1. Home
  2. Boeke Van Die Bybel
  3. Die Boek Rigters
  4. Hoofstuk 2 – Die Boek Van Rigters

Hoofstuk 2 – Die Boek Van Rigters

RIGTERS – HOOFSTUK 2

In hierdie hoofstuk lees ons van die bestraffing van die volk deur ‘n Engel by Bogim.

In vers 6 verneem ons van die goddeloosheid van die nuwe geslag na Josua.

Vers 14 God se onsteltenis en jammerte.

Vers 20 Die rede waarom die Kanaäniete nie verdryf is nie.

Vers 1 TOE trek die Engel van die Here van Gilgal op na Bogim en sê: Ek het julle uit Egipte laat optrek en julle gebring in die land wat Ek julle vaders met ’n eed beloof het, en gesê: Ek sal my verbond met julle in ewigheid nie verbreek nie;

Wie dink jy is die Engel van die Here? En waar dink jy is die plek waar Israel versamel het en gehuil het?

Vers 2 maar julle mag geen verbond met die inwoners van hierdie land maak nie; hulle altare moet julle omgooi. Maar julle het nie na my stem geluister nie. Wat het julle nou gedoen?

Dis Jesus wat hier praat. Daar is trane in Sy stem.

Vers 3 So sê Ek dan ook: Ek sal hulle nie voor julle uit verdrywe nie, sodat hulle vyande vir julle sal wees, en hulle gode ’n strik vir julle.

God kan ons nie beskerm en seen terwyl ons met Sy vyande heul nie. Sy voorwaardelike verbond met hulle is verbreek en Hy gaan hulle nie meer help om die vyande te verdryf nie.

Ekhet hierdie ernstige sitaat raakgeloop:

“Lust and corruption not only cut off the grace of God but bring retribution and punishment as a result of the sin itself. God often punishes sin with sin.” PP 728

Verse 4,5 En terwyl die Engel van die Here met hierdie woorde al die kinders van Israel toespreek, het die volk hulle stem verhef en geween; 5en hulle het dié plek Bogim genoem en daar aan die Here geoffer.

Was dit ‘n gehuil oor die feit dat hulle gesondig het of omdat die Here Hom van hulle sou ontrek?

Die naam Bim is sinoniiem met Silo want dit is waar die offerplek was.

So dikwels is godsdiens net ‘n emosionele ervaring eerder as geloof en gehoorsaamheid.

Verse 6–10 vertel die verhaal van Bogim tot by die dood van Josua.

Vers 6 DAARNA het Josua die volk laat gaan, en die kinders van Israel het elkeen na sy erfdeel getrek om die land in besit te neem.

Verse 7-9 En die volk het die Here gedien al die dae van Josua en al die dae van die oudstes wat ná Josua nog in die lewe was, en al die groot werke van die Here gesien het wat Hy vir Israel gedoen het. 8Maar Josua, die seun van Nun, die kneg van die Here, het gesterwe, honderd-en-tien jaar oud; en hulle het hom begrawe op die gebied van sy erfdeel in Timnat-Heres, op die gebergte van Efraim, noord van die berg Gaäs.

Wat dink jy gaan na Josua se dood gebeur?

Verse 10 En toe ook daardie hele geslag by hulle vaders versamel is, staan daar ’n ander geslag ná hulle op wat die Here en ook die werk wat Hy vir Israel gedoen het, nie geken het nie.

Hoe gaan hulle optree as hulle nie die Here ken nie?

En wat van ons? Hoe gaan ek my gedra as ek die Here nie wil ken nie?

Vers 11 En die kinders van Israel het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE: hulle het die Baäls gedien

Wat het gebeur toe die volk Baäl aanbid het voordat hulle die Beloofde Land binnegekom het?

Hoeveel van hulle het gesterf? 24,000.

Wanneer ek in sonde vasval, maak die geskiedenis nie juis ‘n impak op my nie.

