1. Home
  2. Boeke Van Die Bybel
  3. Die Boek Rigters
  4. Hoofstuk 4 – Die Boek Van Rigters

Hoofstuk 4 – Die Boek Van Rigters

RIGTERS HOOFSTUK 4

In hoofstuk 4 vind ons ‘n vrou wat ‘n Rigter word en die volk verlos. Ons gaan ook hoor hoe ‘n ander vrou met die naam van Jael Sisera om die lewe gebring het.

Verse 1,2 MAAR ná die dood van Ehud het die kinders van Israel weer gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here. 2Daarom het die Here hulle verkoop in die hand van Jabin, die koning van Kanaän, wat in Hasor geregeer het; en sy leërowerste was Sísera, ’n inwoner van Haróset van die heidene.

Vir hoe lank het Israel vrede geniet nadat Ehud hulle Rigter was.

Wat het na die 80 jaar gebeur?

Die versoekings was te sterk en hulle het weer die sintuiglike dienste van die heidene gaan opsoek.

Omdat ons gevalle natuur so sterk is, het Jesus vir ons raad gegee hoe om oorwinnend te leef.

Mattus 16:24 TOE sê Jesus vir sy dissipels: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg.

Ten einde Sy kinders wakker te skud het die Here die Kanaänitiese heerser toegelaat om hulle vir 20 jaar lank te onderdruk.

TWEE KEER HERHAAL

Die manier waarop die oorwinning behaal is, word twee maal herhaal. Eerstens die naratief en tweedens  in poësie in hoofstuk 5.

HASOR

Terwyl ek oor die ruïnes van Hasor gestap het, het ek aan Josua gedink wat die stad aanvanklik verwoes het. Maar sedertdien is hy weer herbou en ‘n ander koning het nou hier regeer – Jabin, dieselfde naam as die vorige Jabin in Josua se tyd. Miskien was dit sy kleinseun.

Verse 3,4 En die kinders van Israel het die Here aangeroep; want hy het nege-honderd ysterwaens gehad en die kinders van Israel twintig jaar lank swaar verdruk. 4En Debóra, ’n profetes, die vrou van Láppidot, het in dié tyd Israel gerig;

Hoekom het die kinders van Israel 20 jaar gewag om vir die Here te gaan vra om hulle te verlos?

Hulle moes eers met hulle goddeloosheid breek en toe na die Here vir hulp gaan vra. En dit is wat hulle toe gedoen het.

Waarom vat dit so lank om ons sondes te bely? Is ons te skaam om vir die Here te sê ons is baie jammer?

Vers 5 en sy het gesit onder die palm van Debóra, tussen Rama en Bet-el, op die gebergte van Efraim; en die kinders van Israel het na haar opgegaan vir regspraak.

Wie is die ander Debora waarvan Debora praat?

Genesis 35:8 En Debora, die oppasser van Rebekka, het gesterwe, en sy is begrawe onderkant Bet-el, onder die eikeboom. En hulle het dit genoem: Eik van geween.

Die mense wat vir haar kom raad vra het, het vrye toegang onder die boom van Debora gehad.

Verse 6,7 Toe laat sy Barak, die seun van Abinóam, uit Kedes in Náftali, roep en sê vir hom: Het die Here, die God van Israel, nie bevel gegee nie: Gaan, trek na die berg Tabor, en neem tienduisend man van die kinders van Náftali en van die kinders van Sébulon met jou saam? dan sal Ek Sísera, die leërowerste van Jabin, met sy strydwaens en sy menigte na jou, na die spruit Kison trek, en Ek sal hom in jou hand gee.

Ten einde by Tabor uit te kom, sou Sisera vanaf Haroset (Hariss suid Libanon) oor die Kisonspruit moes trek.

Wat se soort oorwinning het Elia jare later op dieselfde plek gehad? Eskatologie? Hierdie keer was dit 900 strydwaens in Elia se tyd 850 heidense priesters.

Vers 8 Maar Barak sê vir haar: As u met my saamtrek, sal ek gaan; maar as u nie met my saamtrek nie, gaan ek nie.

Die oorwining oor die vyand by die Kisonspruit is ‘n tipe van die eindtyd oorwinning wat die volk van die Here oor hulle vyande gaan behaal.

As daar weer ‘n eindtyd Rigter?Profetes opstaan, sal dit raadsaam wees om haar goeie raad saam te neem?

