1. Home
  2. Algemeen
  3. In Die Woestyn

In Die Woestyn

Wat het met Israel gedurende daardie lange jare gebeur toe hulle vir hulle straf die woestyn moes binnegaan? Die sonde van Kades-Barnea moes gestref word.

Ons gaan in hierdie lesing na die ongelooflike liefde van God vir Sy rebelse volk kyk.

Mag die studie van God se karakter iets aan ons harte doen. Mag ons Hom net nog so klein bietjie liewer kry.

Vir byna 40 jaar het die kinders van Israel in die vergetelheid van die uitgestrekte woestyn verdwyn. Kom ons luister wat die Woord sê:

Deuteronomium 2:14 “En die dae van ons trek,” sê Moses, “van Kades-Barnea af totdat ons oor die spruit Sered gegaan het, was 38 jaar – totdat die hele geslag, die krygsmanne, uit die laer omgegkom het soos die Here hulle dit gesweer het.

Vers 15 So was die hand van die Here dan ook teen hulle om hulle uit die laer te vernietig totdat hulle omgekom het.

Gedurende daardie lang droewige dae het hulle aan God se misnoë jeens hulle gedink. By Kades het hulle Hom verwerp en Hy het hulle tragiese besluit met hartseer aanvaar.

Aamgesien hulle die verbond met Hom verbreek het, het hulle nie die teken van die verbond, die besnydenis ontvang nie.

Hulle begeerte om na hulle land van slawerny terug te keer, het getoon dat hulle onwaardig was om vrydheid te geniet. Gevolglik is die pasga wat aan die verlossing uit slawerny herdenk het, nie meer gevier nie.

Dis so tragies. Die duiwel hits mense aan om te sondig en vertel hulle di thou voordele in. Die geskiedenis van ou Israel vertel die teenoorgestelde.

Sou die Here hulle geheel en al verstoot? Hulle het dit mos verdien?

Die voortgesette tabernakel dienste het goeie nuus verkondig. In Sy groot voorsienigheid, het Hy nog steeds in hulle daaglikse behoeftes voorsien.

Terwyl Moses die geskiedenis van Israel opgesom het, het hy dievolgende geskryf:

Deuteronomium 2:7 “Die Here julle God het julle voorspoedig gemaak in alles wat julle gedoen het. Hy het sy oog oor julle gehou in hierdie groot woestyn, en in hierdie hele veertig jaar was die Here julle God by julle en het julle niks kortgekom nie.

Die loflied van die Leveite soos deur Nehemia opgeteken, skets vir ons God se sorg vir Israel al het hulle Hom verwerp:

Nehemia 9:18-21 Selfs toe hulle ’n gegote kalf vir hulle gemaak en gesê het: Dit is jou gode wat jou uit Egipte laat optrek het!—en hulle groot, afskuwelike dinge gedoen het,19het U in u grote barmhartigheid hulle tog nie verlaat in die woestyn nie; die wolkkolom het nie bedags van hulle gewyk om hulle op die pad te lei nie, en die vuurkolom ook nie snags om vir hulle die pad te verlig waar hulle langs moes trek nie.20En u goeie Gees het U gegee om hulle te onderrig, en u manna het U nie van hulle mond teruggehou nie en aan hulle water gegee vir hulle dors.21En veertig jaar lank het U hulle onderhou in die woestyn; hulle het nie gebrek gehad nie; hulle klere het nie verslyt en hulle voete nie geswel nie.

Kan jy dit dink. Vir veertig jaar het hulle klere geen teken van verweer getoon nie. Die Here sorg ook vir die godeloses.

Die woestynomswerwinge was nie net om die klaende rebelle te straf nie. Dit was ook om die opkomende geslag te disiplineer en hulle vir die Beloofde Land reg te kry.

Hoor hoe mooi verduidelik Moses:

Deuteronomy 8:5 Jy moet diep in jou hart weet: soos ’n man dissipline by sy seun kweek, so het die Here jou God vir jou dissipline geleer.

