1. Home
  2. Boeke Van Die Bybel
  3. Die Boek Rigters
  4. Hoofstuk 3 – Die Boek Van Rigters

Hoofstuk 3 – Die Boek Van Rigters

RIGTERS – HOOFSTUK 3

Verses 1-5 die nasies wat die Here met rus gelaat het om Israel te toets.  6 Vermeng met nasies. 7. Otniël bevryder 12. Die rigters Ehud en Samgar

Rigters 1-4 EN dit is die nasies wat die Here laat oorbly het om Israel, almal wat al die oorloë van Kanaän nie geken het nie, deur hulle op die proef te stel —2net dat die geslagte van die kinders van Israel dit kan weet—om hulle te leer oorlog voer, ten minste die wat daar vroeër nie van geweet het nie: 3vyf vorste van die Filistyne en al die Kanaäniete en Sidoniërs en Hewiete wat in die gebergte Líbanon gewoon het, van die berg Baäl-Hermon af tot by die ingang na Hamat. 4Hulle was dan daar om deur hulle Israel op die proef te stel; om te weet of hulle na die gebooie van die Here wat Hy hulle vaders deur Moses beveel het, sou luister.

Nadat die skywer die geskiedenis van die hele tydperk van die rigters behandel het, bespreek hy nou die nasies waarteenoor Israel nou militer te staan gekom het.

Die nuwe geslag wat geen kennis van oorlogvoering gehad het nie, sou uitvind dat hulle nie teen hulle magtige vyande opgewasse was nie. Net met God se hulp kon hulle die vyande verslaan.

My liewe vriend en dit is nog steeds die geval. Dis net met die Here se hulp dat ek die magtige vyand van my selfsugtige natuur kan verslaan.

Hulle het hierdie les op ‘n baie moeilike manier geleer en ons sal dieselfde pad moet loop.

Verse 5,6 SO het die kinders van Israel dan onder die Kanaäniete, Hetiete en Amoriete en Feresiete en Hewiete en Jebusiete gewoon,6en húl dogters vir hulle as vroue geneem en hulle eie dogters aan húl seuns gegee en hul gode gedien.

Wat was die volgende sonde wat hulle gepleeg het nadat hulle met hierdie goddelose heidene getrou het?

Vers 7 En die kinders van Israel het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here en die Here hulle God vergeet en die Baäls en die heilige boomstamme gedien.

Hoe het dit die Here geraak?

Vers 8 Daarop het die toorn van die Here teen Israel ontvlam, en Hy het hulle verkoop in die hand van Kusan Risatáim, die koning van Mesopotámië, en die kinders van Israel het Kusan Risatáim agt jaar lank gedien.

ONGEHOORSAAMHEID, STRAF, VERGIFNIS, RIGTER

Van nou af sien ons hoe die vorige inligting in werking begin tree. Hulle raak goddeloos, pluk die vrugte, roep die Here aan en Hy stuur verlossing deur die Rigter.

OTNIëL

Vers 9 Maar toe die kinders van Israel die Here aanroep, het die Here ’n verlosser vir die kinders van Israel verwek, wat hulle verlos het: Ótniël, die seun van Kenas, die jonger broer van Kaleb.

Wat ‘n ongelooglike reddende God! Toe hulle Hom vra om te help, stuur Hy ‘n Rigter.

As jy op die oomblik onder die gevolge van jou verkeerde dade baie swaar kry, doen dan wat Israel gedoen het. Die Here gaan luister en vir jou uitkoms stuur.

Vers 10 En die Gees van die Here het op hom gekom, en hy het Israel gerig en uitgetrek om oorlog te voer; en die Here het Kusan Risatáim, die koning van Aram, in sy hand gegee, sodat hy die oorhand oor Kusan Risatáim gekry het.

Wat ‘npragtige teks!

Wat het daartoe gelei dat Otniël die geveg gewen het?

Wat gaan jou en my help om die oorwinning oor die vyand te behaal?

Vers 11. Toe kry die land rus veertig jaar lank. En Ótniël, die seun van Kenas, het gesterwe.

Dink net daaraan. Vir 40 jaar was hulle aan die Here gehoorsaam. Daar was rustigheid in die land.

Wat het gebeur nadat Otniël die goeie Rigter gesterf het?

Verse 12 EN die kinders van Israel het weer gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here. Toe maak die Here Eglon, die koning van Moab, sterk teen Israel, omdat hulle gedoen het wat verkeerd was in die oë van die Here;

My liewe vriend. Ongehoorsaamheid het nog nooit betaal nie. Dis so ‘n belangrik les wat die boek Rigters vir ons wil leer.

Wie nog het die magtige koning van Moab bygestaan om Israel te kom aanval?

