1. Home
  2. Bybelkarakters
  3. Abraham
  4. Inleiding Abram – Tipologie – Eskatolie

Inleiding Abram – Tipologie – Eskatolie

1. Die see van Galilea waar Jesus dikwels gepreek het.

Tydens een van Sy preke het Jesus ‘n baie belangrike sleutel gegee om Hom beter te verstaan.

Die term wat ons hiervoor gebruik, is tipologie.

Kom ons stel Jesus self aan die woord om dit vir tipologie te verduidelik:

2. Matteus 12:38,39 Toe spreek sommige van die skrifgeleerdes en Fariseërs en sê: Meester, ons wil graag ’n teken van U sien.39 Maar Hy antwoord en sê vir hulle: ’n Slegte en owerspelige geslag soek na ’n teken, en geen teken sal aan hom gegee word nie, behalwe die teken van die profeet Jona.

3. Verse 40,41 Want soos Jona drie dae en drie nagte in die buik van die groot vis was, só sal die Seun van die mens drie dae en drie nagte in die hart van die aarde wees.41 Die manne van Ninevé sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en dit veroordeel; want hulle het hul op die prediking van Jona bekeer, en – meer as Jona is hier!

4. Terwyl ek Nineve besoek het, dink ek aan die woorde van Jesus:

“Iemand groter as Jona is hier”.

Jesus se Messiaanse sending, Sy profetiese sending was baie groter as die van Jona.

Jona se profetiese bediening was ‘n voorstelling in die kleine van Jesus se groter bediening.

5. Jona is in Gat-Gever naby Nasaret gebore waar Jesus grootgeword het.

Jesus self het die begrip van tipe en anti-tipe ingestel.

Jona was ‘n tipe, ‘n voorbeeld van ‘n groter Jona wat na hierdie sondige Nineve sou kom en hulle tot bekering te roep.

6. Graf van Sagaria in die Kirdronvallei.

Dis nie net Jona wat ‘n tipe van die Jesus die komende profeet was nie. Al die ander profete wat tipes van Jesus die Groot Profeet.

7. Ons kyk hier na ‘n tipiese Midde_Oosterse toneel. Kamele wat water suip.

Was Abram ‘n profeet?

Genesis 20:7 Gee nou die vrou terug aan haar man. Hy is ’n profeet. Hy sal vir jou bid dat jy kan bly lewe. Maar as jy haar nie teruggee nie, moet jy weet jy sal beslis sterf, jy en almal wat by jou is.”

8. Grafte van Hagai en Maleagi.

Die Hebreeus vir profeet is nabi, afgelei van die wortel

Naba “om te verkondig.

‘n Profeet is dus iemand wat ‘n goddelike boodskap verkondig.

9. Aaron se graf by Petra

Die Grieks vir profeet is profytys. Pro=”vir” of “namens” en fymi=”om te praat”

Die profeet spreek of namens iemand tot God, of namens God tot iemand.

10. Golgota.

Johannes 8:56 Abraham, julle vader, het hom verheug dat hy my dag sou sien; en hy het dit gesien en het hom verbly.

Toe Abram vir Isak moes offer, het hy tot ‘n mindere mate deurgemaak wat God die Vader en Jesus by Golgota moes deurmaak.

11. In hierdie lesing kyk ons hoe die plae wat in Abram se dag op die farao geval het, die plae in Moses se tyd  voorafskadu.

Ons kyk ook hoe die Egiptiese plae die sewe laaste plae van die boek Openbaring voorafskadu.

HISROIESE ABRAM

12. Kom ons kyk vlugtig na Abram se besoek aan Egipte.

Wat het hom daarheen gedwing? Hongersnood.

Wat was sy vrese? Die Egiptenare mag my mooi vrou vat en my doodmaak.

13. Wat moes Abram in hierdie geval gedoen het? Op God se beloftes staatgemaak het dat Sarai uiteindelik vir hom ‘n seun in die wêreld sou bring.

Watter plan het Abram gemaak toe Hy God se belofte gewantrou het?

Hy het gelieg. Sy is my suster.

