1. Home
  2. Boeke Van Die Bybel
  3. Die Boek Rigters
  4. Hoofstuk 18 – Die Boek Van Rigters

Hoofstuk 18 – Die Boek Van Rigters

Rigters Hoofstuk 18

1 Die Daniete stuur vyf mans om vir hulle ‘n grondgebied te gaan soek. 3 By die huis van Miga praat hulle met Jonatan en word bemoedig oor hulle optrede. 7 Hulle soek na Lais en keer terug met goeie nuus. 11 Sehonderd man oorval hulle. 14 IOp pad kaap hulle Miga se priester. 27 Hulle veower Lais en noem die plek Dan. 30 THulle bedryf afgodery waarin Jonatan die priesterskap bedryf.

Vers 1 IN dié dae was daar geen koning in Israel nie; en in dié dae het die stam van die Daniete vir hom ’n erfdeel gesoek om in te woon, want tot dié dag toe het onder die stamme van Israel geen genoegsame erfdeel aan hom toegeval nie.

Daar was nog nie ‘n Koning, ‘n leier nie. Maar daar was ‘n Onsienlike Koning wat meer as gewillig was om hulle in sy voorskrifte en wet te lei.

Die stam van Dan het genoeg grond gekry maar hulle het nie die Kanaäniete uit die valleie verdryf nie.

Die Here het ook vir ons baie grond, baie seëninge. Ons moet net die Kanaäniete, die sonde, uit ons lewens verdryf.

Moenie ver vir geluk gaan soek nie. Geluk is hier naby ons, binne in die Woord van die Here.

Vers 2 En die kinders van Dan het uit al die dele van hulle geslag vyf man, dapper manne, uit Sórea en Estáol gestuur om die land te verken en dit te deursoek, en vir hulle gesê: Gaan deursoek die land. En hulle het die gebergte van Efraim ingegaan tot by die huis van Miga en daar die nag oorgebly.

Dis so jammer dat ons nie altyd na die stem van die Here luister nie. Hulle probleem was nie gebrek aan grond nie, maar ‘n gebrek aan gehoorsaamheid.

Verse 3,4 Toe hulle by die huis van Miga was en die stem van die jongman, die Leviet, herken, draai hulle daar af en sê vir hom: Wie het jou hierheen gebring, en wat maak jy hier, en wat soek jy hier? Daarop sê hy vir hulle: So en so het Miga met my gedoen, en hy het my gehuur, en ek het sy priester geword.

Omdag hy ‘n kleinseun van Moses was (vers 30) was hy alombekend. Miskien het hulle sy stem al voorheen gehoor.

Verse 5,6 Toe vra hulle hom: Raadpleeg God tog, dat ons kan weet of ons pad waarop ons reis, voorspoedig sal wees.

6 En die priester sê vir hulle: Gaan in vrede; voor die HERE lê julle pad waar julle langs sal gaan.

Die Daniete was baie beïndruk toe hulle die gesnede beelde en die skouerkleer sien.

Hy het so min die Here geraadpleeg as die man in die maan.

Vers 7 Die vyf mans is toe daar weg, en hulle het in Lajis gekom. Hulle het opgemerk dat die inwoners rustig woon, hulle was sonder agterdog en houtgerus soos die mense van Sidon maar was. Hulle het nooit iets in hulle land kortgekom nie, hulle besittings was veilig. Hulle was ver van die ander mense van Sidon af en was nie in aanraking met ander mense nie. 

Die mense was so gerus dat hulle nie eers ‘n muur om hulle stad gebou het nie. Die Sidoniërs was handelaars en het hulle nie juis aan oorlogvoering gesteur nie.

Verse 8-12 Die vyf mans het teruggekom by hulle familie in Sora en in Estaol, en dié het vir hulle gevra: “Wat het julle gesien?” 9Toe antwoord hulle: “Kom ons trek daarnatoe. Ons het die land gesien. Dit is baie mooi. Wat sit julle nog stil? Moenie talm om die land in besit te gaan neem nie. 10Wanneer julle trek, sal julle by ’n volk kom wat houtgerus is en by ’n land wat oop lê na weerskante toe. Die Here gee vir julle ’n plek waar daar nie gebrek is aan enigiets op aarde nie.” 11Ses honderd goed gewapende man uit die stam Dan het toe uit Sora en uit Estaol opgetrek.

