1. Home
  2. Boeke Van Die Bybel
  3. Die Boek Rigters
  4. Hoofstuk 21 – Die Boek Van Rigters

Hoofstuk 21 – Die Boek Van Rigters

Rigters Hoofstuk 21

1 Die volk betreur die uitmoor van Benjamin. 8 BToe hulle Jabesy the destruction of Jabesh-gilead they provide them four hundred wives. 16 They advise them to surprise the virgins that danced at Shiloh.

Vers 1 MAAR die manne van Israel het al in Mispa gesweer en gesê: Niemand van ons mag sy dogter aan ’n Benjaminiet as vrou gee nie.

Hiedie dom besluit is geneem voordat die oorlog begin het. Terloops niemand is verplig om ‘n eed te eerbiedig as dit aan ‘n verkeerde daad gekoppel is nie.

Vers 2 En toe die manskappe in Betel kom, het hulle daar gebly tot die aand toe voor die aangesig van God en hulle stem verhef en geween met ’n groot geween

Hulle kyk na die slagting en huil. Hulle het te ver gegaan. Die trane moes vroeër gekom het.

Vers 3 en gesê: Waarom, o HERE, God van Israel, het dit in Israel gebeur dat daar vandag een stam uit Israel vermis word?

Wat ‘n dom vraag. Dis nie die Here wat die stam van Benjamin uitgewis het nie, die Israel.

Twee pakslae wat hulle gekry het, het ‘n emosie van weerwraak by hulle opgewek en hulle het redeloos opgetree.

Vers 4 Daarop het die manskappe die volgende dag vroeg klaargemaak en daar ’n altaar gebou en brandoffers en dankoffers gebring.

Die volk het ‘n nuwe altaar by Silo opgerig ten einde die groot hoeveelhede offers te kon hanteer.

Vers 5 En die kinders van Israel het gesê: Wie is daar van al die stamme van Israel wat nie opgegaan het na die vergadering, na die HERE toe nie? Want daar was ’n plegtige eed teen die een wat nie opgaan na die HERE in Mispa nie – hy moet sekerlik gedood word.

Is doodstraf nodig as iemand nie kom help het nie? Lex Talionis?

Dis altyd beter dat die Here sal besluit hoe straf uitgedeeel word.

Verse 6-8 Toe het die kinders van Israel hulle broer Benjamin jammer gekry en gesê: Daar is vandag een stam uit Israel afgesny.

7 Wat kan ons doen vir hulle wat oorgebly het, wat vroue aanbetref? Want ons het by die HERE gesweer dat ons nie van ons dogters aan hulle as vroue sal gee nie.

8 Toe sê hulle: Wie is diegene wat van die stamme van Israel nie opgegaan het na die HERE in Mispa nie? En kyk, niemand het uit Jabes in Gílead na die laer, na die vergadering gekom nie.

Daar het ‘n band tussen Jabes in Gilead en die stam van Benjamin bestaan. Dis ook Saul Benjamiet wat hulle van die Ammoniete kom verlos het.

Dit was ook die manne van Jabes in Gilead wat koning Saul se liggaam van die tempel kom afhaal het waar hy vasgespyker was.

Verse 9,10 En die volk is getel, en daar was niemand van die inwoners van Jabes in Gílead nie.

10 Toe stuur die vergadering daarheen twaalfduisend man uit die dapper manne en gee hulle bevel en sê: Gaan heen en slaan die inwoners van Jabes in Gílead met die skerpte van die swaard, ook die vroue en die kinders.

Hulle pleeg nou ‘n ander sonde om die gevolge van ‘n vorige sonde te probeer regstel.

Israel het in hierdie tyd geestelik baie laag geval. Dit was nodig dat Rigters op die toneel moes verskyn.

Verse 11 En dit is die ding wat julle moet doen: Alles wat manlik is, en al die vroue wat die gemeenskap met die man ken, moet julle met die banvloek tref.

Wat ‘n skokkende wrede misdaad. Hoe kan jy ‘n klomp mense doodmaak om ‘n ander klomp mans van vrouens te voorsien.

Hoe lank het hierdie arme jong meisies nie oor hulle ouers en hulle broers getreur nie?

Vers 12 En hulle het onder die inwoners van Jabes in Gílead vierhonderd meisies aangetref, jongmeisies wat geen gemeenskap met ’n man gehad het nie, en dié het hulle na die laer gebring in Silo wat in die land Kanaän lê.

Hoeveel meisies het hullenog gekort? Waar sou hulle nog 200 meisies kry vir die 600 Benjamiete wat in die grotte weggekruip het.

Verse 13-15 Toe stuur die hele vergadering en hulle spreek met die kinders van Benjamin wat by die rots Rimmon was, en bied hulle die vrede aan.14 Daarop het Benjamin in dié tyd teruggekom; en hulle het die vroue wat hulle uit die vroue van Jabes in Gílead in die lewe behou het, aan hulle gegee, maar só was daar vir hulle nie genoeg nie.15 En die volk het Benjamin jammer gekry, omdat die HERE ’n skeuring gemaak het onder die stamme van Israel.

