1. Home
  2. Boeke Van Die Bybel
  3. Die Boek Rigters
  4. Hoofstuk 11 – Die Boek Van Rigters

Hoofstuk 11 – Die Boek Van Rigters

RIGTERS HOOFSTUK 11

Die ooreenkoms tussen Jefta en die Gileadiete. Die vredespogings tussen Jefta en die Ammoniete misluk. Sy eed en die oorwinning oor die Ammoniete. Hy voer sy eed ten opsigte van sy dogter uit.

Vers 1 EN Jefta, die Gileadiet, was ’n dapper held, maar hy was die seun van ’n hoer; en Gílead was die vader van Jefta.

Sommige glo sy naam was ‘n verkorte weergawe van Jefta-el wat beteken “die Here sal oopmaak.” (Josua 19:14,27)

Is dit moontlik dat die Here ‘n bekeerde hoerkind kan gebruik om verlossing vir Sy volk te bewerk?

Ek weet nie van jou herkoms nie. Maar gelukkig soek die Here na mense wat gewillig is dat Hy hulle kan gebruik.

Wat se handeling kan hierdie buite-egtelike seun van sy pa se vrou verwag?

Verse 2 En toe die vrou van Gílead vir hom seuns baar, en die seuns van die vrou groot word, het hulle Jefta weggejaag en vir hom gesê: Jy mag in ons familie nie erwe nie, want jy is die seun van ’n ander vrou.

Is dit die eerste keer wat Jefta hierdie inligting kry?

Vers 3 Daarop vlug Jefta van sy broers af weg en hy gaan woon in die land Tob; en ligsinnige manne het by Jefta aangesluit en saam met hom uitgetrek.

Tob. ‘n Plek vanwaar die Ammoniete huursoldate gekry het (2 Sam. 10:6–8). Die Amarnabriewe van 1350 verwys ook na Tob.

Ligsinnige (leeglêers) Leterlik “lëe mense”. Hulle was arm mense sonder eiendom, werk of opleiding. Maar kon baklei.

Sommige engelse vertalings praat van: Gang of scoundrels – Men who weren’t good for anything. (leeglêers) NV.

Saam met hom uitgetrek.

Vandag sal ons hulle huusoldate noem. Welgestelde mense het ook van hulle dienstige gebruik gemaak om hulle eiendom te beskerm.

Jefta en sy manne het uitstekende diens gelewer en baie gou internasionale roem verwerf. Sy portret hang in die kunsgalery van Hebreërs 11 as ‘n geloofsheld.

Vers 4 En ’n tyd daarna het die kinders van Ammon oorlog gevoer teen Israel.

‘n Tyd daarna. Ons is nou by geskiedenis waar die Ammoniete Gilead binnergeval het. Dis waar die vorige hoofstuk geëindig het.

Kom ons lees weer die teks:

Hoofstuk 10:18 Toe sê die manskappe, die vorste van Gílead, die een aan die ander: Wie is die man wat sal begin om te veg teen die kinders van Ammon? Hy sal hoof wees oor al die inwoners van Gílead.

En nou gaan ons na hoofstuk 11 vir die res van hierdie boeiende verlossingsverhaal:

Verse 5,6 Maar toe die kinders van Ammon oorlog voer teen Israel, het die oudstes van Gílead Jefta gaan haal uit die land Tob; 6 en hulle het vir Jefta gesê: Kom en wees ons aanvoerder, dat ons kan veg teen die kinders van Ammon.

Aanvoerder. qaṣin, van die wortel qaṣah, “om te besluit,” “om te rig.”

Hulle was gewillig om vir hom diktatoriale magter vir die duur van die oorlog te gee. Hulle het hom eintlik gevra om ‘n huursoldaat te wees.

Vers 7 Maar Jefta antwoord die oudstes van Gílead: Het julle my nie gehaat en my uit my vader se huis weggejaag nie? Waarom kom julle dan nou na my, nou dat julle in die benoudheid sit?

Hulle het Jefta nie net van sy huis af verdwyf nie maar ook van sy stam en sy land. Hulle het hom onterf.

