1. Home
  2. Bybelkarakters
  3. Jakob Deel 23 – Ontmoeting Met Josef
  1. Home
  2. Jakob
  3. Jakob Deel 23 – Ontmoeting Met Josef

Jakob Deel 23 – Ontmoeting Met Josef

23. JAKOB – ONTMOET JOSEF
Genesis 46:1 Israel en almal by hom het vertrek. Hy het by Berseba gekom en daar ’n offer gebring aan die God van sy pa Isak.

Op pad na Egipte het Jakob by Berseba ‘n dankoffer gebring. Dis ook hier waar Abram en Isak ook altare gebou en offers gebring het. Dis moontlik dat Jakob ernstig vir genade en beskerming gebid het asgevolg van ‘n profesie wat hy by oupa Abram gehoor het:

Genesis 15:13 Toe sê die Here vir Abram: “Weet beslis dat jou nageslag vreemdelinge sal wees in ’n land wat nie aan hulle behoort nie. Daar sal hulle slawe wees en onderdruk word, vier honderd jaar lank.
Abram bid: “Ag Here volgens die profesie wag daar vir ons ‘n slawe toekoms. Ek bid U, gee vir ons genade om uiteindelik verlos te word en na hierdie land sal terugkeer.”
Vers 2 God het dié nag met Israel gepraat in ’n visioen en geroep: “Jakob, Jakob!” Hy het geantwoord: “Hier is ek!”

Dit was die eerste vision wat Jakob na ‘n lang ruk gehad het.

Vers 3 Toe sê God: “Ek is God, die God van jou vader. Moenie bang wees om na Egipte toe te gaan nie, want Ek sal jou daar ’n groot nasie maak.

Hoekom het God Egipte gekies om Israel daar ‘n groot nasie te maak?

‘n Gedeelte van die land wat baie water gehad het, was onbewoon en het elke geleenheid aangebied vir hulle om vinnig aan te was.

En die teenstand wat hulle in Egipte weens hulle nering sou moet verduur – want elke herder was “vir die Egiptenaars ‘n gruwel” – sou hulle in staat stel om ‘n afsonderlike volk te bly, en sou hulle dus weerhou om in Egiptiese afgodery te verval.

Die omstandighede in Kanaän was op daardie stadium te moeilik om in ‘n groot nasie aan te was. In Egipte het hulle die vrugbaarste deel gekry om hulle vinnig te laat aanwas.

Vers 4 Ek gaan saam met jou Egipte toe, en Ek sal jou beslis weer hierheen laat terugkom. Wanneer jy sterf, sal Josef jou oë toedruk.”

In ‘n beperkte sin is hierdie belofte vervul toe Jakob in Kanaän begrawe is. Toe tweemiljoen Israeliete 215 jaar later uit Egipte weggetrek is die profesie ten volle vervul.

Vers 5 Toe Jakob uit Berseba wou vertrek, het die seuns van Israel hulle pa Jakob en hulle kinders en vrouens op die waens laat klim wat deur die farao gestuur is om op te ry.

Dit moes ‘n baie indrukwekkend prosessie gewees het. Hoe dink jy het Jakob die rit op die wa geniet?

Vers 6 Hulle het hulle vee saamgevat en ook die ander besittings wat hulle in Kanaän bymekaargemaak het. So is Jakob en sy hele nageslag weg Egipte toe:

Die muurprent by Beni Hassan gee ‘n mens ‘n idee van hoe die prosessies moes gelyk he

Vers 7 sy seuns en kleinseuns was by hom, ook sy dogters en kleindogters. Hy het sy hele familie saamgevat Egipte toe.

Vers 8 Hier volg die name van die Israeliete wat Egipte toe is: Jakob en sy oudste seun Ruben

Hier vind ons die eerste melding van die woord “Israeliete.”

Kom ons hoor wie was Ruben se nageslag:

Verse 9 en dié se seuns Ganok, Pallu, Gesron en Karmi.

Waaraan laat die naam Ganok jou dink? Kain se eersgebore seun was ook Henog genoem. Ganok of Henog beteken “toegewyd”. Pallu, “afgesonder”; Gesron, “omsluit, enclosure”; en Karmi, “my wingerd.”

Verse 10 Simeon en sy seuns Jemuel, Jamin, Ohad, Jakin, Sogar en Saul, seun van ’n Kanaänitiese vrou.

Jemuel beteken “dag van God”; Jamin, “regterhand”; Ohad, “verenig”; Jakin, “God bevestig hom”; Sogar, “wit” of “skitterend”; en Saul, “voor gevra.”

