Rigters Hoofstuk 20
1 Die Leviet vertel in ‘n byeenkoms wat gebeur het. 8 Die vergaderng se besluit. 12 Die hardkoppige Benjamiete besluit om hulle self te verdedig pleks van die booswigte uit te lewer. 18 Tin twee oorloë verloor Israel 40 duisend man. 26. Deur stratgie wis hulle die Benjaminstam uit tot daar net 600 mans oorbly.
Vers 1 TOE het al die kinders van Israel uitgetrek, en die vergadering het soos een man, van Dan tot Berséba, saam met die land Gílead, byeengekom by die HERE in Mispa;
Die wrede advertensie het gesorg dat al die stamme byeengekom het.
Verse 2,3 en die hoofde van die hele volk, van al die stamme van Israel, het in die vergadering van die volk van God gaan staan – vierhonderdduisend man te voet wat die swaard uittrek.
3 En die kinders van Benjamin het gehoor dat die kinders van Israel opgetrek het na Mispa. Toe sê die kinders van Israel: Vertel julle hoe hierdie misdaad gepleeg is.
Dink jy daar was ook ‘n afvaardiging van die stam van Benjamin?
Die slegte Leviet moes vir die ander stamme presies vertel het wat gebeur het. Kom ons luister:
Verse 4,5 Daarop antwoord die Levitiese man, die man van die vermoorde vrou, en sê: Ek het in Gíbea wat aan Benjamin behoort, gekom, ek en my byvrou, om te vernag.
5 En die burgers van Gíbea het teen my opgestaan en in vyandskap teen my die huis omsingel in die nag; hulle het gemeen om my dood te maak, en my byvrou het hulle onteer, sodat sy gesterf het.
Het hy die hele waarheid vertel? Watter gedeelte het hy uitgelaat?
Verses 6-8 Toe het ek my byvrou gegryp en haar in stukke verdeel en haar rondgestuur in die hele gebied van die erfdeel van Israel, omdat hulle ’n gruwel en ’n skanddaad in Israel begaan het.7 Hier is julle, kinders van Israel, nou almal: gee julle hier woord en raad!8 Toe staan die hele volk op soos een man en sê: Geeneen van ons sal na sy tent toe gaan en geeneen van ons wegdraai na sy huis toe nie;
Wat moet ‘n mens doen om ‘n oproer te veroorsaak? Die slegte Leviet het dit reggekry?
Verse 9,10 maar dit is nou die ding wat ons Gíbea sal aandoen: Op teen hom volgens die lot!10 Ons sal naamlik tien man neem uit elke honderd van al die stamme van Israel, en honderd uit duisend, en duisend uit tienduisend, om padkos vir die manskappe te gaan haal, om as hulle gekom het, met Gíbea-Benjamin te handel volgens die skanddaad wat hy in Israel begaan het.
‘n Mens kan nie op ‘n leëmaag oorlog maak. Hulle was goed georganiseerd.
Verse 11-13 Toe versamel al die manne van Israel by die stad, soos een man saamverbonde.
12 En die stamme van Israel stuur manne deur die hele stam van Benjamin om te sê: Wat vir ’n misdaad is dit wat onder julle gepleeg is?
13 Lewer dan nou die slegte manne uit wat in Gíbea is, dat ons hulle om die lewe kan bring en die kwaad uit Israel kan uitroei. Die Benjaminiete wou egter nie na hulle broers, die kinders van Israel, luister nie;
Voor die stamme tot geweld oorgaan, het hulle eers vir die Daniete die geleentheid gegee om die skuldiges uit te lewer. Dit was ‘n baie mooi en regverdige gebaar.
Hoe gaan die stam van Dan optree?
Verse 14,15 maar die kinders van Benjamin het bymekaargekom uit die stede na Gíbea toe, om na die oorlog uit te trek teen die kinders van Israel.
15 En die kinders van Benjamin uit die stede is op dié dag getel ses-en-twintigduisend man wat die swaard uittrek, behalwe die inwoners van Gíbea wat getel is: sewehonderd uitgesoekte manne.
Die gruwel daad was so skokkend dat net die doodstraf alleen die skande uit Israel sou verwyder.
Wat ‘n fout. Hulle sou liewer in ‘n burgeroorlog betrokke raak as om die skuldiges uit te lewer.