Verse 13,14 en hy versamel by hom die kinders van Ammon en Ámalek. Daarop het hy weggetrek en Israel verslaan, en hulle het die Palmstad in besit geneem.14En die kinders van Israel het Eglon, die koning van Moab, agttien jaar lank gedien.

Hoe lank gaan Israel onder ‘n vreemde koning verdruk en verneder word voor hulle die Here vir hulp gaan aanroep?

En wat van jou en my? Sonde verwoes ons. Hoe lank moet ons nog onder hierdie wrede meester ly?

Vers 15 Maar toe die kinders van Israel die Here aanroep, het die Here vir hulle as verlosser verwek: Ehud, die seun van Gera, die Benjaminiet, ’n man wat links was. Deur hom stuur toe die kinders van Israel die belasting aan Eglon, die koning van Moab.

Wat sien ons hier?  Die probleem word herhaal. Gaan die Here weer Sy kinders verlos?

DIE STAM VAN BENJAMIN

Uit watter stam was Ehud? Waarom nie uit Juda nie? Daar was niemand uit hierdie stam wat die Here kon gebruik het nie.

Maar uit die geringste ou stammetjie, die stam van Benjamin was daar iemand wat God kon gebruik het.

Die eerste Rigter was uit die stam van Juda, die sterkste stam.

Die man wat links was. Letterlik “vasgemaak mbt sy regterhand.”

Waar sou ‘n linkerhandman sy swaard dra?

Verse 16,17 En Ehud het vir hom ’n swaard gemaak, aan twee kante skerp, een el lank, en dit onder sy klere aan sy regterheup vasgegord; 17en hy het die belasting aan Eglon, die koning van Moab, gebring; en Eglon was ’n baie vet man.

Waarom word daar na die feit verwys  dat Eglon ‘n baie vet man was?

Dis prolepsis. Asgevolg van sy oorgewig gaan hy sterf. Die klimaks gaan kom.

Vers 18 En toe hy die belasting volledig afgelewer het, bring hy die mense wat die belasting gedra het, weg;

Dis eienaardig. Wat gaan hy nou op sy eie doen?

Vers 19 maar hy self het omgedraai by die gesnede beelde wat by Gilgal was, en gesê: Ek het ’n geheime opdrag aan u, o koning! Dié sê toe: Stil! En almal wat by hom staan, het van hom af weggegaan buitentoe.

Ehud kyk na die gesnede beelde van die Moabiete en iets gebeur in sy binneste. Waarom moet Israel die verfoeisels van die Moabiete die verdrukkers aanbid?

Waarom moet hulle langer swaarkry?

SJUUT

Kan jy vir Ehud voor die koning sien staan. Hy sê vir almal. “Stil”. Die Hebreeus Koppel die woord aan klank.

Wat sou jy sê is die Afrikaans? Hoe sê ons saggies om stil te bly?

Eglon die koning het seker gehoor dat Ehud sy metgeselle weggestuur sodat hulle nie die geheime boodskap moes hoor nie.

Hy stuur toe al sy veiligheidswagte uit.

Verse 20-22 En toe Ehud by hom inkom, terwyl hy in die koel bo-kamer sit wat vir hom alleen was, sê Ehud: Ek het ’n woord van God aan u! En toe hy van sy stoel af opstaan,21steek Ehud sy linkerhand uit en gryp die swaard van sy regterheup af en steek dit in sy buik,22sodat selfs die hef agter die lem ingedring het en die vet, want hy het die swaard nie uit sy buik uitgetrek nie, om die lem toegesluit en by die wond uitgepuil het.

Nadat die koning Eglon die veiligsheidswagte verdaag het, het hy na sy koel bokamer geloop waar hy na die boodskap wou luister.

Toe Ehud vir hom sê dat hy ‘n Woord van God vir hom het, het hy uit eerbied opgestaan. Met sy linkerhand het Ehud soos ‘n blits sy swaard aan sy regtersy uitgepluk en sy taak afgehandel.

Dink jy die vet koning kon enigiets doen om homself te verdedig?

Vers 23 Toe gaan Ehud uit op die galery, maar hy het die deure van die bo-kamer agter hom gesluit en gegrendel.

Wat het gebeur nadat Ehud baie vinnig daar weg is?

Vers 24 Net toe hy uitgegaan het, kom sy dienaars; en toe hulle sien en kyk: die deure van die bo-kamer was gegrendel, sê hulle: Hy is seker besig om sy voete te bedek in die koel kamer.

Wat beteken hierdie eufemisme?

