Rigters Hoofstuk 19
1 ‘n Leviet gaan om sy vrou in Betlehem te gaan haal. 16 ‘n Ouman huisvs hom in Gibea.2 T
Die Gibeoniete verwoes sy vrou tot haar dood. 29 Hy verdeel haar in 12 stukke en stuur dit na 12 stamme.
Vers 1 EN in dié dae was daar geen koning in Israel nie. En ’n Levitiese man het as vreemdeling vertoef agter in die gebergte van Efraim; en hy het vir hom ’n vrou, ’n byvrou, geneem uit Betlehem-Juda.
Kronologies kan mens ook sê in daardie dae was daar nog nie Rigters nie.
Wat hy ook eintlik vir ons wil sê is dat daar in daardie tyd nie ag geslaan is op die gebooie van mense nie.
Dis vandag omtrent soos daardie dae omdat wet en orde nie altyd toegepas word nie.
Hoedanig is jou gesindheid teenoor die wette van die land en die wet van die Here.
Hierdie skokkende verhaal in hoofstukke 19 tot 21 speel af tydens die vroeë geskiedenis van die stam van Benjamin.
‘n Byvrou.
Sy was ‘n ondergeskikte vrou. Sy het selfs nie die status van ‘n tweede vrou geniet nie. En tog was dit nie ‘n tydelike verhouding nie want die Leviet het haar gaan opsoek nadat sy van hom weggeloop het.
Dis interessant om daarop te let dat die vorige verhaal ook van Btetlehem gekom het.
Vers 2 Maar sy byvrou het by hom gehoereer en van hom weggegaan na haar vader se huis, na Betlehem-Juda; en sy was daar vier maande lank.
Sommige van die vertalings sê dat sy vir hom kwaad was. Hy het haar natuurlik rede gehad. Dit pas eintlik by die tragiese verhaal wat gaan ontvou want hy het haar nie sterng verwytgend aangespreek nie.
Vers 3 Daarop maak haar man klaar en gaan haar agterna om na haar hart te spreek en haar terug te bring; sy dienaar was by hom met ’n paar esels. En toe sy hom in die huis van haar vader bring en die vader van die jong vrou hom sien, was hy bly om hom te ontmoet.
Ag dis so mooi om ‘n versoening te sien. Slaag jy daarin of sukkel jy. Selfs haar pa was bly dat haar man haar kom haal het want hy het daarop aangedring dat die Leviet daar moes oorslaap.
Vers 4 En sy skoonvader, die vader van die jong vrou, het hom terughou, sodat hy drie dae by hom gebly het; en hulle het geëet en gedrink en die nag daar oorgebly.
Die skoonpa het sy bes gedoen om die paartjie se verhouding te versterk. Dis baie mooi. So dikwels mors ons alles op met ons verwyte.
Ek hou van hierdie skoonpa. Wat se skoonpa is jy? Is ek?
Vers 5-8 Maar terwyl hulle op die vierde dag vroeg in die môre opstaan en hy klaarmaak om weg te gaan, sê die vader van die jong vrou vir sy skoonseun: Versterk jou hart met ’n stukkie brood, en daarna kan julle weggaan. En hulle het gebly, en hulle twee het saam geëet en gedrink. Daarop sê die vader van die jong vrou aan die man: Bly tog asseblief die nag oor, en laat jou hart vrolik wees.
7 Toe die man egter klaarmaak om weg te gaan, het sy skoonvader by hom aangedring, sodat hy weer die nag daar oorgebly het.
8 Terwyl hy op die vyfde dag vroeg in die môre klaarmaak om weg te gaan, sê die vader van die jong vrou: Versterk jou hart tog, en vertoef julle tot agtermiddag. En hulle twee het geëet.
Dit lyk amper of die oubaas wou hê dat die kinders vir altyd by hom moet bly. Of het hy ‘n voorgevoel gehad oor wat vir sy kind gewag het.
Verse 9,10 Maar toe die man klaarmaak om weg te gaan, hy en sy byvrou en sy dienaar, sê sy skoonvader die vader van die jong vrou, vir hom: Kyk, die son sak, dit wil aand word; bly julle maar die nag oor: kyk, dit is al laat, bly die nag hier oor, en laat jou hart vrolik wees; dan kan julle môre vroeg klaarmaak vir julle reis en na jou tente toe gaan.
