1. Home
  2. Boeke Van Die Bybel
  3. Die Boek Rigters
  4. Hoofstuk 15 – Die Boek Van Rigters

Hoofstuk 15 – Die Boek Van Rigters

Rigters Hoofstuk 15

1 Simson is sy vrou kwyt. 3 Hy verbrand die Filistyne se koring met jakkalse wat brandende fakkels aan hulle sterte vasgemaak is. 6 HDie Filistyne verbrand sy vrou en haar pa. 7 Simson slaan hulle dood. 9 HDie manne van Juda boei hom en lewer hom aan die Filistyne uit. 14 Hy slaan hulle met ‘n donkiekakebeen dood. 18 God voorsien water om sy dors te les.

Vers 1 ‘n Ruk later, in die koringoestyd, het Simson vir sy vrou gaan kuier en ‘n bokkie saamgevat. Hy het gesê: “Ek wil by my vrou gaan slaap.” Maar haar pa wou hom nie toelaat nie. 

In daardie streek was die koringoestyd vanaf die middle van Mei tot die middle van Juniemaand. Die seisoene word genome met die afbrand van die oes so ‘n bietjie later in verse 4 en 5. 

Die bokkie wat hy vir haar gebring het was paslike geskend vir so ‘n geleentheid. (Genesis 38:17).

Alhoewel sy vrou nou met ‘n ander man getroud was, was sy nog in haar pa se huis. Hoe het hy Simson se versoek hanteer?

Vers 2 Haar pa het gesê: “Ek was doodseker dat jy haar nou haat, en daarom het ek haar vir jou strooijonker gegee. Haar jonger suster is mooier as sy. Jy kan haar kry in jou vrou se plek.” 

Het sy skoonpa rede gehad om te gedoen het wat hy gedoen het?

Miskien het hy gevoel dat Simson haar haat omdat sy hom verraai het of omdat hy net pad gevat het toe hy dit uitgevind het. Wat dink jy?

Omdat hy bang was vir Simson en omdat hy reeds ‘n bruidskat ontvang het, het hy vining aangebied dat Simson die jonger sussie kon neem.

Hoe het Simson die situasie hanteer?

Vers 3 Maar Simson sê vir hulle: “Hierdie keer het ek die Filistyne niks verkeerds aangedoen nie. Ek gaan ‘n ramp oor hulle bring.” 

Ek wonder of sy ex en haar sussie gehoor het wat Simson gesê het?

Dit was ‘n baie belangrike oomblik in Simson se lewe. Hoekom het hy nie sy skoonpa of sy gewese vrou ygekom nie?

Miskien het hy gevoel dat hulle optrede teenoor hom onder druk van die Filistyne plaasgevind het. En boonop het hulle het hom gehaat omdat hy ‘n Israeiet was.

Simson het voorgeneem om die Filistyne ‘n les te leer en himself daarvoor te verontskuldig.

Vers 4 Hy het toe drie honderd jakkalse gaan vang en hulle sterte twee-twee aan mekaar vasgemaak. Hy het fakkels gevat en tussen elke twee sterte ‘n fakkel vasgemaak.  

Mens wonder hoe hy al hierdie jakkalse bymekaar gekry het? Dit was seker ‘n aangypende gesig om die vuur in daardie donker in die koringlande sien brand het.

Verse 5 Hy het toe die fakkels aan die brand gesteek en die jakkalse tussen die graan van die Filistyne losgelaat. Hy het die miedens en die graan op die land aan die brand gesteek, ook die wingerde en die olyfboorde. 

Dit moes ‘n verskriklik skade gewees het. Oral het die as van die verbrande oeste gelê en huil. Ek wonder of
Simson besef het watter skade hy die Filistyne aangedoen het?

Kan jy jou indink met watter skok die Filistyne na die kilometers afgebrande oeste gekyk het?

Vers 6 Toe die Filistyne vra: “Wie het dit gedoen?” is daar gesê: “Simson, die skoonseun van die man uit Timna, want hy het Simson se vrou met sy strooijonker laat trou.” Die Filistyne het toe gekom en haar en haar pa verbrand. 

Hierdie verskriklike wrede daad teenoor vrou en haar gesin, was net teenoor haar gemik nie. Hierdie wrede onmenslike daad was ook op Simson gemik. Hulle het die vrou verwoes omdat hulle geweet dat Simson na haar sou terugkeer.

