1. Home
  2. Bybelkarakters
  3. Jakob Deel 18 – Josef Regeer
  1. Home
  2. Jakob
  3. Jakob Deel 18 – Josef Regeer

Jakob Deel 18 – Josef Regeer

18. JOSEF WORD ‘N REGEERDER
“Josef, Josef. Maak gou. Die farao wil met jou praat.” Kom ons kyk wat hierdie goeie nuus voorafgegaan het.
Genesis 41:1 Twee jaar later het die farao ’n droom gehad. Hy het gedroom hy staan langs die Nyl.

Ons gaan later sien hoe ‘n ander farao in Moses se tyd ook langs die Nyl gaan staan het. Wat het hy daar gedoen?

Vers 2 Uit die rivier kom daar toe sewe mooi vet koeie uit en hulle gaan wei in die vleigras.

Die Hebreeuse woord ’achu wat as “vleigras” “rietgras” vertaal word, kom van die Egiptiese’ichi wat “riet” of “gras” is. Dit word net in vers 2 en 18 en Job 8:11 gebruik wat daarop dui dat Moses die outeur was.

Vers 3 Ná hulle kom daar toe sewe ander koeie uit die rivier uit. Hulle was lelik en maer en het langs die ander koeie op die rivierwal gaan staan.

Vers 4 Toe vreet die lelike maer koeie die sewe mooi vettes op. Daarna het die farao wakker geskrik.5Hy het weer aan die slaap geraak en weer gedroom. Hy het gesien hoe sewe mooi vol are opskiet aan een stingel.

Vers 6 Ná hulle kom daar toe sewe skraal are uit wat verskroei is deur die oostewind.

Hierdie wind wat van die Arabiese woestyn inwaai, was ontsettend warm en gevolglik het oeste verlep en die land is verskroei.
Die Arabiere maak ‘n verskil tussen twee oostewinde: (1) die chamsin, wat so lank as 50 dae in die lente waai, en (2) die samum, wat ongereeld gewaai het.

Almoewel dit net vir ‘n rukkie waai het dit ‘n verwoestende uitwerking op die mens, die diere en die plante. En dis wat die farao in sy droom gesien het. G’n wonder dat hy so ontsteld was nie.

Vers 7 Die skraal are sluk toe die sewe vol vet are in. Daarná het die farao wakker geskrik, en hy het besef hy het gedroom.

Eers toe farao wakker word het hy besef dat hy gedroom het. Alhoewel hy twee drome gehad het, kan dit as een beskou word.

In verse 8,15,25,32 verwys farao net na een droom. Die rede daarvoor is die feit dat hulle na dieselfde gebeurtenis verwys. Die boodskap was vir klemdoeleindes herhaal.

Vers 8 Die môre was die farao onrustig oor die drome. Hy het al die waarsêers van Egipte en ook die raadgewers almal laat roep en vir hulle sy droom vertel. Maar niemand kon dit vir hom uitlê nie.

Behalwe vir die Pentateug, word die woord vir “waarsêers” net in Daniël 1:20 en 2:2 gebruik. Wat is die oorsprong van die woord?

Dit kom van die Egiptiese woord wat beteken “om
aan te kondig” om ‘n “towernaam uit te spreek”. Dit het die priesters as die meesters van die towerkuns aangewys.

Hulle het hulleself met die geheime kuns en wetenskap van die Egiptenaars besig gehou. Dit het hiërogliewe, astronomie, astrologie, goëlery, voorspellings en die verklaring van drome behels.

Die towenaars, wyse manne van Egipte, was die beskermers van okkulte kunste. Omdat die Nyl waaruit die maer en vet koeie gekom het, die bron van lewe en vrugbaarheid was, kon die wyse manne net nie aan ‘n verduideliking vir die farao dink nie.

Die simboliek van die droom was vir hulle net so misterieus as vir die koning as. Wat dink jy gaan die Here in hierdie krisisuur doen om Sy dienskneg in die tronk te help?