10 Maar die man wou nie die nag oorbly nie en het klaargemaak en weggetrek en gekom tot teenoor Jebus – dit is Jerusalem – met ’n paar opgesaalde esels by hom; ook sy byvrou was by hom.
Die Leviet het besef dat dit die volgende dag net so moeilik gaan wees om weg te kom, en dat hy maar die komende donker moet trotseer. Dit was rampspoedig soos ons later sal sien.
Verse 11,12 En toe hulle by Jebus kom en die son al baie gesak het, sê die dienaar aan sy heer: Kom tog, laat ons uitdraai na hierdie stad van die Jebusiete en daarin vernag.
12 Maar sy heer sê aan hom: Ons kan nie uitdraai na ’n vreemde stad waar nie van die kinders van Israel is nie, maar ons moet verbytrek tot by Gibea.
Die afstand na Jerusalem is ongeveer 10 kilometers. Dan was dit nog so ongeveer 6 kilometers tot by Gibea.
Verse 13-15 Verder sê hy aan sy dienaar: Trek laat ons nader kom by een van die plekke en in Gibea of Rama vernag.
14 So het hulle dan verder verbygetrek; en die son het vir hulle ondergegaan by Gibea wat aan Benjamin behoort.
15 Toe draai hulle daar uit om in Gibea te gaan vernag. En hy het ingekom en gebly op die plein van die stad, want daar was niemand wat hulle in sy huis opgeneem het om te vernag nie.
Die plein was gewoonlik naby die poort. Dit was die plek waar die boere en ander handelaars hulle produkte uitgestal het.
In ‘n klein dorpie soos Gibea was daar nie gaste huise nie en reisigers was op die gasvryheid van die inwoners aangewese. Hier het die Leviet en sy geselskap sit en gehoop iemand sou hulle huisves.
Die inwoners van Gibea was bang om hulle te huisves want dit kon net moeilikheid veroorsaak soos ons later gaan sien.
Verse 16,17 Maar kyk, in die aand kom daar ’n ou man uit die veld van sy werk af, en die man was van die gebergte van Efraim afkomstig en het in Gibea as vreemdeling vertoef; maar die manne van die plek was Benjaminiete. En toe hy sy oë opslaan, sien hy die reisiger op die plein van die stad, en die ou man vra: Waar gaan u heen, en waar kom u vandaan?
Wat ‘n mooi gebaar van hierdie ou oom. Die Leviet en sy mense het seker ‘n slaag van verligting gegee. Nou hoef hulle nie meer onder die sterre op die grond gaan slaap nie.
Verse 18,19 En hy sê vir hom: Ons trek deur van Betlehem-Juda tot agter in die gebergte van Efraim; ek kom daarvandaan en het tot by Betlehem-Juda gereis, en ek gaan na die huis van die HERE; maar hier is niemand wat my in sy huis opneem nie,
19 alhoewel ons esels strooi sowel as voer het, en daar ook brood en wyn is vir myself en vir u dienares en vir die bediende wat by u dienaars is; daar is aan geen ding gebrek nie.
Kom om oor wat die ouman oor hierdie Leviet se verleentheid gaan sê:
Verse 20,21 Toe sê die ou man: Vrede vir jou! alleenlik, al wat u kortkom, is vir my rekening; u moet net nie op die plein vernag nie.
21 Daarop het hy hom in sy huis ingebring en aan die esels voer gegee; en nadat hulle hul voete gewas het, het hulle geëet en gedrink.
Het jy al agterkom hom vinnig krississe op ‘n mens afstorm? Kom ons luister na die volgende skokkende gebeurtenis:
Vers 22 Terwyl hulle hul hart vrolik maak, omsingel die manne van die stad, slegte manne, meteens die huis en klop hard aan die deur; en hulle spreek met die ou man, die eienaar van die huis, en sê: Bring die man uit wat in jou huis ingekom het, dat ons hom kan beken.
Het hierdie manne gehoor wat met hulle voorgangers by Sodom gebeur het?
Terwyl ek oor die verbrande stad van Bab eDra in Jordanië geloop het, het ek an die volgende teks gedink:
Genesis 19:8 En hulle het na Lot geroep en aan hom gesê: Waar is die manne wat vannag na jou gekom het? Bring hulle na ons toe uit, dat ons hulle kan beken.
Wat was die Lot van die inwoners van Sodom? Wat gaan die lot van hierdie mense wees?