Hulle was net so dom-astrant as hulle koning Saul baie jare later.
Vers 16 Uit al hierdie manskappe was daar sewehonderd uitgesoekte manne wat links was; hulle almal het met ’n klip op ’n haar geslinger sonder om te mis.
Dit lyk vir my hierdie mense het nie hierdie vaardigheid verloor nie. Kom ons kyk hoe hulle jare later in Dawid se tyd geveg het:
1 Kronieke 12:2 EN dit is hulle wat na Dawid na Siklag gekom het toe hy nog uit die teenwoordigheid van Saul, die seun van Kis, verban was; hulle was ook onder die helde wat gehelp het in die oorlog,
2gewapend met die boog, wat regter- en linkerhand kon gebruik met slingerstene en met pyl en boog; hulle was uit die broers van Saul uit Benjamin:
Van hierdie antieke manne kon so goed met klip en slingervel gooi dat die missile die skilde gepenetreer het.
Teen hoeveel man het die Benhamiete hulle verset?
Vers 17 En die manne van Israel, behalwe Benjamin, is getel: vierhonderdduisend man wat die swaard uittrek, hulle almal was krygsmanne.
Hierdie manne was net dom as wat hulle boos was. Het hulle regtig gedink hulle kon so ‘n groot mag verslaan?
Mag die Here ons tog genadig wees dat ons nie grootheidswaan sal kry nie.
Vers 18 En hulle het klaargemaak en opgetrek na Bet-el en God geraadpleeg; en die kinders van Israel het gesê: Wie van ons moet eerste optrek om te veg teen die kinders van Benjamin? Toe sê die HERE: Juda eerste.
Is hierdie die stad Bet-el of die Huis van God by Silo? Het al 400,000 man na die tabernakel toe gegaan of net die leiers?
Waarom moes Juda die eerste uittrek? In hoofstuk 1:1,2 lees ons dat hulle ook eerste uitgetrek het om die land te verower.
Hulle was agrassiewe vegters.
Verse 20-21 Daarop het die kinders van Israel die môre klaargemaak en laer opgeslaan teen Gíbea.
20En die manne van Israel het uitgetrek om te veg teen Benjamin, en die manne van Israel het hulleself in slagorde teen hulle opgestel, na Gíbea toe.
21Toe trek die kinders van Benjamin uit Gíbea uit, en hulle het op dié dag in Israel twee-en-twintigduisend man teen die grond vernietig.
Waarom het so iets gebeur? Is dit moontlik dat daar soortgelyke rotters onder die stam van Juda was? Lex Talianos?
Was hier ‘n reinigingswerk onder die afvallig stamme?
Verse 22,23 Maar die manskappe, die manne van Israel, het hulle sterk gehou en hulle weer in slagorde opgestel op die plek waar hulle hul die vorige dag opgestel het.
23En die kinders van Israel het opgetrek en geween voor die aangesig van die Here tot die aand toe en die Here geraadpleeg en gesê: Moet ek weer nader trek om te veg teen die kinders van Benjamin, my broer? En die Here sê: Trek teen hom op!
Hier is iets mooi. Hulle het voor die Here gaan huil. Miskien moes hulle besef dat hy wat sonder sonde is die eerste klip moes gooi. Johannes 8:7.
Met ‘n besef van hulle eie gevallenheid, het hulle opgewerkte gevoel teen hulle broers begin bedaar.
Verse 24-26 En toe die kinders van Israel die tweede dag nader kom na die kinders van Benjamin,25het Benjamin uit Gíbea op die tweede dag uitgetrek om hulle te ontmoet en van die kinders van Israel nog agttienduisend man wat almal die swaard uittrek, teen die grond vernietig.
26Daarop trek al die kinders van Israel, ja, die hele volk weg, en hulle het na Bet-el gekom; en hulle het geween en daar gebly voor die aangesig van die Here en dié dag gevas tot die aand toe en brandoffers en dankoffers voor die aangesig van die Here gebring.
Gevas. Hier is die eerste plek in die Bybel wat ons oor die gebruik van “vas” lees. Hulle is verpletter, hulle is veward en hulle huil voor die Here. Hulle soek met groot erns die wil en leiding van die Here.
