RIGTERS HOOFSTUK 10
1 Tola en Jajudges Israel in Shamir. 3 Jair, whose thirty sons had thirty cities. 6 The Philistines and Ammonites oppress Israel. 10 In their misery God sendeth them to their false gods. 15 Upon their repentance he pitieth them.
Verse 1 EN ná Abiméleg het Tola, die seun van Pua, die seun van Dodo, ’n man uit Íssaskar, opgetree om Israel te verlos; en hy het gewoon in Samir op die gebergte van Efraim. 2En hy het Israel drie-en-twintig jaar lank gerig; en hy het gesterwe en is in Samir begrawe.
Dit wil voorkom of daar nie vreeslike konflik in hierdie tyd opgeduik het nie. Tola was ‘n goeie Rigter soos die volgende sitaat dit stel:
“After the death of Abimelech, the rule of judges who feared the Lord served for a time to put a check upon idolatry” (PP 557).
Hier volg nog een:
Tola Restored Order, Law, and Justice.
“After the death of Abimelech, the usurper, the Lord raised up Tola to judge Israel. His peaceful reign presented a happy contrast to the stormy scenes through which the nation had been passing.
It was not his work to lead armies to battle and to achieve victories over the enemies of Israel, as the former rulers had done; but his influence effected a closer union among the people, and established the government upon a firmer basis. He restored order, law, and justice.
Unlike the proud and envious Abimelech, Tola’s great desire was, not to secure position or honor for himself, but to improve the condition of his people.
A man of deep humility, he felt that he could accomplish no great work, but he determined to perform with faithfulness his duty to God and to the people. He highly valued the privilege of divine worship, and chose to dwell near the tabernacle, that he might oftener attend upon the services there performed.” (ST Aug. 11, 1881).
JAïR
Verse 3-5 En ná hom het Jaïr, die Gileadiet, opgetree, en hy het Israel twee-en-twintig jaar lank gerig. 4En hy het dertig seuns gehad, wat op dertig jong esels gery en dertig stede gehad het; dié word tot vandag toe die Jaïrsdorpe genoem wat in die land Gílead lê.
5En Jaïr het gesterwe en is in Kamon begrawe.
Gilead is die naam wat aan die gebied oorkant die Jordaanrivier gegee was. Oorkant die see van Galilea tot by die Dooie See.
Jaïr het nie soos Abimeleg die volk wreed “onderdruk en geregeer” nie. Hy het hulle met liefde gerig.
Die feit dat hy 30 seuns gehad het, dui daarop dat poligamus was.
Voordat Salomo perde ingevoer het, het die besit van donkies op eer en waardigheid gedui. Die seuns moes seker baie trots o hulle donkies gewees het.
Kan jy jou voorstel wanneer hulle met hulle donkies by die 30 stede aangekom het het daar die mense onderrig het?
Jaïrsdorpe. Letterlik “Die tendorpies van Jaïr.” Wat interessant is, is die feit dat die naam van hierdie streek in die tyd van Moses gegee is. Dit was toe ‘n vroeëre Jaïr ‘n klompie dorpies van koning Og van Basan verower het.
Numeri 32:41 En Jaïr, die seun van Manasse, het gegaan en hulle tentdorpe ingeneem en dit tentdorpe van Jaïr genoem.
Deuteronomium 3:14 Jaïr, die seun van Manasse, het die hele landstreek Argob tot by die grens van die Gesuriete en die Maägatiete gekry en dit, naamlik Basan, na sy naam Jaïrsdorpe genoem tot vandag toe.
In die Rigterstyd van Jaïr het daar meer dorpies tot stand gekom en dis waar sy 30 seuns hom met die administrasie daarvan gehelp het.
Gilead. Letterlik “hard” of “onverbiddelik.” Die naam is afgelei van die ruwe bergriwwe van die plek. Gilead word deur die Jabbokrivier in twee verdeel.
Die suidelik gedeelte was deur Israel van die Amorietiese koning Sion verower. (Josua 12:2). Dis hier waar Gad sy grondgebied gekry het. Manassa het die noordelik gedeelte gekry.
Met tye word die hele gebied oos van die Jordaan Gilead genoem Dan (Deut. 34:1).
Kom ons lees en kyk wat gebeur het toe Jaïr gesterf het:
Verses 5,6 En Jaïr het gesterwe en is in Kamon begrawe.6EN die kinders van Israel het weer gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here, en hulle het die Baäls en die Astartes gedien, en die gode van Aram en die gode van Sidon en die gode van Moab en die gode van die kinders van Ammon en die gode van die Filistyne, en hulle het die Here verlaat en Hom nie gedien nie.
Gedoen wat verkeerd was.
Daar het baie jare verloop vandat Gideon afgodery gestuit het en die juk van die Midianiete verbreek het.
En hier kry ons weer die ou patroon. Die volk het God verlaat en weer begin om afgode te aanbid. Sewe afgode word genoem.
