1. Home
  2. Bybelkarakters
  3. Jakob Deel 20 – Die Broers Gaan Kos Koop
  1. Home
  2. Jakob
  3. Jakob Deel 20 – Die Broers Gaan Kos Koop

Jakob Deel 20 – Die Broers Gaan Kos Koop

20. JAKOB – JOSEF OPENBAAR HOMSELF
In Egipte het ek ‘n kanaal besoek met die van naam Bar Yusuf. Daar is sommige geleerdes wat beweer dat Josef ‘n besproeings projek in Egipte ontwikkel het. Kom ons verskuif ons aandat na sy pa Jakob
Genesis 42:1,2 Toe Jakob verneem dat daar graan in Egipte is, sê hy vir sy seuns: “Waarom sit julle vir mekaar en kyk?”2Hy het verder vir hulle gesê: “Ek het gehoor daar is graan in Egipte. Gaan soontoe en koop daar vir ons koring dat ons aan die lewe kan bly, anders sterf ons.”

As ek en jy ‘n geestelike hongerdood in die gesig staar, is daar ‘n ander Josef wat die brood van die lewe kan voorsien.

Namate die langdurige drome krisisafmetings aangeneem het, moes Jakob ‘n plan maak.

Daar was net plek op aarde waar hulle kon kos koop, en dit was Egipte.

Vers 3 Tien broers van Josef is toe weg na Egipte toe om koring te gaan koop.

Waarom het tien van hulle gaan koring koop? Die graan is aan die hoofde van gesinne verkoop en dus kon hulle meer koring huiste bring.

Die hongersnood het misdaad ten gevolge gehad en die grootte van die karavaan het voornemende plunderaars afgeskrik.

Vers 4 Jakob het nie Josef se broer Benjamin saamgestuur nie, “want,” het hy gesê, “netnou gebeur daar iets met hom!”

Soos met Josef, was Jakob baie geheg aan Benjamin want hy was ‘n kind van sy afgestorwe vrou, Ragel.

Vers 5 Die seuns van Israel het saam met ander mense gegaan wat ook koring in Egipte wou gaan koop omdat daar hongersnood was in die hele Kanaän.

Dit lyk of die pad na Egipte baie besig was. Wat se invloed het Josef en sy godsdiens op die lewe op die leiers van die wêreld gehad?
Vers 6 En Josef was die maghebber oor die land, hy wat aan al die mense van die land koring verkoop het; daarom het die broers van Josef gekom en hulle voor hom met die aangesig na die aarde gebuig
“Maghebber” shalliṭ is afgelei van die wortel shalaṭ, “om te regeer.” Die woord word gebruik om iemand te beskryf wat onbeperkte gesag besit.

Met ander woorde, Josef was baie meer as net ‘n minister van voedsel. Ek glo nie ons besef watter mag hy uitgeoefen het nie.

Voor hom met die aangesig na die aarde gebuig.
Waaraan dink jy het Josef op daardie oomblik gedink?
Vers 7 Toe hy sy broers sien, het hy hulle herken. Maar hy het hulle nie laat agterkom wie hy is nie. Hy het hulle bars aangespreek en gevra: “Waarvandaan is julle?” Hulle het hom geantwoord: “Ons is van Kanaän. Ons kom koop graan.”

Wat was anders van Josef dat hulle hom nie herken het nie? Hulle sou nooit in hulle wildste drome kon dink dat die boetie wat hulle verkoop het, die magtige man van Egipte geword het nie.

Hy het hulle bars aangespreek

Was dit uit weerwraak? Nee hy wou vasstel of hulle nog dieselfde klomp roekelose, goddelose mense was. Die feit dat Benjamin nie by hulle was nie, het hom agterdogtig gemaak.

Vers 9 Hy het aan sy drome van vroeër gedink en vir hulle gesê: “Julle is spioene. Julle het net kom kyk waar die land maklik ingeval kan word.”