Om watter rede disiplineer on sons kinders?

Wanneer God ons tugtig is dit altyd opvoedkundig, nie net om ons te strafig nie.

Hebreërs 12:5-11 Julle het ook vergeet van die aanmoediging wat tot julle as kinders van God gerig word:

“My kind, moet dit nie gering ag

as die Here jou tug nie

en moenie mismoedig word

as Hy jou teregwys nie,

6want die Here tug hom

wat Hy liefhet,

Hy straf elkeen

wat Hy as kind aanneem.” 7Verdra die tug as opvoeding, want God behandel julle as sy kinders. Is daar miskien ’n kind wat nie deur sy vader getug word nie? 8As julle nie getug word soos al die ander nie, dan is julle nie werklik sy kinders nie. 9Verder, ons het ons aardse vaders gehad wat ons getug het, en ons het vir hulle eerbied gehad. Sal ons ons nie nog des te meer aan die hemelse Vader onderwerp en lewe nie? 10Ons vaders het ons wel ’n kort tydjie na hulle goeddunke getug, maar Hy tug ons tot ons beswil sodat ons in sy heiligheid mag deel.

11Wanneer ons getug word, lyk die tug op daardie oomblik nie na iets om oor bly te wees nie, maar om oor te huil. Later lewer dit egter vir dié wat daardeur gevorm is, ’n goeie vrug: vrede omdat hulle gehoorsaam is aan die wil van God.

Deuteronomium 8:2 “Jy moet onthou hoe die Here jou God jou nou veertig jaar lank in die woestyn gelei het. Hy het dit gedoen om jou nederig te laat word en om jou op die proef te stel sodat Hy kan weet wat jy dink en of jy sy gebooie sal gehoorsaam of nie.

Ons word nederig dankbaar wanneer ons aan al God se goedheid teenoor ons dink. Dit is wanneer ons dit vergeet dat ons begin lelik word en kla.

Vers 3 Hy het jou laat swaarkry, laat honger ly en toe met manna gevoed, iets waarmee nóg jy nóg jou voorvaders bekend was. Hy het dit gedoen om jou te leer dat ’n mens nie net van brood leef nie, maar dat hy leef van elke woord wat uit die mond van God kom.

Waar nog lees ons van hierdie uitdrukking?

Deuteronomium 32:10 Hy het hom gevind in ’n woestynland en in ’n woeste wêreld, vol gehuil van die wildernis; Hy het hom omring, op hom ag gegee, hom bewaak soos sy oogappel.

Hoekom gebruik die Here hierdie beeld om vir ons te vertel hoe baie Hy vir ons omgee?

Jesaja 63:9 Hy het hom gevind in ’n woestynland en in ’n woeste wêreld, vol gehuil van die wildernis; Hy het hom omring, op hom ag gegee, hom bewaak soos sy oogappel.

     Hoe sê ‘n mens dankie vir so ‘n God?

     Dis so hartseer. Ons lees nie van een keer wat die volk in daardie 38 jaar “Dankie” gesê het nie.

Al waarvan ons lees, is insidente van rebellie teenoor God.

Asgevolg van Korag se opstand het 14,000 mense gesterf. Daarna kry ons geïsoleerde gevalle waar dieselfde gees van veragting vir goddelike gesag voorkom.

Op ‘n keer het die seun van ‘n Israelitiese vrou en ‘n Egiptenaar, van die gemengde bevolking, sy eie kamp verlaat en sy tent tussen die Israeliete gaan opslaan en dit as sy reg beskou.

Die wet het gestipuleer dat ‘n Egiptenaar eers vanaf die derde geslag so iets kon doen. Toe daar ‘n dispuut tussen hom en ‘n Israeliet ontstaan, die saak is na die regters verwys en hulle het die seun skuldig bevind.

