1. Home
  2. Boeke Van Die Bybel
  3. Die Boek Rigters
  4. Hoofstuk 8 – Die Boek Van Rigters

Hoofstuk 8 – Die Boek Van Rigters

RIGTERS HOOFSTUK 8

1 Gideon se tragiese einde.

Vers 1 TOE sê die manskappe van Efraim vir hom: Wat is dit wat u ons aangedoen het, dat u ons nie geroep het toe u weggetrek het om teen die Midianiete te veg nie? En hulle het heftig met hom getwis.

Sies. Dis baie lelik van hulle. Hoe hanteer jy onbeskofte en arrogante mense?

Kom ons hoor hoe Gideon dit gedoen het.

Vers 2 Maar hy sê vir hulle: Wat het ek nou gedoen in vergelyking met julle? Is die na-oes van Efraim nie beter as die wynoes van Abiëser nie?

Pleks dat hy hulle aanvat, prys hy hulle. Was dit wat hulle gedoen prysenswaardig?

Jesaja 10:26 En die Here van die leërskare sal oor hom (Assirië) gésel swaai soos Mídian verslaan is by die rots Oreb; en sy staf sal wees oor die see, en Hy sal dit ophef op die manier van Egipte.

Verses 3,4 God het die vorste van Mídian, Oreb en Seëb, in julle hand gegee, maar wat kon ek doen in vergelyking met julle? Toe bedaar hulle opgewondenheid teenoor hom nadat hy hierdie woord gespreek het.4En Gídeon het gekom by die Jordaan, en hy en die driehonderd man wat by hom was, het oorgetrek, moeg en besig om te agtervolg.

Kom ons hoor watter onthaal hulle gekry het toe hulle moeg moeg oor die Jordaan na die naaste ommuurde stad gestap het.

Vers 5 En hy sê aan die manne van Sukkot: Gee tog broodjies vir die manskappe wat op my voetspore volg, want hulle is moeg, en ek is besig om Seba en Sálmuna, die konings van die Midianiete, agterna te jaag.

Die kere wat ek Sokkot besoek, dink ek aan sy geskiedenis. Wat se soort antwoord gaan Gideon van die mense kry wat hy sopas van die Midianitiese oorheersing verlos het.

Vers 6 Maar die vorste van Sukkot vra: Is die handpalm van Seba en van Sálmuna nou al in u hand, dat ons aan u leër brood moet gee?

Moet die nuwe Rigter die saak net daar los? Wat verwag die wet dat hy moet doen?

Ons moet onthou dat Gideon nou die opdragte van die Here uitoer.

Vers 7 Toe sê Gídeon: Daarom, as die Here Seba en Sálmuna in my hand gee, sal ek julle vlees met woestyndorings en distels dors.

Hierdie mense was verraaiers en hulle moes vir hulle dade boet.

Vers 8 En daarvandaan het hy opgetrek na Pnuel en met hulle net so gespreek; maar die manne van Pnuel het hom geantwoord net soos die manne van Sukkot geantwoord het.

Penuel beteken “Die gesig van God.” Dis hier waar Jabok eeue gelede by die Jabbokrivier met God geworstel het. (Gen 32:22, 30). Later is ‘n stad hier gebou.

Vers 9 Daarop spreek hy ook met die mense van Pnuel en sê: As ek met vrede terugkom, sal ek hierdie toring omgooi.

Vir elke oortreding is daar ‘n straf. Hierdie onbeskofte mense moes gedisiplineer word.

Vers 10 Seba en Sálmuna was toe in Karkor, en hul leër by hulle, omtrent vyftienduisend, al wat oor was uit die hele leër van die kinders van die Ooste; maar die gesneuweldes was honderd-en-twintigduisend man wat die swaard kon uittrek.

Verse 11,12 En Gídeon het opgetrek met die pad van die tentbewoners, ten ooste van Nobag en Jógbeha, en hy het die leër verslaan terwyl die leër gerus was. En Seba en Sálmuna het gevlug, maar hy het hulle agternagejaag en die twee konings van Mídian, Seba en Sálmuna, gevang nadat hy die hele leër uiteengejaag het.

Die vyand kan nie teen die kinders van die Here standhou nie.

Verse 13,14 En toe Gídeon, die seun van Joas, terugkom uit die geveg, van die nek Heres af vang hy ’n seun van die mense van Sukkot en vra hom uit; en dié het vir hom die vorste van Sukkot en sy oudstes opgeskrywe, sewen-en-sewentig man.

Gideon het met ‘n ander pad na Sukkot terugkeer om die prinse te verras as hulle miskien wou vlug.

Dis interessant dat die jong seun kon skryf – ‘n bewys dat die mense opgevoed was.

