1. Home
  2. Boeke Van Die Bybel
  3. Die Boek Rigters
  4. Hoofstuk 17 – Die Boek Van Rigters

Hoofstuk 17 – Die Boek Van Rigters

Rigters Hoofstuk 17

1 Miga steel sy ma se geld, gee dit terug en sy maak ‘nafgodtje. 7 hy huur ‘n Leviet om as priester te dien.

Vers 1 DAAR was ’n man van die gebergte van Efraim met die naam van Miga.

In Hebreeus is sy naam mikayehu. Hierdie woord van net hier in in vers vier voor. Op al die ander plekke is dit die verkorte vorm, mikah. Die lang naam beteken “wie is soos God,” terwyl die kortetjie net beteken “wie is soos.”

Hoofstuk 17 bestaan uit twee bylae, appendikse van die geskiedenis van vorige hoofstukke.

Tot nou toe het ons gehoor van afvalligheid, verdrukking en verlossing. Die volgende vyf hoostukke gaan vir ons van gebeurtenisse vertel van wat voor die Rigters gebeur het. Dis om vir ons te illustreer watter verskriklike wetteloosheid in daardie tyd geheers het.

Hoofstukke 17 en 18 handel oor gebeure in die lewe van Miga. Dit vertel ook hoe die stam van Dan van hulle toegekende grondgebied in die suide na die noorde toe verhuis het en langs die stam van Naftali gaan woon het.

Die narratief, die storie vertel die volgende:

(1) die oorsprong van Miga se afgodery (hoofstuk 17:1–6),

(2) hoe ‘n afvallige Leviet ‘n priester van afgodiese aanbidding word (17:7–13),

(3) hoe die afgod saam met die gedeelte van Daniete wat migreer het saamgeneem is.

Vers 2 Dié het aan sy moeder gesê: die elfhonderd sikkels silwer wat van u geneem is en waaroor u ’n vloek uitgespreek het en dit ook voor my ore gesê het – hier is die geld by my, ék het dit geneem. Toe sê sy moeder: Mag jy geseënd wees deur die HERE, my seun!

Dis ‘n gemors. Sy plaas ‘n vloek op die geld en die dief en nou hoor sy haar seun is die dief. Omdat sy nie die vloek kon herroep nie, so het hulle geglo, het sy dit met ‘n seën genutraliseer.

Kan jy raai waarvoor hierdie rykweduwee die geld wou gebruik het?

Vers 3 En hy het aan sy moeder die elfhonderd sikkels silwer teruggegee. Maar sy moeder het gesê: Ek heilig plegtig die geld aan die HERE; uit my hand is dit vir my seun om ’n gesnede en ’n gegote beeld te maak; ek sal dit dan nou aan jou teruggee.

Die seun sou beter gedoen het om die geld uit te mors as om ‘n beeld te maak.

Wat ‘n klug. Sy wei die geld aan die Here om ‘n gesnede beeld te maak. Dis ‘n direkte oortreding van die tweede gebod.

Verse 4,5 Toe hy dan die geld aan sy moeder teruggegee het, neem sy moeder tweehonderd sikkels silwer en gee dit aan ’n goudsmid; en hy het daar ’n gesnede en ’n gegote beeld van gemaak wat in die huis van Miga gekom het.

5 Die man Miga het naamlik ’n godshuis gehad, en hy het ’n skouerkleed en huisgode gemaak en een van sy seuns aangestel om vir hom priester te wees.

Dis baie duidelik eat Miga ‘n privaat heiligdom gemaak het. Verkeerd. Daar was net een heiligdom en dit was in Silo.

Miga het so afvallig geword dat hy nie net afgodsbeelde gemaak het nie, hy het ook een van sy seuns as ‘n priester in sy heiligdom aangestel.

Alls wat hy gedoen het was ‘n dierekte oortreding van die wet van Moses.

Vers 6 In dié dae was daar geen koning in Israel nie: elkeen het gedoen wat reg was in sy oë.

Hoekom? Omdat hulle ontrou teenoor God gehandel het.

Daar was anargie. Mag was reg. mense het volgens hulle eie ingewings gehandel pleks om deur die wet van die Here gelei te word.

Luister na die waarskuwing van Moses:

Deuteronomium 12:8 Julle moet nie doen net soos ons vandag hier doen nie—elkeen net maar wat reg is in sy eie oë.

Die outeur van Rigters wat heelwaarskynlik Samuel was, skryf hierdie uitdrukking, “doen wat reg was in sy eie oë” om te wys wat gebeur wanneer die Mosaiesewet ongestraf bly.

Vers 7 En daar was ’n jongman van Betlehem-Juda, uit die geslag van Juda; hy was ’n Leviet wat daar as vreemdeling vertoef het.

Dit klink miskien verregaande maar hierdie afvallige Leviet was heelwaarskynlik die kleinseun van Moses. (18:30)

Betlehem-Juda word spesifiek genoem omdat daar ook ‘n Betlehem-Subulon was.

Ho sal jy verduidelik dat hy ‘n Leviet is as hy van die stam van Juda was. Een van sy ouers was uit die stam van Levi en ander een uit die stam van Juda.

Verse 8-11 En die man het uit die stad, uit Betlehem-Juda, getrek om te vertoef waar hy plek kon kry; en op sy reis het hy in die gebergte van Efraim gekom tot by die huis van Miga.

9 En Miga vra hom: Waar kom u vandaan? Toe sê hy vir hom: Ek is ’n Leviet, uit Betlehem-Juda, en ek is op trek om te vertoef waar ek plek kan kry.

10 En Miga sê vir hom: Bly by my, en wees vir my ’n vader en ’n priester, dan sal ek u jaarliks tien sikkels silwer gee en ’n stel klere en u lewensonderhoud. En die Leviet het gegaan,

11 en die Leviet het ingewillig om by die man te bly; en die jongman was vir hom soos een van sy seuns.

Waar ek ‘n plek kan kry. Waarom swerf die Leviet? Asgevolg van Israel se afvalligheid het hulle nie meer tiendes betaal nie en die arm Leviet moes iewers ‘n heerkome gaan soek.

Is dit mootlik dat daar vandag predikante na ‘n heenkome soek omdat lidmate nie hulle tiendes na die skathuis bring nie?

Wees vir my ‘n vader. Dit was die aanspreekvorm vir profete of ander beamptes van aansien.

Tien sikkels. Dis nie baie nie maar hy het ‘n blyplek en kos ook bygekry.

Verse 12,13 En Miga het die Leviet aangestel, sodat die jongman sy priester geword het, en hy was in die huis van Miga.

13 Toe sê Miga: Nou weet ek dat die HERE aan my goed sal doen, omdat ek ’n Leviet as priester het.

Ek dink hierdie Miga was in sy skik met sy eie priester en sy eie heiligdommetjie. Hy kon nou die plek van sy seun inneem wat tydelik uitgehelp het.

Miga het gedink die Here gaan hom nou seen omdat hy hierdie godsdienstige reëlings gemaak het.

Hoe pateties. Kan die Here iemand seen wat Sy gebooie verontagsaam?

Wat het jy uit hierdie bizarre verhaal geleer? As ons nie in die weë van die Here wandel nie, is ons lewe in ‘n gaos.

Vers 6 In dié dae was daar geen koning in Israel nie: elkeen het gedoen wat reg was in sy oë.

Kom ons maak seker dat ons ‘n koning het, en mag daardie Koning Jesus Christus wees.

Volgende keer kyk ons wat verder met hierdie Leviet gebeur het.

Was this article helpful?

Related Articles