1. Home
  2. Bybelkarakters
  3. Jakob Deel 13 – Josef As Slaaf Verkoop
  1. Home
  2. Jakob
  3. Jakob Deel 13 – Josef As Slaaf Verkoop

Jakob Deel 13 – Josef As Slaaf Verkoop

13. JOSEF WORD AS SLAAF VERKOOP

Verlede keer het ons na die interpersoonlike verhoudings tussen Josef en sy broers gekyk. Hy was vir hulle lief, maar hulle het hom gehaat. Hy wou aan hulle goed doen, maar hulle wou hom om die lewe bring. Weet jy van sy ‘n famielie opset? Is jy deel daarvan?

Verse 18,19 Hulle het hom al van ver af gesien en voor hy by hulle gekom het, het hulle ooreengekom om hom dood te maak. Hulle het naamlik vir mekaar gesê: “Kyk, daar kom die ou dromer aan.

Vers 20 Kom ons maak hom dood en gooi hom in ’n put. Ons kan sê ’n roofdier het hom opgevreet. Dan sal ons sien wat word van sy drome.”

Vers 21 Ruben het hulle hoor praat en omdat hy vir Josef wou red, het Ruben gesê: “Nee, ons moet hom nie doodmaak nie.

Alhoewel Ruben nie ‘n engeltjie was nie, was sy hart nie so hart soos die van sy broers nie. As dit nie vir hom was nie, was Josef daardie dood. As die oudste broer het hy verantwoordelik gevoel om Josef van sy broers te red.

Onstabiel soos wat Ruben was, was hy die enigste een in wie die liefde vir Josef nie heeltemaal verdwyn het nie. Alhoewel hy nie die moed gehad het om hulle openlik te weerstaan nie, het hy darem ‘n flou poging aangewend om Josef se lewe te spaar.

Ruben se plan was prysenswaardig maar dit het misluk weens ‘n gebrek aan vasberadenheid.

Vers 22 Moenie moord pleeg nie. Gooi hom liewer in hierdie put hier in die veld. Moenie sy lewe neem nie.” Ruben het dit gesê sodat hy vir Josef kon red en hom na sy pa toe kon terugstuur.

Hier by Dotan dink ek aan Ruben. Hy was bang dat hy nie sy ware gevoelens en die voorneme om Josef later te kom bevry, kon beheer nie, en toe weggestap. Dink net aan Josef sy skok toe hy al laggend en opgewonde met die heerlike kos aangestap kom, en die volgende toe met hom gebeur:

Verse 23,24 Josef het skaars by sy broers aangekom of hulle trek sy klere uit, die lang klere met moue wat hy aangehad het, 24en vat hom en gooi hom in die put. Dit was ’n droë put, sonder water.
Watter profeet is baie jare later ook in ‘n put gegooi?

Die feit dat Josef van honger in die put sou sterf het hulle nie gepla nie. Kan jy jou voorstel hoe Josef vir genade by sy broers gepleit het?

Luister na hulle beskrywing van die voorval toe hulle 22 jaar later daaroor gepraat het:

Genesis 42:21,22 Dit het ons nou van alles wat ons destyds ons broer aangedoen het. Ons het sy angs gesien toe hy ons om genade gesmeek het, maar ons het nie geluister nie. Nou sit ons met dieselfde angs.”
22Toe sê Ruben vir hulle: “Ek het julle mos gesê julle moet julle nie aan die kind vergryp nie. Maar julle wou nie luister nie, en daarom word sy dood nou op ons gewreek.”

Kom ons keer terug na die drama by die put.

Genesis 37:25 Daarna het hulle gaan sit en eet, en toe hulle weer sien, kom daar ’n klomp Ismaelitiese handelaars uit Gilead aan. Hulle was op pad na Egipte toe en op hulle kamele was daar gom, balsem en hars gelaai.

Dit was seker die ondankbaarste ete wat ooit voorgesit is. Ek wonder of hulle vir die kos gebid het?

Terwyl Joses in die put huil en vir genade smeek, eet hulle met harte vol haat en harte sonder genade.

Ismaeliete

Wie was hulle? Dit was oupa Isak se stief broer. Die Arabiere wat van Ismael afstam het die woestyngebiede van Arabië oos en noord van Egipte gekom. Die Bybel en antieke bronne noem dat hulle ‘n florerende handel met Egipte gehad het.

Omdat Dotan op die belangrike handelsroete geleë was, het die karavane dikwels daar verbygekom. Die roete vanaf Gilead het die Jordaanrivier naby Betsean oorgesteek. Dan het die roete aan die ooste was die vlakte van Jisreël geloop. Daarna deur die vlakte van Dotan en verder af na Egipte

Gom, balsem en hars

Vir Josef was dit die reuk van dood. Vir sy broers die reuk van geld.

