1. Home
  2. Boeke Van Die Bybel
  3. Die Boek Rigters
  4. Hoofstuk 9 – Die Boek Van Rigters

Hoofstuk 9 – Die Boek Van Rigters

RIGTERS HOOFSTUK 9

1 Die trangiese verhaal van Abimeleg. ‘n Veerkeerde keuse lei tot ‘n ramp.

Verse 1,2 EN Abiméleg, die seun van Jerúbbaäl, het heengegaan na Sigem, na die broers van sy moeder, en hy het met hulle en met die hele geslag van sy moeder se familie gespreek en gesê: 2Spreek tog voor die ore van al die burgers van Sigem: Wat is vir julle beter—dat sewentig man, almal seuns van Jerúbbaäl, oor julle heers, of dat een man oor julle heers? En dink daaraan dat ek julle gebeente en julle vlees is.

Die inwoners van Sigem was van die stam van Efraim en Gideon van die stam van Manassa. Hulle sou liewer sy seun wil hê om oor hulle te regeer want hy was van Sigem.

Verse 3,4 Toe die broers van sy moeder al hierdie woorde voor die ore van al die burgers van Sigem oor hom spreek, het hulle hart Abiméleg gevolg; want hulle het gesê: Hy is ons broer. 4Hulle het hom toe sewentig sikkels silwer uit die huis van Baäl-Berít gegee, en daarmee het Abiméleg ydele en ligsinnige manne gehuur, en hulle het hom gevolg.

In antieke tye het die tempels soos ons banke gedien. Geld kon hier gedeponeer word.

Wat ‘n skande dat Gideon, wat Baälaanbidding verfoei het, se seun sy loopbaan met geld uit ‘n Baältempel moes begin.

Veelwywery het nie baie goeie vrugte voortgebring nie.

Die 70 sikkels silwer was vir die vermoording van die 70 seuns van Gideon.

Verse 5 En hy het in die huis van sy vader gegaan, in Ofra, en sy broers, die seuns van Jerúbbaäl, sewentig man, op een klip vermoor; maar Jotam, die jongste seun van Jerúbbaäl, het oorgebly, want hy het weggekruip.

Kan dit die klip wees waarop Gideon ge-offer het dat hy sy broers soos beeste geslag het?

Die naam Jotam beteken “die Here is volmaak.” Die feit dat Gideon sy  70ste seun so genoem het, is ‘n bewys dat hy aan God getrou gebly het tenspyte van die skouerkleed wat hy gemaak het.

Vers 6 Daarop het al die burgers van Sigem en die hele huis Millo bymekaargekom en Abiméleg gaan koning maak by die terpentynboom van die gedenkteken wat by Sigem is.

Hierdie boom is waarskynlik dieselfde een waaronder Jakob se mense hulle oorbelle en ander juwele in gegooi het.

Abimeleg is op dieselfde plek gekroon waar Josua vir die laaste keer die verbond tussen Israel en die Here hernuwe het.

Is dit nie tragies nie!

Vers 7 Toe hulle dit aan Jotam (die Here is volmaak) meedeel, het hy op die top van die berg Gerísim gaan staan en sy stem verhef en uitgeroep en aan hulle gesê: Luister na my, burgers van Sigem, sodat God na julle kan luister.

Hy was die enigste van Gideon se seuns wat uit die hand van Abimeleg ontsnap het. Luister na sy meesterlike profetiese uitsprake:

Vers 8 Eendag het die bome gegaan om ’n koning oor hulle te salf en aan die olyfboom gesê: Wees koning oor ons!

Hier kry ons die tweede probeerslag om ‘n koning oor die stamme aan te stel.

Die olyfboom, die vyeboom, die die wingerdstok verteenwoordig mense soos Gideon wat nie in die welvaart van die volk belangstel en nie in sy eie glorie nie.

Vers 9 Maar die olyfboom het vir hulle gesê: Sou ek my vettigheid opgee wat God en die mense in my prys, en oor die bome gaan swewe?

Gideon het die offer van die hand gewys.

Vers 10 Toe sê die bome vir die vyeboom: Kom jy, wees koning oor ons.

Dit wil voorkom of hulle van die ander seuns van Gideon ook genader het om koning oor hulle te wees.