Dis duidelik dat die leiers sy broers ondersteun het toe hulle hom uitgeskop het.

Verse 8 Toe sê die oudstes van Gílead vir Jefta: Daarom kom ons nou na jou terug, dat jy met ons kan saamtrek en teen die kinders van Ammon veg, en dat jy ons hoof kan wees oor al die inwoners van Gílead.

Die oudstes het vir Jefta om verskoning gevra. Kan jy agterkom dat die aanbod groter word?

Vers 9 Daarop antwoord Jefta die oudstes van Gílead: As julle my laat terugkom om teen die kinders van Ammon te veg en die HERE hulle aan my oorgee, dan moet ek julle hoof word.

Dit was baie goed van Jefta om voor die tyd die terme van die verdrag te bekragtig. ‘n Les vir jou en my want mense kan hulle planne agterna verander.

Verse 10,11 Toe sê die oudstes van Gílead vir Jefta: Die HERE sal hoorder wees tussen ons. Waarlik, soos jy gesê het, so sal ons doen. So het Jefta dan met die oudstes van Gílead saamgegaan, en die volk het hom as hoof en aanvoerder oor hulle aangestel, en Jefta het al sy woorde voor die aangesig van die HERE in Mispa gespreek.

Voor Jefta met die oorlog begin het hy eers die saak met die Here by Mispa bespreek.

Verse 12,13 Toe stuur Jefta boodskappers na die koning van die kinders van Ammon om te vra: Wat het ek met u te doen, dat u na my kom om teen my land te veg? 13 En die koning van die kinders van Ammon sê aan die boodskappers van Jefta: Israel het my land geneem toe hy opgetrek het uit Egipte, van die Arnon af tot by die Jabbok en tot by die Jordaan; gee dit dan nou in vrede terug.

Voordat Jefta swaard en pyl en boog opneem, begin hy eers om te onderhandel.

Is daar ‘n les wat ek en jy kan leer?

Verse 14,15 En Jefta het nog weer boodskappers gestuur na die koning van die kinders van Ammon 15 en vir hom gesê: So sê Jefta: Israel het die land Moab en die land van die kinders van Ammon nie geneem nie.

Wat Jefta hier doen is om Moab en Ammon saam in die onderhandelings bespreek.

In vers 24 waar die god Kemos van die Moabiete genoem word, word hy ook die god van die Ammoniete genoem.

Ammon moes in hierdie tyd beheer oor Moab begin uitoefen het. Of deur ondertrouing of deur oorlog.

Die nasionale god van Ammon was Milkom of Moleg.

Verse 16,17 Want Israel het toe hy uit Egipte opgetrek het, deur die woestyn gegaan tot by die Skelfsee en het by Kades gekom. 17 En Israel het boodskappers gestuur na die koning van Edom om te sê: Laat my tog deur u land trek; maar die koning van Edom het geen gehoor gegee nie; en na die koning van Moab het hy gestuur, maar hy wou ook nie. Daarom het Israel in Kades gebly.

Koning van Moab. Moses het nie hierdie insident opgeskryf nie maar hy noem weld at Israel nie deur Moab se grondgebied getrek het nie.

In Deuteronomium 2:29 is daar gedagte dat Moab Israel geweier het om deur hulle land te trek.

Verse 18,19 Verder het hy deur die woestyn gegaan en om die land Edom en die land Moab getrek en gekom aan die oostekant van die land Moab; en hulle het laer opgeslaan oorkant die Arnon, maar nie in die gebied van Moab ingekom nie, want die Arnon is die grens van Moab.19 Daarop het Israel boodskappers gestuur na Sihon, die koning van die Amoriete, die koning van Hesbon, en Israel het vir hom gesê: Laat ons tog deur u land trek na my plek toe.

Koning se grondgebied het vanaf die Arnon tot by die Jabbokrivier gestrek.

Hesbon die hoofstad en die omliggende gebiede wat vroeër deur Moab besit was, is deur die Amoriete verower.