14. Mari

Die Maritablette verwys na ‘n baie interessante praktyk wat in Abram se dag in gebruik was.

Wanneer jy met ‘n vrou trou, maak jou pa jou vrou sy wettige dogter.

15. Tenspyte van al Abram so menslike skemas en leuens, word Sarai in die harem opgeneem.

Hy beloon Abram met ongelooflike skatte.

Farao Sunesret III was die vyfde en magtigste farao van die 12de dinastie. Uiteindelik het sy volgelinge hom as god aanbid.

16. Die plae moes op Moses val, maar asgevolg van sy berou, val dit op die farao.

Die Egiptiese anale vertel vir ons dat sy seun Amenemhat III die laaste paar jaar saam regeer het.

17. Pleks dat die plae op Abram val, val dit op die farao se paleis.

Alhoewel die farao hom wou doodmaak, verlaat Abram Egipte met groot rykdom.

TIPE EN ANTITIEPE

18. Nou neem ons die tipe, die kleiner en ons kyk na die eerste Antitipe.

19. Jakob trek ook na Egipte soos Abram asgevolg van hongersnood.

Sy agterkleinseun Moses probeer Israel deur geweld verlos en slaan ‘n Egiptenaar dood.

20. Wat moes met Moses gebeur het? Die plae moes op hom val. Wat sê die tipe? Op wie gaan die plae val?

Op die farao. Het dit gebeur? Beslis.

21. Volgens die tipe was die farao van Abram se dag die magtigste in die 12de dinastie.

Wat kan ons van die farao van die 18de dinastie verwag? Hy moet die magtigste wees.

Was dit die geval? Beslis. Tutmosis III word as die Napoleon van Egipte beskou.

22. Die tipe leer daar was regentskap. Wat van die Antitiepe?

Tutmosis III en sy seun Amenhotep II het ook saam regeer.

23. Die tipe leer dat die plae nie op Abram geval het nie, maar op die farao.

Wat sal met die Antitipe gebeur?

Die tipe leer dat Abram Egipte met skatte verlaat het.

Wat leer die Antitipe? Israel het baie skatte saamgeneem.

TIPE EN ANTITIEPE

24. Tipes het dikwels meer as een Antitiepe.

Die verlossing van Israel na die plae vind sy ‘n Antitiepe in die eindtyd verlossing.

25. Abram en Moses, die vorige tipes het teleurgestel. Gaan die eindtyd kerk ook teleurstel?

Die geestelike toestand van Laodisea sê ja.

26.

12. Terwyl ek hier staan ek kyk het, dink ek aan die verhaal van Abram. Dis hoe hy sy kamele se dors met die vars koel waters van ‘n diep put geles het.

13. ‘n Studie van die lewe van Abram het soveel dieptes in, dat ‘n mens nooit al die geestelike skatte sal kan ontdek nie.

14. Voordat ons op Abram spore deur die antieke wêreld gaan stap, vra ons die volgende paar vrae:

15. Tipologie. Wys sy verhaal na ander soortgelyke verhale wat mens help om die Bybel beter te verstaan?

16. Soteriologie. Kan mens Jesus se verlossingswerk in hierdie verhaal sien? Help Abram se verhouding met God my om God se genade beter te verstaan?

17. Eskatologie. Kan Abram se verhaal my help om die eindtyd gebeure beter te verstaan?

ABRAM SE VAL

18. Vir die eerste keer nadat Abram Ur verlaat het, bevind hy homself in ‘n soortgelyke kultuur.

Hy en Sarai voel asof hulle tuis gekom het.

Met watter oë het die Egiptenare na Sarai gekyk?

19. As daar destyds ‘n koerant was, sou hulle die koms van ‘n prins van Ur op die voorblad gehad het.

Die redakteur sou ook melding gemaak het van Abram se mooi suster wat hom vergesel het.

Haar vel was pragtig wit in vergelyking met die blas velle van die Egiptiese dames.

20. Genesis 12:14,15 Toe Abram dan in Egipte gekom het, sien die Egiptenaars dat die vrou baie mooi was.15 Ook het die vorste van Farao haar gesien en haar by Farao geprys. En die vrou is na die paleis van Farao geneem.