Net soos Barak nie sonder profetiese leiding die gevaarlik oorlog wou aanpak nie, net so kan ons ook nie sonder profetiese leiding die laaste eindtyd oorlog aanpak nie.

Dit was seker nie maklik vir Barak om hom aan die voorskrifte van ‘n profetes te onderwerp nie. Gelukkig het hy besef sy was ‘n boodskapper van die Here.

Vers 9 Toe sê sy: Ek sal sekerlik met jou saamtrek, maar die eer sal nie joue wees op die pad wat jy sal gaan nie; want die Here sal Sísera in die hand van ’n vrou verkoop; en Debóra het opgestaan en saam met Barak na Kedes getrek.

Arm Barak. Hy sou nie die eer as oorwinnaar ontvang nie. Dit sou ‘n onbekende vrou met die naam van Jael wees.

Wie nog het Barak gevra om saam met hom te trek?

Vers 10 Daarop het Barak Sébulon en Náftali bymekaargeroep na Kedes toe, en tienduisend man het op sy voetspore opgetrek, en Debóra het saam met hom opgetrek.

Dis ‘n mooi toneel. Op pad om Israel van die vyand te gaan verlos.

En op hierdie stadium verneem of van ‘n Keniet (Midianiet) wat van die suide afgetrek het en homself naby Kades hervestig het.

Lank voor hierdie tyd het die Here geweet dat sy vrou ‘n spesiale oorwinningsdaad vir Sy volk hier sou bewerkstellig.

Vers 11 En Heber, die Keniet, het hom afgeskei van Kain, van die kinders van Hobab, die swaer van Moses, en het sy tente opgeslaan tot by die terpentynboom by Saänáim, naby Kedes.

Ons los vir Heber vir ‘n oomblik en beweeg terug na die dreigende oorlog.

Verse 12,13 En toe hulle aan Sísera berig bring dat Barak, die seun van Abinóam, na die berg Tabor opgetrek het,13het Sísera al sy strydwaens, nege-honderd ysterwaens, en al die manskappe wat by hom was, uit Haróset van die heidene na die spruit Kison bymekaargeroep.

‘n Mens wonder hoe Barak oor hierdie groot weermag gevoel het wat besig was om nader te kom?

Kom ons hoor wat se raad Debora gehad het:

Verse 14,15 Daarop sê Debóra vir Barak: Maak jou klaar, want dit is die dag waarop die Here Sísera in jou hand gee. Trek die Here nie voor jou uit nie? Toe trek Barak van die berg Tabor af, en tienduisend man agter hom aan. 15En die Here het Sísera met al die waens en die hele leër deur die skerpte van die swaard in verwarring gebring voor Barak uit, en Sísera het van sy wa afgeklim en te voet gevlug.

Hoe is hierdie oorlog gewen? Wat se kans het die arme Israeliete teen 900 strydwaens gehad?

In haar oorwinnigslied gee Debora vir ons die volgende inligting:

Verse 20-22 Uit die hemel het die sterre geveg, uit hulle bane het hulle teen Sísera geveg; 21die spruit Kison het hulle afgedrywe, die spruit van ontmoeting, die spruit Kison! Tree op, my siel, met mag!22Toe het die perdepote geklap van die gejaag, die gejaag van hulle geweldiges.

Wat lees jy in hierdie beskrywing? God het ingegryp en die oorlog vir Israel gewen.

Kom ons hoor hoe Barak na die oorwinning opgetree het:

Vers 16 Maar Barak het die waens en die leër agternagejaag tot by Haróset van die heidene, en die hele leër van Sísera het deur die skerpte van die swaard geval; daar het selfs nie een

Wat het van Sisera geword? Eers wanneer hy doodgemaak is, kan die oorwinning finaal wees.

Vers 17 Toe vlug Sísera te voet na die tent van Jael, die vrou van Heber, die Keniet; want daar was vrede tussen Jabin, die koning van Hasor, en die huis van Heber, die Keniet.

Die kampplek waar die Keniete gewoon het was ongeveer 64 kilometers Noord van die slagveld. Dit mag ‘n dag of twee geneem het voor die trotse, uitgeputte en honger weermag general hier aangekom het.

Dink jy hy hulle as vriendelike mense ervaar?