Hy was woedend oor die uitspraak en het die regter gevloek en die Naam van God gelaster. Die saak is na Moses verwys en die volgende uitspraak is gelewer:

Eksodus 21:17 En hy wat sy vader of moeder vloek, moet sekerlik gedood word.

Daar was egter geen voorskrif in hierdie ernstige geval nie. dit was nodig om op God vir ‘n antwoord te wag.

Die seun was in aanhouding totdat God self beveel het da thy buite die kanp gestenig moes word.

Die getuies het hulle hande op sy hoog geplaas en daardeur die waarheid van die klag teen hom bevestig. Daarna het hulle die eerste klippe gegooi en later het die omstaanders ook in die teregstelling deelgeneem.

Die volgende wet is gevolglik aangekondig:

Levitikus 24:15,16 En met die kinders van Israel moet jy spreek en sê: As iemand sy God vloek, sal hy sy sonde dra.16En wie die Naam van die Here laster, moet sekerlik gedood word; die hele vergadering moet hom sekerlik stenig. Die vreemdeling net soos die kind van die land—as hy die Naam laster, moet hy gedood word.

Daar is mense wat God se liefde en geregtigheid oor die verskriklike straf vir woedeuitbarstings bevraagteken.

Maar beide liefde en geregtigheid vereis dat hierdie soort bose uitsprake teen God is verskriklike sonde is.

Hierdie straf sou as afskrikmiddel dien dat God se Naam nie met minagting genoem word nie. As hierdie eerste oortreder nie gestraf is nie, sou baie deur dieselfde gedrag gesterf het.

Die gemengde bevolking was ‘n voortdurende bron van versoeking en moeilikheid maak. Hulle het voorgegee dat hulle afgodery versaak het en nou die ware God dien.

Maar hulle vroeëre opvoeding het hulle so gevorm dat afgodediens hulle ontsag vir God laat afneem het.

Hulle was gewoonlik die eerstes om konflik aan te blaas en die eerstes om te kla. Hulle het die kamp met hulle heidense gewoontes en murmurering besoedel.

Kort nadat hulle teruggekeer na die woestyn was daar ‘n geval van Sabbatsontheiliging. Die aard daarvan het van groot skuld getuig.

Die Here se aankondiging dat hulle nie die Beloofde Land sou beërf nie het hulle rebels gemaak. Een van hulle was woedend hieroor en vasberade om sy afkeur van God se wet te wys. Hy het oop en bloot op Sabbat vuurmaakhout bymekaar gaan maak.

Gedurende hulle woestynomswerwinge was vuurmaak op Sabbat ten strengste verbied. Hierdie verbod was nie op Kanaän van toepassing nie want die klimaatstoestande het vuurmaak genoodsaak. In die woestyn was dit nie nodig om jouself by ‘n vuur te gaan warm maak nie.

Hierdie man het moedswillig die vierde gebod oortree; hy was nie ongelig nie of ingedagte nie, maar vermetel.

Sabbatsontheilig het die doodstraf verdien maar daar is nog nie vasgestel hoe dit toegepas moes word nie. Moses het die saak na die Here geneem, en hier is die uitslag:

Numeri 15:35 Toe sê die Here vir Moses: Die man moet sekerlik gedood word; die hele vergadering moet hom buitekant die laer stenig.

Godslastering en Sabbatsonheiliging het dieselfde straf ontvang want albei het God se gesag aangetas.

Daar is mense wat die Sabbat van die skepping verwerp en dit ‘n Joodse instelling noem. Hulle dring daarop aan dat as dit gevier word, die doodstraf vir die ontheilig toegepas moet word. 

Sal ons dan aanvaar dat die derde gebod ook net vir die Jode gegee is? Dan moet die oortreding daarvan ook die doodstraf ontvang. Dan kan die doodstraf van die vierde gebod net so wel op die ander gebooie toepas.

Alhoewel God nie vandag mense vir die oortreding van Sy wet straf nie, bly die uitspraak staan: die loon van die sonde is die dood. In die uitvoer van die finale oordeel sal die moedswillige oortreders va die heilige wet die doodstraf   ontvang.