Hoekom wou Gideon net die name van vorste en oudstes gehad het?

Lex talionis. Dis net die mense wat oortree het wat gestraf moes word.

Verse 15,16 En toe hy by die mense van Sukkot kom, sê hy: Hier is Seba en Sálmuna oor wie julle my gesmaad het deur te sê: Is die handpalm van Seba en van Sálmuna nou al in u hand, dat ons aan u vermoeide manskappe brood moet gee?

16Daarop neem hy die oudstes van die stad saam met die woestyndorings en die distels, en hy het die manne van Sukkot daarmee ’n les geleer.

Die pakslae met die woestyndoring en distels het hulle ‘n les geleer om hulle mede Israeliete met respek te bejeën.

Wat is die volgende beweging?

Vers 17 En die toring van Pnuel het hy omgegooi en die manne van die stad gedood.

Gideon het vir hulle gesê dat hy net die toring gaan afbreek. Toe hulle teëstand gebied het, het hulle hulle lewens verloor.

Vers 18 En hy het Seba en Sálmuna gevra: Wat vir manne was dit wat julle by Tabor gedood het? En hulle antwoord: Soos u, so was hulle: elkeen van gestalte koninklike seuns.

Gideon wou nie met Seba en Salmuna afreken voordat hy hulle vir die mense van Sukkot Pnuel gaan wys het nie. Dit het eers gebeur toe hy teruggekom by Ofra.

Vers 19. Daarop sê hy: Dit was my broers, seuns van my moeder. So waar as die Here leef, as julle hulle laat leef het, sou ek julle nie doodmaak nie.

Wat leer die Lex Talionis? Oog vir ‘n oog…lewe vir ‘n lewe.

Wie moes die straf toedien?

Vers 20 En hy sê aan Jeter, sy eersgeborene: Staan op, maak hulle dood! Maar die seun het sy swaard nie uitgetrek nie, omdat hy bang was; want hy was nog ’n seun.

Dit was ‘n verskriklike vernedering om destyds deur ‘n vrou of ‘n kind doodgemaak te word.

Vers 21 Toe sê Seba en Sálmuna: Staan u self op en val op ons aan, want soos die man is, is sy krag. Gídeon het toe opgestaan en Seba en Sálmuna gedood, en die maantjies wat aan die nekke van hulle kamele was, het hy geneem.

Hulle sou liewer deur ‘n held sterf as deur ‘n seun.

Vers 22 Daarop sê die manne van Israel vir Gídeon: Heers oor ons, u sowel as u seun en u kleinseun, want u het ons verlos uit die hand van die Midianiete.

Wat gaan sy antwoord wees?

Vers 23 Maar Gídeon antwoord hulle: Ek wil nie oor julle heers nie, en ook my seun mag nie oor julle heers nie: die Here sal oor julle heers.

Gideon het geweet dat God se oproep vir iemand om verlossing te bewerkstellig nie na die nageslag oorgedra kan word nie.

Sy edelheid het geskitter toe hy die koningskap van die hand gewys het.

Na sy morele hoogtepunt, het hy skielik begin afdaal.

Verse 24 Verder het Gídeon vir hulle gesê: Ek wil aan julle ’n versoek doen: Gee nou elkeen vir my die ring uit sy buit! Want hulle het goue ringe gedra, omdat hulle Ismaeliete was.

Ismaeliete en Midianiete was half broers en uiteindelik het hulle so ondertrou dat hulle dieselfde gebied bewoon het. Daar was amper nie ‘n verskil tussen hulle nie.

Verse 25  Toe sê hulle: Ons wil dit graag gee; en hulle het ’n mantel uitgesprei en elkeen ’n ring van sy buit daarop gegooi.

Hoeveel het hierdie dankbare verlosde mense op die mantel gegooi?

Vers 26 En die gewig van die goue ringe wat hy gevra het, was sewentienhonderd sikkels goud, behalwe die maantjies en die oorversiersels en purper klere wat die konings van Mídian gedra het, en behalwe die kettings wat aan die nekke van hulle kamele was.

Ongeveer 20 kilogram goud. Werk dit uit teen R1000 per fyn ons?

Gideon wat gaan jy mt al die goud maak?

Vers 27 En Gídeon het daar ’n skouerkleed van gemaak en dit in sy stad, in Ofra, opgestel; en die hele Israel het dit daar agternagehoereer, en dit het vir Gídeon en sy huis ’n strik geword.

Gideon se skouerkleed was ‘n namaaksel van die een wat die hoëpriester gedra het.

Die Israeliete het dit as ‘n voorwerp van aanbidding beskou.

