HOOFSTUK 1 – DIE BOEK VAN RIGTERS
Hoeveel boeke is daar in die Bybel? Hoeveel is geïnspireerd? Wat vd boek van die Rigters? Het jy dit al gelees? Is daar boodskappe daarin wat ek moet leer?
Waar kom die idee van die aanstel van Rigters vandaan?
Deuteronomium 16:18 REGTERS en opsigters moet jy vir jou aanstel in al jou poorte wat die Here jou God jou sal gee volgens jou stamme; en hulle moet die volk oordeel volgens ’n regverdige regspraak.
HOOFSTUK EEN
Vanaf vers 1-4 lees ons van ‘n mooi samewerking tussen Juda en Simeon.
In verse 5-7 gaan ons hoor waarom Adoni-Besek se regterduime en regtertone afgesny is.
Dan in 8-12 verneem ons van die verowering van Hebron en Jerusalem.
Vers 16 vertel van Moses se skoonfamilie die Keniete wat saam met Juda geveg het.
Verse 17,18 verwys na die verowering van Gorma, Gasa, Askelon en Ekron wat verower is.
Laastens kyk ons na die verowering van Betel en iets oor Sebulon, Aser, Naftali en Dan.
Vers 1 EN ná die dood van Josua het die kinders van Israel die HERE geraadpleeg en gesê: Wie van ons moet eerste optrek teen die Kanaäniete om teen hulle te veg?
Die eerste ses woorde word die opskrif van die hele boek.
Met hierdie woorde neem die outeur van Rigters die verhaal van wat na die dood van Josua gebeur het.
En raai wat?
Dis presies hoe Josua ook sy boek begin het:
Josua 1:1 EN ná die dood van Moses, die kneg van die HERE, het die HERE met Josua, die seun van Nun, die dienaar van Moses, gespreek en gesê:
Vers 1 EN ná die dood van Josua het die kinders van Israel die HERE geraadpleeg en gesê: Wie van ons moet eerste optrek teen die Kanaäniete om teen hulle te veg?
Wat was die regte ding wat die kinders van Israel gedoen het?
Hoe het hulle destyds die Here geraadpleeg?
Numeri 27:21 En hy (Josua) moet voor die priester Eleásar staan, dat dié vir hom die beslissing van die Urim kan vra voor die aangesig van die HERE; volgens sy uitspraak moet hulle uittrek en volgens sy uitspraak moet hulle intrek, hy en al die kinders van Israel saam met hom en die hele vergadering.
Hoe presies het dit gewerk?
“At the right and left of the breastplate were two large stones of great brilliancy. These were known as the Urim and Thummim. By them the will of God was made known through the high priest. When questions were brought for decision before the Lord, a halo of light encircling the precious stone at the right was a token of the divine consent or approval, while a cloud shadowing the stone at the left was an evidence of denial or disapprobation. {PP 351.2}
PRESIES WANNEER HET HIERDIE INSIDENT PLAASGEVIND?
Toe Josua nog geleef het hulle hom genader om die Urim en Tummin te raadpleeg. Nou was hy weg? Hoe nou gemaak?
Gelukkig het hulle op hierdie stadium nie op hulle eie insig staatgemaak nie, maar die Here geraadpleeg.
As jou geestelike leier dood is, onthou die Here is nog daar om jou gebede te beantwoord. Bid tot Hom.
Verse 2 En die HERE het gesê: Juda moet optrek. Kyk, Ek gee die land in sy hand.
Is daar beloftes waar die Here vir jou en my vertel van ‘n land wat Hy vir ons wil gee?
Johannes 14:1-3 LAAT julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My.2 In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei. 3 En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.
Watter aandeel het ek en jy in die voorbereiding van daardie wonings?
Gee die Bybel vir ons ‘n idee van die toestande wat daar gaan heers?
Openbaring 21:1-6 EN ek het ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie.2 En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ’n bruid wat vir haar man versier is.3 En ek het ’n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God.4 En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.5 En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut. En Hy het aan my gesê: Skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar.6 En Hy het vir my gesê: Dit is verby! Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde. Aan die dorstige sal Ek gee uit die fontein van die water van die lewe, verniet.
Verse 2 En die HERE het gesê: Juda moet optrek. Kyk, Ek gee die land in sy hand.
Hoe is hierdie boodskap oorgedra? Deur Fineas die Hoëpriester nadat hy die Urim en die Tummin geraadpleeg het.