Presies wat Lot vir die manne van Sodom gesê het, het hierdie ouman ook vir die manne van Gibea gesê:
Vers 23,24 Daarop gaan die man, die eienaar van die huis, uit na hulle en sê aan hulle: Nee, my broers, moet tog nie kwaad doen nie, aangesien hierdie man in my huis ingekom het; moet nie hierdie skanddaad begaan nie.
24 Hier is my dogter wat ’n jongmeisie is, en sy byvrou; laat ek hulle uitbring, onteer hulle dan en maak met hulle wat goed is in julle oë, maar aan hierdie man mag julle so ’n skanddaad nie begaan nie.
Dis skandelik, weersinswekkend. Dit wys jou net hoe laag hulle in skandelike immoraliteit gedaal het.
Kom ons lees van ‘n soortgelyke optrede wat baie lank gelede in Sodom afgespeel het voordat hy verband is:
Genesis 19:8 Kyk tog, ek het twee dogters wat geen man beken het nie; laat ek dié na julle uitbring, en doen met hulle soos dit goed is in julle oë. Net aan hierdie manne moet julle niks doen nie, want daarom het hulle onder die skaduwee van my dak ingekom.
Ek stap oor die ruïnes van Gibea waar die wandaad gepleeg is en dink aan die man wat sy byvrou slegter as ‘n brak geag het.
Verse 25-27 Toe die manne nie na hom wou luister nie, gryp die man sy byvrou en bring haar uit na hulle daarbuite; en hulle het haar beken en die hele nag deur haar mishandel, tot die môre toe, en haar laat loop toe die rooidag uitkom.
26 En teen dagbreek het die vrou gekom en neergeval voor die ingang van die man se huis waar haar heer was, totdat dit lig was.
27 En toe haar heer die môre opstaan en die huisdeure oopmaak en uitgaan om sy reis voort te sit – kyk, daar lê die vrou, sy byvrou, voor die ingang van die huis met haar hande op die drumpel.
Die arm bywyf. Sy moes maar liewe by haar pa gebly. Kan jy die prentjie sien? Met haar laaste bietjie krag wat sy teen die deur klop om hulp by haar man te soek. En toe sterf sy.
Luister na sy ongevoelige optrede:
Vers 28En hy sê vir haar: Staan op en laat ons trek; maar niemand antwoord nie. Daarop het hy haar op die esel gelaai, en die man het klaargemaak en na sy woonplek getrek.
Toe hy agterkom dat sy dood is, moes hy langs haar neergesak het en gehuil het. En vir homself gesê het: “Wat op aarde het ek aangevang. O Here is daar vergifnis vir hierdie vreeslike sonde?
Hierdie inligting help mens om te verstaan waarom sy in die eerste instansie van hom weg is.
Maar nou gaan hy ‘n ander onbesonne ding doen wat die dood van derduisende mense gaan veroorsaak.
Vers 29 Maar toe hy in sy huis kom, het hy ’n mes geneem en sy byvrou gegryp en haar stukkend gesny volgens haar gebeente in twaalf stukke en dit in die hele grondgebied van Israel rondgestuur.
Nou wil ek met ons mans oor hierdie saak praat. Ons sny miskien nie ons vrouens met fisiese mense op nie. Maar doen ons lelike woorde aan ons vrouens nie dieselfde nie?
Wat van ons losbandigheid en buite egtelike verhoudings. Is vandag nie vreedheid nie maar dieselfde as die wreedheid van destyds nie.
Hierdie verale uit die boek Rigters is daar vir jou en my om ons lewens te ondersoek. En as die Here met jou hart praat moet jy dankbaar wees. Dit is ‘n bewys dat daar nog hoop vir ons is.
Kom ons bid die Here om nie met ons vlymskerp woorde en dade ons vrouens in stukke te sny nie.
Wat was die reaksie van die stamme van Israel toe hulle daar stukke liggaam van die Leviet se byvrou sien?
Verse 30En elkeen wat dit sien, het gesê: So iets het nie gebeur en is nie gesien van die dag af dat die kinders van Israel uit Egipteland opgetrek het tot vandag toe nie; neem dit tog ter harte, gee raad en spreek!
Die slegte Leviet se optrede het ‘n skokkende effek gehad. Die stamme het gevoel hulle kan nie hierdie daad ongestraf laat nie.
Volgende keer lees ons van die hartseerste oomblik in die geskiedenis van Benjamin en die ander stamme.
Moenie jou vrou opkerf nie.