit dat God se onttrekking so intens gevoel is, het beloof om ware bekering te wees.

Vers 9 En as Moses in die tent ingaan, kom die wolkkolom af en gaan by die ingang van die tent staan, en dan spreek Hy met Moses.

Kan jy sien hoe daardie reuse wolkkolom stadig neerdaal?

Hierdie bekende teken was vir hulle die waarborg dat die Here sal voortgaan om hulle Gids en Beskermer te wees.

Vers 10 En as die hele volk die wolkkolom sien staan by die ingang van die tent, staan die hele volk op en buig, elkeen aan die ingang van sy tent. Dan spreek die Here met Moses van aangesig tot aangesig soos ’n man met sy vriend spreek. Daarna gaan hy na die laer terug; maar sy dienaar Josua, ’n jongman, die seun van Nun, het hom nie uit die tent verwyder nie.

Toe die wolkkolom neerdaal en voor die ingang van die tabernakel gaan staan, het die volk van blydskap geween, en die hele volk het opgestaan en “elkeen aan die ingang van sy tent” gebuig.

Moses was terdeë bewus van die hardnekkigheid en blindheid van die volk wat aan sy sorg toevertrou was; hy was bewus van die moeilikhede waarmee hy te kampe sou hê.

Maar hy het geleer dat hy die hulp van God moes hê om sy invloed op die volk te laat geld. Hy het om duideliker openbaring van die wil van God en die versekering van Sy teenwoordigheid gepleit:

Verse 12,13 Toe het Moses met die Here gespreek: U sê nou wel aan my: Ek moet hierdie volk laat optrek, maar Ú laat my nie weet wie U saam met my sal stuur nie, hoewel U gesê het: Ek ken jou by die naam, en jy het ook genade in my oë gevind.

13 As ek dan nou genade in u oë gevind het, maak my dan tog u weë bekend, dat ek U kan ken; sodat ek genade in u oë kan vind. En bedink tog dat hierdie nasie u volk is.

Hierdie twee verse is voorbeeld van die intime wyse waarop Moses met die Here verkeer het.

Wanneer jy ‘n vriendskap met God het, gee dit jou die vrymoedigheid om Hom te nader. Ware vriendskap werp alle vrees uit.

Moses wou baie graag weet wat die Here in gedagte vir Sy volk gehad het en wie Hy as leier oor hulle sou aanstel.

Moses het gevoel dat die Here dit aan hom sou openbaar as Hy gesê het dat hy “genade in sy oë gevind het. Hy het die Here daaraan herinner dat hulle Sy volk was. Daardeur het hy God se verantwoordelikheid vir Sy volk genoem.

Wat gaan die antwoord wees?

Vers 14 En Hy antwoord: Moet Ek self meegaan om jou die rusplek te verskaf?

Wat ‘n pratige bemoedigende boodskap. God se teenwoordigheid sou saamgaan. Ek dink Moses het in trane uitgebars.

Waarna verwys die rusplek wat God hier beloof?

Wag daar vir jou en my wat deur hierdie woestyn van pyn en moeite worstel ook ‘n Beloofde Land?

Eksodus 33:15 Toe sê hy vir Hom: As U nie self meegaan nie, laat ons dan nie hiervandaan optrek nie.

Maar Moses was nog nie heeltemaal gerus nie. Hy het aan die verskriklike resultate gedink sou God Israel aan hulle eie boosheid oorlewer.

Hy wou nie van sy volk geskei wees nie. Hy bid dat hulle weer as Sy volk opgeneem moet word. Hy bid dat die wolkkolom hulle op die pad sou lei.

Vers 16 Want waaraan sou dan bekend word dat ek genade in u oë gevind het, ek en u volk? Is dit nie daaraan dat U met ons saamtrek nie? So sal ons, ek en u volk, onderskeie wees van elke volk wat op die aarde is.

Onderskeie? anders? Verskillend van al die ander nasies. Waarom? Omdat God se teenwoordigheid met hulle was en omdat hulle Sy was was.

Vers 17 Toe sê die Here aan Moses: Ook hierdie versoek wat jy uitgespreek het, daaraan sal Ek voldoen; want jy het genade gevind in my oë, en Ek ken jou by die naam.

God het sy gebed beantwoord. Jakobus 5:16 Die vurige gebed van ’n regverdige het groot krag.

Wanneer ons vir ander bid is dit ‘n demonstrasie van geloof. Dink maar net aan Abram, Daniël en Jesus.

Bid jy onselfsugtig vir iemand?

