In my studies oor die opwindende wetenskap van argeologie, het ek baie interessante ontdekkings gemaak.
Dit het my ‘n positiewe perspektief op die lewe gegee. My bewondering vir die betroubaarheid van die Bybel het toegeneem.
Maar die grootste invloed wat my studies op my gehad het, is die God van liefde en bedagsaamheid wat ek ontdek het.
ONKUNDE
Kom ek vertel jou van merkwaardige ontdekkings wat ek gemaak het. Die plaaslike bevolking kon my nie help nie want hulle lees nie hulle Bybels nie.
Hulle is onbewus van die antieke stede wat eeue gelede in hulle omgewing bestaan het.
SODOM
Ek het vir etlike jare op die Jordaniërs staatgemaak om vir my te help om by Sodom uit te kom. Die Arabiese naam is Bab ed Dhra. Uiteindelik moes ek by die Amerikaners gaan aanklop het om my te help.
Ek kan nie vir jou se hoe my hart geklop het toe ek die eerste keer hier stap waar Lot en sy gesin gewoon het nie.
Die aangrypende verhaal van die verwoesting van Sodom en Gomorra het deur my brein geflits. Die Bybel is waar!
Waarom kon die plaaslike bevolking nie vir die stad Sodom gaan soek het nie? Waarom was hulle nie onder die eerstes om hierdie stad te ontdek het nie?
Die mense lees nie die Bybel nie. En hoe sal jy weet as jy nie lees nie.
AROëR
Ek het ook baie lank vir Aroër gesoek. Elke jaar wat ek Jordanië besoek, vra ek vir Taleb my vriend dat ek na Aroër soek. En dan skud het net sy kop.
Teensinnig het hy onlangs van die Koningsweg afgedraai en ek kon op hierdie historiese plek oor die geskiedenis van Jefta een van die rigters in Israel nadink.
Hy het heel moontlik van hierdie put se water gedrink wat ek daar raakgeloop het.
Jefta het op hierdie einste plek vir die Here gebid om vir hom die oorwinning oor die vyand te gee. Hy het ook ‘n baie onverantwoordelike belofte gemaak.
“As U die Ammoniete vandag heeltemal oorgee in my mag, sal die een wat uit my huis uit my tegemoet kom… aan die Here behoort: ek sal hom as brandoffer offer.” Rigters 11:30,31
Toe hierdie dapper rigter by Mispa aankom, het sy dogter hom tegemoetgegaan.
“Ag, my dogter, jy het my gebreek en in die ellende gedompel.” Rigters 11:35.
1Waarom weet die plaaslike bevolking niks van Aroër en Jefta nie? Hulle lees nie die Bybel nie. Gevolglik is hulle baie arm in die opsig.
DIBAN
Ek vra vir Taleb om my na Diban toe te neem. Gelukkig het die plek sy Bybelnaam behou.
Dis hier waar ‘n Duitse sendeling die beroemde Moabitiese Steen ontdek het.
Toe die inhoud gelees is, het hulle die naam van Omri en sy seun Agab vir die eerste keer buite die Bybel gelees. Die skrywer, Koning Mesa van Moab verwys ook na sy god Kemos en die Tetragrammaton, die vierletter woord Yahweh word ook vir die eerste keer buite die Bybel genoem.
Tans is die Moabitiese Steen in die Louvre in Parys. Die plaaslike bevolking kon die trotse ontdekkers gewees het en die steen kon in die in Amman uitgestal gewees het.
Maar dit het nie gebeur nie, want hulle lees nie die Bybel nie.
Dit was ‘n Duitse sendeling wat die Bybel geken het, wat die ontdekking in 1868 gemaak het.
PETRA
Vir baie eeue was die Bybelse stad Sela of te wel Petra vir die Christen werêld verlore.
Dit was ‘n gelowige, die ene Burckhart wat die stad gaan soek het.
Die Beduïne lees nie die Bybel nie en daarom kon hulle nie vir die werêld van hierdie Bybelse wonderstad vertel het nie.
Sonder Bybelkennis bly mens arm en die mooi dinge gaan by jou verby. Dit was asgevolg van mense wat die Bybel ken, dat Petra en die wetenskap van die argeologie gebore is.
QARQAR
Sirië is een van die interessantste lande wat mens kan besoek. Die hoeveelheid inligting wat ek by ‘n plek met die naam van Tadmor en ander plekke ontdek is, is ongelooflik.
Die Hetiete en Abraham van die Bybel was hier. Belangrike antieke stede is onlangs onder die Siriese grond uitgegrawe.
Raai wie het hierdie plekke ontdek? Nie die plaaslike inwoners nie.
Dit was mense wat in die Bybel geglo het wat hier kom opgrawings doen het.
Op ‘n keer het ek vir ‘n toeragentskap laat weet dat ek baie graag Kades en Qarqar wou besoek. Toe die plaaslike gids my by die grens tussen Libanon en Sirië ontmoet, het hy vir my gesê hy weet glad nie om by hierdie plekke uit te kom nie.