Luister net na hierdie tragiese woorde:

Vers 12 En die HERE, die God van hulle vaders, verlaat wat hulle uit Egipteland uitgelei het, en hulle het agter ander gode aan geloop, van die gode van die volke wat rondom hulle was, en hulle daarvoor neergebuig en die HERE geterg.

As dit jou kind is wat jou opvoeding oorboord gegooi het en losbandig begin lewe het, wat sou jy gedoen het?

Wat het God gedoen toe Sy volk Hom verwerp het?

Verse 13,14 Maar toe hulle die HERE verlaat en die Baäl en die Astartes dien,14 het die toorn van die HERE teen Israel ontvlam, en Hy het hulle oorgegee in die hand van rowers wat hulle beroof het; en Hy het hulle verkoop in die hand van hulle vyande rondom, sodat hulle nie meer kon standhou voor hulle vyande nie.

ASTARTES

Wie was hierdie afgod? In Babilon was sy Istar genoem.

Sy was die godin van seksuele liefde, moederskap en vrugbaarheid.

Die Ras Shamra kleitablette stel haar voor as die godin van oorlog en en agternasit.

Sy word ook op die Moabitiese steen genoem. Sy is selfs in die tyd van Abram aanbid.

1 Samuel 31:10 Daarna het hulle sy wapens in die Astarte-tempel neergelê, maar sy lyk teen die muur van Bet-San vasgeslaan.

1 Konings 11:5 En Salomo het agter Astárte, die godin van die Sidoniërs, en agter Milkom, die verfoeisel van die Ammoniete, aan geloop.

Wanneer jy deur die museums stap sien jy derduisende van haar beeldjies. Sy was die moeder van afgodsgodinne.

Wanneer godsdiens op emosie gebou word, is daar nooit ‘n tekort aan aanbidders nie

Vers 15 Waarheen hulle ook al uittrek, was die hand van die HERE teen hulle ten kwade, soos die HERE gespreek en soos die HERE vir hulle gesweer het.

Is jy ‘n slegte mens? Het jy in diep benoudheid geraak asgevolg van die sondes wat jy gepleeg het? Is daar hoop vir jou?

Luister na die volgende teks wat die ongelooflike sondaarsliefde van die Here beskryf:

Vers 16 Maar wanneer hulle dan in groot benoudheid raak, 16 verwek die HERE rigters wat hulle verlos uit die hand van hulle berowers.

Die straf van die Here was om hulle om hulle te red en nie te vernietig nie.

Dankie tog. Hier kom uitkoms. Regters was aangestel om hulle uit hulle benoudheid te red.

Hoe het hulle teenoor hierdie verlossers gereageer?

Vers 17 Na hulle rigters het hulle egter ook nie geluister nie, maar agter ander gode aan gehoereer en hulle daarvoor neergebuig; gou het hulle afgewyk van die weg wat hulle vaders bewandel het in gehoorsaamheid aan die gebooie van die Here: so het hulle nie gedoen nie.

In God se poging om rampe toe te laat het Hy probeer om hulle te red. Wanneer die Rigters verligting gebring het, het God die volk net so onberouvol as voorheen.

Agter ander gode aan hoereer.

Dis ‘n algemene metafoor in die bybel om na godsdienstige afvalligheid te verwys.

Omdat die aanbidding van heidense afgode dikwels met seksuele immoraliteit gepaard gegaan het, verwys hierdie uitdrukking nie net na ‘n metafoor nie, maar na letterlike owerspel en hoereerdery.

Sê my. Kry die seksgodin vandag nog net soveel aandag of selfs meer?

Vers 18 En wanneer die Here vir hulle rigters verwek, was die Here met die rigter om hulle te verlos uit die hand van hul vyande al die dae van die rigter, omdat die Here medelyde gehad het vanweë hulle gekerm oor hulle verdrukkers en hulle verdringers.