Die 600 man saam met hulle vrouens was so om en by 2000.

Vers 12 En hulle het opgetrek en laer opgeslaan by Kirjat-Jeárim in Juda; daarom noem hulle dié plek Dan-se-Laer tot vandag toe; dit lê daar agter Kirjat-Jeárim.

Verse 13,14 En daarvandaan het hulle oorgetrek in die gebergte van Efraim en gekom tot by die huis van Miga.14 Daarop het die vyf man wat gegaan het om die land van Lais te verken, aan hulle broers begin sê: Weet julle dat in hierdie huise ’n skouerkleed en huisgode en ’n gesnede en ’n gegote beeld is? Weet dan nou wat julle moet doen!

Kan jy raai wat hulle moes doen?

Die een groep sou met die Leviet gesels terwyl die ander die godsdienstige voorwerpe sou steel.

Kry die skouerkleed en die afgode in die hande.

Verse 15-17 Hulle het toe daarheen uitgedraai en gekom by die huis van die jongman, die Leviet, die huis van Miga, en hom na sy welstand gevra.

16 Onderwyl die seshonderd man wat uit die kinders van Dan was, met hulle wapens omgord voor die ingang van die poort gaan staan,

17 het die vyf man wat gegaan het om die land te verken, opgegaan, daar ingekom, die gesnede beeld en die skouerkleed en die huisgode en die gegote beeld geneem, terwyl die priester by die ingang van die poort bly staan saam met die seshonderd man met wapens omgord.

Die plekkie was met ‘n muur omring. Die groot getal Daniete het met die Leviet in die poort gesels.

Die vyf verkenners was voorheen daar gewees so hulle het presies geweet waar om die godsdienstige item uit Miga seheiligdom te steel.

Verse 18-20 Toe daardie manne dan die huis van Miga ingegaan en die gesnede beeld, die skouerkleed en die huisgode en die gegote beeld geneem het, vra die priester vir hulle: Wat maak julle?

19 En hulle sê vir hom: Bly stil, Sit jou hand op Jou mond en gaan saam met ons, en wees vir ons ’n vader en ’n priester: is dit beter vir jou om priester te wees vir die huis van een man of om priester te wees vir ’n stam en ’n geslag in Israel?

20 Toe word die priester se hart vrolik, en hy neem die skouerkleed en die huisgode en die gesnede beeld en gaan tussen die manskappe in.

Hier het jy ‘n groot skelm, ‘n rotterd. Eers besoedel hy die rein, ware aanbidding soos die wet van Moses dit voorskryf en dan word hy ‘n betaalde priester vir Miga. Hy dros van sy baas, steel al sy afgode en verheug hom om saam met ‘n groter gemeente in te skakel.

Moderne predikante sal dit darem nie doen nie.

Nie een van hierdie karakters was voorbeelde nie. Miga het sy ma se geld gesteel. Die Leviet was ‘n omkoopbaar. Die Daniete was wettelose rampokkers.                                                    

Vers 21 En hulle het weggedraai en voortgetrek, met die kinders en die vee en die waardevolle goed op hulle voorpunt.

Hulle het heelwaarskynlik verwag dat iemand hulle sou agtervolg en daarom is die kinders en vrouens en die diere en die waardevolle items voor geplaas.

Verse 22-24 Nadat hulle ’n hele ent weg was van Miga se huis af, is die manne van die huise wat by Miga se huis staan, bymekaargeroep, en hulle het die kinders van Dan agtervolg

23 en na die kinders van Dan geroep. Toe draai dié hulle gesigte om en vra vir Miga: Wat is dit met jou dat julle bymekaargeroep is?