Vers 18 En Jael het uitgegaan Sísera tegemoet en vir hom gesê: Draai uit, my heer, draai uit na my! Moenie bang wees nie! En hy het na haar uitgedraai, na die tent, en sy het hom met ’n kombers toegemaak.

Miskien was hy ook deur die Kisonrivier meegesleur en papnat en koud.

Jael se man Heber was nie tuis nie en sy was in beheer van die kamp. Dis moontlik dat die diensknegte die nuus gebring het dat die leerowerstel Jabin te voet aangestap kom.

Omdat daar goeie betrekking tussen die Kenniete en die Kanaänite was het hy veilig by hulle gevoel.

Verse 19 Daarop sê hy vir haar: Gee my tog ’n bietjie water om te drink, want ek het dors; sy maak toe die melksak oop en laat hom daaruit drink en maak hom weer toe.

BEDUINE KULTUUR

Waarom het Sisera vir Jael water gevra?

Dit was die gebruik dat as jy iets in ‘n Beduine tent geëet en gedrink het, het jy hulle vrede ontvang.

Die grootste vyand kon veilig in so ‘n tent voel.

Toe Jael die melksak oopmaak en vir melk laat drink, het hy so veilig gevoel dat hy sommer baie vinnig aan die slaap geraak het.

Verse 20,21 En hy sê vir haar: Gaan staan by die tentdeur, en as iemand kom en jou vra en sê: Is hier iemand? antwoord dan: Nee. 21Toe neem Jael, die vrou van Heber, ’n tentpen en vat die hamer in haar hand en gaan stilletjies na hom en dryf die pen terwyl hy vas aan die slaap was dwarsdeur die slaap van sy hoof, sodat dit in die grond indring. So het hy dan bewusteloos geword en gesterwe.

EMOSIES

Mens wonder wat se soort mosies deur Jael se vroue hart gegaan het toe sy daardie tentpen met ‘n groot hamel begin kap het.

Het sy die daad gepleeg omdat Sisera God se volk wou kom uitwis het? Die Israeliete het deel van haar en haar man se lewens word en hulle het met Israel geïdentifiseer.

Vers 22 En kyk, terwyl Barak Sísera agtervolg, gaan Jael uit hom tegemoet en sê vir hom: Kom, en ek sal u die man wys wat u soek; en toe hy by haar inkom, lê Sísera daar dood, met die pen deur die slaap van sy hoof!

Kan jy in jou geestesoog sien hoe Barak en sy manskappe uitasem hier by die kamp van die Keniete aankom.  Hulle is warm op die spoor van Sisera.

Dis nou net ‘n kwessie van tyd en dan haal hulle hom in.

Groot was hulle verbasing toe Jael hulle voorkeur en vir hulle sê om gou na iets te kom kyk.

Die verhaal het met ‘n vrou se waagmoed begin en met dieselfde waagmoed geëindig.

Verse 23,24 So het God dan op dié dag Jabin, die koning van Kanaän, voor die kinders van Israel onderwerp.24En die hand van die kinders van Israel het al swaarder gaan druk op Jabin, die koning van Kanaän, totdat hulle Jabin, die koning van Kanaän, uitgeroei het.

Wie die eintlik oorwinnaar?

Ek en jy is ook in ‘n oorlog betrokke. En raai wie is ons heel grootste vyand?

Soos wat die Here destyds Sy volk verlos het, so wil Hy ook vir jou en my die oorwinning oor ons selfsugtige, opstandige natuur gee.

Binnekort wanneer Jesus op die wolke verskyn gaan ons hierdie verganklike sondige natuur vir ‘n sondelose natuur verruil. Hoe moed. Die wederkoms is om die draai.

Hier volg ‘n paar pragtige uitdreksels uit die pen van Ellen White nog meer lig op hierdie verhaal werp:

Kommentaar by vers 6 God Instructed Deborah to Call Barak.

“The Lord communicated to Deborah His purpose to destroy the enemies of Israel, and bade her send for a man named Barak, of the tribe of Naphtali, and make known to him the instructions which she had received. She accordingly sent for Barak, and directed him to assemble ten thousand men of the tribes of Naphtali and Zebulun, and make war upon the armies of King Jabin.” {2BC 1002.4}

   

Kommentaar by verse 8,9. Barak Lacked Confidence in Israel.

“Barak knew the scattered, disheartened, and unarmed condition of the Hebrews, and the strength and skill of their enemies.

