1. Home
  2. Boeke Van Die Bybel
  3. Die Boek Rigters
  4. Hoofstuk 7 – Die Boek Van Rigters

Hoofstuk 7 – Die Boek Van Rigters

RIGTERS HOOFSTUK 7

Hierdie hoofstuk vertel ons hoe Gideon met 300 man pleks van 32,000 man die vyand verslaan het.

Verse 1,2 DAARNA het Jerúbbaäl, dit is Gídeon, en al die manskappe wat by hom was, vroeg klaargemaak, en hulle het laer opgeslaan by die fontein Harod, terwyl die laer van die Midianiete ten noorde van hom was, van die heuwel More af in die dal. Toe sê die Here vir Gídeon: Die manskappe by jou is te veel vir My om die Midianiete in hulle hand te gee; anders kan Israel hom teen My beroem deur te sê: My eie hand het my verlos.

Hoeveel manskappe het Gideon gehad? 32,000

En die Midianiete? 135,000.

Hoekom was hulle te veel?

Deuteronomium 20:5-8 Dan moet die opsigters die volk toespreek en sê: Wie is die man wat ’n nuwe huis gebou en dit nie ingewy het nie? Hy kan teruggaan huis toe, dat hy nie in die oorlog sterwe en iemand anders dit inwy nie.

6En wie is die man wat ’n wingerd geplant en dit nie in gebruik geneem het nie? Hy kan teruggaan huis toe, dat hy nie in die oorlog sterwe en iemand anders dit in gebruik neem nie.

7En wie is die man wat hom met ’n vrou verloof en haar nie geneem het nie? Hy kan teruggaan huis toe, dat hy nie in die oorlog sterwe en iemand anders haar neem nie.

8Dan moet die opsigters verder die volk toespreek en sê: Wie is die man wat bevrees en week van hart is? Hy kan teruggaan huis toe, dat die hart van sy broers nie smelt soos sy hart nie.

Hoekom wou Gideon nie hierdie reël implimenteer nie?

Vers 3 Roep dan nou tog uit voor die ore van die manskappe en sê: Die wat bang is en bewe, kan teruggaan en wegdraai van die gebergte van Gílead af. Toe het daar van die manskappe twee-en-twintigduisend omgedraai en tienduisend het oorgebly.

Dis waarvoor Gideon bang was.

Luister na hierdie interessante sitaat:

“He was filled with astonishment at the declaration that his army was too large. But the Lord saw the pride and unbelief existing in the hearts of His people.

Aroused by the stirring appeals of Gideon, they had readily enlisted; but many were filled with fear when they saw the multitudes of the Midianites. Yet, had Israel triumphed, those very ones would have taken the glory to themselves instead of ascribing the victory to God.”  {PP 549.1}

Vers 4 Daarop sê die Here vir Gídeon: Die manskappe is nog te veel; bring hulle af na die water, dan sal Ek hulle daar vir jou uitsoek; en van wie Ek aan jou sê: Hierdie een mag met jou saamgaan—dié mag met jou saamgaan; maar elkeen van wie Ek aan jou sê: Hierdie een mag nie met jou saamgaan nie—dié mag nie gaan nie.

Ek wonder wat het alles deur Gideon se gedagtes geflits. Gelukkig het hy nie moed verloor nie.

Vers 5 Hy bring toe die manskappe af na die water; en die Here sê vir Gídeon: Elkeen wat met sy tong die water oplek soos ’n hond lek, moet jy eenkant laat staan; en elkeen wat op sy knieë vooroor buig om te drink, anderkant.

Die manskappe wat begeester was, wou so go as moontlik by die slagveld kom en toe vinnig sommer met hulle hande water geskep en vorentoe gehardloop. Hulle was net 300.

Die banges het so lank as moontlik by die water vertoef. Hulle het luilekker gebuk en hulle mae luilekker vol water drink.

Die sifting het die manne wat deur afgodery besoedel was verwyder.

Die 300 het geglo dat met die Here aan hulle kant het getalle nie in die prentjie gekom nie.