24 En hy sê: My gode wat ek gemaak het, het julle weggeneem saam met die priester, en julle trek weg; wat het ek nou oor? En hoe kan julle dan vir my sê: Wat is dit met jou?

Hulle moes eintlik bly gewees het dat die verfoeisels gesteel is.

Die Daniete stop nie eers nie. Hulle draai net hulle koppe om om met die aftervolgers te praat.

My gode. Hy dien kamstig die Here maar hier verwys hy na die ou beeldjies en die skouerkleed as sy gode.

Is dit nie tragies nie. Ons moet tog seker maak dat ons nie afgode in ons lewens het nie. Is dit nie tragies dat hy vir hulle sê dat hy hulle nogal gemaak het.

Arme ou Miga. Hy kon ook niks aan hierdie mense doen nie, want hulle getalle het syne oortref.

Verse 25,26 Maar die kinders van Dan sê vir hom: Moenie jou stem by ons laat hoor nie, sodat nie miskien manne met ’n bitter gemoed op julle aanval en jy jou eie lewe en die lewe van jou huis verloor nie. 26 Daarop gaan die kinders van Dan hulle koers, terwyl Miga, toe hy sien dat hulle sterker was as hy, omdraai en na sy huis teruggaan.

“My ou maat as ons jou  goeie raad kan gee, hou liewer jou mond en gaan huistoe.”

Verse 27,28 Maar hulle het saamgeneem wat Miga gemaak het, en die priester wat hy gehad het; en hulle het Lais, ’n rustige en onbesorgde volk, oorval en dié met die skerpte van die swaard verslaan en die stad met vuur verbrand.

28 En daar was geen redder nie, want dit was ver van Sidon af en hulle het met niemand gemeenskap gehad nie: dit het in die dal gelê wat by Bet-Rehob behoort. Hulle bou toe die stad weer op en woon daarin,

Ek besoek die ruïnes van antieke tel Dan en ek dink:

As hierdie arme mense tog maar net ‘n muur om hulle stad gebou het en ‘n paar vriende in die omgewing gemaak het, so hulle nie uitgewis gewees het.

Kom ons bou die muur van God se gebooie om ons en ons maak vriende met goeie mense

‘n Vriend wat naby is, is beter as ‘n broer wat ver is.

Wanneer ek die moderne Tel Dan in Israel besoek, dan dink ek aan die geskiedenis wat hier afgespeel het.

Bo-op die ruïnes Lais het hulle ‘n nuwe stad gebou en dit Dan genoem.

Verse 29-31 en noem die stad Dan, na die naam van hulle vader Dan wat vir Israel gebore is; maar tevore was die naam van die stad Lais.

30 En die kinders van Dan het vir hulle die gesnede beeld opgerig; en Jónatan, die seun van Gersom, die seun van Moses, hy en sy seuns was priesters vir die stam van die Daniete tot op die dag van die ontvolking van die land.

31 En hulle het vir hulle die gesnede beeld van Miga opgerig wat hy gemaak het, al die dae dat die huis van God in Silo was.

Die feit dat Debora na Dan verwys is ‘n bewys dat hierdie gebeure nog voor die koms van die Rigters afgespeel het.

Jonatan. Vir die eerste keer lees ons wat die naam van die Leviet was wat vir Miga gewerk het. Sy pa se naam was Gersom en sy oupa se naam was Moses.

AFVALLIG

Het jy afvallige familie? Dis iets wat mens baie hartseer maak. Jy huil wanneer jy sien hoe van jou geliefdes ‘n pad van verwoesting inslaan.

Om te dink sy oupa was die groot geestelike leier en wetgewer en hy gee nie flenter om vir die wette wat sy oupa neergeskryf het nie.

Mag die Here vir jou en my help om Sy voorskrifte na te kom.

Psalm 119:11 Ek het u woord in my hart gebêre, dat ek teen U nie sal sondig nie.

Johannes 14:15 sê Jesus: As jy My liefhet, bewaar My gebooie.

Was this article helpful?

Related Articles