Juda kyk na die mooi manier waarop Josef die droë vye verpak het. Hy smul aan die vars dadels en brood. En iets gebeur in sy binneste. Hy word sag teenoor sy broer Josef.

Vers 26 Toe sê Juda vir sy broers: “Watter nut het dit vir ons om ons broer dood te maak en dit dig te hou? 27Kom ons verkoop hom aan die Ismaeliete. Ons moenie sy lewe neem nie, hy is ons broer, hy is bloedfamilie.” Juda se broers het na hom geluister

Die ander broers se harte het ook sagter geraak. Die voorstel is darem beter as die dood.

Vers 8 en toe daar van die Midianitiese handelaars verbykom, het die broers vir Josef uit die put uit opgetrek en vir twintig stukke silwer aan die Ismaeliete verkoop en dié het hom Egipte toe gevat

Is jy al deur ‘n dierbare vriend vir die goedkoop prys van ‘n slaaf verkoop? Wie nog is later ook vir die prys van ‘n slaaf verkoop? Handelaars

Eers word hulle Ismaeliete genoem en word hulle Midianiete genoem. Hoe sou jy dit verduidelik? Josef se reaksie?

Toe hy die handelaars sien, het die ontsettende waarheid tot hom deurgedring. Jy het die lot van ‘n slaaf meer as die dood gevrees.

In sy verskriklike angs het Josef tevergeefs van die broer na die ander gegaan en tevergeefs vir genade gepleit.

“Asseblief Simeon, asseblief Levi, asseblief Juda, asseblief asseblief.”

Sommige van die broers het hom jammer gekry maar uit vrees vir bespotting het hulle stil gebly. Almal het gevoel hulle het te ver gegaan en kon nie op hierdie stadium terugtrek nie. En dan was hulle ook seker bang dat Josef dit vir sy pa sou vertel. Wat dan?

Ek stap hier by Dotan en dink aan die broers wat hulle harte teen Josef se pleiddooie staal. Die karavaan het met hulle jong slaaf aanbeweeg. Ek wonder wat het deur die tien broers se koppe gegaan toe die karavaan later uit hulle sig verdwyn.

Elkeen kyk na die twee silwerstukke wat hulle gekry het en dink diep.
Weerwraak mag aanvanklik jou woede laat bedaar maar dan trek daar ‘n wrangsmaak in jou lewe in.

20 Silwerstukke

Josef is ver onder die markwaarde van ‘n slaaf verkoop. Dit was ook ‘n gruwelike oortreding om iemand sonder sy toestemming as ‘n slaaf te verkoop (Levitikus 25:39–43).

Dit wys net na watter morele vlak Josef se broer neergedaal het. Dis die heel eerste keer dat ons van so iets in die Bybel lees. Wat se gebed dink jy het Josef daardie oggend gebid voor hy die 26 kilometers begin aflê het?

Vraag. Het die Here sy gebed beantwoord?

Beslis. Die karavaan het net betyds daar aangekom en Josef se lewe is gespaar. En die redding van sy lewe het uiteindelik die redding van sy broers en sy pa se lewe gered.

Genesis 45:4,5 Maar hy het vir hulle gesê: “Kom na my toe!” en toe hulle nader kom, sê hy: “Ek is julle broer Josef. Julle het my verkoop, en ek is Egipte toe gebring. 5Maar julle moet nou nie sleg voel of bang wees omdat julle my verkoop het nie, want God het my voor julle uit gestuur om lewens te red.

Josef het nie destyds besef dat die Here besig was om sy voetspore na iets groot te lei nie. Dit mag net wees dat dit wat jy op hierdie oomblik deurmaak, die Here jou na nuwe eer en vreugdes wil lei. Die donkerste pad lei so dikwels na die helderste lig van sinvoheid.

Romeine 8:28 Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is

Verse 35-39 Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard? 36Daar staan immers geskrywe:
“Dit is oor U dat die dood
ons dag vir dag bedreig,
dat ons soos slagskape
behandel word.”
37Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet. 38Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte 39of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.
Kom ons besluit om elke ramp wat ons tref in ‘n positiewe lig te sien.

RUBEN KOM TERUG

Iewers oor die vlakte van Dotan het Ruben aangestap gekom. Hy was van plan om Josef uit die put te haal.

Genesis 37:29,30 Toe Ruben terugkom by die put, was Josef nie daar nie. Ruben het sy klere geskeur 30en teruggegaan na sy broers toe en vir hulle gesê: “Die kind is weg! Wat moet ek nou doen?”