Die plan was dat Israel aan die weste kant van die Jordaanrivier sou gaan woon. Die vyandigheid van Sihon en die verowering van die land het die prentjie verander.

Die stamme van Reuben, Gad en die halwe stam van Manassa het Moses gevra of hulle daar kon woon.

Verse 20,21 Maar Sihon het Israel nie vertrou om deur sy gebied te trek nie, en Sihon het al sy manskappe versamel, en hulle het laer opgeslaan in Jahas en teen Israel geveg.

21 Maar die HERE, die God van Israel, het Sihon en sy hele volk in die hand van Israel gegee, en dié het hulle verslaan; sodat Israel die hele land van die Amoriete, die inwoners van daardie land, in besit geneem het.

Eeue later het die Moabitiese steen na Jahas as ‘n Israelitiese stad verwys. Tans word daar opgrawings gedoen.

Verse 22,23 En hulle het die hele grondgebied van die Amoriete, van die Arnon af tot by die Jabbok en van die woestyn af tot by die Jordaan, in besit geneem. 23 So het die HERE, die God van Israel, dan die Amoriete voor sy volk Israel uit verdrywe, en wil u dit in besit neem?

Volgens die primitiewe wat van die nasies het die gebied aan Israel behoort.

Vers 24 Sal u dit nie in besit neem wat u god Kamos u as ’n besitting gee, en ons alles wat die HERE onse God voor ons uit verdrywe, in besit neem nie?

Milkom was die  Ammoniete se nasionale god nie Kemos nie. Hy was die Moabiete se god. Met ander woorde die koning van Ammon het oor beide Moab en Ammon regeer.

Jefta wys daarop dat as Ammon weier om die regte van Israel te herken hy terselfdertyd sy eie reg ondermyn in die land waarin hy woon.

Jefta wou deur diplomasie vrede tussen hom en Ammon bewerkstelig.

Verse 25 En is u nou soveel beter as Balak, die seun van Sippor, die koning van Moab? Het hy ooit met Israel getwis, of ooit teen hulle geveg?

Dit was ‘n baie goeie argument dat Ammon geen reg op Israel se verowerede gebied gehad het nie.

Verse 26,27 Terwyl Israel in Hesbon met sy onderhorige plekke en in Aroër met sy onderhorige plekke en in al die stede wat langs die Arnon lê, driehonderd jaar lank gewoon het, waarom het julle dit dan nie in dié tyd ontset nie?

27 So het ék dan nie teen ú gesondig nie, maar u handel so sleg met my om teen my oorlog te voer. Mag die HERE, die Regter, vandag oordeel tussen die kinders van Israel en die kinders van Ammon!

Jefta het die reg van Israel op drie feite verdedig:

(1) die reg op verowering, nie van Ammon nie maar van die Ammoriete(15–20);

(2) dat nie eers die Ammoniete en Moabiete se gode het die verowering destyds betwis nie:

(3) die onbetwiste besit van die land vir ‘n baie lang periode. 25,26). En dan beroep hy hom op God om sy saak te verdedig.

Wat was Ammon se reaksie?

Verse 28,29 Maar die koning van die kinders van Ammon het nie geluister na die woorde van Jefta wat hy hom laat weet het nie. 29 Toe het die Gees van die HERE op Jefta gekom, en hy het oorgetrek na Gílead en Manasse en verder deur na Mispe in Gílead; en van Mispe in Gílead het hy deurgetrek na die kinders van Ammon.

Soos wat die Heilige Gees destyds ‘n oorwinning oor ‘n magtige vyand gegee het, so wil Hy vandag nog vir ons groot oorwinnings oor die vyande in ons lewe gee.

Verse 30,31 En Jefta het aan die HERE ’n gelofte gedoen en gesê: As U werklik die kinders van Ammon in my hand gee,31 dan sal wat uitkom, wat uit die deure van my huis uitkom my tegemoet, as ek in vrede terugkom van die kinders van Ammon, aan die HERE behoort, en ek sal dit as ’n brandoffer bring.