Verse 6-9 En die aantal van die wat gelek het met hul hand na hul mond toe, was driehonderd man; en al die ander manskappe het op hulle knieë vooroor gebuig om water te drink. 7Toe sê die Here vir Gídeon: Deur die driehonderd man wat gelek het, sal Ek julle verlos en die Midianiete in jou hand gee; maar al die ander manskappe kan elkeen na sy woonplek gaan. 8Daarop neem hulle die padkos van die manskappe en hulle ramshorings in hul hand; en hy het al die manskappe van Israel laat gaan, elkeen na sy tente toe; maar die driehonderd man het hy agtergehou, terwyl die laer van die Midianiete onderkant hom in die laagte was. 9En daardie nag het die Here vir hom gesê: Staan op, gaan af in die laer, want Ek gee dit in jou hand.

Die watertoets het waarskynlik hier teen skemer plaasgevind en die tienduisend het in die donker huistoe gestap.

Die Midianiete het gevolglik nie agtergekom dat Israel se weermag na 300 verminder het nie.

Vers 10 En as jy bang is om af te gaan, gaan jy dan saam met jou dienaar Pura af na die laer toe.

Kyk net hoe mooi werk die Here met Gideon. Hy sê vir hom om ou Pura saam met hom die donkerte te laat inloop.

Daar is iets wat die Here wil hê Gideon moet hoor.

Vers 11 en luister wat hulle praat; en daarna sal jou hande sterk word, en jy sal in die laer aftrek. Hy gaan toe af saam met sy dienaar Pura tot by die buitenste lyn van die gewapendes wat in die laer was.

Vers 12 En die Midianiete en Amalekiete en al die kinders van die Ooste het in die laagte gelê soos sprinkane in menigte, en hulle kamele was ontelbaar soos die sand aan die seestrand in menigte.

Die vallei was nie baie breed nie en gevolglik was die kamp in ‘n lang ry uitgesprei. En dis daarom wat dit so ontsettend groot gelyk het.

Vers 13 En toe Gídeon aankom, vertel ’n man aan ’n ander juis ’n droom en sê: Kyk, ek het ’n droom gehad: Daar rol ’n hard gebakte garsbrood in die laer van die Midianiete en kom tot by die tent en slaan dit dat dit omval en keer dit onderstebo, en toe lê die tent daar!

God het Gideon en die uitleg daarvan laat verstaan end it het hom met selfvertrou geïnspireer.

Die garsbrood was diekos van die armes. Simbolies van die armoede waarin die Israeliete die afgelope sewe jaar in verval het.

Verse 14,15 En die ander een het geantwoord en gesê: Dit is niks anders nie as die swaard van Gídeon, die seun van Joas, die Israeliet; God het die Midianiete en die hele laer in sy hand gegee. 15Toe Gídeon dan die verhaal van die droom en sy uitlegging hoor, het hy aanbid; en hy het teruggekeer na die laer van Israel en gesê: Maak klaar, want die Here gee die laer van die Midianiete in julle hand.

Gideon het net daar en op sy knieë geval, sy ongeloof en onwaardigheid belei.

Dit is mense soos Gideon wat die Here in Sy diens kan gebruik. Dis die soort mens wat nie die eer vir homself sal toe-eien nie, maar wat God se Naam verheerlik.

Daar is nie plek vir selfversekerdheid of trots in die werk van die Here nie.

Verse 16 En hy het die driehonderd man verdeel in drie dele en aan hulle almal ramshorings en leë kruike, met fakkels binne-in die kruike, in die hand gegee.

Die Midianiete moes die idee kry dat die ramshoringgeluid en die brandende fakkels rondom hulle kamp was. Hulle moes die idee kry dat hulle omsingel was.

Hierdie aanvalstegniek was deur die Here self gegee.

Vers 17 en aan hulle gesê: Kyk na my en maak net so; en kyk, as ek by die buitenste lyn van die laer kom, dan moet julle maak net soos ek maak.

Hier is ‘n baie groot les. Gehoorsaamheid aan God mag miskien te eenvoudig lyk. Maar wanneer ons dit uitvoer wen ons en die vyand verloor.

Verse 18,19 En as ek en almal wat by my is, op die ramshoring blaas, moet julle ook op die ramshorings blaas rondom die hele laer, en julle moet sê: Vir die Here en vir Gídeon!

