1. Home
  2. Doopgedagtes
  3. Hulp Deur Die Woestyn

Hulp Deur Die Woestyn

Skrituur: Deuteronomium 1:29,30

‘n Verlosde volk staan op die anderkanste oewer van die Rsee. Hulle het sopas die grootste verlossing van alle tye aanskou.

Die magtige Tutmosis III met sy onoorwinlike Egiptiese leërs het in die waters van die Rooisee verdwyn.

Op die oewer van die see, sing hulle Moses se lied van oorwinning.

Eksodus 15:3 Die Here is oorwinnaar in die stryd, sy Naam is die Here!

Dit was ‘n lang pragtige lied want die oorwinning wat die Here daardie dag bewerkstellig het, was ‘n magtige oorwinning.

Toe hulle Moses se oorwinningslied klaar gesing het, het hulle die lied van Mirjam sy suster gesing.

Eksodus15:21 Mirjam het vir hulle voorgesing: “Sing tot eer van die Here omdat Hy hoog verhewe is. Perd en ruiter het Hy in die see geslinger.”

DOOPDIENS

Die verlossing wat die Here destyds vir Sy volk bewerkstellig het, is dieselfde verlossing wat Hy tans vir jou en my bewerkstellig.

Paulus verduidelik dat tog deur die Rooisee die pragtige boodskap van die doop verduidelik.

1 Korintiërs 10:1,2 Broers,ek wil julle daraan herinner dat ons voorvaders almal onder die beskerming van die wolk was en almal veilig deur die see gegaan het. Omdat hulle almal vir Moses gevolg het, is hulle almal in die wolk en in die see gedoop.

Bokant die Israeliete was die wolk en weerkante van hulle was water. Hulle was astware in die Rooisee gedoop.

ONDERVINDING NA DIE ROOISEE DOOP

Kom ons kyk net vlugtig na Israel se ondervinding na afloop van hulle Rooisee doop:

Eksodus 15:23 Toe hulle by Mara aankom, kon hulle nie die water drink ie, omdt dit bitter was. Daarom het hulle die plek Mara genoem.

Op reis deur die woestyn na die hemelse Kanaän gaan jy by die Maras van die lewe uitkom. Daar wag bitter ondervindings.

Moenie verbittert word nie. Doen wat Moses gedoen het. Hy het ‘n stuk hout in die water gegooi en dit het soet geword.

Neem die kruishout en gooi dit in jou bitter ondervindings. Dit maak nie saak hoe verskriklik bitter iemand jou teleurstel nie, die kruishout maak daardie ondervinding heerlik soet.

MANNA

Na ‘n maand en ‘n half vandat hulle Egipte verlaat het, het al hulle Egiptiese kos opgeraak.

In Eksodus 16 lees ons hoe die Here vir Sy volk manna van die hemel laat val het.

Op hierdie woestynpad na Kanaän mag julle Egiptiese kos opraak. Ek het goeie nuus. Die Here gaan julle met hemelse Manna voed. Daardie brood is Jesus self.

Julle sal baie hemelse Manna moet eet om julle deur hierdie woestyn te help.

WATER

Toe Israel by ‘n plek met die naam van Refidim kom, het hulle ontdek hulle water voorraad is gedaan.

Dis iets vreeslik om in ‘n warm woestyn dors te word. Kom ons luister hoe die Here in hierdie spesifieke behoefte voorsien het:

Eksodus 17:5,6 Toe sê die Here vir Moses: ‘Loop voor die volk verby en neem van die leiers van Israel saam. Vat ook die kiere waarmee jy op die Nyl se water geslaan het, en stap vooruit. Ek sal daar reg voor jou op die rots by Horeb staan. Dan moet jy teen die rots slaan, en daar sal water uitloop vir die volk om te drink.’

Moenie moedeloos of bitter word wanneer julle aardse waterbronne op pad na Kanaän opraak nie. Jesus die Rots bied lewegewende water om die moeë, dorstige sondaar se dors te les.

DIE EINDE VAN DIE PAD

Binnekort gaan ons aan die einde van hierdie woestynreis kom. Binnekort gaan ons die grens na Kanaän oorsteek. Binnekort gaan ons stryd vir ewig verby wees en binnekort gaan ons vir ewig veilig en gelukkig wees.

Luister na hierdie pragtige woorde. Dis op die grens van Kanaän geskryf:

Deuteronomium 1:31 Julle het in die woestyn ondervind hoe die Here julle God julle die hele pad waarlangs julle tot hier toe gekom het, gedra het soos ‘n man sy seun dra.

Op die woestynpad raak ‘n mens se bene partykeer lam. Die ontberings raak sou baie dat jy inmekaarstort. Gelukkig bied die Here aan om ons te dra soos ‘n man sy seun dra.

PEPPA

Toe ek ‘n klein seuntjie was het ons op ‘n Woensdagaand saam met ons ouers biduur toe gestap. Dit was afdraende.

Met die terugkom was dit opdraende en ek en my boetie was moeg en vaak en ons bene het gepyn.

Dan het my pa ons gepêppa. Ek sal dit nooit vergeet nie. My arms was om sy nek en sy twee hande het my gestut. Ons het partykeer op sy rug aan die slaap geraak.

Op die woestynpad na die hemelse Kanaän wil die Here ons pêppa. Kom ons slaan ons arms om Sy nek. Kom ons laat Hom toe om ons met Sy twee reddende hande te stut.

Was this article helpful?

Related Articles