Was daar nogiets waarom Moses gebid het?

Vers 18 Daarop vra hy: Laat my tog u heerlikheid sien.

Alhoewel Moses se gebede ten behoewe van Israel beantwoord is, het hy het vir nog meer bewsyse van goddelike guns gebid.

Hy was alreeds op verskeie geleenthede in die teenwoordig van God. Maar die plegtige besef van sy enorme taak het hom genoop om nog nader aan God te kom.

Dit het daartoe gely dat dat hy vir iets gevra het wat geen mens not voor gebid het nie. Dit sou hom vir sy opgelegde taak versterk.

Hy het groot gunste vir sy volk gevra; dit was nie onvanpas om vir homself verdere versekering van sukses vir sy arbeid te gevra het nie.

God het hom nie bestraf asof die versoek vermetelheid was nie; maar die genadige antwoord was:

Vers 19 Maar Hy antwoord: Ek sal al my majesteit by jou laat verbygaan en voor jou die Naam van die Here uitroep; maar Ek sal genadig wees vir wie Ek genadig wil wees, en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm.

Geen sterflike mens kan die die onbedekte heerlikheid van God aanskou en bly leef nie; maar aan Moses is die belofte gegee dat hy soveel van die heerlikheid van God sou aanskou as wat hy kon verdra.

Weer is hy na die bergspits ontbied; daar het die hand wat die wêreld gemaak het, die hand wat “berge versit sonder dat hulle dit merk” Job 9:5, daardie skepsel van die stof, daardie geloofsman, geneem en hom in ‘n rotsskeur gesit terwyl die heerlikheid van God en al Sy majesteit voor hom verbygegaan het.

Verse 20,21 Verder het Hy gesê: Jy kan my aangesig nie sien nie, want geen mens kan My sien en bly lewe nie. Ook het die Here gesê: Kyk, hier is ’n plek by My waar jy op die rots kan gaan staan.

Elke keer wanner ek Sinai besoek, wonder ek waar die plek kon wees.

Vers 22 En as my heerlikheid verbygaan, sal Ek jou in die skeur van die rots stel en jou met my hand oordek totdat Ek verbygegaan het.

Die voorsorgmaateëls was vir Moses se beskerming. Geen mens het nog ooit die aangesig van die Here gesien nie. 1 Timoteus 3:16; Johannes 1:18; 1 Johannes 4:12

Daar is nie weersprekings in die tekse wat sê dat niemand God se gesig gesien het en die tekse wat noem dat Hy in die persoon van Jesus sigbaar tussen ons gewandel het nie. 1 Johannes 1:1–3; 1 Timoteus 3:16.

Die eerste tekse verwys na God se glansende, verblindende glorie; en die tweede klomp verwys na God wat in die vlees gekom het en derhalwe sy glorie verberg het.

Hoofstuk 33 het op ‘n hartseer noot begin. Daar het afstand tussen God en mens gekom. Maar dit eindig op ‘n hoë noot. Hy verseker die mens dat Hy weer nader aan Sy goddelike teenwoordigheid getrek word.

Vers 23 En as Ek my hand wegneem, sal jy My van agter sien; maar my aangesig kan nie gesien word nie.

Volgende keer gaan ons meer aangaande die glorie van God leer wat Moses vir ons gaan beskryf.

As ek en jy die voolmaakte geregtigheid van Jesus deur geloof aanvaar het; ons sondes bely het en aan Hom gehoorsaam is, sal ons ook Sy aangesig sien.

Face to face with Christ, my Savior,
Face to face—what will it be,
When with rapture I behold Him,
Jesus Christ Who died for me?

Refrain

Face to face I shall behold Him,
Far beyond the starry sky;
Face to face in all His glory,
I shall see Him by and by!

Only faintly now I see Him,
With the darkened veil between,
But a blessèd day is coming,
When His glory shall be seen.

Tensy die oortreders spoedig gestraf was, sou dieselfde gevolge weer voorgekom het. Die aarde sou net so bedorwe gewees het soos in die tyd van Noag.

As die oortreders gespaar was, sou groter euwels gevolg het as die wat ten gevolge van die behoud van Kain se lewe ontstaan het. Dit was in die genade van God dat duisende moes ly om te voorkom dat Sy oordelemiljoene tref.

Boonop het die volk deur hulle nie aan God te onderwerp nie ook Sy beskerming verbeur, en sonder daardie beskerming is die hele nasie aan die mag van hulle vyand blootestel

Was this article helpful?

Related Articles