Verse 11-13 Maar die vyeboom het vir hulle gesê: Sou ek my soetigheid en my goeie vrugte opgee en oor die bome gaan swewe? 12Toe sê die bome vir die wingerdstok: Kom jy, wees koning oor ons.

13Maar die wingerdstok het vir hulle gesê: Sou ek my mos opgee wat God en die mense vrolik maak, en oor die bome gaan swewe?

Jotam se metafoor dui daarop die Gideon die wispelturigheid van die Israeliete geken het. Hy bly liewer ‘n Rigter as ‘n koning wat oor die volk “Swewe”.

Wat gaan die bome nou maak?

Verse 14,15 Toe sê al die bome vir die steekdoring: Kom jy, wees koning oor ons!15En die steekdoring het vir die bome gesê: As julle in waarheid my as koning oor julle salf, kom dan, skuil in my skaduwee; maar so nie, laat daar dan vuur uitgaan uit die steekdoring en die seders van die Líbanon verteer.

Wat ‘n kontras tussen waardevolle bome en ‘n steekdoring!

Jotam sê vir die koningsoekende volk dat Abimeleg nie vir hulle beskerming en skaduwee kan aanbied nie. En as hulle teen hom draai gaan hy hulle verwoes.

Verse 16-19 As julle dan nou in waarheid en in opregtheid gehandel het deur Abiméleg koning te maak, en as julle goed gedoen het aan Jerúbbaäl en sy huis, en as julle aan hom gedoen het na die verdienste van sy hande —

17julle vir wie my vader geveg en sy lewe gewaag het, en wat hy uit die hand van die Midianiete gered het,

18maar wat vandag opgestaan het teen die huis van my vader, en sy seuns, sewentig man, op een klip vermoor het en Abiméleg, die seun van sy slavin, koning gemaak het oor die burgers van Sigem omdat hy julle broer is —

19as julle dan vandag in waarheid en in opregtheid gehandel het met Jerúbbaäl en sy huis, wees dan vrolik oor Abiméleg, en mag hy ook vrolik wees oor julle.

In opregtheid gehandel het. So ironies.

Vers 20 Maar so nie, laat daar dan vuur uitgaan uit Abiméleg en die burgers van Sigem en die huis Millo verteer; en laat daar vuur uitgaan uit die burgers van Sigem en uit die huis Millo en Abiméleg verteer.

Hierdie voorspelling is letterlik vervul. Die vuur het beide groepe verteer.

Vers 21 Daarop het Jotam padgegee en weggevlug en na Beër gegaan en daar gebly vanweë Abiméleg, sy broer.

Hoelank het die steekdoring regeer?

Verse 22-24 Toe Abiméleg drie jaar oor Israel geheers het,23het God ’n bose gees gestuur tussen Abiméleg en die burgers van Sigem, en die burgers van Sigem het troueloos gehandel teen Abiméleg,24sodat die onreg teen die sewentig seuns van Jerúbbaäl sou uitkom, en Hy hulle bloed sou lê op hul broer Abiméleg wat hulle vermoor het, ook op die burgers van Sigem wat sy hande versterk het om sy broers te vermoor.

Bose gees gestuur. Kan ook op ‘n gesindheid dui.

Dit wat God toelaat word dikwels voorgestel asof Hy dit geokistreer het.

Troueloos gehandel. Soos wat Abimeleg met die seuns van Gideon gehandel het, so het hulle nou teenoor hom begin optree.

Vers 25 So het die burgers van Sigem dan teen hom hinderlae opgestel bo-op die berge en almal beroof wat op die pad by hulle verbykom. En dit is aan Abiméleg meegedeel.

Kyk die ou steekdoring Abimeleg se beeld was nou in gevaar.

Verse 26,27 Toe kom Gaäl, die seun van Ebed, met sy broers en hulle trek oor na Sigem toe; en die burgers van Sigem het op hom vertrou.27En hulle het uitgegaan in die veld en hulle wingerde afgeoes en uitgetrap en oesfees gehou; daarop het hulle in die huis van hulle god ingegaan en geëet en gedrink en Abiméleg gevloek.

In die einste tempel waar hulle Abimeleg gefinsier het, word hy nou vervloek.