Vers 7,8 Simson het vir hulle gesê: “As dít is wat julle doen, sal ek nie ophou voordat ek my op julle gewreek het nie.” Hy het hulle verwoed aangeval en ‘n groot slagting aangerig. Toe het hy vertrek en in die rotskloof by Etam gaan woon. 

Wie dink jy het hy verslaan? Onder andere miskien hulle wat sy vrou verbrand het. 

Dit was ongetwyfeld ‘n ontoeganklike grot in ‘n groot rotsgleuf. Dit verduidelik die latere tekse wat sê dat hulle af gegaan het en hom toe weer uitgehaal het.

Die Filistyne het in Juda gaan kamp opslaan en ‘n strooptog teen Legi uitgevoer.

Verse 9 Toe trek die Filistyne nader en slaan laer op in Juda en sprei hulleself uit by Legi. 

Simson was uit die stam van Dan maar hulle het deel van die grond van Juda ontvang,

Die Filistyne wou die Hebreërs straf vir die kwaad wat Simson hulle aangedoen het.

Legi beteken “kakebeen.” Die plek het eers sy naam na die gebeure wat hier plaasgevind het waarvan ons later gaan lees.

Vers 10 En die manne van Juda vra: Waarom het julle teen ons opgetrek? En hulle sê: Ons het opgetrek om Simson te bind, om aan hom te doen soos hy aan ons gedoen het. 

Die stam van Juda in vreedsame knegskap onder die Filistyne geleef. Dit was vir hierdie rede dat hulle verbaas was dat die Filistybe teen hulle opgeruk het.

Simson was ook nie van hulle stam nie en hulle het geen geenstand teenoor die Filistyne getoon nie.

Wat gaan Juda nou doen?

Vers 11 Daarop trek drie duisend man uit Juda af na die rotskloof van Etam en vra vir Simson: Weet jy nie dat die Filistyne oor ons heers nie, en wat het jy ons nou aangedoen? En hy sê aan hulle: Soos hulle aan my gedoen het, so het ek aan hulle gedoen. 

Waarom drieduisend man om een ou te vang? Hulle het geweet watter krag Simson besit het. hulle wou ook seker maak da thy nie sal ontsnap nie. Hulle sou ook nie sommer baie naby hom kom as hulle nie versekering kry dat hy hulle nie sou aanval nie.

Luister na hierdie klomp papbroeke se verwyt: 

“Weet jy nie dat die Filistyne oor ons heers nie, en wat het jy ons nou aangedoen?”

Hulle verwyt vir Simson omdat hy teen die Filistyne gerebelleer het en nou in hulle grondgebied wegkruip. Sy gedrag stel hulle in gevaar.

Hulle laakbare gedrag om hom aan die Filistyne te oorhandig spreek van die haglike geestelike toestand waarin hulle verval het.

Juda was vroeër die magtige veroweraars en nou is hulle ‘n klomp geestelike papbroeke. Hulle het hulle godsdiens saam met hulle patriotism verloor.

Wat kon nie alles daardie dag gebeur het as hulle soos Gideon se 300 man opgetree het nie?

Vers 12  Toe sê hulle vir hom: Ons het afgekom om jou te bind, om jou oor te gee in die hand van die Filistyne. En Simson sê aan hulle: Sweer vir my dat julle nie self op my sal aanval nie. 

Simson was nie bang vir die Filistyne nie. Hy was oortuig dat die Here hom teen hulle sou beskerm. Maar hy het sy eie mense gewantrou en hulle laat sweer dat hulle hom nie leed sal aandoen nie want dan sou hy verplig wees om hulle te verwoes.

Vers 13 En hulle antwoord hom: Nee, ons sal jou net vasbind en oorgee in hulle hand, maar doodmaak sal ons jou stellig nie. Daarop bind hulle hom vas met twee nuwe toue en bring hom op uit die rots.

Hier sien mens hoe hy uit die rots gehaal is. Argeoloë is tans besig by ‘n plek met dieselfde naam Legi waar hulle spekuleer oor die put waarin Simson kon gewees het. 

Vers 14 Toe hy tot by Legi kom, juig die Filistyne hom tegemoet; maar die Gees van die HERE het oor hom vaardig geword, en die toue wat aan sy arms was, het geword soos linnedrade wat in die vuur brand, en sy bande het versmelt van sy hande af. 

Toe hulle hoor dat hulle viand deur sy eie lafhartige mense daar aangesleep kom, het hulle skreeuend hom tegemoed gehardloop.