EBLA
In 1964 het ‘n 24 jarige Italianer met die naam van Paolo Matthiae hier by Tel Mardikh begin grawe. Deur die jare het die graaf van die argeoloog net nog meer en meer verbasende ontdekkings gemaak. Die antieke naam van die plek was Ebla.
Daar is altesame 20,000 kleitablette by Ebla ontdek. Skielik het daar ‘n vloedlig oor die skemerte van Abraham en die vroeë patriarge begin skyn.
Gebruike van vroeëre mense waarvan ons in die bybel lees, is nou op die kleitablette van Ebla gelees. By Idlibmuseum word hierdie waardevolle ontdekkings uitgestal.
Name soos Lagis, Sodom en Gomorro, Adam, Israel en Dawid en baie ander word genoem.
Twee kopieë van die Gilgamesjvloedverhaal is ook hier gevind. Luister na hierdie interessante Bybelverwante gedagtes:
Die Here van hemel en aarde: die aarde was nog nie daar nie, U het dit geskep. Die daglig was nog nie daar nie, U het dit geskep.
Giovanni Pettinato, The Archives of Ebla, bl. 244
MARI
Op ‘n keer het ek na die opgrawings by die stad Mari gaan kyk. Die Eblatablette verwys 500 keer na hierdie interessante stad. Mari en sy koning Simri-Lin is ongeveer 1750 vC. deur Hamurabi, die koning van Babel verwoes.
Abraham het heelwaarskynlik hier aangedoen terwyl hy na Haran getrek het.
Die Franse het Hamurabi en sy wetskode in Susan, die tuiste van koningin Ester en koning Ahasveros ontdek. Dit was nie die plaaslike bevolking nie. Hulle het nie van Esra, Nehemia, Haman, Mordegai en Ester in die Bybel gelees nie. Iemand wat die Bybel geken het, het die ontdekkings kom maak.
Die Bybel wil nog steeds vir sy lesers groot ontdekkings laat maak.
Tans is die standbeeld van Hamurabi in die Louvre in Parys. Voor hierdie ontdekking het die critici van die Bybel beweer dat Moses nie ‘n wet kon gee nie. Dit was tussen 1490 en 1450.
Sedertdien is die wetskode van Lipit-Ishtar en Eshnunna, nog ouer, ontdek. Hoe ouer die wette hoe meer stem dit met die wet van Here ooreen.
Kom ons breek die konsentrasie net vir ‘n oomblik en dan leer ons gou hoe om Sumeries te lees. Ons kyk na die spelling van die naam Hamurabi. Dit betelen “Kalmeer my heer.”
Hier iewers op Sinai het die Here Sy heilige wet afgekondig en met Sy eie vinger op die klip van hierdie berg geskryf.
Nêrens in die antieke literatuur sal jy so ‘n regverdige wet as die wet van die Here vind nie.
Lees gerus hierdie tien goue reels. Die onderhouding daarvan het ‘n verkwikkende, terapeutiese uitwerking op die psige van die mens.
NINEVE
Kom klim saam met my op ‘n Irakese bus. Ons is op pad vanaf Bagdad waar die bomme ontplof na Mosul waar bomme ook ontplof. My besoeke aan Nineve sal ek nooit vergeet nie.
Ons eet eers platbrode en humos by ‘n soort van ‘n padkafee hier naby die olievelde. Die brood kom vars uit die oond. Net om daaraan te dink dat ons op pad is na Nineve, maak jou baie opgewonde.
Vir 2600 jaar was hierdie magtige Assiriese stad onder die Mesopotamiese sand begrawe. Die Koerdes wat hier bly was nie van die feit bewus dat wereldmetropolis hier begrawe was nie.
Ek was baie opgewonde toe ek die eerste keer op die einste plek stap het waar Jona gestap het, en na einste skrif gekyk het waarna hy gekyk het.
Raai wie het die ontdekking van die antieke hoofstede van die voormalige Assiriese Ryk gemaak?
DUR SHARAKIN
Botta het van Nineve gelees en met opgrawings noord van Mosul begin. Hy het geglo dat Nineve onder die hope sand lê. Alhoewel dit nie die geval was nie, is ‘n ander merkwaardige ontdekking gemaak.
Jesaja 20:1 Op ‘n keer het koning Sargon van Assirië die hoof van sy leer na die Filistynse stad Asdod toe gestuur. Hy het teen die stad oorlog gemaak en dit verower.
Voor hierdie ontdekking het die kritici van die Bybel die bestaan van Sargon II bevraagteken. Toe die ontdekking by Korsabad gemaak is, het hulle laringitis opgedoen.
In die Louvre in Parys is daar ‘n hele saal waar Sargon II se skatte uitgestal word. Ek kyk daarna en ek dank die Here dat die koning wat se naam net eenmaal genoem word deur die graaf van die argeoloog opgegrawe is.
Gelukkig het Botta sy Bybel gelees het.