“Josef jou verblyf in die tronk het ten einde geloop. Maar ons waarsku jou: hou jou reg vir die volgedende ongelooflike verlossingsgebeurtenis.”

Waar is die skinker nou wat beloof het om vir farao van Josef te vertel? Is dit nie nou tyd om sy belofte na die kom nie?

Vers 9 Toe sê die hoof van die skinkers vir die farao: “Vandag moet ek u herinner aan die verkeerde ding wat ek vroeër gedoen het.

Vers 10 U het toe kwaad geword vir u dienaars, vir my en vir die hoof van die bakkers, en u het ons laat opsluit in die tronk in die huis van die hoof van u lyfwag.

Verse 11,12 “Daar het ons in een en dieselfde nag ’n droom gehad, elkeen sy eie droom met sy eie uitleg. 12 Saam met ons was ’n Hebreeuse jongman, ’n slaaf van die hoof van die lyfwag. Ons het toe ons drome vir hom vertel, en hy het dit vir ons uitgelê. Hy het dit uitgelê volgens elkeen se droom.

Vers 13 Soos hy dit vir ons uitgelê het, het dit daarna gebeur: vir my het hy in my amp laat herstel en die bakker het hy laat ophang.”

Ek dink die skinker was so skaam dat hy van Josef vergeet het dat hy Josef ten hemel toe geprys het. Dink jy farao sou homself so verneder dat hy ‘n onderhoud met Josef die tronkvoël sal aanvra? Sou jy? Kom ons kyk op watter ongelooflike wyse God in die lewens van mense werk.

Vers 14 Toe het die farao vir Josef laat roep en hulle het hom gou uit die tronk gehaal. Nadat hulle hom geskeer en ander klere aangetrek het, is hy na die farao toe.

Antieke muurprente wys Asiate met lang baarde en die Egiptenare met skoongeskeerde gesigte. Die Egiptiese verhaal van Sinuhe vertel van ‘n soortgelyke insident.

Hy het ongeveer 300 jaar voor Josef geleef en na ‘n lang tyd van afwesigheid het hy weer na die farao se paleis terug gekeer. Hy sê: “Ek het geskeer en my hare gekam… Ek was in fyn linne geklee en met keurige olie gesalf.” Kom ons hoor hoe farao Josef laat roep het:

Vers 15 Die farao het vir Josef gesê: “Ek het ’n droom gehad, maar daar is niemand wat dit kan uitlê nie. Toe het ek van jou gehoor: jy lê ’n droom uit as jy hom hoor.”

Wat dink jy het Josef vir die verleë maar trotse farao gesê?

Vers 16 Josef het vir die farao gesê: “Nie ek nie! God gee dié goeie antwoord vir u.”

Is dit nie pragtig nie. Hy neem die aandag weg van homself en hy neem farao se aandag na die God van die hemel – ‘n God wat al hulle gode transendeer.

Vers 16 God gee dié goeie antwoord vir u

Die paleis etiek het vereis dat die drome van die koning ‘n gunstige uitleg moes kry.
Josef het lank genoeg in Egipte gewoon en met vooraanstaande amptenare geassosieer om te weet watter soort taal hy in die teenwoordigheid van die farao moes gebruik.

God gee dié goeie antwoord vir u. Farao voel nou meer gerus. Josef praat soos ‘n geleerde man.

Vers 17 Toe sê die farao vir Josef: “In my droom het ek op die wal van die Nyl gestaan.