As jy verliese ly is dit goeie raad om met trane en ‘n vas voor die Here vir ‘n antwoord en uitkoms te gaan pleit. Dit het in die geval van Juda gewerk dit sal ook in ons geval werk.
Verse 27,28 En die kinders van Israel het die Here geraadpleeg—want die verbondsark van God was in dié dae daar,28en Pínehas, die seun van Eleásar, die seun van Aäron, het in dié dae voor Hom gedien—en gesê: Moet ek nog weer uittrek om teen die kinders van Benjamin, my broer, te veg, of moet ek ophou? Toe sê die Here: Trek op, want môre sal Ek hom in jou hand gee.
Die melding van Pineas die priester, plaas hierdie gebeure gedurende die dae van Josua en die eerste geslag van Israeliete wat in Palestina kom woon het.
Hierdie geslag moes ook leer om eers die balk uit hulle eie oog te haal voordat hulle met die splinter in hulle broer se oog gaan kyk.
Verse 29-31 En Israel het rondom teen Gíbea hinderlae opgestel. 30En die kinders van Israel het op die derde dag teen die kinders van Benjamin opgetrek en hulle teen Gíbea opgestel soos die vorige kere.
31En die kinders van Benjamin het uitgetrek, die manskappe tegemoet—hulle is van die stad afgesny—en, soos die vorige kere, het hulle begin om sommige van die manskappe op die grootpaaie te verslaan, waarvan die een opgaan na Bet-el, en die ander deur die veld na Gíbea—omtrent dertig man in Israel.
Hinderlaag. In die vorige twee skermitsels was Juda oorverseker omdat hulle ‘n oormag soldate in die veld gestoot het.
Maar hierdie voorsprong sluit nie deeglike voorbereiding, gebed en ‘n versigtige strategie uit nie.
Verse 32,33 Toe dink die kinders van Benjamin: Hulle is voor ons verslaan soos die eerste keer! Maar die kinders van Israel het gesê: Laat ons vlug en hom van die stad afsny na die grootpaaie toe.
33En al die manne van Israel het hulle stelling verlaat en hulle by Baäl-Tamar opgestel, terwyl die hinderlaag van Israel aanruk uit sy stelling, uit die oop plek by Geba.
Dit wil voorkom asof die weermag van Israel in drie dele verdeel is.
Vers 34 En tienduisend uitgesoekte manne uit die hele Israel het teenoor Gíbea vandaan gekom, en die geveg was hewig; maar Benjamin het nie gemerk dat die onheil hulle sou tref nie.
Tienduisend uitgesoeke manne. Hulle het die hinderlaag gevorm en dit het gelyk of hulle Gibea aanval.
Alhoewel die Benjamiete hard geveg het, het hulle nie agtergekom dat hulle omsingel is en verwoes gaan word nie.
Partykeer is ons ook op die verloorpad sonder om dit te besef.
Die volgende vers beskryf die finale uitslag van die geveg om die leser net gerus te stel.
Vers 35 Toe het die Here Benjamin voor Israel verslaan, en die kinders van Israel het op dié dag in Benjamin vyf-en-twintigduisend-eenhonderd man wat almal die swaard uittrek, vernietig.
Na hierdie verslag, invoegsel, parantese, vertel die boek Rigters die ander detail van die geveg.
Vers 36 So het dan die kinders van Benjamin gesien dat hulle verslaan is. En die manne van Israel het aan Benjamin terrein gegee, omdat hulle vertrou het op die hinderlaag wat hulle teen Gíbea opgestel het.
Hierdie vers tot aan die einde van die hoofstuk kon aan vers 33 gekoppel word maar die boek Rigters het besluit om verse 34 en 35 as ‘n parentetiese verduideliking, om die die leservan die uitkoms van die geveg te verduidelik.
En dan gaan hy voort met vers 36 om die besonderhede van die geveg te beskryf. Kom ons lees dit:
Vers 37 Toe het die hinderlaag vinnig na Gíbea gestorm—en die hinderlaag het getrek en die hele stad met die skerpte van die swaard verslaan.
Die 10,000 man in die hinderlaag het daarin geslaag om Gebea af te brand.
Dit was ‘n teken aan hulle kamerades dat die hinderlaag geslaag het en dat hulle van hulle kamtige vlug kan terugkeer en die vlugtende Benjamiete moet agternasit.