Wat impliseer die verwysing na een van Simeon se seuns as “die seun van ‘n Kanaänitiese vrou”? Dat dit nie gewens was om ‘n vrou van Kanaänitiese herkoms te trou nie.

As ‘n reel is vrouens van die pa se familie in Mesopotamië gekies. Net Simeon en Juda het Kanaänitiese dames getrou.

Vers 11 Levi en sy seuns Gerson, Kehat en Merari.

Gerson “verdrywing” of “afpersing”; Kehat, “samekoms”; en Merari, “bitter.”

Vers 12 Juda en sy seuns Sela, Peres en Serag. Juda se ander seuns, Er en Onan, het al in Kanaän gesterf. Peres se seuns was Gesron en Gamul.

Kom ons lees wat die name Peres en Serag beteken:
Genesis 38:29,30 Maar toe hy sy hand teruggetrek het, word sy broer gebore! En sy sê: Hoe kragtig het jy deurgebreek! En hulle het hom Peres genoem.
30 En daarna is sy broer gebore aan wie se hand die rooi draad was. En hulle het hom Serag genoem.
Er en Onan, wat in Kanaän gesterf het, word nie getel nie maar Peres het alreeds twee seuns gehad Gesron en Gamul (hy was genade ontvang het)

Vers 13 Issaskar en sy seuns Tola, Puwwa, Jasub en Simron.

Tola beteken “wurm” of “skarlaken,” en Puwwa, “mond.” Jasub “om jouself om te draai,” en Simron, “om te waak.”

Vers 14 Sebulon en sy seuns Sered, Elon en Jagleël.

Sered “vrees”; Elon, “akkerboom”; en Jagleël, “wag op God.”

Vers 15 Dit is die seuns wat Lea vir Jakob in Paddan-Aram in die wêreld gebring het. Sy het ook ’n dogter Dina gehad. Hulle almal saam was drie en dertig.

Na die ongelukkige voorval by Sigem, het Dina nooit getrou nie.

Vers 16 Gad en sy seuns Sifjon, Gaggi, Suni, Esbon, Eri, Arod en Areli.

Sifjon beteken “verwagting”; Gaggi, “feestelik”; Suni, “stil”; Esbon, “werkend”; Eri, “oppassend”; Arod, “kromrug”; en Areli, “leeu van God.”

Vers 17 Aser en sy seuns Jimna, Jiswa, Jiswi en Beria en hulle suster Serag. Die seuns van Beria was Geber en Malkiël.

Die betekenis van Jimna is onseker. Jiswa en Jiswi beteken albei “hy is gelyk,” en Beria beteken “geskenk.” Hulle suster Serag beteken “oorvloedig.” Geber beteken “vriend” Malkiël, “koning van God.”

Serag word heel moonlik genoem, soos Dina omdat sy ongetroud gebly het.

Vers 18 Dit is die seuns wat Silpa vir Jakob in die wêreld gebring het. Laban het haar vir sy dogter Lea gegee. Hulle almal saam was sestien.

Silpa se twee seuns, 11 kleinseuns, 1 kleindogter en 2 agterkleinseuns is 16 in total.

Vers 19 Josef en Benjamin was die seuns van Jakob se vrou Ragel.

Vers 20 In Egipte is daar twee seuns vir Josef gebore. Asenat, dogter van Poti-Fera priester van On, het hulle vir hom in die wêreld gebring. Hulle was Manasse en Efraim.

Genesis 41:51,52 En Josef het die eersgeborene Manasse genoem; want, het hy gesê, God het my al my moeite laat vergeet en ook die hele huis van my vader.52 En die tweede het hy Efraim genoem; want, het hy gesê, God hom oorkom. het my vrugbaar gemaak in die land van my ellende.

Verse 21 Benjamin se seuns was Bela, Beker, Asbel, Gera, Naäman, Egi, Ros, Muppim, Guppim en Ard.

Bela beteken “verslind,” en Beker, “jong kameelbul.” Asbel, Gera, Muppim, en Ard se name is onseker. Naäman beteken “aangenaamheid”; Egli, “my broer”; Ros, “hoof”; en Guppim, “bedekking.”

Vers 22 Dit is die seuns wat Ragel vir Jakob in die wêreld gebring het. Hulle almal saam was veertien.

Ragel se 2 seuns en 12 kleinseuns maak die total van 14 op.

Vers 23 Dan en sy seun Sugam.

Die enigste seun se naamsbetekenis is onseker.

Vers 24 Naftali en sy seuns Jagseël, Guni, Jeser en Sillem.

Jagseël beteken “toegewys deur God,” Guni onseker. Jeser beteken “beeld” en Sillem, “beloning.”