Het die dood van sy 7o seuns miskien uit hierdie sonde gespruit?

Die godsdienssentrum by in Silo in die gebied van die Eframiete. Was hierdie nuwe godsdiensentrum in Ofra miskien asgevolg van die Midianite se arrogansie?

Miskien het hy gedink dat omdat die engel ‘n wonderwerk by sy huis verrig het en hy daar ge-offer het, hy daar met ‘n kerk moet begin.

Sy sonde het daarin gelê dat hy die prerogatiewe van die Aroniese priesterskap sonder die goddelike toestamming gedoen het.

Watter les kan ek uit Gideon se sonde leer? My gehoorsaamheid aan die wet van God moet altyd die enigste standard wees waarvolgens ek moet leef.

Het Gideon sy sonde bely? Sal hy eendag gered word?

Hebreërs 11:32 En wat sal ek nog meer sê? Want die tyd sal my ontbreek as ek van Gídeon, Barak en Simson en Jefta, Dawid en Samuel en die profete sou verhaal, 33wat deur die geloof koninkryke oorweldig het, geregtigheid uitgeoefen, beloftes verkry, bekke van leeus toegestop, 34die krag van vuur uitgeblus, die skerpte van die swaard ontvlug, krag uit swakheid ontvang het, dapper gewees het in die oorlog, leërs van vreemdes op die vlug gedryf het.

Verse 28-31 So moes die Midianiete dan buig voor die kinders van Israel, en hulle het hul hoof nie meer opgetel nie; en die land het in Gídeon se dae veertig jaar lank gerus.

29En Jerúbbaäl, die seun van Joas, het in sy huis gaan woon.

30En Gídeon het sewentig seuns gehad wat uit sy lende voortgekom het, want hy het baie vroue gehad. 31En sy byvrou wat in Sigem was, het ook vir hom ’n seun gebaar, en hy het hom die naam Abiméleg gegee.

Die beskrywing van sy familie gee vir ons ‘n agtergrond vir die gebeure van hoofstuk 9. Abimeleg het sleg uitgedraai.

Vers 32 En Gídeon, die seun van Joas, het gesterf in goeie ouderdom en is begrawe in die graf van sy vader Joas, in Ofra van die Abiësriete.

Wat is die volgende iets wat gaan gebeur?

Vers 33 Maar net toe Gídeon dood was, het die kinders van Israel weer die Baäls agternagehoereer en van Baäl-Berít vir hulle ’n god gemaak.

Baäl-Berit beteken die god van die verbond. In Sigem was daar ‘n tempel wat aan hom gewei was.

Vers 34 En die kinders van Israel het nie gedink aan die Here hulle God wat hulle uit die hand van al hul vyande rondom gered het nie. (OV)

En die Here hulle God vergeet deur wie hulle gered is uit die mag van hulle vyande rondom hulle. (NV)

Wat veroorsaak vergeetagtigheid?

As ons nie oor en oor aan die goedheid van die Here dink nie, sal ons vergeet hoe Hy ons in die verlede gelei het.

Om oor die goedheid van die Here te praat, maak ‘n mens dankbaar. Dit bring jou ook nader aan die Here.

My dierbare vriend. As jy iets het om van die goedheid van die Here te vertel, vertel dit. Jy sal verbaas wees hoe dit jou geestelike lewe gaan verryk.

Ondankbaarheid waar die ouer van ongeloof. Ek het die volgende mooi iets in Engels oor “Remember” om te onthou raakgeloop:

As is common with many Hebrew words, “remember” not only refers to the act of retaining in the conscious mind but also includes the doing of that which a knowledge of the facts would require.

Thus to “remember” God means to give to Him the worship which He demands.

To “remember” Gideon would mean to show honor to his posterity, as well as to give heed to his counsel and seek to follow out the pattern he had laid out for the future jurisdiction of the domain of Israel.

The error of Gideon in supposing that by setting up his ephod he could preserve the fidelity of the people to Jehovah now revealed itself in all its folly.

After he was dead, the Israelites gave no more thought either to him or to the God who had delivered them.

Verse 35 En hulle het geen guns bewys aan die huis van Jerúbbaäl, dit is Gídeon, vir al die goed wat hy aan Israel gedoen het nie.

Hierdie paar woorde is ‘n kort samevatting oor die inhoud van die volgende hoofstuk.

Die mense wat vroeër vir Gideon gevra het om hulle koning te word, het nagelaat om mooi het sy nageslag te werk.

Gewildheid is so tydelik van aard. Vandag se held word more vergeet.

Kom ons maak die Here ons Held en laat ons nie vergeet hoe ontsettend goed Hy vir ons is nie.

Was this article helpful?

Related Articles