Ouboet Ruben was glad nie by toe hulle Josef aan die handelaars verkoop het nie. Hy het die veld ingestap nog voordat Josef daar aangekom het.

Hy wou nie hê hulle moes sy motiewe agterkom dat hy vir Josef by sy pa wou besorg het nie. Hy staan by die put en roep: “Boetie Josef ek het gekom om jou uit die put te haal en na pa toe te neem.” Dis doodstil. “Josef, Josef,” roep Ruben. Dis doodstil. En besef het Josef is weg.
Ruben vat sy klere en skeur dit stukkend – simbolies van sy hart van van hartseer geskeur het.

Vers 30 “Die kind is weg! Wat moet ek nou doen?”

Kan jy hom voor sy broers met sy geskeurde klere sien staan? Die geheim dat hy sy broer stilletjies uit die put wou verlos, het nou aan die lig gekom.

Hoe gaan hy as die oudste seun aan sy pa verduidelik wat met Josef gebeur het. Ruben se voornemens was prysenswaardig en sy plan goed deurdag maar dit het nie geslaag nie.

Na 22 jaar moes die broers weer van Ruben hoor toe hy hulle oor hulle skandelike daad aangespreek het. Dit was in Josef se paleis in Avaris in Egipte.

Genesis 42:22 Toe sê Ruben vir hulle: “Ek het julle mos gesê julle moet julle nie aan die kind vergryp nie. Maar julle wou nie luister nie, en daarom word sy dood nou op ons gewreek.”

Josef sou uiteindelik verlos word, maar nie deur Ruben nie. Josef moes nog ‘n paar lesse deur beproewing leer. Sy swaarkry van die lewe moes hom nog eers suiwer.

Hebreërs 2:10 God, ter wille van wie alles bestaan en deur wie alles ontstaan het, wou baie deel laat kry aan sy heelikheid. En daarom was dit reg dat Hy hulle Leidsman tot die verlossing deur lyding heen tot volmaaktheid sou bring.

Want dit het Hom betaam, ter wille van wie alle dinge en deur wie alle dinge is, as Hy baie kinders na die heerlikheid wou bring, om die bewerker van hulle saligheid deur lyde te volmaak. OV

Voordat Jesus ons kon verlos, moes Hy eers deur die grootste beproewing ooit, gaan. En voor Josef, ‘n tipe van Jesus, die verlosser van die antieke wêreld kon word, moes hy ook deur baie beproewings gaan.

“The Captain of our salvation was perfected through suffering. His soul was made an offering for sin. It was necessary for the awful darkness to gather about His soul because of the withdrawal of the Father’s love and favor; for He was standing in the sinner’s place, and this darkness every sinner must experience. The righteous One must suffer the condemnation and wrath of God, not in vindictiveness; for the heart of God yearned with greatest sorrow when His Son, the guiltless, was suffering the penalty of sin. This sundering of the divine powers will never again occur throughout the eternal ages.” (MS 93, 1899).

Hebreërs 5:8 Hy, al was Hy die Seun, het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het

WATTER PLAN HET DIE SEUNS VAN JAKOB GEMAAK

Hier iewers by Dotan het ‘n bok gesterf om Jakob se seuns se sonde te verberg.

Genesis 37:31 Toe neem hulle Josef se rok, en hulle slag ’n bok en steek die rok in die bloed,32 en hulle stuur die lang rok weg en laat dit na hulle vader bring met die woorde: Dit het ons gevind. Kyk tog goed of dit die rok van u seun is of nie.

Die broers is baie geslepe. Eers bebloed hulle die rok met die bok se bloed. Toe skeur hulle die rok wat ongeveer ‘n jaar geneem het om te maak.

Hulle kry toe iemand om die rok na hulle pa te neem sodat hy dit kon uitken. Hulle was nie teenwoordig toe areme Jabok se hart geskeur het nie

Verse 33-36 En hy het dit herken en gesê: Die rok van my seun! ’n Wilde dier het hom opgeëet. Verskeur, verskeur is Josef!
34 Toe skeur Jakob sy klere en trek ’n roukleed om sy heupe, en hy het oor sy seun gerou, baie dae lank.
35 En al sy seuns en al sy dogters het moeite gedoen om hom te troos, maar hy het geweier om hom te laat troos en gesê: Nee, treurende sal ek na my seun in die doderyk afdaal! So het sy vader hom dan beween.
36 En die Midianiete het hom na Egipte verkoop aan Pótifar, ’n hofdienaar van Farao, die owerste van die lyfwag.

Wat se les het jy uit hierdie hartseer drama geleer?

Volgende keer kyk ons na die geskiedenis van Juda.

Was this article helpful?

Related Articles