Verse 25,26 En hulle het gewag totdat hulle verleë was; maar—hy het die deure van die bo-kamer nie oopgemaak nie! En toe hulle die sleutel gaan haal en oopsluit, lê hulle heer daar dood op die grond! 26Maar terwyl hulle nog talm, het Ehud ontvlug en die gesnede beelde verbygegaan en na Seïra ontsnap.

Wat dink jy is die volgende iets wat Ehud die Rigter gaan doen?

Vers 27 En toe hy aankom, blaas hy op die ramshoring op die gebergte van Efraim, en die kinders van Israel het saam met hom van die gebergte afgetrek, en hy voor hulle uit.

Vir een of ander rede het hy sy eie stam, die Benjamiete nie betrek nie.

Die stam van Efraim was baie en ook baie agressief en het dadelik op Ehud se oproep gereageer.

Wat was sy boodskap aan hulle?

Vers 28 Toe sê hy vir hulle: Volg my, want die Here gee julle vyande, die Moabiete, in julle hand; en hulle het agter hom aan afgetrek en die Moabiete van die driwwe van die Jordaan afgesny en niemand toegelaat om deur te gaan nie.

Die Moabiete wat in Israelgebied was, kon nie ontsnap nie en die Moabiete aan die oorkant van die Jordaanrivier kon nie deurkom om teen hulle te kom veg nie.

Vers 29 En hulle het in dié tyd van Moab omtrent tienduisend man verslaan, almal goed geboude en almal dapper manne, en niemand het vrygekom nie.

Die garnisoen met sy uitgesoekte vegters het gesterf.

Wat ‘n heerlike oorwinning. Vry van die onderdrukkers. Vry van die ontsaglike klomp belasting wat hulle jaarsliks moes betaal.

Hoe lank het die land van sy vyande gerus?

Vers 30 So moes Moab dan dié dag buig onder die hand van Israel; en die land het tagtig jaar lank gerus.

So Moab was subdued that day under the hand of Israel. And the land had rest for eighty years.

120 JAAR

Hoe lank het die volk onder Otniël gerus? 40 jaar.

En onder Ehud? 80 jaar.

Dit was voordelig om vir 120 jaar deur die Rigters regeer te word.

Dit was die Here se plan. Die eerste Rigter was van die stam Juda. En van watter stam het Ehud gekom?

Onder die Rigters het verkillende stamme verskillende Rigters gehad. Hulle het nie soos die konings van daardie tyd die volk swaar belas nie.

ONBELANGRIK

Hoe kyk die Here na die onbelangrike mense? Na mense wat nie groot presteer het nie?

Kom ons lees die laaste teks in hoofstuk 3.

Vers 31 Toe kom ná hom Samgar, die seun van Anat, wat van die Filistyne seshonderd man met ’n osdrywerstok verslaan het; en ook hy het Israel verlos.

Al wapen wat arm ou Samgar gehad het, was ‘n osdrywerstok.

Samgar het in dieselfde tyd as Debora en Barak geleef. Hulle het die Kanaäniete in die noorde verslaan en hy die Filistyne in die suide.

Sy pa se naam was Anat, die naam van ‘n heidense godin, wat met ‘n Israelitiese vrou getrou het.

Hoe dink jy het die samelewing hom aanvaar?

Osdrywerstok

Met hierdie wapen het Samgar ‘n groot slag geslaan.

Kan jy aan ander klein dingetjie dink wat God gebruik het om groot dinge te doen?

Vyf broodjies en twee vissies het 5000 mense gevoed.

Kom ons gee vir die Here die bietjie wat ons het en kyk watter groot dinge Hy daarmee kan doen.

CHAPTER 3

9. Othniel Made a Judge.—In their prosperity, Israel forgot God, as they had been warned that they would do. But reverses came. The Hebrews were subdued by the king of Mesopotamia, and held in severe bondage for eight years. In their distress, they found that their idolatrous connections could not help them. Then they remembered the wonderful works of God, and began to cry unto Him, and the Lord raised up a deliverer for them, Othniel, Caleb’s younger brother. The Spirit of the Lord rested upon him, and he judged Israel, and went out to war, and the Lord delivered the king of Mesopotamia into his hand.

When Othniel was designated as the man whom God had chosen to lead and deliver Israel, he did not refuse to take the responsibility. In the strength of God he at once commenced to repress idolatry as the Lord had commanded, to administer justice, and to elevate the standard of morality and religion. As Israel repented of their sins, the Lord manifested His great mercy toward them, and wrought for their deliverance.

For forty years Othniel ruled in Israel. During this time the people remained faithful to the divine law, and consequently enjoyed peace and prosperity. But when his judicious and salutary control ceased with his death, the Israelites again relapsed into idolatry. And thus the story of backsliding and chastisement, of confession and deliverance, was repeated again and again (ST June 9, 1881).

Was this article helpful?

Related Articles