Dieselfe woorde van verse 1-7 word gebruik. Maar Moses vermy eentonigheid deur ‘n paar woorde in een plek te gebruik en sinonieme in ‘n ander plek. Kom ons lees Josef se uitleg van die droom:

Verse 18,19 Toe kom daar sewe mooi vet koeie uit die rivier uit en hulle gaan wei in die vleigras. 19Ná hulle kom daar toe sewe ander koeie uit die rivier uit.Hulle was lelik en maer. Ek het nog nooit sulke lelike diere in Egipte gesien nie.
Verse 20,21 Toe vreet die lelike maer koeie die eerste sewe, die vettes, op. 21Nadat hulle ingesluk was, kon jy dit nie aan die maeres merk nie: hulle het nog net so sleg gelyk as aan die begin.
Verse 22,23 “Toe het ek wakker geskrik. Ek het daarna in ’n droom gesien: sewe mooi vol are het opgeskiet aan een stingel. 23Ná hulle kom daar toe sewe droë, skraal are uit wat verskroei is deur die oostewind.
Verse 24,25 Die skraal are sluk toe die sewe mooi are in.“Ek het dit vir die waarsêers vertel, maar niemand kon my iets sê nie.” Toe sê Josef vir die farao: “U het maar net een droom gehad. Wat God wil doen, het Hy aan u meegedeel.
Josef verduidelik dat die twee drome dieselfde betekenis het. God het dit gegee sodat farao en sy onderdane baie dringend vir die komende krisis kon voorberei. Die getal sewe speel ‘n belangrike rol in die drome want dit verwys na twee periodes van sewe jaar elk.

Die vet koeie en die vol are verteenwoordig sewe jare van oorvloedoeste. Die mares, sewe maar jare van skaarstes. Die jare van droogte sal geen spoor van die sewe vrugbare jare agterlaat nie.

Josef voeg by dat die herhaling van die droom was om die werklikheid van die gebeure te belemtoon en die dringendheid om noodmaatreëls in plek te sit.

Josef se vertroue in God se uitleg, wat 14 jaar in die toekoms sien, in teenstelling met die neerslagtigheid van die wyse manne, het nie ongemerk by die farao verbygegaan nie.

Verse 26,27 Die sewe mooi koeie is sewe jaar en die sewe mooi are is sewe jaar. Dit is maar een en dieselfde droom. 27Die sewe maer, lelike koeie wat daarna uit die rivier gekom het, en die sewe skraal are wat deur die oostewind verskroei is, is ook sewe jaar, sewe jaar hongersnood.

Verse 28,29 “Dit is wat ek bedoel het toe ek vir u gesê het dat God u laat sien het wat Hy wil doen.29“Daar sal in die hele Egipte sewe jaar groot oorvloed kom.

Vers 30 Dan breek daar sewe jaar hongersnood aan. Die mense sal die voorspoed wat daar in die hele Egipte was, vergeet en die hongersnood sal die land op sy knieë bring.

Verse 31,32 Die hongersnood sal so straf wees dat ’n mens later niks meer van die oorvloed sal merk nie.32“Die droom het twee keer na u toe gekom omdat die saak vas staan by God. Hy sal dit binnekort uitvoer.

Wat se praktiese raad het Josef vir farao gegee?

Vers 33 “Ek beveel aan dat u ’n verstandige en wyse man kies en hom in beheer plaas van die hele Egipte.

Josef beveel aan dat ‘n minister van voedsel aangestel word en dat sy span amptenare sy bevele uitvoer. Josef stel verder voor dat ‘n belasting van 20% op die oeste gehef word en die opbrengs oral in die land geberg word

Vers 34 Die farao moet dít doen: u moet beamptes vir die hele land aanstel en die land tydens die sewe jaar van oorvloed behoorlik organiseer.

Josef was briljant. Hy vertel selfs vir die farao hoe om die voorspoed so te benut dat dit die hongersnood sal oorleef. Dink jy Josef het gedink hy sou die pos kry?

‘n Vyfde van die oes wat elke jaar ingesamel moet word, impliseer dat tydens die maer jare daar geen oes sal wees nie.

Die vrugbaarheid van Egipte was van die jaarlikse vloed van die Nyl afhanklik omdat reën amper nooit val nie. Voor die bou van die Aswandam is dyke gebou om die normale vloei van die Nyl te beheer.

Maar wanneer die vloed te groot was, het die dyke weggespoel, dorpies verwoes en mense het gesterf. As die vloei van die rivier te laag was, was daar droogte.