Josef se gedagtes gaan ver terug na die keer toe hy sy droom aan die buigende manne hier voor hom vertel het.

Genesis 36:6,7 Hy het vir hulle gesê: “Luister na die droom wat ek gehad het. Ons was op die land besig om gerwe te bind 7en skielik gaan staan my gerf regop en julle gerwe gaan staan daar rondom en hulle buig voor myne.”

Kom ons keer terug na die broers wat kom koring koop het en van spioenasie beskuldig is.

Julle is spioene
Deur die eeue was Egipte vanaf die ooste geinfiltreer. Voor die tyd van die Hieksos het farao Amenemhet I grens fortifikasies tussen die Rooi See en die Middellandse gebou. “Walls of the Ruler”.
Die Hieksos wat Egipte verower het, het die land ook beskerm ten einde die vyand te verhoed om aan hulle te doen wat hulle vroeër aan Egipte gedoen het. Dit was vanselfsprekend dat Josef die masses graankpers van die ooste met agterdog bejeën het.

Genesis 42:10,11 Maar hulle het vir hom gesê: “Nee, Meneer, ons is u onderdane. Ons het net kom graan koop. 11Ons almal het dieselfde pa. Ons is eerlike mense. Ons is nie spioene nie.”
Josef het daarop aangedring dat hulle hulle onskuld moet bewys deur hulle jongste broer vir hom te wys.

Vers 12 Josef sê toe vir hulle: “Dit is nie. Julle het net kom kyk waar die land maklik ingeval kan word.”

Verse 13,14 Hulle het geantwoord: “Ons was twaalf broers. Ons het dieselfde pa, ’n man in Kanaän. Die jongste is nou nog by hom, en die een leef nie meer nie.”14Toe sê Josef vir hulle: “Julle is wat ek vir julle gesê het, julle is spioene!

Vers 15 Hieraan sal ek julle toets: so seker as die farao leef, julle sal nie hier weggaan voordat julle jongste broer hierheen gebring is nie.

Vers 16 Stuur een van julle om hom te gaan haal. Julle ander sal gevange gehou word. So sal ek vasstel of julle die waarheid praat of nie. So seker as die farao leef: Julle is spioene.”

Vers 17 Josef het hulle drie dae lank aangehou

Josef het hulle opdrag gegee dat een van hulle vir Benjamin moet gaan haal. Hulle skynbare onwilligheid omdat Jakob dit nie sou toelaat nie het daartoe gelei dat Josef hulle tronk toe gestuur het.

‘n Mens wonder wat daardie tien broers vir mekaar gesê het toe hulle tronk toe is?

“Ons kry nou ons verdiende loon omdat ons ons broer Josef so onmenslik behandel het.”

Josef was drie jaar in die tronk, hulle was net drie dae.

Vers 18 en op die derde dag sê hy toe vir hulle: “Ek dien God! Op hierdie voorwaarde kan julle bly lewe:

Vers 19 as julle eerlike mense is, moet een van julle in die tronk agterbly. Julle ander moet dan graan wegbring vir julle honger huismense.

Wanneer hulle Benjamin gaan haal, sal die een aangehoudende ontslaan word. Maar as hulle Josef belieg het, sal hulle van honger sterf en die een in die tronk sal as spioen terreggestel word.

Hoe versigtig moet ons nie wees wat ons aan ander mense doen nie

Vers 20 Dan moet julle julle jongste broer na my toe bring. Dan sal ek julle glo, en julle sal nie sterf nie.” Hulle het ingestem en vir mekaar gesê:

Vers 21 “Dit het ons nou van alles wat ons destyds ons broer aangedoen het. Ons het sy angs gesien toe hy ons om genade gesmeek het, maar ons het nie geluister nie. Nou sit ons met dieselfde angs.”

Hulle gewetens begin hulle pla. Die heerser sal hulle nie straf net omdat hy ‘n suspisie het nie, maar sal hulle regverdig oordeel. Hoe lelik anders het hulle teenoor Josef opgetree.

