RIGTERS – HOOFSTUK 5
Die lied van Debora en Barak.
Vers 1 OP dié dag het Debóra en Barak, die seun van Abinóam, gesing en gesê:
Hierdie lied word as die grootste militêre meesterstuk beskou.
Die lied begin om God vir die oorwinning te loof (2–5), gevolg deur ‘n beskrywing van toestande voor die aanvang van die geveg. (6–8).
Groot lof aan die stamme wat aan die geveg deelgeneem en skerp kritiek teen diegene wat nie in hierdie krisisuut kom help het nie. (14–17).
Dan is daar ‘n beskrywing van die geveg (18–22), die dood van Sisera deur Jeal (24–27), en die patos van Sisera se ma wat vir haar kind wag om van die slagveld terug te keer. (28–31).
Verse 1-5 Daardie dag het Debora en Barak seun van Abinoam gesing: 2 “Julle moet die Here prys, want leiers het opgetree in Israel, die volk het hulle aangemeld vir die oorlog. 3 Luister, konings, gee aandag, regeerders! Ek sing tot eer van die Here, ek prys die Here die God van Israel met my lied: 4 Toe U uit Seïr gekom het, Here, toe U uit die veld van Edom opgetrek het, het die aarde gebewe, het die hemel reën gegee: die wolke het strome water gegee. 5 Die berge het weggesmelt voor die Here, voor Hom uit Sinai, voor die Here die God van Israel.
Berge het weggesmelt.
Kan jy dink dat so iets met berge kan gebeur?
Dis beeldspraak wat na die geweldige aardbewings, glans en vuur wat met die aankondigings van die wet op Sinai gepard gegaan het.
Hierdie goddelike manisfestasies spreek luid van God se almag.
Verse 6 In die dae van Samgar seun van Anat, in die dae van Jael was die hoofpaaie stil, reisigers het ompaaie gebruik.
Ons kry hier ‘n beskrywing van die haglike toestande toe die land deur die Kanaäniete regeer is. Jy kon nie meer die hoofpaaie gebruik nie. Dit was te gevaarlik en jy moes van ander paaie gebruik gemaak het.
Vers 7 Die lewe buite die stede het in Israel gekwyn en agteruitgegaan totdat ek, Debora, na vore gekom het, totdat ’n moeder in Israel na vore gekom het.
Vanwee diefstal n plundery kon mense nie meer in die oopveld bly nie en hulle moes na die ommuurde stede vlug.
Vers 8 Toe die volk nuwe gode vir hulle gekies het, het daar oorlog gekom, maar nie een uit Israel se duisende soldate het die wapen opgeneem nie.
Die oomblik toe Israel die afgode begin aanbid het,het daar oorlog gekom. Die Here kon nie Sy volk onder hierdie omstandighede van die aanvalle van die vyand beskerm nie.
Israel was veried om mense yster te werk met die gevolg dat hulle nie wapens kon maak nie.
Vers 9 “Ek staan by die leiers van Israel, by dié wat hulle vrywillig aangemeld het. Julle moet die Here prys
Het jy al iets goeds in jou lewe gedoen sonder dat jy enige erkenning daarvoor gekry het?
Debora het haar waardering vir hierdie leiers uitgespreek wat gewillig was om hulle lewens vir die bevryding van Israel te gee.
Moenie suinig wees met jou dankies nie. Mense waardeer dit.
Vers 10 julle wat op bruin donkies ry, julle wat op mooi saalkleedjies sit, julle wat op reis is, julle moet dit alles vertel!
Na die oorwinning oor Sisera kon jy weer vir jou ‘n donkie koop en ‘n deftige saaljie bekostig. Dis nie ‘n probleem nie maar jy moet van die verlossing van die Here vertel.
Hoe dikwels praat ons van die goedheid van die Here.
Vers 11 “Tussen die drinkbakke praat hulle daaroor, besing hulle die oorwinning wat die Here behaal het, sy oorwinning vir die boere van Israel. “Die volk van die Here kom bymekaar by die stadspoorte, hulle sing:
Oral waar mense bymekaar gekom het, het hulle van God se verlossing van die vyand gepraat.
Daar is min dinge wat jou geestelike lewe verryk as wanneer jy van die goedheid van die Here praat.
Vers 12 ‘Kom, Debora, kom, kom, kom sing ’n lied! Maak klaar, Barak seun van Abinoam, kom maak vir jou krygsgevangenes!’
Poëtiese taal waarin die volk opgeroep word om te gaan oorlog maak. Barak die militere leier moet krygsgevanes gaan maak.
