14. JUDA – TIPE VAN JESUS
Het jy al gewonder hoe sekere stout jongmense eendag gaan uitdraai? Mens gee hulle net een kyk en jy besluit hulle is mislukkings wat nooit sal regkom nie.
DIE VERHAAL VAN JUDA
Wanneer ons die begin van Juda, die seun van Jakob lees, dan dink ons daar is nie hoop vir hierdie goddelose jongman nie. Maar die Bybel praat nie net van sy begin nie, ons kry ‘n pragtige prentjie van die einde van sy lewe.
Uiteindelik het hy ‘n tipe van Jesus geword. Ons weet nooit hoe ‘n slegte mens in ‘n goeie mens kan verander nie. Wanneer die sondaar toelaat dat die Heilige Gees tot sy hart spreek en hy luister, sien ons baie mooi resultate.
En as jy bietjie stout is en jy wonder of jy ooit gered kan word, bid ek dat die verhaal van Juda vir jou nuwe verlossingsmoed sal gee.
Hy was die vierde seun van Jakob wat Lea vir hom gebaar het.
Genesis 29:31 Toe die Here sien dat Jakob nie vir Lea liefhet nie, het die Here vir haar kinders gegee, terwyl Ragel kinderloos gebly het.
Vers 32 Lea het swanger geword en ’n seun in die wêreld gebring en hom Ruben genoem, “want,” het sy gesê, “die Here het my smart raakgesien. Nou sal my man my liefhê.”
Die naam Ruben herinner aan die Hebreeuse woorde vir “my smart raakgesien”. Is dit nie mooi nie. Die Here sien ons smart raak.
Vers 33 Lea het weer swanger geword en ’n seun in die wêreld gebring en sy het gesê: “Die Here het gehoor dat ek nie liefde ontvang nie. Daarom het Hy my hierdie seun gegee.” Sy het hom Simeon genoem.
Die naam Simeon hou verband met die Hebreeuse woord vir “hoor”.
Net so pragtig. Die Here hoor die gebed van die onbeminde.
As jou familie nie te erg oor jou is nie, onthou die Here hoor jou pyn.
Vers 34 Sy het weer swanger geword en ’n seun in die wêreld gebring. Toe sê sy: “Na hierdie keer sal my man aan my gebind wees, want ek het nou al drie seuns vir hom in die wêreld gebring.” Daarom het sy die seun Levi genoem.
Die naam Levi hou verband met die woord “gebind wees”. Ons hoop maar dat Jakob haar ‘n bietjie meer liefde na Levi se geboorte gegee het.
Vers 35 Sy het nog ’n keer swanger geword en ’n seun in die wêreld gebring. Sy het gesê: “Hierdie keer prys ek die Here.” Daarom het sy die seun Juda genoem. Daarna het sy vir eers nie weer kinders gehad nie.
Haar jubellende, vreugdevolle uitroep: “Hierdie keer prys ek die Here”, was die versekering dat hy die voorvader van die Koning van Israel, die Messias sou wees.
Die Hebreeuse woord hou verband met die woord “prys.” Haar beker van vreugde het oorgeloop. Die arme lelike Lea. Sy sou seker nooit ‘n man kon kry met haar dowwe grillerige oë nie. Haar diensmeisie Silpa se naam beteken “kort neus.”
Min het sy geweet dat haar laaste kind Juda, ‘n tipe van Jesus die leeu uit die stam van Juda gaan word. Ek dink tog die mooi gesindheid wat Lea geopenbaar het, het iets aan Jakob se affeksies vir haar gedoen.
JESUS WIL NOG STEEDS UIT ONS PYN GEBORE WORD
JUDA TREK WEG
Genesis 38:1 Destyds het Juda weggetrek van sy broers af, in die rigting van Adullam waar hy by ’n man met die naam Gira uitgekom het.
As die klippe van Adullam kon praat, sou ons ‘n baie interessante maar hartseer verhaal gehoor het.
Die plek lê ongeveer 20 kilometers van Hebron waar Jakob ‘n ruk lank gewoon het. Vir een of ander onbekende rede het Juda Adullam besoek toe hy nog baie jonk was.
