1. Home
  2. Boeke Van Die Bybel
  3. Die Boek Rigters
  4. Hoofstuk 6 – Die Boek Van Rigters

Hoofstuk 6 – Die Boek Van Rigters

RIGTERS – HOOFSTUK 6

In hierdie hootstuk lees ons hoe Israel as gevolg van hulle sondes deur Midian onderdruk word. Hulle word bestraf en Gideon word die nuwe Rigters.

Vers 1 MAAR toe die kinders van Israel gedoen het wat verkeerd was in die oë van die Here, het die Here hulle oorgegee in die hand van die Midianiete, sewe jaar lank.

Verse 2-4 En die Midianiete het die oorhand oor Israel gekry; vanweë die Midianiete het die kinders van Israel vir hulle die slote gemaak wat op die berge is, en die gate en die bergvestings.3Want as Israel gesaai het, dan trek die Midianiete en Amalekiete en die kinders van die Ooste uit, en trek teen hulle op,4slaan laers teen hulle op en verwoes die opbrings van die land in die rigting na Gasa, en hulle laat geen lewensmiddele, geen skaap of bees of esel in Israel oorbly nie.

Kom ons hoor wat hulle alles met hulle saamgebring het:

Vers 5 Want hulle het met hul vee en hul tente opgetrek en gekom soos sprinkane in menigte, terwyl hulle en hul kamele ontelbaar was; so het hulle dan die land ingekom om dit te verwoes.

Interessante beskrywing van die magdom van Midianiete en Amelekiete.

Wanneer gaan hulle begin hulp be die Here soek. Hulle sien mos hulle kan nie aangaan nie?

Vers 6 En Israel het deur die Midianiete baie arm geword, maar die kinders van Israel het die Here aangeroep.

Gaan die Here na hierdie hardkoppige nasie luister wat afgode bo Hom verkies het?

Gaan Hy na my luister wat al weer wantrouig geword het en op my eie planne staatgemaak het?

Verse 7,8 En toe die kinders van Israel die Here aanroep vanweë die Midianiete,8het die Here ’n profeet na die kinders van Israel gestuur, en dié het vir hulle gesê: So spreek die Here, die God van Israel: Ek self het julle laat optrek uit Egipte en julle uit die slawehuis uitgelei

Hy raps hulle. Dit was goeie nuus want dit vertel dat die Here nog vir hulle omgee.

Verse 9,10 en julle gered uit die hand van die Egiptenaars en uit die hand van al julle verdrukkers en hulle voor julle uit verdrywe en hulle land aan julle gegee.10En Ek het aan julle gesê: Ek is die Here julle God; julle mag die gode van die Amoriete in wie se land julle woon, nie vrees nie. Maar julle het nie na my stem geluister nie.

Wat gaan die Here met hulle maak nadat Hy hulle aangespreek het? Hier is iets moois. Wanneer die Here ons oor ons sondes  aanspreek, maak Hy gewoonlik ‘n belofte van herstel.

Kom ons hoor hoe die Here hulle gehelp het:

Verse 11,12 Toe het die Engel van die Here gekom en gaan sit onder die terpentynboom wat by Ofra staan, wat aan Joas, die Abiësriet, behoort het, terwyl sy seun Gídeon juis koring uitslaan in die parskuip om dit te beveilig teen die Midianiete.12En die Engel van die Here het aan hom verskyn en vir hom gesê: Die Here is met jou, dapper held!

Dis interessant dat die Here gewoonlik besige mense roep om vir Hom te werk.

Kom ons hou ons self besig met goeie earlike werk. Die Here roep nie lui mense om vir Hom te werk nie.

Luister na Gideon se antwoord:

Vers 13 Toe vra Gídeon Hom: Ag, my heer, as die Here met ons is, waarom het al hierdie dinge ons dan oorgekom? En waar is al sy wonders waar ons vaders ons van vertel het, deur te sê: Het die Here ons nie uit Egipte laat optrek nie? Maar nou het die Here ons verwerp en ons oorgegee in die hand van die Midianiete.

Waarom noem die Here hom ‘n dapper held? Omdat hy ongetrwyfeld aan planne gedink het hoe om Israel uit sy ellende te red.

Gideon het geweet dat die volk se sonde die oorsaak was dat God Homself van hulle ontrek het. Maar hy het nog nie besef dat wanneer mense Hom aanroep Hy hulle in Sy arms van liefde sal terugneem nie.

Die mens het nie die reg om die Here vir hulle ellende te blameer nie. Maar wanneer hulle na Hom terugkeer kan Hy namens hulle optree en hulle verlos.

Vers 14 Toe draai die Here na hom toe en sê: Gaan in hierdie krag van jou en verlos Israel uit die hand van die Midianiete. Is dit nie Ek wat jou stuur nie?

Wat was sy antwoord? Wat was Moses se antwoord toe die Here vir hom gesê om Israel te gaan verlos?

En wat is jou antwoord as die Here jou vra om vir iets te gaan doen?