Wat ‘n ongelooflike openbaring van God se liefde. Wanneer ons onder die gevolge van ons eie sonde ly, het die Here medelyde met ons.

Ek waardeer so ‘n God. Hy was so anders as die gode wat ou Israel aanbid het.

Vers 19 Maar wanneer die rigter dood was, het hulle nog erger as hulle vaders gehandel deur agter ander gode aan te loop, om hulle te dien en hulle daarvoor neer te buig: hulle het niks laat vaar van hulle handelinge en van hulle hardnekkige wandel nie.

Wat se patroon sien ons hier?

Asgevolg van sonde laat die Here toe dat die volk maai wat hulle gesaai en lesse daaruit kan leer. Die ellende lei tot ‘n mate van berou en bekering. En dan stuur die Here ‘n rigter om hulle te verlos.

In die tydperk wat daarop volg toets die Here die egtheid van Israel se bekering. Maar na die dood van die Rigter verva die ondankbare volk terug na hulle sondige leefwyse.

Dit is hierdie patroon wat die boek van Rigters meer as net ‘n blote stuk geskiedenis is. Rigters is ‘n filosofie van geskiedenis.

Die skrywer van die boek Rigters is meer as net ‘n historikus, hy is ‘n prediker.

Hy was een van die eerste geskiedskrywers wat die betekenis van die gebeure vir die toekomstige geslagte neergeskryf het.

Nog erger as hulle vaders gehandel vers 19.

Sonde het ‘n manier om te eskaleer. Ons raak minder gepla en sondig net mer.

Vers 20 Daarom het die toorn van die Here teen Israel ontvlam, en Hy het gesê: Omdat hierdie nasie my verbond wat Ek hulle vaders beveel het, oortree en na my stem nie luister nie

Wat is die toorn van die Here?

Dis ‘n uitdrukking van God se afkeur van die boosheid – dit spruit uit die heiligheid van God.

Die mens woede is ‘n vuur wat met met impulsiewe selfsug brand. God se toorn spruit voort uit ewige beginsels van geregtigheid en welwillendheid.

Omdat God heilig en goed is en omdat Hy weet hoe sonde Sy kosbare kinders gaan verwoes het Hy daardie vreeslike afsku teen sonde.

2 Petrus 3:9 Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.

Verse 20-23 Daarom het die toorn van die Here teen Israel ontvlam, en Hy het gesê: Omdat hierdie nasie my verbond wat Ek hulle vaders beveel het, oortree en na my stem nie luister nie sal Ek ook verder geeneen van die nasies wat Josua by sy dood laat oorbly het, voor hulle uit verdrywe nie — 22om Israel deur hulle op die proef te stel, of hulle die weg van die Here sal hou deur daarin te wandel soos hulle vaders dit gehou het, of nie. 23Daarom het die Here daardie nasies laat oorbly sonder om hulle dadelik te verdrywe, en hulle nie in die hand van Josua gegee nie.

NIE TEVERGEEFS NIE

Nieteenstaande die vele mislukking van Israel in hierdie tyd nie, was alles nie tevergeefs nie. Die verwoesting wat die omliggende nasies aangerig het, het ‘n verandering in sommige van die Israeliete teweeg gebring.

Die aanhoudende pakslae wat hulle gekry het, het hulle laat besef dat sonde net op pyn en ellende uitloop.

UITEINDELIKE VOORUITGANG

Teen die tyd dat Samuel die rigter op die toneel verskyn het, was daar geestelike vooruitgang.

Die problem wat hulle ondervind het, het die verskillende stamme nader aanmekaar gebind.

Hoe ontwikkel jy karakter? Deur probleme die hoof te bied.

Ons moet opnuut weer ‘n keer na voordeel van versoekings kyk.

Soos wat die Here ‘n plan vir Israel gehad het, so het Hy ook ‘n plan vir elkeen van ons lewens.

Wat is hierdie plan? Om versoekings te weerstaan. Nie in ons krag nie, maar in Syne.