Die heerser van Egipte het vir hulle gesinne omgegee wat hongersnood gely het terwyl hulle van plan was om Josef van honger in die put te laat sterf. Terwyl hulle hieroor dink, het hulle hulle sonde erken. Hulle angs het Josef se angs teruggeroep.

Vers 22 Toe sê Ruben vir hulle: “Ek het julle mos gesê julle moet julle nie aan die kind vergryp nie. Maar julle wou nie luister nie, en daarom word sy dood nou op ons gewreek.”

Josef hoor alles wat hulle praat. Wat het deur sy brein geflits? Hy herleef weer daardie verskriklike oomblikke.

Vers 23 Omdat Josef deur ’n tolk met hulle gepraat het, het hulle nie besef dat hy verstaan wat hulle sê nie.

Gedurende die jare wat Josef van sy broers geskei was, het Jakob se seuns ‘n hartsverandering ondergaan. Hulle was afgunstig, onstuimig, bedrieglik, wreed en wraaksugtig. Maar nou toe hulle deur teespoed beproef is, het hulle onselfsugtig en lojaal teenoor mekaar opgetree. Alhoewel hulle middeljarig was, was hulle aan hulle pa onderdanig.

Vers 24 Josef het van hulle af weggegaan en gaan huil. Daarna het hy teruggekom na hulle toe en weer met hulle gepraat. Toe het hy vir Simeon gevat en hom voor hulle oë in die tronk gesit

Arme Josef. Hy herleef daardie oomblikke van pyn en verwerping en terselfdertyd het hy soveel liefde vir sy boers wat hy so lanklaas gesien het. Toe hy terugkom, het hy Simeon voor hulle laat boei en tronk toe gestuur. Dit was hy wat die voortou in die mishandeling van Josef geneem het.

Simeon se onmenslikheid was ook in die slagting van die mense van Sigem gesien. Terwyl hulle broer hierdie streng behandeling ondergaan, was hulle weereens bewus van dit wat hulle aan Josef gedoen het. Josef het gehoop dat hulle jammerte vir Simeon hulle spoedige terugkeer met Benjamin sou verhaas.

Vers 25 Josef het opdrag gegee dat die broers se sakke vol koring gemaak moet word en dat elkeen se geld in die sakke teruggesit moet word. Daar moes ook padkos vir hulle gegee word. Alles is so gedoen vir hulle.

Die eerste woord vir sakke, keli, beteken “houers” wat ‘n mandjie of een of ander sak beteken het.

Die tweede woord vir “sakke” waarin die geld geplaas is, is ‘n transliterasie van die Hebreeuse śaq, wat in die Europese tale deur die Grieks sakos en die Latyns saccuss opgeneem is.

Josef kon dit nie oor sy hart kry om van sy pa en sy broers geld te vat nie. Al sou die ontdekking daarvan hulle onstel, het hy gedink dit kon hulle harte bietjie sag maak na die bitter tronk ondervinding die vorige dag.

Verse 26,27 En hulle het die koring op hulle esels gelaai en daar weggetrek.27 En toe die een sy sak oop maak om sy esel in die herberg voer te gee, sien hy sy geld; en kyk, dit was somaar bo in sy sak!
Kan jy hoor hoe skreeu Ruben? “Haai broers. Iemand het geld in my sak gesit. Is dit miskien een van julle?”

Daar was groot konsternasie. Eers was hulle as spioene uitgekryt nou kon hulle as diewe gesien word. Wat het hierdie manne onder mekaar gesels?

Vers 28 Toe sê hy vir sy broers: “Kom kyk hier! My geld is teruggesit in die sak. ”Hulle was radeloos, en doodgeskrik sê hulle vir mekaar: “Wat het God ons nou aangedoen?”

Vers 29 En hulle het by hul vader Jakob in die land Kanaän gekom en hom alles vertel wat hulle wedervaar het en gesê:

Verse 30 Die man, die heer van die land, het ons hard aangespreek en ons vir spioene van die land gehou.