Sewe staan natuur vir ‘n volle totaal. Hierdie afgode was van al die nasies wat op die grens van Israel was. Dit dui op die ongelooflike omvang van ‘n algemene verval van die hele volk.
Baalim, and Ashtaroth. See 2:11, 13.
Die gode van Aram. Aram word ook Sirië genoem en het van Fenicië tot by die Eufraatrivier gestrek.
Damaskus was die belangrikste en welbekendste stad van hierdie gebid. Die hoofafgode was Hadad, Baäl, Mot en Anat. Die Ou Testament verwys ook na ‘n god met die naam van Rimmon.
2 Kings 5:18).
Gode van Sidon. Dit is Fenicië. Net die die hoofstad Sidon word genoem. Hulle gode was die Fenicië en sirië.
Gode van Moab. Die Moabitiese steen en 1 Konings 11:33 praat van die god Kemos wat hulle aanbid het.
Gode van die kinders van Ammon. Een van die Ammonitiese gode se naam was Molog.One of the Ammonite gods was Molech (1 Kings 11:7, 33; see on Lev. 18:21).
Gode van die Filistyne. Hulle was Kanaänitiese gode wat hulle oorgeneem het. Die belangrikstes was Dagon en Baäl-Sebub.
Kyk. Dit was ‘n godsdienstige fieslike gemors met orgies gemeng. Hoe het God daaroor gevoel?
Vers 7 Daarom het die toorn van die Here ontvlam teen Israel, en Hy het hulle verkoop in die hand van die Filistyne en in die hand van die kinders van Ammon.
Kinders van Ammon. Op hierdie stadium kom die ergste bedreiging van die ooste waar die Ammoniete die stamme aan die anderkant van die Jordaarivier begin onderdruk het.
Die Ammoniete was veeboere van die oostelike woestyn.
Filistyne.
Hulle was besig om baie sterk te word en het die Israeliete van Juda en Dan ‘n moeilike tyd gegee. Later gaan ons van Samson se optrede verneem.
Verse 8,9 En hulle het die kinders van Israel verpletter en verdruk in daardie jaar, agttien jaar lank, al die kinders van Israel wat oorkant die Jordaan gewoon het in die land van die Amoriete, wat in Gílead was. 9Daarby het die kinders van Ammon die Jordaan oorgetrek om ook teen Juda en Benjamin en die huis van Efraim te veg, sodat Israel dit baie benoud gehad het.
Ammon het oor die Jordaan getrek.
Na hulle oorwinnings oor die stamme in Gilead het die Ammoniete met groot verwaandheid die Jordaanrivier oorgesteek en die stamme van sentraal begin molester: Juda, Benjamin en Efraim.
Hoe meer hulle vir die vervoeisels die afgode bid hoe meer teister die heidennasies hulle.
Daar was net twee opsies. Totale uitwissing of om die aanbidding van die gedrogte afgode te versaak die Here na 18 jaar vir hulp te gaan vra.
En ek wil net vir jou sê dat as jy ontdek het dat daar geen vreugde in die aanbidding van jou gevalle natuur is nie, is God nog daar om jou te help.
Vers 10 Toe roep die kinders van Israel die Here aan en sê: Ons het teen U gesondig, want ons het onse God verlaat en die Baäls gedien.
Mens kan hulle krediet oor die feit dat hulle erken het dat hulle gesondig het. Maar hulle noodkreet was onaanvaarbaar want daar was nog nie opregte berou oor wat hulle gedoen het nie.
Maar my liewe vriend die Here neem kennis van die geringste neiging na Hom. Hy neem dit aan en probeer die sondaar na ware hervorming lei.
Kom ons hoor hoe ‘n liefdevolle God met slegte gevalle sondaars werk wat by Hom kom hulp soek.
Verse 11,12 Maar die Here het aan die kinders van Israel gesê: Het Ek julle nie van die Egiptenaars en van die Amoriete, van die kinders van Ammon en van die Filistyne — 12en toe die Sidoniërs en Amalekiete en Maoniete julle verdruk en julle My aangeroep het—julle uit hulle hand verlos nie?
Hoe dink jy het die Here met hulle gespreek? Hoe het Hy deur al die eeue met Sy kinders gespreek? Deur profete.
Hoedanig reageer ek en jy teenoor die raad en vermaning van die Here se profete?
Die las van die profeet se boodskap was om die afgedwaalde volk op hulle ondankbaarheid attend te maak.
Ten spite van die feit dat God hulle op wonderbaarlike wyse in die verlede verlos het, het hulle Hom verlaat en nietige afgode gaan aanbid.
En dan noem die Here hoe Hy hulle van die magtige Ammoriete, die reuse verlos het; van die kinders van Ammon Genesis 19:38; van die Filistyne deur die Rigter Samgar.
Die boek Rigters gee kort beskrywings van die gebeure van daardie tyd. Die las van die boek is om te wys hoe die Israelite hulle skandelik gedra het en ‘n beskrywing van God se onbeskryflike genade vir hierdie slegte klomp afvallige sondaars.