Was dit die Here wat die skeuring gemaak het?

As hulle deurgaans in die ware gees van broederliefde opgetree het sou dit nie gebeur het nie.

Hoe tree jy teenoor jou  familie op wat wandade teenoor jou gepleeg het?

Van die grootste wreedheid word dikwels in families gepleeg.

Vers 16 Toe sê die oudstes van die vergadering: Wat kan ons doen vir die wat oorgebly het, wat vroue aanbetref? Want die vroue was uit Benjamin verdelg.

Die oudstes het besef dat as hulle nie vir hulle vrouens kan kry nie, hulle by die Kanaäniete sal aanklop. En onthou hulle het onder eed gesweer dat die stam van Benjamin nie met hulle dogers mag trou nie.

Hulle het ‘n groter menslike sonde gepleeg deur vas te klou aan die eed as om die eed vir menslike redes te herroep.

To avoid this calamity, they employed devious means to get around the letter of their oath even though they violated its spirit.

Instead of courageously repudiating their vow in the first place and allowing the Benjamites to marry from the other tribes, they were led by their mistaken belief that an oath is always inviolable, to perpetrate the butchery of innocent men, women, and children.

Vers 17 Verder sê hulle: Die besitting van die wat oorgebly het, behoort aan Benjamin, sodat geen stam uit Israel mag uitgedelg word nie.

Wat dink jy is hierdie besitting?

Hulle het verder gesê: “Daar moet erfgename kom vir dié uit Benjamin wat oorgebly het. Daar mag nie ’n stam uit Israel verdwyn nie. NV

Verse 18,19 Maar ons self kan hulle geen vroue uit ons dogters gee nie; want die kinders van Israel het gesweer en gesê: Vervloek is hy wat ’n vrou aan Benjamin gee.

19Toe sê hulle: Kyk, daar is jaar vir jaar ’n fees van die Here in Silo wat noord van Bet-el lê, oostelik van die grootpad wat opgaan van Bet-el na Sigem, en suid van Lebóna.

Daar was drie jaarlikste feeste. Wat wou hulle by een van hierdie feeste doen om hulle dilemma oor vrouens op te los?

Verses 20,21 En hulle het die kinders van Benjamin bevel gegee en gesê: Gaan en lê en loer in die wingerde.

21 En let op, en kyk, as die dogters van Silo uittrek om hulle koordanse uit te voer, dan moet julle uit die wingerde uitkom, en julle moet vir julle, elkeen sy vrou, uit die dogters van Silo vang en na die land Benjamin gaan.

Tydens die oesfeeste is daar sowel sosiale interaksie as godsdienstige aanbiedinge.

Verse 22 En as hulle vaders of hulle broers kom om by ons ’n saak te maak, sal ons vir hulle sê: Skenk hulle aan óns, want ons het nie vir elkeen ’n vrou in die oorlog geneem nie. Julle self het hulle mos nie aan hulle gegee nie; in dié geval alleen sou julle skuldig gewees het.

In die oergeskiedenis het broers straf verwag wanneer hulle suster ontvoer is.

In hierdie geval het die oudstes onderneem om die vaders en die broer te paai oor die ontvoering van die dogters. Eerstens het die raad van oudstes toegestem dat die manne van Benjamin  ‘n besluit aanvaar dat die manne van Benjamin vroue van een of ander bron moet kry.

In die tweede geval was die eed nie deur die vaders verbreek nie. Die dogters is nie gegee nie, hulle is eenvoudig net gevat.

Verse 23,24 Die kinders van Benjamin het toe so gedoen: hulle het vroue volgens hulle getal weggedra uit die danseresse wat hulle geroof het; en hulle het weggegaan en teruggekeer na hul erfdeel toe, en hulle het die stede opgebou en daarin gewoon.

24 En die kinders van Israel het in daardie tyd daarvandaan weggegaan, elkeen na sy stam en na sy geslag, en hulle het daarvandaan uitgetrek, elkeen na sy erfdeel toe.

Na afloop van die fees en die vang van vrouens is die weermag ontbind.

Die vegters was vir tenminste vyf- of sesmaande van die huis af. Die 600 mans van Benjamin het vir vier maande in Rimmon weggekruip. Hoofstuk 20:47.

Vers 25 In dié dae was daar geen koning in Israel nie: elkeen het gedoen wat reg was in sy oë.

Ons kan ook die teks so lees dat daar in daardie dae geen Rigters was nie.

As die volk gehoorsaam was, so daar nie nodigheid van Rigters of Konings gewees het nie.  Die wet van die Here verhoed dat gaos ontstaan. Die wet van die Here leer die mens hoe om te leef; hoe om God te dien en aan jou naaste goed te doen.

Die wet van die Here is soos ‘n antieke muur wat om die stede gebou is. Die muur het die inwoners teen vyander beskerm. En wanneer ek myself met die wet van die Here omring, onderneem die Wetgewer om my te beskerm.

Was this article helpful?

Related Articles