Verse 31,32 Maar ons het aan hom gesê: Ons is eerlike mense, ons is geen spioene nie.32 Ons is twaalf broers, seuns van ons vader; die een is daar nie meer nie, en die jongste is nou by ons vader in die land Kanaän.

Hoe dink jy het Jakob gevoel die hulle die onderwerp van Josef se dood ophaal? Die grootste pyn, is die pyn van die dood van jou kinders. Baie min mense kom oor hierdie pyn. Arme Jakob. Die spanning bou op.

Vers 33 Daarop het die man, die heer van die land, aan ons gesê: Hieraan sal ek weet dat julle eerlike mense is – laat een van julle broers by my bly; en neem vir die honger van julle huisgesinne en trek weg,

“Kinders. Waar is Simeon? Ek kom nou eers agter dat hy nie by julle is nie. Hoe dink jy het Jakob dit hanteer? Ek dink die pyn van die verdwyning van Josef het hom weer ‘n keer getref. “Is Simeon nie dood nie? Sal ek ooit weer my kind sien?” Hy jy al gewonder of jy jou kind ooit weer sou sien.

Vers 34 en bring julle jongste broer na my toe; dan sal ek weet dat julle geen spioene is nie. As julle eerlike mense is, sal ek julle broer aan julle teruggee, en julle mag in die land rondtrek.

“Wat? Benjamin met julle saamstuur om koring te gaan koop? Dis al kind wat ek van Ragel oorhet. Nee nee nee ek kan nie.

Die kinders kan sien dat hulle pa baie ontsteld is. Hulle begin hulle sakke leegmaak. En wat ontdek hulle tot hulle grootste onsteltenis?

Vers 35 En toe hulle hul sakke leegmaak, was elkeen se bondeltjie geld daar in sy sak! En toe hulle hul bondeltjies geld sien, hulle en hul vader, was hulle bevrees.

Skok nommer twee: die ander nege broers ontdek ook hulle geld in die sakke. “Ag my kinders. Wat vertel julle my!”

Het jy al geknak? Dink ‘n bietjie aan Jakob se situasie. Sy kinders was vir hoe lank van die huis af weg. Hy het nie geweet of hulle ooit weer veilig by die huis sal aankom nie.

Hier hoor hy Simeon sit in die tronk. Wat ‘n skande, wat ‘n pynlike skande. En nou moet hy hoor dat hulle Benjamin volgende keer moet saamstuur. Ons almal het sekere emosionele drempels. Hoe ouers ‘n mens word, hoe laer raak jou drempels. Jakob gaan knak.

Vers 36 Daarop sê Jakob, hulle vader, vir hulle: Julle beroof my van kinders. Josef is weg! En Símeon is weg! En Benjamin wil julle wegneem! Alles is teen my!

“In elke mens se lewe kom daar oomblikke van totale verplettering en uiterste moedeloosheid – dae wanneer pyn ons so oorweldig dat dit baie moeilik is om te glo dat God goed is nog vir Sy aardse kinders omgee.
Daar kom tye wanneer die beproewings so erg is dat ons wens ons kan liewer sterf. Dit is dan wanneer baie mense hulle greep op God laat vaar.
As ons tog maar net in hierdie tye God se liefdevolle voorsienigheid kon raaksien. Deur Sy engele probeer Hy ons te red van onsself. Hy probeer om ons voete op ‘n vaster fondasie as die eweige berge te plaas. As ons dit kan raaksien, sal nuwe geloof, en nuwe lewe in ons wese ontspring.” {CC 213.3}
As pyn in teleurstelling jou verlam het; as lewensrampe jou hart in duisend stukkies gebreek het; as jy nie meer lus is om te leef nie; en as jy soos Jakob uitroep “Alles is teen my”, wil ek net vir jou sê:
Alles is aan jou kant. Volgende keer gaan ons sien hoe Jakob weer reggekom het.

Was this article helpful?

Related Articles