Vers 15 Maar hy vra Hom: Ag, Here, waarmee sou ek Israel verlos? Kyk, my geslag is die swakste in Manasse, en ek self die geringste in my familie.

Sy groot besef van sy onvermoë het hom gekwalifiseer om die verlossingswerk te gaan doen.

Verse 16 Toe sê die Here vir hom: Ek sal met jou wees, sodat jy die Midianiete soos een man sal verslaan.

Het hy dit geglo of bietjie getwyfel. Luister na sy voorstel:

Vers 17 En hy antwoord Hom: As ek dan guns in u oë gevind het, doen vir my ’n teken, dat U dit is wat met my spreek.

Waarom? Gideon wou baie seker maak dat die besoeker van die hemel was.

Verse 18,19 Verwyder U tog nie hiervandaan voordat ek by U kom en my gawe uitbring en voor U neersit nie. Hy sê toe: Ek sal bly totdat jy terugkom. 19Toe het Gídeon ingegaan en ’n bokkie berei, en van ’n efa meel ongesuurde koeke; die vleis het hy in ’n mandjie gesit en die sous in ’n pot gegooi; en hy het dit na Hom uitgebring onder die terpentynboom en dit naby neergesit.

As die besoeker net ‘n gewone mens was sou hy die kos eet. Maar as Hy ‘n hemelse wese was, sou hy dit as offergawe  aanvaar.

Verse 20-22 Maar die Engel van God het vir hom gesê: Neem die vleis en die ongesuurde koeke, en sit dit op hierdie rots neer en gooi die sous daaroor uit. En hy het so gedoen. 21Daarop steek die Engel van die Here die punt van die staf wat in sy hand was, uit en raak die vleis en die ongesuurde koeke aan; toe gaan daar vuur op uit die rots en verteer die vleis en die ongesuurde koeke. Intussen het die Engel van die Here verdwyn uit sy oë.

Toe Gídeon bemerk dat dit die Engel van die Here was, sê Gídeon: Ag, Here Here! want ek het die Engel van die Here gesien van aangesig tot aangesig.

Ek wens ek kon Gideon se gesig gesien het. Skielik sien hy hoe vuur uit die tevoorskyn kom en die offer verteer.

Die rots het ‘n tydelike altaar geword. En Gideon besef dat dit die Here was wat aan Hom verskyn. Sou hy nou sterf?

Verse 23,24 Maar die Here sê vir hom: Vrede vir jou! Vrees nie! Jy sal nie sterwe nie. 24Toe bou Gídeon daar ’n altaar vir die Here en noem dit: Die Here is vrede! Dit staan vandag nog daar by Ofra van die Abiësriete.

Om die guns van God te herdenk het Gideon daardie nag ‘n altaar gebou en dit genoem: “Die Here is vrede.”

Vers 25 En in dieselfde nag het die Here vir hom gesê: Neem die bul van jou vader, naamlik die tweede bul van sewe jaar, en breek die altaar van Baäl af wat aan jou vader behoort, en kap die heilige boomstam af wat daar langsaan staan.

Voordat die Here ‘n offer gaan aanvaar moet die altaar van Baäl vernietig word.

Dieselfde geld nog steeds. Voordat ons die seen van die Here kan ontvang moet sonde uit ons lewens verwyder word.

Vers 26 En bou vir die Here jou God ’n altaar op die top van hierdie vesting deur opstapeling, en neem die tweede bul en bring dit as ’n brandoffer met die hout van die heilige boomstam wat jy moet afkap.

Hoe moes die klippe van die altaar lyk?

Waarom ongekapte klippe?

Vers 27 Toe het Gídeon tien man van sy dienaars geneem en gedoen soos die Here aan hom gesê het; maar omdat hy te bang was vir sy familie en vir die manne van die stad, om dit oordag te doen, het hy dit in die nag gedoen.

Wat dink jy sou gebeur as hy dit in helder daglig wou doen?

Die volgende tekse sê vir ons:

Verse 28,29 En toe die manne van die stad die môre vroeg opstaan, lê die altaar van Baäl daar omgegooi en die heilige boomstam wat daar langsaan gestaan het, afgekap en die tweede bul geoffer op die altaar wat daar gebou was! 29Toe sê hulle, die een vir die ander: Wie het hierdie ding gedoen? En onderwyl hulle ondersoek en uitvra, sê hulle: Gídeon, die seun van Joas, het hierdie ding gedoen!

Of iemand het gesien wat hy gedoen het of die mense het aangeneem dis Gideon omdat hy vir Here geywer het.

Vers 30 Toe sê die manne van die stad vir Joas: Bring jou seun uit, hy moet sterwe, omdat hy die altaar van Baäl omgegooi het, en omdat hy die heilige boomstam wat daar langsaan gestaan het, afgekap het.

Is dit nie verskriklik nie. Kan ‘n mens so lag daal? G’n wonder die Here kon hulle nie teen hulle vyande beskerm nie.

En dan vra hulle nogal Gideon se pa om sy seun aan hulle luit te lewer sodat hulle hom kan doodmaak?