Although he had been designated by the Lord Himself as the one chosen to deliver Israel, and had received the assurance that God would go with him and subdue their enemies, yet he was timid and distrustful.

He accepted the message from Deborah as the word of God, but he had little confidence in Israel, and feared that they would not obey his call. He refused to engage in such a doubtful undertaking unless Deborah would accompany him, and thus support his efforts by her influence and counsel.” (ST June {2BC 1002.5}

Verse 12-14. Poorly Equipped Israelites Go to Mt. Tabor.—

“Barak now marshaled an army of ten thousand men, and marched to Mount Tabor, as the Lord had directed. Sisera immediately assembled an immense and well-equipped force, expecting to surround the Hebrews and make them an easy prey.

The Israelites were but poorly prepared for an encounter, and looked with terror upon the vast armies spread out in the plain beneath them, equipped with all the implements of warfare, and provided with the dreaded chariots of iron.

These were so constructed as to be terribly destructive. Large, scythe-like knives were fastened to the axles, so that the chariots, being driven through the ranks of the enemy, would cut them down like wheat before the sickle.”  {2BC 1002.6}

Verse 17-22. Sisera’s Death at Hand of Jael.

“Jael was at first ignorant of the character of her guest, and she resolved to conceal him; but when she afterward learned that he was Sisera, the enemy of God and of His people, her purpose changed.

As he lay before her asleep, she overcame her natural reluctance to such an act, and slew him by driving a nail through his temples, pinning him to the earth.” 2BC 1002.7}

For twenty years, the Israelites groaned under the yoke of the oppressor; then they turned from their idolatry, and with humiliation and repentance cried unto the Lord for deliverance. They did not cry in vain. There was dwelling in Israel a woman illustrious for her piety, and through her the Lord chose to deliver His people. Her name was Deborah. She was known as a prophetess, and in the absence of the usual magistrates, the people had sought to her for counsel and justice.  {RC 329.2}

“The God of battle fought for Israel and neither skill in warfare, nor superiority of numbers and equipment, could withstand them. The hosts of Sisera were panic-stricken. . . . God alone could have discomfited the enemy, and the victory could be ascribed to Him alone.” {RC 329.6}

Eskatolgie?

CHAPTER 4

6. God Instructed Deborah to Call Barak.—The Lord communicated to Deborah His purpose to destroy the enemies of Israel, and bade her send for a man named Barak, of the tribe of Naphtali, and make known to him the instructions which she had received. She accordingly sent for Barak, and directed him to assemble ten thousand men of the tribes of Naphtali and Zebulun, and make war upon the armies of King Jabin (ST June 16, 1881).

8, 9. Barak Lacked Confidence in Israel.—Barak knew the scattered, disheartened, and unarmed condition of the Hebrews, and the strength and skill of their enemies. Although he had been designated by the Lord Himself as the one chosen to deliver Israel, and had received the assurance that God would go with him and subdue their enemies, yet he was timid and distrustful. He accepted the message from Deborah as the word of God, but he had little confidence in Israel, and feared that they would not obey his call. He refused to engage in such a doubtful undertaking unless Deborah would accompany him, and thus support his efforts by her influence and counsel (ST June 16, 1881).

12–14. Poorly Equipped Israelites Go to Mt. Tabor.—Barak now marshaled an army of ten thousand men, and marched to Mount Tabor, as the Lord had directed. Sisera immediately assembled an immense and well-equipped force, expecting to surround the Hebrews and make them an easy prey. The Israelites were but poorly prepared for an encounter, and looked with terror upon the vast armies spread out in the plain beneath them, equipped with all the implements of warfare, and provided with the dreaded chariots of iron. These were so constructed as to be terribly destructive. Large, scythe-like knives were fastened to the axles, so that the chariots, being driven through the ranks of the enemy, would cut them down like wheat before the sickle (ST June 16, 1881).

17–22. Sisera’s Death at Hand of Jael.—Jael was at first ignorant of the character of her guest, and she resolved to conceal him; but when she afterward learned that he was Sisera, the enemy of God and of His people, her purpose changed. As he lay before her asleep, she overcame her natural reluctance to such an act, and slew him by driving a nail through his temples, pinning him to the earth. As Barak, in pursuit of his enemy, passed that way, he was called in by Jael to behold the vain-glorious captain dead at his feet,—slain by the hand of a woman (ST June 16, 1881).

Was this article helpful?

Related Articles