16 En hy het goed gedoen aan Abram om haar ontwil, sodat hy kleinvee en beeste en esels, slawe en slavinne, eselinne en kamele in besit gekry het.

21. Kom saam met my na ‘n verre tempel van Hathor in die Sinai skiereiland.

22. Die naam van die farao wat die tempel hier by Serabiet El Khadiem gebou het, is Amenemhat III.

23. Terwyl ek hier stap, en oor die tydperk dink waarin hierdie farao regeer het, raak ek baie opgewonde.

Hy en sy pa, Senusret III, was tydgenote van Abram en Sarai.

24. By Dasjur naby Kaïro het ek die vervalle piramiedes besoek waar Sarai in hulle harem opgeneem is.

Wat moes die Here met Abram gemaak het asgevolg van die leuen wat hy gespreek het?

Wat moes met Abram gebeur het omdat hy die verlossingsplan byna verongeluk het?

Wat moes met Abram gebeur het omdat Hy die Naam en die karakter van die Here verkeerd voorgestel het?

25. Net hier in Egipte moes Abram met plae geslaan gewees het. Dit was sy verdiende loon.

Maar wat gebeur? Die plae val op die paleis van die farao.

Genesis 12:17 Maar die HERE het Farao en sy huis met groot plae besoek ter wille van Sarai, die vrou van Abram.

26. Ek stap oor hierdie verlate historiese plek waar die drama van Abram en Sarai en die farao afgespeel het, en ek dink aan die goedheid van die Here.

Pleks dat die plae op Abram val, val dit op die farao.

Dis die onverklaarbaarheid van die genade van die Here teenoor Sy opregte maar vallende kinders.

27. Wanneer mens die geskiedenis van antieke Egipte lees, ontdek jy dat die farao baie vinnig oortreders tereg gestel het.

Wat sê die Bybel? Hoe het hy teenoor Abram opgetree?

28. Genesis 12:18-20 Daarop laat Farao Abram roep en hy sê: Wat het jy my nou aangedoen? Waarom het jy my nie te kenne gegee dat sy jou vrou is nie?19 Waarom het jy gesê: Sy is my suster – sodat ek haar vir my as vrou geneem het? Daar is jou vrou dan nou; neem haar en gaan weg.20 En Farao het aan enkele manne aangaande hom bevel gegee, en hulle het hom weggebring met sy vrou en sy hele besitting.

29. Later in die reeks gaan ons Gerar besoek.

Dis hier waar Abram op ‘n keer gewoon het. Dis ook hier waar Isak gebore is.

Luister wat sê die Psalms oor hierdie voorval:

Psalm 105:14,15 Ook het Hy konings om hulle ontwil gestraf en gesê: Raak my gesalfdes nie aan en doen my profete geen kwaad nie.

30. Wanneer mens die hiërogliewe lees, ontdek jy iets besonders.

Senusret III was die vyfde farao in die twaalfde dinastie. Hy word as die magtigste farao van die destyds beskou.

31. Aan die einde van sy lewe is hy deur sy onderdane as god aanbid.

Hier kry ons ‘n tipe van ‘n ander groter Antitipe.

32. Kom ons noem die basiese punte:

Droogte dryf Abram na Egipte

Hy verloor sy vertroue op God en wend hom na leuns.

Sy vrou beland in ‘n harem en die verlossingsplan is in die weegskaal.

Abram en Sarai het beslis berou getoon.

Pleks dat die plaag op hulle val, val dit op die farao.

Hulle vertrek na Kanaän met groot geskenke van die farao

33. Die verhaal openbaar God se genade vir die mens wat besluit om Hom te dien, maar wat in swakheid struikel.

Die verhaal word ‘n tipe, ‘n voorbeeld vir gelowiges wat in die toekoms sou val om nie moedeloos te word nie. God staan by jou wanneer jy val.

Die verhaal het ook eskatologiese elemente. Dit vertel vir ons wat aan die eindtyd gaan gebeur.