WAAROM JUDA?
Numeri 2 sê vir ons dat hulle die grootste stam.
Hulle was die dapperste. Wie alleen het ‘n goeie verslag van die land teruggebring nadat die 12 verkenners teruggekom het? Dit was Kaleb. Dapper man van Juda wat gesê dat God vir hulle die oorwinning sou gee.
Tydens die 40 jaar omswerwing in die woewstyn moes Juda altyd eerste kamp opslaan en heel voor trek.
Numeri 10:12-14 En die kinders van Israel het van plek tot plek weggetrek uit die woestyn Sinai, en die wolk het gaan rus in die woestyn Paran.13 So het hulle dan die eerste keer weggetrek volgens die bevel van die HERE deur die diens van Moses. En eerste het weggetrek die vaandel van die laer van Juda se kinders volgens hulle leërafdelings; en oor sy afdeling was Nagson, die seun van Ammínadab.
Rigters 1:2 En die HERE het gesê: Juda moet optrek. Kyk, Ek gee die land in sy hand.
Dis ‘n profetiese uitspraak. Dit was verseker gaan gebeur word genoem asof dit alreeds gebeur het.
Abraham. Wat beteken die naam wat hy op 90 jarige ouderdom gekry het? Vader van baie nasies.
Kan jy jou voorstel wanneer hy homself aan mense voorstel as die vader van baie nasies? Propepsis.
Hebreërs 11:3 DIE geloof dan is ’n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ’n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.
Kon Juda die oorwinning sonder die hulp van die ander stamme kon kry?
Hoekom het hy een van die stamme genooi om saam met hom te oorwin?
Vers 3 Toe sê Juda aan sy broer Símeon: Trek saam met my op in my aandeel, dat ons die Kanaäniete kan beveg, dan sal ek ook met jou saam optrek in jou aandeel. En Símeon het saam met hom getrek.
Dis so mooi.
Hulle voorouers was die seuns van Lea, Jakob se vrou. Hulle grondgebied was langsmekaar.
Josua 19:1 Die tweede loting was vir Simeon, vir die families in die stam Simeon. Hulle eiendom was binne-in dié van Juda.
Met wie is dit die moeilikste om mee klaar te kom? Dikwels die mense naaste aan jou.
Wat ‘n pragtige voorbeeld. Mag die Here ons help om iemand swakker as ons in ons oorwinnings te deel.
OORWINNINGS WAS NOG NIE AFGEHANDEL NIE
Alhoewel die federasie van die suidelike Kanaäniete deur Josua verslaan is, was daar nog ‘n paar vestings wat verower moes word.
Ons het miskien groot oorwinnings in ons lewens behaal, maar miskien is daar nog ‘n paar kleintjies wat ons hanteer.
Vers 4 en toe Juda optrek, het die Here die Kanaäniete en Feresiete in hul hand gegee, sodat hulle tienduisend man van hulle by Besek verslaan het.
Feresiet beteken ”oopgebied” en kan moontlik aan die woord “Beduin” gekoppel word. Hulle was nomade.
Vers 5 En hulle het Adóni-Besek aangetref in Besek en teen hom geveg, en die Kanaäniete en Feresiete verslaan.
Sy naam beteken “Die Heerser van Besek.”
Vers 6 Adoni-Besek het gevlug, maar Juda het hom agternagesit en hom gevang. Hulle het sy duime en groottone afgesny.
Hoekom het hulle nie al die tone en al die vingers afgesny nie?
Eksodus 21:24,25 ’n oog vir ’n oog, ’n tand vir ’n tand, ’n hand vir ’n hand, ’n voet vir ’n voet, 25’n brandwond vir ’n brandwond, ’n wond vir ’n wond en ’n kneusplek vir ’n kneusplek.
Lex talionis “Straf moet by die misdaad pas.”
“Let the punishment fit the crime”
Ek weet nie of jy iemand sonder groot tone of duime ken nie. Hy kon nie meer oorlog voer nie want hy sou nie vinnig genoeg die vyand jaar of van hom wegvlug nie. Hy sou nie meer ‘n greep op sy spies sonder duime gewees het nie.