Juda het hom net tydelik van sy huismense onttrek. Sommige geleerdes beweer dat hy so sleg gevoel het oor die verkoop van Josef dat HY vir ‘n ruk afvallig geword het net padgegee het.
Vers 2 En Juda het daar die dogter van ’n Kanaänitiese man gesien met die naam van Sua; en hy het met haar getrou en by haar ingegaan.3 En sy het bevrug geword en ’n seun gebaar, en sy het hom Er genoem.4 Daarna het sy weer bevrug geword en ’n seun gebaar en hom Onan genoem.
Vers 5 En sy het nog weer ’n seun gebaar en hom Sela genoem; en hy was in Kesib toe sy hom gebaar het.
Die naam van die plek word vermeld sodat die nageslag van Sela sal onthou dat hulle voorvader daar gebore is.
Die Assiriese inskripsies van Sanherib maak melding van Kesib
Verse 6,7 En Juda het vir Er, sy eersgeborene, ’n vrou geneem, en haar naam was Tamar. Maar Er, die eersgeborene van Juda, het die HERE mishaag. Daarom het die HERE hom laat sterwe.
Toe Er kinderloos sterf het Juda Onan vir Tamar gegee.
Dit was die gebruik in die antieke wêreld.
Vers 11 Toe sê Juda vir Tamar, sy skoondogter: Bly ’n weduwee in die huis van jou vader totdat my seun Sela groot is. Want hy het gedink: Anders sterwe hy ook soos sy broers! So het Tamar dan gaan woon in die huis van haar vader.
Vers 12 En ná verloop van geruime tyd het die dogter van Sua, die vrou van Juda, gesterwe. En toe Juda klaar getreur het, het hy opgegaan na die skeerders van sy kleinvee, na Timna toe, hy en sy vriend Hira, die Adullamiet.
Vers 13 En hulle het Tamar te kenne gegee en gesê: Kyk, jou skoonvader gaan op na Timna om sy kleinvee te skeer. 14 Toe trek sy die klere van haar weduweeskap uit en bedek haar met ’n sluier en draai haar toe; en sy het gaan sit by die ingang van Enaim wat op die pad na Timna lê. Want sy het gesien dat Sela groot geword het, maar sy was aan hom nie as vrou gegee nie.15 Toe Juda haar sien, het hy haar vir ’n hoer gehou, omdat sy haar gesig toegebind het;
Dis ‘n baie tragiese verhaal van een van Jakob se seuns wat ‘n sedelike val ondergaan het.
Verse 16 en hy het na haar uitgedraai by die pad en gesê: Kom tog, laat my by jou ingaan; want hy het nie geweet dat dit sy skoondogter was nie. En sy vra: Wat sal jy my gee as jy by my ingaan?
Verse 17,18 En hy antwoord: Ek sal jou ’n boklam van die kleinvee af stuur. Toe sê sy: As jy ’n pand gee totdat jy dit stuur.
18 En hy sê: Wat is die pand wat ek jou moet gee? Toe antwoord sy: Jou seëlring met die bandjie en jou staf wat in jou hand is.
Juda se seëlring was heelwaarskynlik silinderseël wat hy met ‘n toutjie om sy nek gedra het. Geen transanksie kon sonder die seël beklink word nie. Die staf kon as ‘n ornament gedien het soos dit die seun van ‘n welgestelde veeboer gepas het.
Asiatiese kierie, staf se handvatsel het ‘n mens kop op gehad. Tutmoses III verwys daarna as deel van die oorlogsbuit. Hierdie kieries is ook in Tutankamun se graf ontdek.
Jy kan maar sê dat Juda vir haar sy identiteitskaart en kredietkaart gegee het.
Vers 19 En sy het opgestaan en weggegaan en haar sluier afgehaal en die klere van haar weduweeskap aangetrek.
Kort daarna het Juda sy kredietkaart nodig gehad, maar ongelukkig was dit by die prostituut. Gelukkig het hy ‘n vriend gehad en hy het toe Adullam gevra om te help.
Vers 20 En Juda het die boklam gestuur deur middel van sy vriend, die Adullamiet, om die pand uit die hand van die vrou te gaan haal. Maar hy het haar nie gevind nie.