Dit laat mens dink wat aan die einde van tyd gaan gebeur.

Vers 31 Maar Joas sê vir almal wat by hom staan: Wil júlle vir Baäl veg? Of wil julle hom help? Die wat vir hom veg, sal vanmôre nog gedood word. As hy ’n god is, laat hy vir homself veg, omdat hy sy altaar omgegooi het

Ek is so bly dat Joas wat van die engel se besoek gehoor het besiel geraak het om sy seun te ondersteun.

Vers 32 Daarom het hy hom op dié dag Jerúbbaäl genoem en gesê: Laat Baäl teen hom veg, omdat hy sy altaar omgegooi het.

Wat was die volgende stap wat die Satan wou implimenteer?

Vers 33 Toe het al die Midianiete en Amalekiete en die kinders van die Ooste aanmekaargesluit en deurgetrek en in die laagte van Jísreël laer opgeslaan.

Hier kry ons ‘n koalisie wat die kinders van die Here wil verwoes.

Het die Here ‘n dapper man op hierdie oomblik om die vyand aan te pak?

Verse 34,35 En die Gees van die Here het Gídeon vervul; en hy het op die ramshoring geblaas, en die Abiësriete is agter hom aan opgeroep. Ook het hy boodskappers gestuur in die hele Manasse, en dié is ook agter hom aan opgeroep; ook het hy boodskappers gestuur in Aser en in Sébulon en in Náftali, en hulle het opgetrek, hulle tegemoet.

Hy het nie net ‘n oorlogswapenrusting aangetrek het, Hy was met krag van God geklee.

Met geestelike dapperheid blaas hy op die ramshoring en stuur boodskappers na sy stam Mannasa, na Aser, Sebulon en Naftali.

Baie vinnig is die sterk manne gereed vir die oorlog.

Verse 36,3 Toe het Gídeon met God gespreek: As U werklik deur my hand Israel wil verlos soos U gespreek het —37ek sal die wolvlies op die dorsvloer neerlê: as daar net op die vlies dou is, terwyl die grond oral droog is, dan sal ek weet dat U deur my hand Israel wil verlos soos U gespreek het.

Het Gideon genoeg bewyse van God betrokkenheid in die komende oorlog gehad? Maar my liewe vriend, God is so genadig. As ons geloof bietjie swak raak en ons vir ‘n teken vra, gee Hy dit vir ons.

Maar die Here wil hê ons vertroue in Hom moet toeneem sodat ons Hom uiteindelik op Sy Woord sal neem.

Verse 37-39 En dit was so: toe hy die volgende môre vroeg opstaan, het hy die vlies uitgewring en die dou uit die vlies uitgedruk, ’n kom vol water.39Toe het Gídeon met God gespreek: Laat u toorn nie teen my ontvlam nie, en laat my net hierdie keer mag spreek; laat my tog net hierdie keer met die vlies ’n proef neem: laat dit op die vlies alleen droog wees terwyl daar op die grond oral dou is.

Gideon dink byhomself. Wol sal natuurlik vog trek en miskien was dit nie ‘n teken nie. Nou voel hy weer onseker.

Maak ek en jy nie ook partykeer dieselfde fout nie. Ons kyk na logika en rede pleks na dit wat die Woord van die Here vir ons sê.

Often the sign asked for may be explainable as a coincidence, rather than as an undeniable miracle. Then men begin to doubt. This was the case with Gideon.

Gaan die Here weer ‘n keer vir Gideon met ‘n teken tegemoed kom?

Ag die Here is so neerbuigend goed vir ons.

Vers 40 En die Here het daardie nag so gedoen: op die vlies alleen was dit droog, maar oral op die grond was daar dou.

CHAPTER 6

15 (Prov. 15:33; 18:12). Before Honor Is Humility.—Gideon deeply felt his own insufficiency for the great work before him. …

The Lord does not always choose for His work men of the greatest talents, but He selects those whom He can best use. Individuals who might do good service for God, may for a time be left in obscurity, apparently unnoticed and unemployed by their Master. But if they faithfully perform the duties of their humble position, cherishing a willingness to labor and to sacrifice for Him, He will in His own time intrust them with greater responsibilities.

Before honor is humility. The Lord can use most effectually those who are most sensible of their own unworthiness and inefficiency. He will teach them to exercise the courage of faith. He will make them strong by uniting their weakness to His might, wise by connecting their ignorance with His wisdom (ST June 23, 1881).

23. The Same Compassionate Saviour.—[Judges 6:23 quoted.] These gracious words were spoken by the same compassionate Saviour who said to the tempted disciples upon the stormy sea, “It is I; be not afraid,”—He who appeared to those sorrowing ones in the upper chamber, and spoke the selfsame words addressed to Gideon, “Peace be unto you.” The very same Jesus who walked in humiliation as a Man among the children of men, came to His ancient people, to counsel and direct, to command, to encourage, and reprove them (ST June 23, 1881).

Was this article helpful?

Related Articles