34. Terwyl ek na die ruwe, harde natuur van die Midde-Ooste kyk, dink ek:

Jesus het die plaag van die tweede dood op Hom kom neem sodat ons hierdie vreeslike straf kon vryspring.

JAKOB

35. Terwyl Jakob hier in Hebron gewoon het, het hy hongersnood in die oë gestaar.

Net soos Abram het hy en sy seuns ook na Egipte vir uitkom gegaan.

36. Ons kyk hier na Deir el Bahri. Dis hier waar Moses  die toekomstige verlosser met sy pleegmoeder Hatsjepsut grootgeword het.

37. Die ruïnes van die Universiteit waar hy grootgeword het, kan nog gesien word.

Omdat Abram God nog nie volkome vertrou het nie, het hy ‘n leuen vertel. Hy wou sy eie heil uitwerk. Abram het gefaal.

38. Wat van Moses? Wat het hy gedoen omdat Hy God nog nie volkome vertrou het nie?

Hy het ‘n Egiptenaar wat ‘n Israeliet mishandel het, doodgeslaan.

Hy het die Israeliete deur geweld probeer verlos.

Net soos Abram het Moses sy eie verlossingsplan uitgewerk en toe gefaal.

39. In Abram se dag het hy in aanraking met die magtigste farao van die twaalfde dinastie gekom.

Die Egiptiese anale sê dat Sunesrut III die laaste jare saam met sy seun Amenemhat III regeer het.

Kan ons dieselfde toedrag van sake in Moses se geval verwag? Baie beslis.

40. Die graf van Tutmosis III spreek boekdele.

Net soos Senusret III in Abram se dag die magtigste farao van sy dinastie was,

Net so was Tutmosis III die magtigste farao in Moses se dag.

41. Terwyl ek na die graf van Amenhoptep II in die vallei van die konings kyk, dink ek ‘n interessante ooreenkoms:

Net soos wat daar ‘n regentskap in Senusret III se dag was, so was daar ook in Tutmosis III se geval.

Vir die laaste gedeelte van hierdie magtige farao het hy en sy seun Amenhotep II saam geregeer.

PLAE

42. Wanneer ek die Nyl besoek, dink ek aan die plae wat hier geval het.

Wat het met die Nyl tydens die eerste plaag gebeur? Hy het in bloed verander.

43. Op wie moes die plae in Moses se dag geval het?

Op hom. Waarom? Hy het oortree.

Maar op wie val die plae? Op die farao.

44. Wat in Abram se tyd gebeur het, gebeur weer ‘n keer in Moses se dag.

As jy val, maar jou bekeer, val die plaag van die tweede dood nie op jou nie. Dit val op die vyand wat jou wil vernietig.

45. ‘n Mens verstom jou wanneer jy na die Egiptiese skatte kyk wat die argeoloë ontdek het.

Abram het Egipte met baie skatte verlaat. Wat van Moses en die kinders van Israel? Wat leer die tipologie?

46. Eksodus 3:21,22 Ek sal ook sorg dat die Egiptenaars goed doen aan hierdie volk van My, sodat, as julle uiteindelik wegtrek, julle nie met leë hande sal gaan nie. 22 Elke vrou moet van haar buurvrou of in die huis waar sy werk, silwer- en goue goed sowel as klere eis. Laat julle seuns en dogters dit dan as buit uit Egipte uit wegdra.”

ESKATOLOGIE

47. Bab ed Drah

Dis ‘n baie besondere voorreg om die ruïnes van die antieke beskawings te besoek.

Hier tussen die verwoeste Sodom dink ek aan die tipologie van die Bybel.

48. Wat hier by Sodom gebeur het, gaan weer gebeur.

Kom ons lees die teks:

2 Petrus 2:5,6 Hy het ook die wêreld van die outyd nie gespaar nie, maar die sondvloed oor die wêreld van goddelose mense gebring. Net vir Noag wat die wil van God verkondig het, en sewe ander mense het Hy gered. 6 Die stede Sodom en Gomorra het Hy tot verwoesting veroordeel en tot as verbrand, en met hierdie voorbeeld het Hy getoon wat oor die goddelose mense gaan kom.