Dis baie snaaks. Hier stap Adullam met boklam en vra almal op die pad waar die prostituut was. “Juda my vriend ek kry nie die dame nie. Wat dink jy moet ek nou doen?” Ek dink Juda was nou baie benoud en hy het vir sy vriend gesê om maar aan te soek.
Vers 21 Toe vra hy die mense van haar woonplek: Waar is daardie hoer wat in Enaim by die pad was? En hulle antwoord: Hier was geen hoer nie.
Die Hebreuse woord Zanah wat hier vir “hoer” vertaal word, is verskillend van die woord wat in vers 15 gebruik word.
Zanah is ‘n onkuise vrou
In verse 21 kom die word van qedeshah, “die afgesonderde een,” of die “toewyde een.” Kanaänitiese godsdiens, soos die van die Grieke het die aanbiddingsplekke met manlike en vroulike prostitute voorsien.
Hierdie professie was gewettig en respekvol. Toe Hira navraag oor die “Hoer” gemaak het, het hy die meer geagte term gebruik.
Vers 22 Daarop gaan hy na Juda terug met die berig: Ek het haar nie gevind nie. En die mense van die plek het ook gesê: Hier was geen hoer nie.
Sonde vat mens op baie moeilike paaie. Een oortreding lei gewoonlik na die volgende een. Is dit moontlik dat die Here ‘n mens uit sy gemors kan haal? Is dit moontlik dat Juda nog ‘n tipe van Jesus kan word? Wat van jou en my?
Vers 23 Toe sê Juda: Laat sy dit hou, dat ons nie ’n bespotting word nie. Kyk, ek het hierdie boklam gestuur, maar jy het haar nie gevind nie.
Juda het gevoel hy het sy deel gedoen. Alhoewel die silinderseël, sy ID en die kredietkaart baie werd was, wou hy verder van hom ‘n gek maak nie.
Vers 24 Ná omtrent drie maande het hulle Juda laat weet en gesê: Tamar, jou skoondogter, het gehoereer, en sy is ook swanger deur hoerery! En Juda sê: Bring haar uit, dat sy verbrand kan word.
Juda kon hierdie uitspraak maak omdat hy die hoof van die familie was. Ek dink hy het dit as ‘n geleentheid gesien om uit die verpligting te kom om vir Tamar van ‘n eggenoot te voorsien.
Tamar was as die bruid van Sela gesien en sy moes vir hierdie oortreding gestraf word. Die Mosaiese wet het in hierdie geval voorsiening vir steniging gemaak. (Deut. 22:20–24)
Dis net wanneer ‘n priester se dogter hierdie sonde doen, dat sy verbrand moes word (Lev. 21:9; 20:14). Judah se oordeel was dus baie harder as wat die Israelitiese wet voorgeskryf het.
“toegewyde een” protituut, wat ‘n drankwinkel open of ‘n drankwinkel binnegaan om te drink.
‘n Dief sal in die huis verbrand word waarvan hy gesteel het.
Vers 25 Terwyl sy uitgebring word, laat sy haar skoonvader dit weet: By die man aan wie hierdie dinge behoort, is ek swanger. En sy het gesê: Kyk tog mooi aan wie hierdie seëlring en bandjies en staf behoort.
Deur sy vonnis op Tamar, het Juda himself veroordeel. Sy sonde het nie net die bevrediging van sy wellus behels nie, maar ook die verbreking van ‘n belofte aan Tamar. Sy sonde was die oorsaak dat Tamar hom mislei en verlei het. Die eerste fout wat Juda gemaak het, was om met ‘n Kanaänitiese heidense vrou te trou.
Genesis 28:1 TOE het Isak Jakob geroep en hom geseën; en hy het hom bevel gegee met die woorde: Jy mag geen vrou neem uit die dogters van Kanaän nie.
Juda was bewus van die goddeloosheid van sy kinders. Maar pleks dat hy die hand van God in hulle skielik dood sien, het hy Tamar blameer en besluit om haar kinderlose wedyweeskap te bewerkstellig.
Sal hierdie goddelose Juda ooit sy fout bely en tot inkeer kom?