Is daar ‘n boodskap vir jou en my?
Kom ons luister hoe God met groot hartseer verder met hulle gaan praat:
Verse 13 Maar julle het My verlaat en ander gode gedien; daarom sal Ek julle nie meer verlos nie.
Hoe moet ons hierdie dreigement verstaan? Kom ons hoor wat sê die Here deur die profeet Jeremia:
Jeremia 18:7-10 In een oomblik sal Ek spreek oor ’n nasie en oor ’n koninkryk om dit uit te ruk en om te gooi en te vernietig;
8maar as dié nasie waaroor Ek gespreek het, hulle bekeer van hul boosheid, sal Ek berou hê oor die onheil wat Ek van plan was om hulle aan te doen.
9En in ’n ander oomblik sal Ek spreek oor ’n nasie en oor ’n koninkryk om dit te bou en te plant;
10maar as hulle doen wat verkeerd is in my oë deur na my stem nie te luister nie, dan sal Ek berou hê oor die goeie waarmee Ek gesê het dat Ek aan hulle goed sal doen.
En hierdie voorwaardelike optrede van God het ook met jou en my te make. Ons dien ‘n liefdevolle maar ook ‘n regverdige God.
Kom ons luister verder hoe die Here met Israel gewerk het want dit is ook hoe Hy met jou en my werk.
Vers 14 Gaan heen en roep die gode aan wat julle verkies het; laat dié julle verlos in die tyd van julle benoudheid.
Die ironie moes hulle seergemaak het. Die afgode wat Israel gedien het was die afgode van die nasies wat hulle nou verdruk het.
God praat met groot hartseer soos wat ‘n ouer met sy afvallige kind sou praat sodat die kind ernstig oor sy losbandige optrede sou nadink.
Alhoewek due Here hulle vir die oomblik opsy gestoot het, het Hy dit nie permanent gedoen nie. Hy het oordele wat net swaarder en swaarder geword het oor hulle laat kom.
Ons moet in gedagte hou dat die dreigende verwerping van Israel net betrekking het oor hoe hulle in hulle goddelike aanstelling gefaal het.
Die deur van genade was nog wyd oop vir die boetvaardige enkeling. Dwarsdeur daardie donker dae was daar altyd ‘n getroue oorblyfsel wat geweier het om die knie voor Baäl te buig.
Verse 15 Toe sê die kinders van Israel aan die Here: Ons het gesondig; maak met ons net soos dit goed is in u oë; verlos ons tog net vandag.
Dis mooi woorde. ‘n Boetvaardige volk bely hulle sonde en vra die Here om hulle die pak slae te gee wat hulle verdien. Maar Hy moet hulle asseblief tog net van hulle vyande verlos.
Vers 16 En hulle het die vreemde gode uit hul midde verwyder en die Here gedien; toe het Hy ongeduldig (Qatsar hartseer) geword oor die moeite van Israel.
And he could bear Israel’s misery no longer.
Die Here se reguit en plegtige en tog mooi bestraffing het die verlange effek gehad. Die volk het hulle van die hulle sondige weë bekeer en die vrugte van ‘n egte bekering gedra.
He could bear Israel’s misery no longer.
Hier kry ons ‘n kykie in die pyn wat God deurmaak wanneer ons asgevolg van ons eie sonde moet ly.
Om te dink dat God saam met ons ly!
Hoe kyk ek en jy na mense wat ly omdat hulle ongehoorsaam was?
Wat is nou die volgende plan van aksie?
Vers 17 En die kinders van Ammon is byeengeroep en het laer opgeslaan in Gílead; maar die kinders van Israel het bymekaargekom en laer opgeslaan by Mispa.
Toe Ammon opruk om vir nog ‘n jaar vewoesting te saai, het Israel ook bymekaargekom. Hierdie keer het hulle hulle moed bymekaargeskraap.
Mispa. Beteken “uitkykpunt”. Dis dieselfde plen waar Laban en Jakob ontmoet het.
Vers 18 Toe sê die manskappe, die vorste van Gílead, die een aan die ander: Wie is die man wat sal begin om te veg teen die kinders van Ammon? Hy sal hoof wees oor al die inwoners van Gílead.
In meeste gevalle het God die Rigter gekies maar hierdie keer moes hulle biddend die keuse maak.
Rigters 11:29 Toe het die Gees van die HERE op Jefta gekom, en hy het oorgetrek na Gílead en Manasse en verder deur na Mispe in Gílead; en van Mispe in Gílead het hy deurgetrek na die kinders van Ammon.
Was Jefta die volmaakste mens om die verlossingswerk te doen?
Nee. Maar God gebruik mense wat op daardie spesifieke oomblik die mees geskikte vir die werk is.
God verrig Sy werk deur onvolmakte menslike kanale.
Onthou die les wanneer jy weer oor die onvolmaakte geestelike leier wil kla of kritiseer.
Volgende keer gaan ons kyk hoe Jefta sy volk verlos het.