Vers 25 Dit is die seuns wat Bilha vir Jakob in die wêreld gebring het. Laban het haar vir sy dogter Ragel gegee. Hulle almal saam was sewe.

Bilha se 2 seuns en 5 kleinseuns gee ons 7.

Vers 26 Afgesien van die vrouens van Jakob se seuns was daar ses en sestig afstammelinge van Jakob wat na Egipte toe is.

die volgende maak die getal 66 op:

Jakob se 11 seuns en een dogter (12); Ruben se 4 seuns (4); Simeon se seuns (6); Levi se (3) seuns; Juda se 3 seuns en 3 kleinseuns (5); Issaskar 4 seuns (4); Aser se 4 seuns, 1 dogter en 2 kleinseuns (7); Dan se seun (1); Naftali se 4 seuns (4); Benjamin se 10 seuns (10) total van 66

Vers 27 In Egipte was daar reeds twee seuns vir Josef gebore. Jakob se afstammelinge was dus altesaam sewentig, en hulle was in Egipte.

Moses tel Jakob, Josef en sy 2 seuns by om by 70 uit te kom.

Jakob en Josef ontmoet mekaar

Vers 28 En hy het Juda voor hom uit gestuur na Josef, dat dié voor hom uit die pad moes wys na Gosen; en hulle het in die land Gosen aangekom.
Nadat ons getal van Jakob se huisgesin gekry het, kyk ons nou na hulle opgewonde aankoms in Egipte. Ek dink die ouers en kinders se monde het oopgehang toe hulle hierdie ontwikkelde beskawing gesien het.

Hoekom dink jy is Juda gestuur om hulle koms aan te kondig? Hy sou die inligting van Josef kry oor waar hulle in Egipte moet woon. Dan sou hy terugkom om die karavaan na Gosen te lei.

Die feit dat Juda hierdie taak moes uitvoer, dui daarop dat Jakob hom reeds as die erfgenaam van die eersgeboortereg gekies het. Alhoewel Benjamin bemind was, het hy nog nie leierskapeienskappe ontwikkel nie. Hy was net ‘n “wolf”, maar Juda was ‘n “leeu.”

Vers 29 Toe span Josef sy wa in, en hy trek op, sy vader Israel tegemoet na Gosen. En toe hy homself aan hom vertoon, het hy om sy hals geval en lank aan sy hals geween.
Die uitdrukking “aan hom vertoon” word gewoonlik net vir die openbaring van God gebruik. Het ons hier ‘n tipe van die dag wanneer ons vir Jesus ons hemelse Josef gaan ontmoet?

Josef het met al sy glorie gekom om Jakob te ontmoet. Hoedanig gaan Jesus se glorie wees wanneer Hy ons binnekort kom ontmoet.

Wat ‘n ongelooflike oomblik, wat ‘n heerlike klimaks toe Jakob en Josef mekaar ontmoet! Die verlange van hierdie twee na mekaar kan net vir ons verbeelding oorgelaat word, dit kan nie beskry word nie.

Besef jy hoe Jesus verlang om jou te sien? Besef jy hoe lief Hy jou het? Hoedanig is jou verlange na Sy Wederkoms? Hulle ontsettende groot liefde vir mekaar het in strome van trane omgesit wat hulle nie kon keer nie.

Dit was trane van blydskap wat die plek van trane van bitterheid
ingeneem het. Lank hou hulle mekaar vas – geen woorde nie – net trane en trane en trane van ongelooflike blydskap.

Wat het alles in daardie omhelsing gebeur?

Binnekort gaan ‘n ander Josef ons omhels. Ons gaan lank in Sy arms huil.

Om te dink ons verlangens en waaroms gaan in daardie omhelsing verdwyn. Ons gaan vir ewig in daardie hemelse Goosen gelukkig wees. Ons hemelse Josef gaan altyd by ons wees.

When engulfed by the terror of the tempestuous sea,
Unknown waves before you roll;
At the end of doubt and peril is eternity,
Though fear and conflict seize your soul.

But just think of stepping on shore-And finding it Heaven!
Of touching a hand-And finding it God’s!
Of breathing new air-And finding it celestial!
Of waking up in glory-And finding it home!

When surrounded by the blackness of the darkest night,
O how lonely death can be;
At the end of this long tunnel is a shining light,
For death is swallowed up in victory!

But just think of stepping on shore-And finding it Heaven!
Of touching a hand-And finding it God’s!
Of breathing new air-And finding it celestial!
Of waking up in glory-And finding it home!

Was this article helpful?

Related Articles