19Toe kom Gídeon en die honderd man wat by hom was, by die buitenste lyn van die laer, met die begin van die middelste nagwaak toe hulle skaars die wagte uitgesit het, en hulle blaas op die ramshorings en slaan die kruike stukkend wat hulle in hul hand gehad het.

Daar was drie nagwake. Die middelste een was net voor middernag. Die groot oomblik waarheid, van gehoorsaamheid het aangebreek. Spanning loop hoog.

Verse 20,21 Toe blaas die drie dele op die ramshorings en breek die kruike en hou met hulle linkerhand die fakkels en met hulle regterhand die ramshorings om te blaas, terwyl hulle uitroep: Die swaard van die Here en van Gídeon! 21En hulle het bly staan elkeen op sy plek, rondom die laer. Daarop hardloop die hele laer, en hulle skreeu en vlug.

Dit was die grootste klank- en ligvertoning wat die Midianiete nog ooit gesien het. Maar pleks dat hulle dit geniet, raak hulle paniekerig.

Wat het gebeur toe ramshorings aanmekaar geblaas word en die vlamme aanhou flicker?

Vers 22 En toe die driehonderd op die ramshorings blaas, het die Here die swaard van die een teen die ander gerig, ja, in die hele laer; en die laer het gevlug na Bet-Sitta, na Seréda toe, tot by die oewer van Abel-Mehóla by Tabbat.

Wat ‘n slagting. Terwyl hulle in die donker na die Jordaanrivier se driwwe vlug dink hulle die mens agter hulle is die vyand. En raai wat doen hulle?

Dis baie gevaarlik om teen die Here te kom veg want jy kan jouself miskien om die lewe bring.

Vers 23 En die manskappe van Israel uit Náftali en uit Aser en uit die hele Manasse is opgeroep, en hulle het die Midianiete agternagejaag.

Baie van die bangerige manne van ‘n paar uur vante vore huistoe is, het nou kom help. Dit was maklik want die vyand het op die vlug geslaan en hulle moes hulle net agterasit.

Vers 24 Ook het Gídeon boodskappers gestuur in die hele gebergte van Efraim om te sê: Trek af die Midianiete tegemoet, en sny hulle van die waters af tot by Bet-Bara en die Jordaan. So het dan al die manskappe van Efraim bymekaargekom en die waters beset tot by Bet-Bara en die Jordaan.

Aan die suide kant van die slagveld het die stamme van Efraim en Manasa gewoon. Gideon het hulle nie aanvanklik gevra om te kom help veg nie.

Maar nou dat die Midianiete begin vlug het, het hulle op Gideon se oproep gereageer en die driwwe gaan beman. Hulle moes keer dat die Midianiete nie deurkom nie.

Vers 25 En hulle het twee vorste van die Midianiete gevang, Oreb en Seëb; en Oreb het hulle gedood by die rots Oreb, en Seëb gedood by die parskuip Seëb, en hulle het die Midianiete agtervolg; en die hoof van Oreb en van Seëb het hulle na Gídeon gebring, oorkant die Jordaan.

Oreb en Seëb se name beteken “die kraai en die wolf.” Nogal paslike name hierdie woestynkapteine

Die vinnige optrede van die Eframiete het verhoed dat die Midianiete die onderste driwwe kon oorsteek.

Van agter die Midianiete was die magte van Naftali, Aser en Manassa. Voor hulle was die Jordaanrivier en die Eframiete. Hulle was geforseer om oor te gee.

Dit was ‘n groot oomblik in die geskiedenis van Israel. Die stamme het saamgestaan en die vyand is verslaan.

Ons moet net onthou dat as die Here ons vra om te gaan oorwin, sal Hy sorg dat dit gebeur.

As Hy jou vra om die vyand van oneerlikheid te gaan verslaan, sal Hy jou help.

Jy is miskien ontrou teenoor jou lewensmaat. Die Here sê moenie. Wat jy doen is iets verskrikliks wreed. Maar Hy belowe as jy Hom gehoorsaam, sal Hy jou die oorwinning oor hierdie swakheid gee.

Daar is ‘n mooi uitdrukking in Engels: “All His biddings are enablings.”

As die Here ons vra om Sy gebooie te bewaar en oorwinnend te leef, maak Hy Homself verantwoordelik vir ons oorwinning.