Verse 13,14 “Dié van my volk wat oorgebly het, het bymekaargekom by die leiers, die volk van die Here het na my toe gekom, al die dapper vegters: 14 party was van Efraim, selfs ver uit Amalek uit, saam met hulle Benjamin, almal uit jou volk, party was van Makir, sy leiers het gekom, en uit Sebulon dié wat die heersersepter dra.
Vroeër is net die stamme van Naftali en Sebulon genoem mar nou hoor ons daar was meer wat kom help het.
Dis so belangrik dat ons mekaar moet help. Dis so mooi en die Bybel gee vir hierdie mense krediet.
Vers 15 die leiers uit Issaskar was by Debora. Issaskar was soos Barak, in die laagte was Issaskar by Barak. “By Ruben se suipplekke is daar baie beraadslaag.
Terwyl van die stamme nog beraadslaag het of hulle met die oorlog moet help, het die geleentheid verbygegaan en die oorlog is gewen.
Vers 16 Waarom het jy by die saalsakke bly sit, bly luister na die fluitspel by die veetroppe? By Ruben se suipplekke is daar baie beraadslaag.
Hierdie stam het die ondervinding van ‘n leeftyd misgeloop. Hulle moes gesien het hoe die God wat dien, self die oorwinning oor die vyand behaal het.
Vers 17 Gilead het oorkant die Jordaan bly sit, en waarom het Dan by die skepe gebly? Aser het by die seestrand bly sit, nie van sy kaai af geroer nie.
Daar was baie kritiek oor die feit dat die Bybel na dan en skepe verwys aangesien hulle ‘n seegrens gehad het nie.
Gelukkig het die argeologie ons almal uit ‘n verleentheid gered.
Die Hebreeuse woord vir for “skepe” is ‘nywt wat ‘n homograaf is (twee verskillende woorde met dieselfde skryf vorm.)
Drie verskillende Ugaritiese tekse het die woord ‘an of ‘any wat dieselfde vorm as die Hebreeuse word vir “skepe” is maar wat inderdaad beteken om te “ontspan”.(Craigie, 1983, p.85; KTU 1.14.III.6; KTU 1.5.I.23; KTU 1.3.V.35).
Een van die Ugaritiese tekse het die werkwoord gr wat beteken om “agter te bly” gevolg deur ‘an wat dieselfde as die Hebreeuse woord grw wat ook deur ‘anywt gevolg word wat in Rigters 5:17 voorkom.
Die Hebreeuse en Ugaritiese frase is lingisties dieselfde.
Craigie vertaal Rigters 5:17 as volg:
“Gilead het anderkant die Jordaan gebly; en Dan waarom het jy gemaksugtig agtergebly. Aser het doodstil by die see agtergebly.” (p.85).
Vers 18 Sebulon was nie bang vir die dood nie en Naftali het die dood getrotseer op die hoogland.
Hierdie twee stamme het op grondvan God se bevel die vyand vreesloos gestorm en die oorwinning behaal.
Is hier is ‘n les wat ek kan leer?
Vers 19 “Konings het gekom, hulle het geveg, die konings van Kanaän het geveg by Taänak, by Megiddo se waters, maar hulle het nie silwer buitgemaak nie.
Hierdie twee Kanaänitiese stede het saam met Sisera geveg maar die buit gemaak nie. Inteendeel hulle het hulle stede en hulle self verloor.
Vers 20 Uit die hemel het die sterre geveg, uit hulle bane het hulle teen Sisera geveg.
Eendag in die hiernamaals gaan ons hoor hoe die Here die oorlog vir die kinders van Israel gewen het. Bonatuurlike magte was by hierdie oorwinning betrokke.
Vers 21 Die Kisonrivier het die vyand meegesleur, die Kisonrivier, die rivier uit die voortyd. “Hou moed! Wees sterk!
‘n Mens wonder met watter vors hierdie rivier die vyand weggespoel het. Dit vat ‘n mens se gedagtes terug nie die vloed.
Die woorde van Debora eggo deur die eeue na jou en my wat binnekort die eindtyd Sisera sal moet trotseer. “Hou moed. Weest sterk.”
Vers 22 “Die perde het met hulle hoewe gekap, die sterkes het in jaaggalop voortgestorm.
Sisera se perde het verloor. Openbaring 19 vertel van ‘n ander Ruiter op witperd wat gaan wen.
Verse 23 “Die Engel van die Here het gesê: ‘Julle moet vir Meros vervloek, julle moet sy inwoners sonder genade vervloek, want hulle het nie vir die Here kom veg nie, nie vir Hom teen die dapper vegters kom veg nie.
Hierdie is die ernstigste vervoeking in die boek Rigters. Hoekom?
As ek voorgee dat ek ‘n volgeling van die Here is en verg nie teen die vyand nie, is ek verlore. Die Here het vegters vir Sy saak nodig en ek mag nie ‘n draadsitter wees nie.