Kom ons hoor wat Adoni-Besek gesê het:
Verse 7,8 Daarop sê Adóni-Besek: Sewentig konings met afgekapte duime en groottone het onder my tafel krummels opgetel: soos ek gedoen het, so het God my vergeld. En hulle het hom na Jerusalem gebring, en daar het hy gesterwe. En die kinders van Juda het teen Jerusalem geveg en dit ingeneem en dit met die skerpte van die swaard verslaan en die stad aan die brand gesteek.
Romeine 12:19 Moenie julle wreek nie, geliefdes, maar gee plek vir die toorn; want daar is geskrywe: Aan My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Here. (Deuteronomium 32:35 Ek straf en ek vergeld NV) (My kom die wraak toe en die vergelding OV)
Hoeveel vingers en tone sou jy afgesny het as dit met jou kind of ‘n ander dierbare gebeur het?
Vers 9 En daarna het die kinders van Juda afgetrek om te veg teen die Kanaäniete wat op die Gebergte en in die Suidland en in die Laeveld gewoon het.
Wat was hulle volgende oorwinning?
Vers 10 Juda het dan teen die Kanaäniete uitgetrek, die inwoners van Hebron—maar die naam van Hebron was tevore Kirjat-Arba—en hulle het Sesai en Ahíman en Talmai verslaan.
Watter van hulle voorgeslagte was hier begrawe?
Vers 11 En daarvandaan het hy uitgetrek teen die inwoners van Debir—maar die naam van Debir was tevore Kirjat-Sefer.
Debir beteken “stad van boeke”. Daar is ‘n ooreenkoms tussen die stad van Nineve en die biblioteek van Asjubanipal en Debir. Opgrawings gaan voort.
DIE KENIETE
Vers 16 En die kinders van die Keniet, die swaer van Moses, het saam met die kinders van Juda opgetrek uit die Palmstad na die woestyn van Juda wat in die suide van Arad lê; en hy het heengegaan en met die volk saamgewoon.
Hier is iets interessants. Waar kom hierdie mense vandaan en hoe het hulle deel van Israel geword?
Numeri 10:29-32 En Moses het vir Hobab, die seun van Réhuel, (Jetro) die Midianiet, die swaer van Moses, gesê: Ons trek na die plek waarvan die Here gesê het: Ek sal dit aan julle gee. Trek saam met ons en ons sal aan jou goed doen; want die Here het oor Israel goeie dinge gespreek. 30Maar hy het vir hom gesê: Ek sal nie saamtrek nie; maar ek sal na my land en my familie gaan.31Toe sê hy: Moet ons tog nie verlaat nie, juis daarom dat jy weet hoe ons laer moet opslaan in die woestyn, en jy sal vir ons as oë dien. 32En as jy met ons saamtrek, sal ons daardie goeie wat die Here aan ons sal doen, ook aan jou doen.
Hier is ‘n vervulde belofte. Was Israel eksklusief of inklusief?
Vers 16 En die kinders van die Keniet, die swaer van Moses, het saam met die kinders van Juda opgetrek uit die Palmstad na die woestyn van Juda wat in die suide van Arad lê; en hy het heengegaan en met die volk saamgewoon.
Dis nie altyd maklik om saam te werk of saam te trek of saam oorlog te voer nie. Maar hier het dit gebeur?
Hoedanig is jou vermoë om saam te werk?
Verse 17,18 En Juda het saam met sy broer Símeon getrek, en hulle het die Kanaäniete verslaan wat in Sefat gewoon het en dit met die banvloek getref; daarom noem hulle die stad Horma.
18En Juda het Gasa met sy grondgebied en Áskelon met sy grondgebied en Ekron met sy grondgebied ingeneem.
Terwyl ek Askelon besoek het, het ek hartseer geraak oor wat lank gelede hier gebeur het. Kom ons lees:
Vers 19 En die Here was met Juda, sodat hy die gebergte in besit geneem het; maar die bewoners van die laagte kon hy nie verdrywe nie, omdat hulle ysterwaens gehad het.
Waar lê die probleem? Was die ysterwaens te sterk of was hulle geloof in God te swak?
Die res van hoofstuk 1 vertel vir ons dat die ander stamme ook ‘n probleem op oorwinning gehad het.
Watter lesse kan ek en jy uit hierdie geskiedenis leer?
Is daar swakhede in ons lewe wat vir ons te sterk is om te oorwin. Waar lê die probleem?
Wanneer die Here ons vra om die vyande te verslaan, buite en binne ons, lê die oorwinning nie in ons vermoëns nie, maar in Sy onbeperkte krag.