Jefta het hierdie eed onder baie moeilike omstandighede geneem. Hy was onder baie groot stress en dis dan wanneer ons  partymaal onverantwoordelike geloftes aflê.

Wie behalwe Jefta se vrou, dogter of miskien ‘n slaaf sou uitkom om hom te verwelkom en geluk te wens met sy oorwinning?

In daardie heidense mileu was dit nie vreemd dat menseoffers vir hulle gode gebring is nie.  Die Moabitiese koning Mesa het sy oudste seun vir sy god Kemos geoffer. (2 Kings 3:26, 27).

Die wet van Moses het hierdie gebruik belet maar in die tyd van koning Ahas en Mannassa is dit toegepas. (2 Chron. 28:3; 33:6).

Jefta het ‘n fout gemaak.

Verse 32,33 Daarop het Jefta deurgetrek na die kinders van Ammon om teen hulle te veg, en die HERE het hulle in sy hand gegee.33 En hy het hulle verslaan van Aroër af in die rigting na Minnit, twintig stede, en tot by Abel-Kerámim – ’n baie groot slag; sodat die kinders van Ammon verneder is voor die kinders van Israel.

En wat het gebeur toe Jefta die oorwinnaar by die huis aankom?

Vers 34 En toe Jefta in Mispa by sy huis kom, gaan sy dogter juis uit hom tegemoet met tamboeryne en koordanse; en sy was die enigste kind: hy het geen seun of dogter buiten haar gehad nie.

Nadat Jefta uit sy ballingskap teruggekom het om die Rigter in Gilead te word, het hy na Mispa verhuis.

Hoe gaan Jefta optree wanneer sy enigste kind in hulle nuw mooi tuiste na hom aangehardloop kom?

Vers 35 En net toe hy haar sien, skeur hy sy klere en sê: Ag, my dogter, jy druk my heeltemal neer, en jy stort my in die ongeluk! Want ek het my mond geopen teenoor die HERE, en ek kan nie terugtrek nie.

Ongeluk. Die woord akar, dui op grenslose gebrokenheid, angs en neerslagtigheid.

Jefta het sy hel lewe konflik en pyn ervaar maar hierdie een het al die ander by verre oortref.

Daar was twee soorte eede: ‘n doodgewone eed neder (Lev. 27:2–27), en Kerem wat jy nie kon terugtrek nie. En dit was Jefta se eed.

Despite its sacredness, the one who vows it is not under obligation to keep it if it binds him to perform a wrong act (see PP 506).

Jefta se eed was in stryd met die wet en was dus nie bindend nie. Hy het egter gevoel dis bindend en al het hy tot sy skade gesweer, hy sou nie verander nie.

Sy dogter se reaksie?

Verse 36 En sy antwoord hom: My vader, as u u mond geopen het teenoor die HERE, maak met my soos uit u mond uitgegaan het nadat die HERE u volkome wraak verskaf het op u vyande, op die kinders van Ammon.

Sy het regtig geglo dat haar pa die oorwinning behaal het omdat hy die eed geneem het.

Verse 37-40 En hy sê: Gaan! En hy het haar vir twee maande laat gaan. Sy het toe weggegaan met haar vriendinne en haar maagdelike staat op die berge beween. Verder het sy vir haar vader gesê: Laat dít my toegestaan word: laat my twee maande vry, dat ek kan weggaan en afdaal na die berge en my maagdelike staat beween, ek en my vriendinne. En aan die end van twee maande het sy na haar vader teruggekom, en hy het die gelofte wat deur hom gedoen is, aan haar voltrek; en sy het geen man beken nie. En dit het ’n gewoonte geword in Israel40 dat die dogters van Israel jaar vir jaar heengaan om die dogter van Jefta, die Gileadiet, te besing, vier dae in die jaar.

Jefta het twee foute gemaak. Sy eed en die voltrekking van die eed.

Hoeveel foute het ek en jy al gemaak? Sal die Here hierdie Rigter nog in Sy hou? In die volgende hoofstuk kyk ons na die karakter van God.

Was this article helpful?

Related Articles