Gedurende die 40 jaar in die woestyn is die volk weekliks aan die heiligheid van die Sabbat deur die wonderwerk van die manna herinner. Maar selfs dit het hulle nie tot gehoorsaamheid gelei nie.

Deur Sy profeet verklaar die Here: “My Sabbate het hulle baie ontheilig.” Esegiël 20:13-24. En dis een van die redes waarom die eerste geslag nie in die Beloofde Land toegelaat is nie.

Hulle kinders het ook nie die les geleer nie. Hulle het die Sabbat gedurende die 40 jaar so afgeskeep dat God, alhoewel Hy hulle nie die land belet het nie, verklaar het dat hulle na hulle vestiging onder die heidene verstrooi sou word.

Vanaf Kades het die volk na die woestyn teruggetrek. Aan die einde van hulle omswerwinge in die woestyn het hulle weer na  ‘n plek met die naam van Kades opgetrek. Dit wil voorkom of hierdie ‘n ander Kades as die eerste een was. Hierdie een was na aan die grens met Edom.

Numeri 20:1 EN toe die kinders van Israel, die hele vergadering, in die woestyn Sin kom, in die eerste maand, het die volk in Kades gebly. En Mirjam het daar gesterwe en is daar begrawe.

Mirjam is hier begrawe. Van die vreugdevolle sang op die oewers van die Rooisee het sy hier in die woestyn naby Kanaän  haar laaste asem kom uitblaas.

Dit was die lot van miljoene wat met groot verwagtings Egipte verlaat het.

Dit was sonde wat die beker met heerlike seëninge voor hulle lippe  weggegryp het. Sou die volgende geslag die lesse leer.

Psalm 78:32-35 Tog het hulle bly sondig en sy wonderdade het vir hulle niks gesê nie. 33 Daarom het Hy hulle hulle dae vrugteloos laat deurbring en hulle jare vol kommer. 34 Elke keer as God ’n slagting onder hulle aangerig het, het hulle na sy wil gevra, hulle bekeer en na Hom toe gekom. 35 Hulle het bely dat God hulle rots, dat die Allerhoogste hulle verlosser is. 

Was hierdie opregte bekerings. Kom ons hoor wat die res van Psalm vir ons sê:

Verse 36-39 Maar hulle was vals teenoor Hom, hulle was nie opreg in wat hulle gesê het nie, 37 hulle was ontrou aan Hom, hulle het hulle nie aan sy verbond gehou nie. 38 Maar Hy is genadig, Hy vergewe sonde, Hy wis sy volk nie uit nie. Dikwels het Hy sy toorn bedwing en sy gramskap nie laat losbreek nie. 39 Hy het daaraan gedink dat hulle maar mense is, wind wat verbywaai en nie terugkom nie. PP 410

Ons is die nuwe Israel. Ons is ook op pad deur die lewenswoestyn die die hemelse Beloofde Land.

Hoe ernstig neem ons ons godsdiens op? Luister ons eerder na ons gevalle natuur se selfsugtige drange en versoeke as na die heilige wet van God?

Verse 40-42 Hoe dikwels was hulle in die woestyn opstandig teen Hom en het hulle Hom daar in die barre wêreld bedroef! 41 Oor en oor het hulle God getart en het hulle optrede die Heilige van Israel gegrief. 42 Hulle het nie aan sy mag gedink nie, aan die dag waarop Hy hulle van die vyand verlos het nie.

Mag die Here ons help om gedurige aan Sy goedheid van gister en eergister te dink en Hom te dank. Die gevaar is dat as ons dit sou verwaarloos, ons rebels en ongehoorsaam kan word.

Kom ons kies eerder om dankbaar te wees as om rebels te wees.

Mag die Here ons help om Hom lief te hê en Sy gebooie te wil bewaar. Nie om Hom te beïndruk nie, maar net omdat ons Hom baie lief het.

Was this article helpful?

Related Articles