Hulle kon nie wag om hulle op Simson te wreek nie.

Vers 15 Toe kry Simson die vars kakebeen van ‘n donkie in die hande en hy vat dit vas en slaan ‘n duisend Filistyne daarmee dood.

Die een oomblik skreeu hulle van blydskap en die volgende oomblik gil hulle van vrees.

Nadat Simson die nuwe toue gebreek het, moes hy seker baie vining rondgekyk het of hy iets in die hande kon kry om die Filistyne by te kom. Gelukkig sien hy die kakebeen van ‘n donkie wat onlangs gevrek het.

Terwyl hulle nog so skreeu spring Simson onder hulle in en voor hulle kon wegkom het hy ‘n duisend van hulle doodgeslaan.

Vers 16 Toe sê hy: “Met die kakebeen van ‘n donkie het ek ‘n hopie van hulle gemaak, met die kakebeen van ‘n donkie het ek duisend man doodgeslaan.”

Ons ons ou maat was nie net fisies sterk nie, hy was ook ‘n kragtige digter.

Die gedig het ‘n interessante woordspeling wat jy nie in Afrikaans kan vertaal nie.

Die woorde vir “donkie” en “hoop” is identies. Die koeplet is ‘n transliterasie sodat die effek geillustreer kan word. Bilchi hachchamor chamor chamoratayim

   Bilchi hachchamor hikkiti ’eleph ’ish.

Verse 17,18 Toe hy dit gesê het, het hy die kakebeen weggegooi en die plek Kakebeenshoogte genoem. Simson was baie dors en toe roep hy tot die Here: “U het hierdie groot oorwinning deur my moontlik gemaak. Moet ek nou van dors sterf en in die hande van die heidene val?” 

Dis oestyd, dis warm. Water is skaars. Simson is uitasem en papnat gesweet. Hy is bang dat die klomp Filistyne sou terugkom en dat hy hulle nie sal kan hanteer nie.

Die Here wou ons ou sterk maat leer dat hy sonder goddelike nie Sy volk sal kan verlos nie. Hy is so uitgeput dat hy nie eers sonder die hulp van die slagveld kon wegstap nie.

Ons lees net van tweekeer dat Simson gebid het: hier en by sy dood. En elke keer het die Here hom geantwoord.

So jammer dat hy so min gebid het. Dink net wat ‘n magtige geestelike leier hy nie kon gewees het nie. Ongelukkig het hy ‘n geestelike dwergie gebly.

Dis die regte ding om te bid wanneer ons in die moeilikheid beland. Maar sal dit nie goed wees as ook sal bid wanneer ons nie in die moeilikheid is nie?

Vers 19 Toe het God die holte by Legi oopgebreek en daar het water uitgekom en Simson het gedrink en weer nuwe krag gekry. Daarom word die fontein in Legi nou nog Roepersfontein genoem.

Kan jy sien hoe drink die reus die heerlike wonderwerk water?

Hy drink himself uitasem en vee sy mond af.

Miskien het ‘n stemmetjie vir hom gefluister. “Simson daar is ook ‘n ander water, die water van My liefde. Wil jy nie daagliks uit daardie heilfontein kom drink nie.”

Vers 20 Simson was in die tyd van die Filistyne twintig jaar lank leier van die Israeliete. 

Simson het nie oor die ander stamme regeer nie net oor sy gebied. Die mense het hom as ‘n soort van ‘n militêre held aangestel. 

Aangrypende sitaat:

Samson Recognizes His Dependence.–Thousands of Israelites witnessed Samson’s defeat of the Philistines, yet no voice was raised in triumph, till the hero, elated at his marvelous success, celebrated his own victory. But he praised himself, instead of ascribing the glory to God. No sooner had he ceased than he was reminded of his weakness by a most intense and painful thirst. He had become exhausted by his prodigious labors, and no means of supplying his need was at hand. He began to feel his utter dependence upon God, and to be convinced that he had not triumphed by his own power, but in the strength of the Omnipotent One.  {2BC 1006.7}  

     He then gave God the praise for his deliverance, and offered an earnest prayer for relief from his present suffering. The Lord hearkened to his petition and opened for him a spring of water. In token of his gratitude Samson called the name of the place En-hakkore, or “the well of him that cried” (ST Oct. 6, 1881).  {2BC 1006.8} 

Was this article helpful?

Related Articles