Verse 38,39 En die manne van Israel het ’n afspraak met die hinderlaag gehad dat hulle ’n groot rookwolk uit die stad moet laat optrek.
39Daarom het die manne van Israel omgedraai in die geveg; en die Benjaminiete het begin om onder die manne van Israel sommige neer te slaan, omtrent dertig man, want hulle het gedink: Hy is regtig heeltemal voor ons verslaan soos in die vorige geveg.
Nou beweeg die verhaal na ‘n klimaks. Kom ons lees verder:
Verse 40-42 Intussen het die wolk begin optrek uit die stad, ’n rookpilaar; en toe Benjamin agter hom omkyk, trek die hele stad al in rook na die hemel op!
41Toe die manne van Israel dan nou omdraai, het die manne van Benjamin geskrik, want hulle het gesien dat die onheil hulle gaan tref;
42en hulle het voor die manne van Israel omgedraai op pad na die woestyn; maar die geveg het hulle ingehaal, terwyl die wat uit die stede kom, hulle daar tussenin vernietig:
Die 10,000 Israeliete het die vlugtende Benjamiete ondeskep wat na die woestyn gevlug het.
Verse 43,44 hulle het Benjamin omsingel, hom agtervolg, hom op die rusplek vertrap tot teenoor Gíbea, aan die oostekant.
44En daar het van Benjamin agttienduisend man geval, en dit almal dapper manne.
Kom ons kyk waar hulle uiteindelik heen gevlug het:
Verses 45,46 Toe spring hulle om en vlug na die woestyn, na die rots Rimmon; maar hulle het in die nageveg op die grootpaaie vyfduisend man van hulle gedood en hulle agternagesit tot by Gídeom en tweeduisend man van hulle verslaan.46En al die gesneuweldes van Benjamin op dié dag was vyf-en-twintigduisend man wat die swaard uit-trek, en dit almal dapper manne.
Hoeveel dink jy het van hulle oorgebly?
Verse 47,48 Maar seshonderd man het omgedraai en gevlug na die woestyn, na die rots Rimmon en vier maande by die rots Rimmon gebly.
48Toe gaan die manne van Israel terug na die kinders van Benjamin en verslaan hulle met die skerpte van die swaard, sowel mense as diere en alles wat voorgekom het; ook al die stede wat hulle aangetref het, het hulle aan die brand gesteek.
Wanneer mens die Palestynse dorpie Rammun besoek, kan jy jouself indink oor verplettering wat die Benjamiete moes ervaar het. Dis hier waar hulle in die kalksteengrotte van rimmon geaan wegkruip het.
Hulle moes net die paar manne uitlewer of self gestraf het wat die vrou deur wellus vermoor het. Deur hardkoppigheid is baie duisende onnodig dood.
Lex Talionis.
Het hulle hierdie beginsel toegepas – ‘n oog vir ‘n oog en ‘n tant vir ‘n tant? This indiscriminate slaughter of noncombatants, not to mention that of the broken and fleeing army, was entirely uncalled for. Die straf moet altyd in verhouding met die oortreding toegedien word.
Toe Benjamin se weermag gebreek is, moes die Israeliete die oorlog gestaak het.
Die individuele kriminele kon dan gearesteer en gestraf word. Dit was nie nodig om Gibea te verbrand nie.
Daar was geen verskoning vir hulle senofobiese optrede nie eng een verskoning vir al die stede wat hulle afgebrand het nie.
In such times men are often not their own masters; reason does not guide and the voice of conscience is not heard.
Die verwonde trots van die van die Israeliete weermag na twee pakslae, het daartoegelei dat hulle sonde gepleeg as die sonde wat hulle wou straf.
Hoeveel tande van my teenstande slaan ek uit vir die een wat hy by my uitgeslaan het?
Hoe lank straf ek iemand wat my te na gekom het?
Hoeveel pyn dien ek iemand toe wat my vergifnis soek?
Wie is eintlik die Een van die straf regverdig moet uitdeel?
Romeine 12:19 Moenie self wraak neem nie, geliefdes, maar laat dit oor aan die oordeel van God. Daar staan immers geskrywe: “Dit is my reg om te straf; Ék sal vergeld,” sê die Here.
Mag die Here ons vergewe wanneer ons probeer God speel het en straf uitgedeel het.