Sal daardie een persoon vir wie jy geen hoop het nie, tot bekereing kan kom? Sal hy ooit ‘n tipe van Jesus, die Leeu van Juda kan word?
Vers 26 En Juda het dit herken en gesê: Sy het reg teenoor my, want ek het haar mos nie aan my seun Sela gegee nie. En hy het haar verder nie meer beken nie.
Is dit nie pragtig nie! Wanneer ons ons foute insien en die Heilige Gees in ons lewe toelaat, word ons mooi mense.
Sy gesindheid teenoor Tamar het mooi geword. Hy het die twee seuntjies grootgemaak. Een van hulle is vereer deurdat hy in die stamboom van Christus genoem word. Juda se daaropvolgende lewe getuig van ‘n ware bekering
Kyk net hoe kan die Here die vloek in ‘n seën verander. Juda se karakter het edeler as Ruben s’n geword en hom as leier van die familie gekwalifiseer. Sy nageslag het ook die leierskap in Israel opgeneem.
Genesis 49:8-10 Juda, jy is dit! Jou sal jou broers loof. Jou hand sal op die nek van jou vyande wees; voor jou sal die seuns van jou vader hulle neerbuig.
9 Juda is ’n jong leeu; van die roof af het jy opgeklim, my seun. Hy buig hom, hy gaan lê soos ’n leeu en soos ’n leeuin; wie sal hom opjaag?
10 Die septer sal van Juda nie wyk nie, nòg die veldheerstaf tussen sy voete uit totdat Silo kom; en aan Hom sal die volke gehoorsaam wees.
Juda gradueer van ‘n skurk na pragtige held
Verse 27,28 En toe sy sou baar, was daar ’n tweeling in haar skoot.28 En terwyl sy baar, het een die hand uitgesteek; en die vroedvrou het dit gegryp en ’n rooi draad om sy hand gebind en gesê: Hierdie een is eerste gebore.
Verse 29,30 Maar toe hy sy hand teruggetrek het, word sy broer gebore! En sy sê: Hoe kragtig het jy deurgebreek! En hulle het hom Peres genoem.30 En daarna is sy broer gebore aan wie se hand die rooi draad was. En hulle het hom Serag genoem.
Genenis 44:33 Hou my daarom dan nou hier as Meneer se slaaf in die plek van die seun, maar laat hý saam met sy broers teruggaan.
Wat sê hierdie teks vir ons? Josef sê vir broers wat hom soos ‘n stuk vuilgoed behandel het dat hy vir Bemjamin gaan agterhou.
Wat het hy met Simeon gedoen wat hy op ‘n vorige keer agtergehou het? En nou gaan hy Benjaminin ‘n tronk sit.
Wat doen Juda? Hy sê vir Heerser dat hy in die plek van Benjamin in die tronk sal gaan sit sodat Benjamin in vryheid kan wegstap. ‘n Ander Juda het vir die Vader gesê wat ons in die tronk van die dood wou opsluit asgevolg van ons sondes:
“Ek is gewillig om tronk toe gaan en te sterf. Laat die sondaar asseblief in die vryheid van U vergifnis wegstap.”
Juda se selfopofferende daad word ‘n tipe van Jesus se optrede
“Judah’s self-sacrifice is certainly deserving of praise. Voluntary submission to servitude on behalf of a brother who enjoyed a higher degree of parental affection, in order to save his aged father fresh sorrow and anguish, cannot be overestimated.
“Judah’s self-forgetful magnanimity has never been surpassed, and but seldom equaled. Judah emerges here as a truly converted man, a worthy ancestor of the promised seed, and worthy to give his name to the chosen people of God. The great work that is wrought for the sinner who is spotted and stained by evil is the work of justification. By Him who speaks truth he is declared righteous.
“The Lord imputes unto the believer the righteousness of Christ and pronounces him righteous before the universe. He transfers his sins to Jesus, the sinner’s representative, substitute, and surety. Upon Christ He lays the iniquity of every soul that believeth. “He hath made him to be sin for us, who knew no sin; that we might be made the righteousness of God in him.” 2 Corinthians 5:21. . . . {FLB 112.4}