NIMRUD
Henry Austin Layard het weer by Nimrud begin grawe en gehoop dis Nineve. Toevallig was dit Nimrud, die Bybelse Kalag.
Terwyl ek daar stap, dink ek aan die ontdekking van die swart obelisk van Salmaneser III. Hierdie waardevolle fonds is na die Britse Museum in Londen geneem en ek het hom daar gaan opsoek.
‘n Koning van Israel kniel voor Salmaneser II en belasting betaal. Kan jy raai wie dit kan wees? Jehu, die man wat so vinnig met ‘n strydwa kon jaar en wat Agab se familie met hulle Baalsgodsdiens uitgewis het.
Die Bybel is nie net ‘n betroubare Gids nie. Wanneer jy hom lees, ervaar jy ‘n geestelike vervulling. Probeer dit.
NINEVE
Die argeoloë het die graaf laat werk totdat hulle Nineve ontdek het. Hoekom het die plaaslike bevolking nie die plek ontdek nie? Hulle het nie die Bybel gelees nie.
Die heel grootste ontdekkings in hierdie lewe is deur mense gemaak wat hulle Bybels gelees het.
Een van die waardevolste ontdekkings wat in Nineve gemaak is, is sekerlik die biblioteek van Asjurbanipal. Hierdie koning het al kleitablette wat hy in die hande kon kry na Nineve gebring.
Onder die fondse wat hier ontdek is, is die Gilgamesj epos wat die vloed meld. Die Bybel is waar. Daar was ‘n vloed.
UR
In ‘n later lesing gaan ons na die verhaal van die ontdekking van Ur van die Chaldeërs luister. Raai wie het die plek ontdek en geïdentifiseer? Dit was nie die plaaslike bevolking nie. Hulle lees nie die Bybel nie. Dit was J. E. Taylor, H. R. Hall en C. L. Woolley.
Wanneer die Bybel gelees word, maak jy baie interessante ontdekkings. Mens kan nie bekostig om sonder die lees van hierdie boek deur die lewe te gaan nie. Jy verloor te veel.
SUMERIES
Dis ‘n groot oomblik in ‘n mens se lewe wanneer jy na die taal kyk waarna Abraham en Sara gekyk het. Ten slotte wil ek net so ‘n paar mooi gedagtes met u deel van dit wat ek in die literatuur van die derde dinastie van Ur ontdek het.
Dit was die bloeitydperk van die Sumeriese beskawing en ook die tyd van Abraham.
Luister na die inligting wat op een van hulle kleitablette gevind is:
“An, die god van die ruimtes het vir Urnamu die koning van Ur ‘n ongelooflik, manjifieke paradys geskep. Dis ‘n plek van reinheid, vryheid en heiligheid.”
Net soos die antieke Sumeriese soldate na ‘n tuiste van ewige geluk en veiligheid verlang het, so verlang die stukkende mens van die 21ste eeu ook daarna.
“Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan.” Openbaring 21:4
Die letterkundiges van die antieke stad van Uruk het die woord “aarde” geneem en dit langs die woord “afstand” geplaas. Dit was die twee grootste konsepte in daardie tyd wat die grootste begrip van destyds moes verduidelik.
Ki is die woord vir aarde, en aga is die woord vir afstand. Plaas die twee langs mekaar en jy het:
Ek het jou ief. Herhaal jy aga dan kry jy die superlatief. Ek het jou ontsettend lief.
Psalm 103:11 Hy handel met ons nie volgens ons sondes nie, vergeld ons nie vir ons ongeregtighede nie, want so groot as die afstand tussen hemel en aarde is, so groot is sy liefde vir die wat Hom dien.
Jy mag miskien ‘n groot liefdesteleurstelling gehad het. Neem jou pyn na God toe. Aan die kruis het Hy in Jesus die grootste liefdesteleurstelling ervaar.
Ons relatiewe klein seerkry word in God se groot seerkry verswelg.
Ek het na een van kruike wat by Qumran ontdek is. Hy is taamlik gelas. Maar dit maak nie saak nie. Hy is herwin en vertel ‘n reddingsverhaal.
So baie van ons se lewe het ook sy kruike in baie stukkies gebreek. Daar is so baie mense wat waardeloos voel. Maar die kruik het ‘n mooi boodskap.
Sy waarde word nie deur sy gebrokenheid bereken nie, maar deur sy herstel.
Dit is ook hoe die evangelie werk. God wil elke gebroke mens herstel.
Tussen Hebron en Betlehem het ek twee lampies gekoop. Twee Beduïne vrouens het hulle diep onder die sand uitgegrawe. Stellenbosch dateer hulle uit Dawid se dag. Hulle brand weer soos vantevore.
Is jou vlam van hoop deur teleurstellings uitgedoof? Is jy diep onder die sand van selfverwyt, skuldgevoelens en pyn begrawe?
Daar is ‘n Argeoloog wat in vlamlose mense spesialiseer. Hy wil jou weer ‘n vlam van oorbegin gee. ‘n Vlam van onskuld en vergifnis. Kom ons laat Hom toe om dit vir ons te doen.