Pliny skryf hieroor: “Die gewone hoogte van die water is 16 kubieke. Wanneer die waters laer is, vloei dit nie oor al die grond nie. As die water hoër vloei, neem dit ‘n lang ruk om weer af te sak. In die eerste instansie is die grond nie nat genoeg nie; in die twee plek lê die water te lank en gevolglik gaan planttyd verlore.

Op ‘n hoogte van net 12 kubieke is daar hongersnood. Selfs met 13 kubieke duur die hongersnood voort; 14 bring blydskap; 15 perfekte sekuriteit; en 16 bring al die luuksheid van die lewe mee.” (Natural History, 10).

Kom ons luister verder na Josef se briljante raad. Ek wonder of die Here dit vir hom gegee het en of logika was?

Vers 35 Hulle moet al die graan van die goeie jare wat aan die kom is, insamel en dit in graanskure bêre en bewaak sodat daar kos tot u beskikking is.

Vers 36 Die graan moet vir die land in reserwe gehou word, dit moet vir die sewe jaar van hongersnood beskikbaar wees in Egipte. Dan sal die hongersnood nie die land uitroei nie.”

Verse 37,38 En die woord was goed in die oë van Farao en van al sy dienaars.38 Daarop het Farao aan sy dienaars gesê: Kan ons wel iemand vind soos hierdie man in wie die Gees van God is?
Josef groet die koning beleefd en die tronkbewaarders neem hom terug na sy sel. Baie gedagtes moes deur sy brein gespoel het. Hy het alles gedoen was hy kon om Egipte van hongersnood te red. Sou die farao hom uit die tronk laat haal?
Die farao belê ‘n krisis kabinetsvergadering. Na ‘n lang uitgerekte vergadering, lees die notule asvolg:

“Josef se raad was so uitstekend en aanvaarbaar vir die farao en sy raadgewers dat hy as kandidaat vir die pos aangestel word. Weer word Josef uit die tronk gehaal. Hy wonder wat nou gaan gebeur.

Hy verskyn ewe hoflik met ‘n buiging van dieregeerder van die magtige Egipte.

Vers 39 Die farao het daarop vir Josef gesê: “God het jou dit alles bekend gemaak. Daaruit is dit duidelik dat niemand soveel verstand en wysheid as jy het nie.

Vers 40 Ek stel jou aan oor my paleis.“My volk moet jou gehoorsaam. Net ek sal meer mag hê as jy.”

You shall be over my house, and all my people shall be ruled according to your word; only in regard to the throne will I be greater than you.

‘n Letterlike vertaling: “Volgens jou woord (of mond) sal al my mense gesoen word. In Egiptiese omgangstaal beteken “om te soen” ook om “te eet”

Moses se eerste lesers wat in Egipte opgegroei het, het presies geweet waarvan hy praat. Dis nog ‘n bewys dat iemand wat in Egipte onderrig is, het die boek Genesis geskryf.

Vers 41 Die farao het verder nog vir Josef gesê: “Kyk, ek stel jou aan oor die hele Egipte.”

Kan jy die verbasing op Josef se gesig sien. Die trane begin oor sy wange rol. Hy word nie net uit die tronk ontslaan nie, hy word oornag die tweede in bevel oor Egipte. Van ‘n tronkvoël na ‘n koninklike; van ‘n niks na ‘n iemand.

Iewers in ‘n stil plekkie val Josef op Sy knieë. Wat dink jy het hy gebid? Volgende keer neem ons die verhaal verder op.

Het jy geweet, my liewe mede gevange in die groot tronk van hierdie besoedelde planeet, dat God besig is om vir jou koninklike status voor te berei.

Binnekort, gouer as wat ons kan dink gaan daardie heerlike dag aanbreek. Ons gaan die tronklere van ons sondige natuur uittrek, en ‘n koninklike kleed van onsterflikheid aantrek.

Was this article helpful?

Related Articles