CHAPTER 7

2, 3 (Deut. 20:5–8). Christ Considers Family Ties.—[Judges 7:2, 3; Deut. 20:5–8 quoted.] What a striking illustration is this of the tender, pitying love of Christ! He who instituted the relations of life and the ties of kindred, made special provision that these be not too widely broken. He would have none go forth to battle unwillingly. This proclamation also sets forth in a forcible manner the influence which may be exerted by one man who is deficient in faith and courage, and further shows the effect of our thoughts and feelings upon our own course of action (ST June 30, 1881).

4. Qualities Needed in Christ’s Soldiers.—True Christian character is marked by a singleness of purpose, an indomitable determination, which refuses to yield to worldly influences, which will aim at nothing short of the Bible standard. If men will permit themselves to become discouraged in the service of God, the great adversary will present abundant reasons to turn them from the plain path of duty to one of ease and irresponsibility. Those who can be bribed or seduced, discouraged or terrified, will be of no service in the Christian warfare. Those who set their affections on worldly treasures or worldly honors, will not push the battle against principalities and powers, and spiritual wickedness in high places.

All who would be soldiers of the cross of Christ, must gird on the armor and prepare for conflict. They should not be intimidated by threats, or terrified by dangers. They must be cautious in peril, yet firm and brave in facing the foe and doing battle for God. The consecration of Christ’s follower must be complete. Father, mother, wife, children, houses, lands, everything, must be held secondary to the work and cause of God. He must be willing to bear patiently, cheerfully, joyfully, whatever in God’s providence he may be called to suffer. His final reward will be to share with Christ the throne of immortal glory … [Judges 7:4 quoted] (ST June 30, 1881).

7. Pray and Never Be Surprised.—The Lord is willing to do great things for us. We shall not gain the victory through numbers, but through the full surrender of the soul to Jesus. We are to go forward in His strength, trusting in the mighty God of Israel.

There is a lesson for us in the story of Gideon’s army. …

The Lord is just as willing to work through human efforts now, and to accomplish great things through weak instrumentalities. It is essential to have an intelligent knowledge of the truth; for how else could we meet its wily opponents? The Bible must be studied, not alone for the doctrines it teaches, but for its practical lessons. You should never be surprised, you should never be without your armor on. Be prepared for any emergency, for any call of duty. Be waiting, watching for every opportunity to present the truth, familiar with the prophecies, familiar with the lessons of Christ. But do not trust in well-prepared arguments. Argument alone is not enough. God must be sought on your knees; you must go forth to meet the people through the power and influence of His Spirit.

Act promptly. God would have you minute men, as were the men who composed Gideon’s army. Many times ministers are too precise, too calculating. While they are getting ready to do a great work, the opportunity for doing a good work passes unimproved. The minister moves as though the whole burden rested on himself, a poor finite man, when Jesus is carrying him and his burden too. Brethren, trust self less, and Jesus more (RH July 1, 1884).

7, 16–18 (Joshua 6:2–5). God’s Ways Are Not Our Ways.—It is a dangerous thing for men to resist the Spirit of truth and grace and righteousness, because its manifestations are not according to their ideas, and have not come in the line of their methodical plans. The Lord works in His own way, and according to His own devising. Let men pray that they may be divested of self, and may be in harmony with heaven. Let them pray, “Not my will, but thine, O God, be done.” Let men bear in mind that God’s ways are not their ways, nor His thoughts their thoughts; for He says, “As the heavens are higher than the earth, so are my ways higher than your ways, and my thoughts than your thoughts.” In the instruction that the Lord gave Gideon when he was about to fight with the Midianites,—that he should go out against his foes with an army of three hundred blowing trumpets, and carrying empty pitchers in their hands, and shouting, “The sword of the Lord, and of Gideon,”—these precise, methodical, formal men would see nothing but inconsistency and confusion. They would start back with determined protest and resistance. They would have held long controversies to show the inconsistency and the dangers that would accompany the carrying on of the warfare in such an extreme way, and in their finite judgment they would pronounce all such movements as utterly ridiculous and unreasonable. How unscientific, how inconsistent, would they have thought the movements of Joshua and his army at the taking of Jericho! (RH May 5, 1896).

Was this article helpful?

Related Articles