Sy plan vir ons is om mooi onselfsugtige mense te word. Mens wat vir hulle medemens omgee.

En dan Sy uiteindelik plan met ons lewens?

Om eendag saam met Hom vir ewig te wees.

Wat gaan die hemel vir ons beteken?

‘n Plek waar daar voortdurende nuwe geluksfonteine ontdek gaan word.

In die hiernamaals gaan ons die groot tema van God se verlossing vir die mens studeer.

Ek wil die Here toelaat om hiedie ou sondaar gereed te maak vir daardie ander lewe in daardie ander land.

Wat van jou?

CHAPTER 2

1, 2. A Genuine Revival.—[Judges 2:1, 2 quoted.] The people bowed before God in contrition and repentance. They offered sacrifice, and confessed to God and to one another. The sacrifices they offered would have been of no value if they had not shown true repentance. Their contrition was genuine. The grace of Christ wrought in their hearts as they confessed their sins and offered sacrifice, and God forgave them.

The revival was genuine. It wrought a reformation among the people. They remained true to the covenant they had made. The people served the Lord all the days of Joshua, and all the days of the elders that outlived Joshua, who had seen the great works of the Lord. Their sins were repented of and forgiven, but the seed of evil had been sown, and it sprang up to bear fruit. Joshua’s life of steadfast integrity closed. His voice was no longer heard in reproof and warning. One by one the faithful sentinels who had crossed the Jordan laid off their armor. A new generation came upon the scene of action. The people departed from God. Their worship was mingled with erroneous principles and ambitious pride (RH Sept 25, 1900).

2 (2 Cor. 6:14–18). Harmful Effects of Association With the World.—It is not safe for Christians to choose the society of those who have no connection with God, and whose course is displeasing to Him. Yet how many professed Christians venture upon the forbidden ground. Many invite to their homes relatives who are vain, trifling, and ungodly; and often the example and influence of these irreligious visitors produce lasting impressions upon the minds of the children in the household. The influence thus exerted is similar to that which resulted from the association of the Hebrews with the godless Canaanites.

God holds the parents accountable for disregarding His command to separate themselves and their families from these unholy influences. While we must live in the world, we are not to be of the world. We are forbidden to conform to its practices and fashions. The friendship of the ungodly is more dangerous than their enmity. It misleads and destroys thousands who might, by proper and holy example, be led to become children of God. The minds of the young are thus made familiar with irreligion, vanity, ungodliness, pride, and immorality; and the heart not shielded by divine grace, gradually becomes corrupted. Almost imperceptibly, the youth learn to love the tainted atmosphere surrounding the ungodly. Evil angels gather about them, and they lose their relish for that which is pure, refined, and ennobling.

Professed Christian parents will pay the greatest deference to their wordly and irreligious guests, while these very persons are leading the children of those who pay them so much polite attention, away from sobriety and from religion. The youth may be trying to lead a religious life, but the parents have invited the tempter into their household, and he weaves his net about the children. Old and young became absorbed in questionable enjoyments, and the excitement of worldly pleasure.

Many feel that they must make some concessions to please their irreligious relatives and friends. As it is not always easy to draw the line, one concession prepares the way for another, until those who were once true followers of Christ, are in life and character conformed to the customs of the world. The connection with God is broken. They are Christians in name only. When the test hour comes, then their hope is seen to be without foundation. They have sold themselves and their children to the enemy (ST June 2, 1881).

Friendship With World or Favor of God?—Among God’s preferred people, there are men in responsible positions who are content to remain in a state of coldness and backsliding. Their piety vanishes at the approach of temptation. To gain the friendship of worldlings, they will risk the consequences of losing the favor of God. The Lord is trying His people as silver is tried. Closer and still closer will come the searching test, until the heart is wholly submitted to God, or hardened in disobedience and rebellion (ST June 2, 1881).

Was this article helpful?

Related Articles