49. Argeoloë het die poort by Bab ed Dhra opgegrawe.

Die Bybel sê Lot het in die poort gesit toe twee vreemdelinge by hierdie goddelose stad aangekom het.

Genesis 19:1-3 Die twee engele het Sodom teen die aand bereik terwyl Lot juis in die poort van Sodom sit. Toe Lot hulle sien, het hy hulle tegemoet gegaan en diep gebuig 2 en gesê: “Welkom, Menere! Kom tog na my huis toe en oornag daar. Julle kan ook julle voete was. Dan kan julle môre vroeg julle reis voortsit.” Maar hulle sê: “Nee, ons sal sommer op die plein oornag.”

 3 Lot het egter so by hulle aangehou dat hulle by hom ingedraai en in sy huis ingegaan het. Hy het vir hulle ’n maaltyd klaargemaak: hy het ongesuurde brood gebak, en hulle het geëet.

39. Hier tussen die verbrande ruïnes van Sodom dink ek:

Op wie moes die straf eintlik geval het? Op Lot.

Hy het selfsugtig eerste gekies toe die land vir hom en Abram te klein geword het.

Maar in die Here se groot genade word Lot gered en Sodom word verwoes.

EINDTYD

40. Groot ontdekkings is onlangs by Laodisea in Turkye gemaak.

Watter een van die sewe gemeentes was hy?

Wat was die toestand van die gelowiges?

41. Terwyl ek na die lou water kyk wat hier vloei, dink ek aan dit wat die Bybel aangaande hulle skryf:

Openbaring 3:15,16  Ek weet alles wat julle doen. Ek weet dat julle nie koud is nie, en ook nie warm nie. As julle tog maar koud of warm was! 16 Maar nou, omdat julle lou is, nie warm nie en ook nie koud nie, gaan Ek julle uit my mond uitspoeg.

42. Hier by Laodisea dink ek aan die geestelike toestand van hierdie mense.

Wat verdien hulle? ‘n Pak slae. Die plae moet op hulle val.

Maar wat sê die voorbeelde van Abram en Moses? Op wie gaan die plae val?

43. Die magtige farao van die eindtyd.

Openbaring 14:9,10 En ’n derde engel het hulle gevolg en met ’n groot stem gesê: As iemand die dier en sy beeld aanbid en ’n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang,sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn, en hy sal gepynig word met vuur en swawel voor die heilige engele en voor die Lam.

44. In Openbaring 16 lees ons van die 7 laaste plae wat op die goddeloses gaan val.

Wat het na die vorige uitstorting van die plae gebeur?

Die strompelende, swak, berouvolle kinders van die Here is uit Egipte verlos. Hulle kon Kanaän toe gaan.

Waarmee was hulle oorlaai toe hulle getrek het? Met die skatte van Egipte.

45. Wat gaan gebeur nadat die plae op die wrede heersers van die eindtyd uitgestort word?

Openbaring 21:1,2 EN ek het ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie.

2 En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ’n bruid wat vir haar man versier is.



46. Verse 3,4 En ek het ’n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God.

En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.

47. Verse 5-7 En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut. En Hy het aan my gesê: Skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar.

6 En Hy het vir my gesê: Dit is verby! Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde. Aan die dorstige sal Ek gee uit die fontein van die water van die lewe, verniet.

7 Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom ’n God wees, en hy sal vir My ’n seun wees.

48. Wonder jy of jy dit gaan maak? Kom ons kyk wat die Here sê:

Hosea 11:1 TOE Israel ’n kind was, het Ek hom liefgehad, en uit Egipte het Ek my seun geroep.

Hoe het Abram en Israel gevaar? Baie swak. Net soos ek en jy.

49. Hoe het Jesus gevaar toe Hy uit Egipte geroep is?

Matteus 2:15  En hy was daar tot die dood van Herodes, sodat die woord vervul sou word wat die Here gespreek het deur die profeet: Uit Egipte het Ek my Seun geroep.

Swak struikelende sondaars word gered op grond van Jesus se geestelike prestasies. Kom ons verplaas al ons hoop op verlossing na Hom.

Was this article helpful?

Related Articles