Die sonde van nalatenskap is erger as die pleeg van sonde.
Die volgende sitate het met my hart gepraat:
“Many of our people are lukewarm. They occupy the position of Meroz, neither for nor against, neither cold nor hot. They hear the words of Christ, but do them not. If they remain in this state, he will reject them with abhorrence.” Testimonies to the Battle Creek Church p 60
“As an illustration of the failure on your part to come up to the work of God, as was your privilege, I was referred to these words: “Curse ye Meroz, said the angel of the Lord, curse ye bitterly the inhabitants thereof; because they came not to the help of the Lord, to the help of the Lord against the mighty.” What had Meroz done? Nothing. And this was their sin. They came not up to the help of the Lord against the mighty.” {PH099 46.3}
“Let all who believe the truth begin to work. Do the work that lies nearest you; do anything, however humble, rather than be, like the men of Meroz, do-nothings.” {8T 246.1}
Verse 23 “Geseënd is Jael vrou van Geber die Keniet, meer geseënd as al die vrouens, die vrouens wat in tente woon.
Sy was nie eers ‘n Israeliet nie maar sy het vir die saak van Here gestry.
Vers 25 Sisera het water gevra, sy het hom melk gegee, in ’n koningsbeker het sy vir hom dikmelk gegee.
Hoe dink jy het hierdie beker gelyk? Miskien uit die eiland van Kreta.
Verse 26,27 In haar hand het sy die tentpen vasgevat, in haar regterhand die werksman se hamer. Sy het vir Sisera daarmee getref, sy kop papgeslaan, sy het die slaap van sy kop verbrysel, dit deurboor. 27 By haar voete het hy neergesak, geval en bly lê, by haar voete het hy neergesak en geval; waar hy neergesak het, het hy geval, morsdood.
Wanneer mens vers 21 van die vorige hoofstuk met hierdie inligting verbind, kry jy die volgende prentjie.
Terwyl Sisera vas geslaap het, het Jael sy kop met die hamer pap geslaan.
Alhoewel dit ‘n doodshou was het hy weer op sy voete gekom. Volgens 5:27 het hy by haar voete neergesak, geval en bly lê. Die Hebreeus kara‘, “hy het op sy knieë geval”.
Dit was op hierdie stadium wat sy die tentpen deur sy slape geslaan het.
DIE HARTSEER MOEDER
Vers 29 “Sisera se ma het deur die venster gekyk, sy het by die traliewerk gestaan en gekla: ‘Waarom talm sy strydwa om te kom, waarom bly die gedreun van sy strydwawiele weg?’
Kan jy die bekommernis in haar gesig sien? Wanneer kom hy huistoe?
Verse 29,30 “Haar slimste hofdame antwoord haar en sy sê die woorde agterna: 30 ‘Hulle het ’n groot buit in die hande gekry, hulle verdeel dit: ’n meisie of twee vir elke soldaat; gekleurde klere as buit vir Sisera; gekleurde weefwerk as buit, gekleurde doeke vir my nek, dit is die buit!’
Kan jy jouself voorstel hoe sy gereageer het toe hulle haar van die verwoesting van die weermag kom vertel het? En toe moes sy hoor hoe ‘n ander vrou, ‘n ma, haar seun Sisera om die lewe gebring het – so wreed.
DIE EPILOOG
Vers 31 “Mag al u vyande so omkom, Here, maar mag dié wat vir U liefhet, wees soos die son wat in sy volle krag skyn.” Daarna was daar veertig jaar lank vrede in die land.
TIPOLOGIE
Al die oorloë wat die Here gelas het, is voorbeelde, tipes van die laaste groot oorlog wat binnekort geveg gaan word.
Die woorde van hierdie slot vers is ‘n versugting van Debora se hart. Sy verlang na die dag wanneer daar nie meer ‘n vyand gaan wees nie.
Dit vind aan die einde van die 1000 haar plaas wanneer die vuur ‘n einde aan satan en die volgende gaan maak.
“Mag al u vyande so omkom.”
En dan die pragtige dat die mense wat die Here liefhet soos die son in sy volle glans sal skyn.
Ek verlang na daardie dag wanneer die glans van my dankbaarheid soos die son sal skyn.
En dan verwys Debora na rus wat na hierdie oorlog geheers het.
Kan jy jou in ‘n staat van vrede indink wat nooit weer deur konflik geteister gaan word nie?
Nooit weer soos die ma van Sisera van die dood van jou kind gaan hoor nie.
Het jy ‘n verlange na daardie rus? Veg nou in die weermag van Here en laat Hom toe om jou te met die oorwinning te help.