Verse 28,29 Toe sê Gaäl, die seun van Ebed: Wie is Abiméleg—en wat is Sigem—dat ons hom sou dien? Is hy nie die seun van Jerúbbaäl, en is Sebul nie sy stadsbestuurder nie? Dien die manne van Hemor, die vader van Sigem, maar waarom moet óns hom dien? Ag, was hierdie volk maar in my hand, dan sou ek Abiméleg wegjaag! En met die oog op Abiméleg het hy gesê: Vermeerder maar jou leër en trek uit!

Hoe het Sebul op hierdie uitspake gerageer?

Verse 30-32 Toe Sebul, die owerste van die stad, die woorde van Gaäl, die seun van Ebed, hoor, het hy kwaad geword 31en listig boodskappers na Abiméleg gestuur om te sê: Kyk, Gaäl, die seun van Ebed, met sy broers, het in Sigem gekom, en kyk, hulle maak die stad teen u op. 32Maak dan nou in die nag klaar, u met die manskappe wat by u is, en stel ’n hinderlaag op in die veld.

Die sameswering word baie goed beskryf.

Verse 33-35 Dan kan u in die môre vroeg as die son uitkom, u gereed hou en ’n aanval teen die stad maak; en as hy met die manskappe wat by hom is, uittrek na u toe, handel dan met hom na bevind van sake.

34Daarop het Abiméleg en al die manskappe wat by hom was, in die nag klaargemaak en hinderlae in vier dele by Sigem opgestel.

35En Gaäl, die seun van Ebed, het uitgegaan en by die ingang van die stadspoort gaan staan; en toe Abiméleg en al die manskappe wat by hom was, opstaan uit die hinderlaag,

Stadspoort. Gedurende die Rigters was dit die plek waar die landdroste met die mense stadsmense ontoet het.

Sebul die stadsbesuurder het daar spesifieke dag na die poort gekom omdat hy snif in die neus gekry het. Gaäl was ook vir sy eie selfsugtige redes daar.

Vers 36 sien Gaäl die manskappe en sê vir Sebul: Kyk, daar kom mense van die bergtoppe af; maar Sebul sê vir hom: Jy sien die skaduwee van die berge vir mense aan!

Daar kom mense. Gedurende die nag het Abimeleg se soldate stilletjie nader aan Sigem gekom. Vroeg die volgende oggend toe die mense die stad verlaat het, het hulle na die stad opgeruk.

Teneinde vir Abimeleg bietjie tyd te wen, sê Sebul van die babbalas Gaäl: Jy sien die skaduwee van die berge vir mense aan!

Verse 37 Maar Gaäl hou aan en sê: Kyk, daar kom mense van die hoogste punt van die land af, en een deel kom uit die rigting van die eik van die towenaar.

Tot die stad en Gaäl se ontnugtering sien hulle hoe soldate op hulle opstorm.

Verse 38 Daarop sê Sebul vir hom: Waar is nou jou mond waarmee jy gesê het: Wie is Abiméleg, dat ons hom sou dien? Is dit nie die manskappe wat jy verag het nie? Trek nou tog uit en veg teen hulle!

Kom ons hoor wat Gaäl die grootmond nou gaan doen?

Verse 39,40 Toe trek Gaäl uit voor die burgers van Sigem en veg teen Abiméleg. 40Maar Abiméleg het hom agtervolg, en hy het voor hom uit gevlug, en baie het gesneuwel tot by die ingang van die poort.

Wat is die volgende iets wat die steekdorig, Abimeleg gaan doen?

Vers 41 En Abiméleg het in Áruma gebly, maar Sebul het Gaäl en sy broers verjaag, dat hulle nie in Sigem kon bly woon nie.

Wat ‘n gaos. Wat gaan Abimeleg nou maak?

Verse 42,43 En toe die mense die volgende dag uittrek in die veld, is dit aan Abiméleg meegedeel. 43Daarop het hy die manskappe geneem en hulle in drie dele verdeel en ’n hinderlaag opgestel in die veld; en toe hy sien dat die mense die stad uittrek, val hy op hulle aan en verslaan hulle.

Interessant dat Gideon Abimeleg se pa ook die oorwinnings behaal het nadat sy weermag in drie dele verdeel het.

Verse 44,45 Want Abiméleg en die dele wat by hom was, het ingestorm en gaan staan by die ingang van die stadspoort, en die ander twee dele het almal wat in die veld was, bestorm en hulle verslaan.

45En Abiméleg het daardie hele dag teen die stad geveg en die stad ingeneem en die mense wat daarin was, gedood en die stad afgebreek en dit met sout besaai.

Dis ‘n baie duur prys om ‘n koning te kies pleks van op die Here te vertrou dat Hy die Rigter kies en aanstel.

Het die volk maar in die tyd van Samuel toe hulle ‘n koning gevra het hierdie verhaal weer ‘n keer gelees het.

Verse 46 Toe al die burgers van die toring van Sigem dit hoor, gaan hulle in die kelder van die tempel van El-Berít in.

Dit was ‘n algemene gebruik in die outyd om skuiling in tempels te soek.

Verse 47-49 En toe dit aan Abiméleg meegedeel is dat al die burgers van die toring van Sigem bymekaargekom het,

48klim Abiméleg, hy en al die manskappe wat by hom was, op die berg Salmon; en Abiméleg het byle met hom saamgeneem en ’n boomtak afgekap en opgetel en dit op sy skouer gesit en aan die manskappe wat by hom was, gesê: Wat julle my sien doen, doen dit my gou na.

49Daarop kap al die manskappe ook elkeen sy tak af en hulle volg Abiméleg en gooi dit op die kelder en steek die kelder bo-op hulle aan die brand, sodat ook al die mense van die Sigemstoring, omtrent duisend manne en vroue, gesterf het.

Hier kry ons die vervulling van die profesie van Jotam: “Laat daar dan vuur uitgaan uit Abiméleg en die burgers van Sigem en die huis Millo verteer (vers 20)

Verse 50,51 Daarna het Abiméleg na Tebes getrek en Tebes beleër en dit ingeneem.51Maar in die middel van die stad was ’n sterk toring; en daarheen het al die manne en vroue en al die burgers van die stad gevlug, en hulle het agter hulle toegesluit en bo-op die dak van die toring geklim.

Dit was die laaste plek waarheen die arme mense van

Sigem kon vlug. Hoe lank so Abimeleg voortgaan om mense uit te moor?

Verse 52,53 En Abiméleg het gekom tot by die toring en daarteen geveg; maar toe hy nader kom tot by die ingang van die toring om dit met vuur te verbrand, 53gooi ’n vrou die boonste meulsteen op die hoof van Abiméleg en verbrysel sy skedel.

En nou vir die volgende bevel van die steekdoring wat as koning wou heers:

Vers 54 Toe roep hy gou die dienaar, sy wapendraer, en sê vir hom: Trek jou swaard uit en maak my van kant, dat hulle nie van my kan sê: ’n Vrou het hom gedood nie. Daarop het sy dienaar hom deurboor, en hy het gesterwe.

Verse 55,56 En toe die manne van Israel sien dat Abiméleg dood was, het hulle elkeen na sy woonplek gegaan. 56So het God dan die kwaad van Abiméleg vergelde wat hy sy vader aangedoen het deur sy sewentig broers te vermoor.

Kwaad van Abimeleg vergelde.

Hierdie verhaal leer die moele les dat God in beheer is van die geskiedenis. Hy staf beide nasionale en individuele misdaad.

Die vloek van Jotam is volledig vervul.

Vers 57 En al die kwaad van die manne van Sigem het God op hulle eie hoof laat neerkom; en die vloek van Jotam, die seun van Jerúbbaäl, het oor hulle gekom.

Principle, Not Policy, Must Control.

“Had the Israelites preserved a clear perception of right and wrong, they would have seen the fallacy of Abimelech’s reasoning, and the injustice of his claims.

They would have seen that he was filled with envy, and actuated by a base ambition to exalt himself by the ruin of his brethren.

Those who are controlled by policy rather than by principle are not to be trusted. They will pervert the truth, conceal facts, and construe the words of others to mean that which was never intended. They will employ flattering words, while the poison of asps is under their tongue. He who does not earnestly seek the divine guidance will be deceived by their smooth words and their artful plans.” (ST Aug. 4, 1881).

Was this article helpful?

Related Articles